2021-TOU-Graad 12-Junie-eksamen - Vraestel 1

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 15

TOERISME 1/1

GRAAD 12

TAAK 4

JUNIE-EKSAMEN 2021

TOESIGHOUERINSTRUKSIES

• Die goedgekeurde toesighouer laai die unieke strepieskodevoorblad van my.Impaq af,
onderteken dit en heg dit vooraan die antwoordstel vir nasiendoeleindes.

• Die eksamenantwoordblad en unieke strepieskodevoorblad moet vir nasiendoeleindes op


my.Impaq gelaai word, met die uitsondering van IGO (EGD), Dramatiese/Visuele Kunste en RTT
(CAT) Prakties*, waar ’n hardekopie per hand deur die toesighouer/koerier by Impaq se kantore
ingehandig moet word. *Praktiese vraestelle moet per CD/geheuestokkie (flash drive) ingehandig word.

• Vir enige hardekopie-inhandiging moet ’n afskrif van die antwoordblad gehou word.

• Hierdie vraestel moet in kleur gedruk word.

Bladsy 1 van 15 © Impaq


Junie-eksamen 2021
G12 ~ Toerisme V1/1

TOERISME
JUNIE-EKSAMEN 2021
VRAESTEL 1/1
GRAAD 12

EKSAMINATOR: S. Barnard TYD: 3 uur


MODERATOR: S. Jordaan TOTAAL: 200

INSTRUKSIES

1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings en SES vrae.


1.1 Afdeling A: Kontekstuele vrae
1.2 Afdeling B: Kaartwerk en toerbeplanning, buitelandse valuta verhandeling
1.3 Afdeling C: Toerisme attraksies
1.4 Afdeling D: Toerismesektore
1.5 Afdeling E: Plaaslike-, streeks- en internasionale toerisme
2. Beantwoord al die vrae van elke afdeling.
3. Lees deur die hele vraestel voordat jy dit beantwoord.
4. Nommer elke vraag soos aangedui.
5. Dit is in jou eie belang om netjies en leesbaar te skryf.
6. Trek ’n lyn na elke vraag.
7. Begin elke afdeling op ’n nuwe bladsy.
8. Gebruik slegs ’n blou bolpuntpen.
9. Trek werk duidelik dood wat nie gemerk moet word nie.
10. BYLAE A is by hierdie vraestel aangeheg.
11. Slegs ’n nieprogrammeerbare sakrekenaar mag gebruik word.
12. Alle bewerkings moet getoon word om punte te verdien.
Berekeninge moet tot twee desimale syfers afgerond word.
13. Hierdie vraestel moet in kleur gedruk word.

Bladsy 2 van 15 © Impaq


Junie-eksamen 2021
G12 ~ Toerisme V1/1

AFDELING A: KONTEKSTUELE VRAE

VRAAG 1

1.1 Meervoudigekeusevrae. Vier opsies word as moontlike antwoorde op elk van


die volgende vrae verskaf. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter
(A – D) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.20) neer, bv. 1.1.21 E.

1.1.1 Voordat ’n toeris na _____ reis, moet hul vir ’n Schengen-visum aansoek doen.

A. Ethiopië C. Japan
B. Griekeland D. Egipte

1.1.2 Al die plekke in ’n spesifieke tydsone deel dieselfde tyd. Hierdie tyd word
_____ tyd genoem.

A. spaar C. plaaslike
B. standaard D. dagligbesparing

1.1.3 Word as die heiligste stad in Islam beskou:

A. Istanbul C. Maja
B. Mekka D. Muur van Trane

1.1.4 _____ is Suid-Afrika se nuutste laekoste lugdiens.

A. Mango C. LIFT
B. SAFAIR D. SAYoung

1.1.5 Die gasheerstad van die 2024 Olimpiese Spele is _____.

A. Parys C. Athene
B. Berlyn D. Pretoria

1.1.6 Die IDL is ’n denkbeeldige lyn wat, _____.

A. lande in verskillende streke verdeel


B. veranderinge aan die dag en datum van ’n land veroorsaak
C. die aarde in Noordelike en Suidelike Halfronde verdeel
D. die aarde in Westelike en Oostelike Halfronde verdeel

Bladsy 3 van 15 © Impaq


Junie-eksamen 2021
G12 ~ Toerisme V1/1

1.1.7 Die rede waarom Rusland se tydsones oor verskeie tye strek:

A. Omdat Rusland in verskeie distrikte verdeel is.


B. Rusland het die besluit geneem.
C. Die posisie van die maan.
D. Dit is as gevolg van die grootte van die land.

1.1.8 Die 2020 Wêreldreis-toekennings het _____ aangewys as die wêreld se


voorste fees- en geleentheidbestemmings.

A. Kaapstad C. Parys
B. Rio de Janeiro D. Pretoria

1.1.9 Die sfinks en piramides van Giza is twee bekende ikone wat in _____
aangetref word.

A. Turkye C. Israel
B. Egipte D. China

1.1.10 ’n Voorbeeld van ’n onvoorsiene gebeurtenis:

A. Koninklike troue C. WTM


B. Covid-19 D. Olimpiese Spele

1.1.11 Met die opstel van ’n reisplan moet die toerbeplanner in ag neem dat
reisigers op internasionale vlugte _____ voor hulle vertrek vir hulle vlug
moet inboek.

A. 30 minute C. 2 tot 3 ure


B. 90 minute D. 1 tot 2 ure

1.1.12 Internasionale reisigers behoort afskrifte van _____ apart van hulle bagasie
te hou.

A. bankbesonderhede C. doeaneregulasies
B. paspoorte D. reistoelae

1.1.13 Met aankoms in Suid-Afrika word ’n 100 ml bottel parfuum deur doeane as,
_____ beskou.

A. goedere om te verklaar C. verbode goedere


B. belastingvrye D. beperkte goedere
goedere

Bladsy 4 van 15 © Impaq


Junie-eksamen 2021
G12 ~ Toerisme V1/1

1.1.14 ’n Afrikaland wat ’n geelkoors risikogebied is:

A. Egipte C. Marokko
B. ESwatini D. DR Kongo

1.1.15 ’n Siekte wat op dieselfde wyse as Cholera verkry word:

A. Masels C. Hepatitis A
B. COVID-19 D. Bilharzia

1.1.16 Hierdie ikoon is een van die nuwe sewe wonders van die wêreld.

A. Machu Picchu C. Sfinks


B. Eiffeltoring D. Big Ben

1.1.17 Sokkergeesdriftiges het geld uitgegee op kaartjies, reis, kos,


akkommodasie, aandenkings en vermaak gedurende die AFCON beker.
Hierdie gebeurtenis het dus bygedra tot _____ groei in Suid-Afrika.

A. HOP C. BBP
B. BNP D. BTW

1.1.18 Die tydsone van ’n land wat op die 60-grade oos lengtelyn geleë is, is _____.

A. +6 C. -4
B. -6 D. +4

1.1.19 ’n Simptoom van vlugvoosheid is _____.

A. oorgewig C. ooreet
B. verlies aan eetlus D. tevredenheid

1.1.20 Die skommelinge van die wisselkoers staan as _____ bekend.

A. fluktuasie C. BVK
B. buitelandse valuta D. BAK
(20 x 1) = (20)

Bladsy 5 van 15 © Impaq


Junie-eksamen 2021
G12 ~ Toerisme V1/1

1.2 Kies die korrekte woord | frase uit die onderstaande woordebank om die sinne
te voltooi. Skryf slegs die korrekte woord | frase langs die vraagnommer (1.2.1
– 1.2.5) neer.

Cholera | Paspoort | Somer | Internasionale Bestuurspermit |


Comrades | Winter | Malaria | Twee Oseane

1.2.1 ’n _____ is ’n wetlike dokument wat by die AA kantore beskikbaar is.

1.2.2 Die gebruik van insekweerder op blootgestelde vel, bly binnenshuis, dra
lang klere is voorsorgmaatreëls teen _____.

1.2.3 Toeriste sal medikasie benodig indien hulle hierdie wateroordraagbare


siekte opdoen: _____.

1.2.4 ’n Jaarliks sportgebeurtenis wat in KwaZulu-Natal aangebied word, staan


as die _____ bekend.

1.2.5 Suid-Afrikaners wat in Desember na bestemmings in die Noordelike


Halfrond reis, sal _____ klere inpak.
(5 x 1) = (5)

1.3 Rangskik die volgende stede in die korrekte volgorde van wes na oos. Skryf
slegs die VYF stede in die korrekte volgorde langs die vraagnommer (1.3).

• Kaapstad
• Londen
• New York
• Delhi
• Peru
(5 x 1) = (5)

Bladsy 6 van 15 © Impaq


Junie-eksamen 2021
G12 ~ Toerisme V1/1

1.4 Pas die ikoon in kolom B by die prent in kolom A. Skryf slegs die korrekte
letter (A – J) langs die vraagnommer (1.4.1 – 1.4.10) neer, bv. 1.4.11 K.

Kolom A Kolom B

Sfinks en
1.4.1 A piramides van
Giza

Buckingham
1.4.2 B
Paleis

1.4.3 C Muur van trane

1.4.4 D Auschwitz

1.4.5 E Windmeulens

Bladsy 7 van 15 © Impaq


Junie-eksamen 2021
G12 ~ Toerisme V1/1

1.4.6 F Stiergevegte

1.4.7 G Mekka

Alcázar van
1.4.8 H
Segovia

1.4.9 I Big Ben

1.4.10 J Taj Mahal

(10 x 1) = (10)
[40]

TOTAAL AFDELING A: 40
Bladsy 8 van 15 © Impaq
Junie-eksamen 2021
G12 ~ Toerisme V1/1

AFDELING B: KAARTWERK, TOERBEPLANNING, EN BUITELANDSE


VALUTA VERHANDELING

VRAAG 2

Gebruik Bylae A om die volgende vrae te beantwoord.

2.1 Tripadvisor wil graag die “Chinese outbound Travel and Tourism market” in Beijing,
China vanaf 12 tot 14 April 2021 bywoon. Die handelskou lok 450 uitstallers van 70
lande. Hulle vertrek om 21:00 op 9 April 2021 uit Johannesburg. Die totale vliegtyd
is 17 ure.

2.1.1 Bereken Tripadvisor se tyd en datum van aankoms in Beijing. (6)

2.1.2 Tripadvisor wil ook ’n handelskou in Sydney, Australië bywoon. Hulle vertrek
vanaf Beijing. Hulle land 18:00 op 16 April 2021 in Sydney. Bereken hoe
laat het Tripadvisor se vlug vanaf Beijing vertrek as die vliegtyd 8 ure was.
(6)

2.1.3 Tripadvisor doen aansoek vir ’n werkpermit. Gee EEN rede hoekom hulle
aansoek doen vir ’n werkpermit en nie ’n vakansie-visum nie. (2)

2.1.4 Noem EEN dokument wat Tripadvisor aan die visum aansoekvorm moet
aanheg. (1 x 2) = (2)

2.2 Tripadvisor se personeel sal lei aan erge vlugvoosheid. Gee EEN rede vir hierdie
verskynsel. (2)

2.3 Verskaf TWEE maniere hoe toeriste kan verseker dat hulle geld veilig is in die
hotelkamer. (2 x 2) = (4)

2.4 Met hulle terugkeer na Suid-Afrika, het een van toeroperateurs 750 ml wyn by die
doeanevrye-winkel gekoop.

2.4.1 Verduidelik die begrip doeanevrye-winkel. (2)

2.4.2 Moet die toeroperateur deur die rooi- of groen kanaal stap met sy aankoms
by O.R. Tambo Internasionaal? Motiveer jou antwoord. (2)

2.5 Bestudeer die onderstaande begroting en beantwoord die vrae wat volg.

Uitgawes
Akkommodasie (ontbyt ingesluit) R25 000
Vervoer R8 000
Etes R2 500

Bladsy 9 van 15 © Impaq


Junie-eksamen 2021
G12 ~ Toerisme V1/1

2.5.1 Noem TWEE addisionele uitgawes wat ook in ’n begroting ingesluit


moet word. (2)

2.5.2 Verduidelik die begrip ingesluit soos in die tabel genoem.


(1 x 2) = (2)

2.6 Noem VYF aspekte om in ag te neem met die opstel van ’n toerplan. (5)
[35]

VRAAG 3

3.1 Gebruik die onderstaande wisselkoerstabel en beantwoord die vrae wat volg.
Rond af tot TWEE desimale syfers.

GELDEENHEID BANKAANKOOPKOERS BANKVERKOOPKOERS


Australiese dollar 9.90 9.97
Nieu-Seelandse
9.51 9.57
dollar
Britse pond 18.35 18.45
Amerikaanse dollar 16.85 17.01

3.1.1 Jy is ’n Britse toeris in 2021. Bereken hoeveel pond jy ’n reisagent sal moet
betaal vir ’n vakansie in Suid-Afrika wat R23 500 werd is. (4)

3.1.2 Met sy aankoms uit Londen, besluit ’n toeris om 120 GBP vir Suid-
Afrikaanse rande te verruil. Bereken die totale bedrag wat die toeris
in rand sal ontvang. (4)

3.1.3 ’n Toeris spandeer R500 van die R10 000 wat hy het. Hy keer terug na die
Verenigde State en skakel die oorblywende bedrag om na Amerikaanse
dollar. Bereken die totale bedrag wat die toeris sal ontvang wanneer hy sy
geld vir Amerikaanse dollars verruil. (4)

3.2 COVID-19 het ’n omvattende impak op Suid-Afrika se ekonomie gehad. Bespreek


die effek van ’n swak rand op beide inkomende en uitgaande toerisme in ’n
paragraaf. (8 + 1) = (9)

3.3 Verduidelik hoe ’n sterk rand tot werkskepping en ekonomiese voordele vir die
toerismesektor kan lei. (2)

3.4 Bestudeer die bostaande tabel en identifiseer die land wat die sterkste koopkrag vir
Suid-Afrikaanse toeriste inhou. (1 x 2) = (2)
[25]
TOTAAL AFDELING B: 60

Bladsy 10 van 15 © Impaq


Junie-eksamen 2021
G12 ~ Toerisme V1/1

AFDELING C: TOERISME-ATTRAKSIES

VRAAG 4

4.1 Bestudeer die onderstaande prente en beantwoord die vrae wat volg.

IKOON A IKOON B

IKOON C IKOON D

IKOON E IKOON F

4.1.1 Identifiseer die wêreldikone A–F asook die land waar die ikoon gevind word.
Skryf slegs die letter (A–F) en die naam en land van die ikoon langs die
vraagnommer neer. (6 x 2) = (12)

4.1.2 Ikone A en B word op dieselfde kontinent aangetref. Noem die kontinent.


(1 x 2) = (2)

4.1.3 Ikone C tot F word ook op dieselfde kontinent aangetref. Noem die
kontinent. (1 x 2) = (2)

4.1.4 Noem TWEE eienskappe wat ikoon B wêreldberoemd maak. (2 x 2) = (4)

4.1.5 Verduidelik waarom ikoon D oorspronklik gebou is. (2 x 2) = (4)

Bladsy 11 van 15 © Impaq


Junie-eksamen 2021
G12 ~ Toerisme V1/1

4.1.6 Noem EEN gewilde aktiwiteit waaraan toeriste by ikoon F kan deelneem.
(1 x 2) = (2)

4.1.7 Verduidelik waarom ikoon C een van Amerika se gewildste is.


(1 x 2) = (2)

4.1.8 Noem die berg waarop ikoon A gebou is. (1 x 2) = (2)

4.1.9 Noem die kultuur wat die argeologiese terrein, ikoon E gebou het.
(1 x 2) = (2)

4.2 Onderskei tussen ’n attraksie en ’n ikoon. (2)

4.3 Ikone A tot F lok gemiddeld ongeveer 2 miljoen besoekers per jaar, aansienlik meer
as die teikengetal. Bespreek nog DRIE eienskappe van ’n suksesvolle
besienswaardigheid. (3 x 2) = (6)

4.4 Bestudeer die onderstaande ikone en simbole en beantwoord die vrae wat volg.

(Bron: https://bit.ly/3g470KP)

4.4.1 Identifiseer TWEE ikone in die bogenoemde prent. (2)

4.4.2 Noem die land waar hierdie TWEE ikone geleë is. (1 x 2) = (2)

4.4.3 Noem nog ’n bekende ikoon in die land genoem in vraag 4.4.2. (1 x 2) = (2)

4.4.4 Noem die soort toeris wat daarin belangstel om die bogenoemde ikone
te besoek. (1 x 2) = (2)

4.4.5 Verduidelik wat die daaglikse aktiwiteit/e is waarby simbool A betrokke is.
(1 x 2) = (2)
[50]

TOTAAL AFDELING C: 50
Bladsy 12 van 15 © Impaq
Junie-eksamen 2021
G12 ~ Toerisme V1/1

AFDELING D: TOERISMESEKTORE

VRAAG 5

5.1 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg met
betrekking tot SAL (Suid-Afrikaanse Lugdiens) -personeel:

5.1.1 Bespreek hoe die reëls ten opsigte van voorkoms van die SAL-personeel in
die bogenoemde foto’s tot die professionele beeld van die maatskappy
bydra. (2 x 2) = (4)

5.1.2 Lys DRIE ander faktore behalwe die voorkoms van personeel, wat ’n bydrae
tot die professionele beeld van SAL-personeel kan lewer. (3)

5.1.3 Jy kry nooit die geleentheid om ’n tweede indruk te maak nie. Noem VIER
faktore wat tot die beeld van SAL sal bydra. (4)

5.2 Alle SAL-personeellede moet ’n dienskontrak onderteken.

5.2.1 Definieer die term “dienskontrak”. (2)

5.2.2 Verduidelik waarom dit noodsaaklik vir ’n werknemer is om ’n dienskontrak


te onderteken. (3)

5.2.3 Lys VIER items wat in ’n dienskontrak, wat deur werknemers onderteken
moet word, ingesluit kan word. (4)

5.3 SAL-werknemers onderneem met hulle indiensneming, om die gedragskode van die
maatskappy te handhaaf. Bespreek die waarde van ’n gedragskode vir werknemers
in die lugbedryf. (3 x 2) = (6)

5.4 Bespreek TWEE voorbeelde van optrede deur die bemanning van SAL wat as ’n
oortreding van die gedragskode beskou kan word. (2 x 2) = (4)
[30]

TOTAAL AFDELING D: 30
Bladsy 13 van 15 © Impaq
Junie-eksamen 2021
G12 ~ Toerisme V1/1

AFDELING E: PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME

VRAAG 6
6.1 Bestudeer die onderstaande prente en beantwoord die vrae wat volg:

PRENT A PRENT B

PRENT C PRENT D

6.1.1 Identifiseer die soort wêreldgebeurtenisse in prente A tot D. (4)

6.1.2 Prent B lok toeriste vanoor die wêreld. Beveel TWEE maniere aan waarop
Frankryk sulke groot getalle internasionale toeriste kan bestuur.
(2 x 2) = (4)

6.1.3 Prent A het ’n wêreldwye negatiewe impak op toerisme gehad. Bespreek in


’n paragraaf die impak van prent A onder die volgende afdelings:
a) Werkskepping
b) Lugvervoerbedryf
c) Invoere en uitvoere
d) Toerisme besienswaardighede
e) Inkomste generering (5 x 2) = (10)

6.2 Definieer die volgende terme:

6.2.1 Gasheerland (1)

6.2.2 Wêreldgebeurtenis (1)


[20]

TOTAAL AFDELING E: 20

GROOTTOTAAL: 200

Bladsy 14 van 15 © Impaq


Junie-eksamen 2021
G12 ~ Toerisme V1/1

BYLAE A: TYDSONE KAART

Bladsy 15 van 15 © Impaq

You might also like