Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 18

1912-A-TOU-JE02-04.

JUNIE-EKSAMEN 2019

TOERISME 1/1

GRAAD 12

TAAK 4

Hierdie vraestel moet in kleur gedruk word.

Neem kennis:
• Die antwoordstel MOET elektronies ingehandig word.
• Die kandidaat beantwoord die vraestel soos in die vraestelinstruksies vereis
(foliopapier en/of die antwoordblad / bylae / invulvraestel).
• Die goedgekeurde toesighouer laai die unieke strepieskodevoorblad
van my.Impaq af, onderteken dit en laai dit saam met slegs die
antwoordstel op my.Impaq.
• Die kandidaat moet die foliopapier duidelik nommer.
• Die goedgekeurde toesighouer maak seker dat die bladsye van die
antwoordstel in die korrekte volgorde is en skandeer dit in die korrekte
volgorde.

E-pos assessment@impaq.co.za
Tel. 087 405 2233

Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye © Impaq


Junie-eksamen 2019
G12 ~ Toerisme V1/1

TOERISME
VRAESTEL 1/1
GRAAD 12
JUNIE-EKSAMEN

EKSAMINATOR: S. Barnard TYD: 3 uur


MODERATOR: S. Jordaan TOTAAL: 200

INSTRUKSIES:

1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings en SES vrae:


1.1 Afdeling A: Kontekstuele vrae
1.2 Afdeling B: Kaartwerk en toerbeplanning, buitelandse valuta
1.3 Afdeling C: Toerisme attraksies
1.4 Afdeling D: Plaaslike-, streeks- en internasionale toerisme
1.5 Afdeling E: Toerismesektore
2. Beantwoord al die vrae van elke afdeling.
3. Lees deur die hele vraestel voordat jy dit beantwoord.
4. Nommer elke vraag soos aangedui.
5. Dit is in jou eie belang om netjies en leesbaar te skryf.
6. Trek ’n lyn na elke vraag.
7. Begin elke afdeling op ’n nuwe bladsy.
8. Gebruik slegs ’n blou bolpuntpen.
9. Trek werk duidelik dood wat nie gemerk moet word nie.
10. BYLAE A is by hierdie vraestel aangeheg.
11. Slegs ’n nieprogrammeerbare sakrekenaar mag gebruik word.
12. Alle bewerkings moet getoon word om punte te verdien. Bewerkings moet
afgerond word tot twee desimaal.
13. Gebruik die inligting in die onderstaande tabel as riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord.

TYD
AFDELING ONDERWERP PUNTE
(minute)
Afdeling A Kontekstuele vrae 40 20
Afdeling B Kaartwerk en toerbeplanning, buitelandse valuta 80 80
Afdeling C Toerisme attraksies 40 40
Afdeling D Plaaslike-, streeks- en internasionale toerisme 25 20
Afdeling E Toerismesektore 15 20
TOTAAL: 200 180

Bladsy 2 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2019
G12 ~ Toerisme V1/1

AFDELING A: KONTEKSTUELE VRAE

VRAAG 1

1.1 Meervoudige keusevrae. Vier opsies word as moontlike antwoorde op elk van
die volgende vrae verskaf. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter
(A – D) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.20) neer, bv. 1.1.21 A.

1.1.1 Wanneer DBT (dagligbesparingstyd) geïmplementeer word in lande, word


daar vereis dat die horlosie _____.
A. TWEE ure terug gedraai word in die somer
B. EEN uur vorentoe gedraai word in die somer
C. EEN uur terug gedraai word in die somer
D. EEN uur vorentoe gedraai word in die winter

1.1.2 ʼn Verpligte inenting wanneer ʼn toeris Suid-Amerika besoek:


A. Bilharzia
B. Geelkoors
C. Hepatitis A
D. Malaria

1.1.3 Hierdie TWEE ikone is in Rusland geleë:

A B C D

A. Ikoon A en Ikoon B
B. Ikoon A en Ikoon C
C. Ikoon C en Ikoon D
D. Ikoon B en Ikoon D

Bladsy 3 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2019
G12 ~ Toerisme V1/1

1.1.4 Hierdie ikoon is die nommer een magtigste ikoon in die wêreld:
A. Las Vegas
B. Sagrada Familia
C. Eiffeltoring
D. Palm Tree

1.1.5 Hierdie handelskou vind plaas vanaf 4 - 6 Oktober 2019 in Suid-Afrika:


A. Indaba
B. Besigheid Netwerk
C. Wegbreek Gauteng skou
D. WTM

1.1.6 Die tydsone van ʼn land by 60 grade oos van die lengtelyn:
A. UTK + 6
B. UTK - 6
C. UTK - 4
D. UTK + 4

1.1.7 Die gevolge van ʼn sterk rand sal ʼn _____ tot gevolg hê.
A. styging in die internasionale inkomende toerisme
B. daling in internasionale uitgaande toerisme
C. styging in plaaslike toerisme
D. daling in intra-provinsiale toerisme

1.1.8 ʼn Wêrelderfenisterrein en ʼn ikoon is:


A. Franse Riviera
B. Algarve
C. Rooi plein
D. Swartwoud

1.1.9 Wanneer ʼn toeris reis na Europese lande moet hy | sy aansoek doen vir ‘n
_____ visum.
A. Brasiliaanse
B. Skotse
C. Schengen
D. Amerikaanse

1.1.10 Reisigers moet aansoek doen vir ʼn visum by dié departement:


A. Departement van Binnelandse Sake
B. Destinasie ambassade
C. Departement van Buitelandse Sake
D. Eie land se ambassade

Bladsy 4 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2019
G12 ~ Toerisme V1/1

1.1.11 ʼn Voorbeeld van etiese gedrag by personeel is:


A. Onbeperkte afslag vir vriende en familie.
B. Geen ekstra betaling vir addisionele ure.
C. Krediet neem vir ander mense se werk.
D. Om ʼn bestuurder in kennis te stel indien afwesig is van werk.

1.1.12 Die koers waarteen ʼn bank buitelandse valuta ruil vir plaaslike geldeenheid
staan bekend as:
A. BAK
B. BVK
C. Wisselkoers
D. Dienslewering fooi

1.1.13 ‘n Voorbeeld van ‘n lugwaardin se voordele:


A. Maandelikse salaris.
B. Minder belasting.
C. Etenstye
D. Persentasie afslag op vlugte.

1.1.14 ‘n Vulkaniese uitbarsting in Februarie 2018 op die Indonesië eilande is ‘n


voorbeeld van ‘n:
A. Burgeroorlog
B. Aardbewing
C. Natuurlike ramp
D. Terrorisme

1.1.15 ‘n Toeris wat die doeane van O.R. Tambo Internasionale lughawe inkom
met beperkte goedere moet deur die _____ kanaal beweeg.
A. rooi
B. groen
C. belastingvrye
D. beperkte

1.1.16 Politiese onrus in ‘n land sal lei tot _____.


A. werkloosheid
B. meer toeriste
C. negatiewe publisiteit
D. sterker buitelandse valuta

Bladsy 5 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2019
G12 ~ Toerisme V1/1

1.1.17 Hierdie handelsmerk word uitgebeeld by alle fasiliteite wat universeel


voorsiening maak vir persone met gestremdhede:

A. B. C. D.

1.1.18 Die Niagara watervalle is geleë tussen die grens van die Verenigde State
van Amerika en _____.
A. Peru
B. New York
C. Mexiko
D. Kanada

1.1.19 Hierdie ikoon is tradisioneel wit maar as gevolg van lugbesoedeling het die
gebou se kleur verander na bruin, geel en groen.
A. Klaagmuur
B. Taj Mahal
C. Blou Moskee
D. Koepel van die rots

1.1.20 Die verskil tussen ‘n ikoon en ‘n attraksie is:


A. Attraksie is ‘n persoon se ervaring, ikoon is ‘n diens.
B. Attraksie is enige plek wat ‘n toeris kan besoek, ‘n ikoon is ‘n
simbool van ‘n land | stad.
C. Attraksie is ‘n nuwe ervaring, ‘n ikoon is ‘n betekenisvolle toer na
‘n bestemming.
D. Attraksie is ‘n simbool om toeriste te lok, ‘n ikoon is ‘n kulturele
betekenis vir toeriste.
(20 x 1) = (20)

Bladsy 6 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2019
G12 ~ Toerisme V1/1

1.2 Pas die gasheerland | stad | provinsie in kolom B by die gebeurtenis in kolom
A. Skryf slegs die korrekte letter (A - E) langs die vraagnommer
(1.2.1 - 1.2.5) neer, bv. 1.2.6 F.

KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Twee oseane Marathon A. Berlin
1.2.2 2019 Rugby Wêreldbeker B. Rusland
1.2.3 2018 FIFA Sokker Wêreldbeker C. Frankryk
1.2.4 Tour De France D. Wes-Kaap
1.2.5 ITB E. Japan
(5 x 1) = (5)

1.3 Gee een woord | frase vir elk van die onderstaande beskrywings. Skryf slegs
die woord | frase langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.5) neer.

Auschwitz | AA | Vlugvoosheid | WGO | Vluguitputting | Algarve | Drakensberge |


Gesondheidsertifikaat | Enkelaanvulling

1.3.1 Die dokument bewys dat ‘n toeris alle mediese voorsorg getref het voor die
reis.
1.3.2 Hierdie ikoon was gebruik as ‘n konsentrasiekamp.
1.3.3 ‘n Persoon wat vlieg van Suid-Afrika na die Verenigde Koninkryke sal lei
aan die reis verwante siekte.
1.3.4 ‘n Addisionele fooi betaalbaar wanneer ‘n gas besluit om nie dubbel geriewe
te deel nie.
1.3.5 IBP word uitgereik deur hierdie organisasie. (5 x 1) = (5)

Bladsy 7 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2019
G12 ~ Toerisme V1/1

1.4 Pas die beskrywing in kolom B by die ikoon in kolom A. Skryf slegs die
korrekte letter (A – E) langs die vraagnommer (1.4.1 - 1.4.5) neer, bv. 1.4.6 F.

KOLOM A KOLOM B
1.4.1 A Lyf van ‘n leeu en ‘n kop van ‘n
mens.

1.4.2 B Gevind in die ‘outbacks’ van


Australië.

1.4.3 C Bekend vir die koekoe klokke.

1.4.4 D Geveg tussen mense en bulle.


Gebeurtenis vind plaas in
Spanje.

1.4.5 E Uitvoerendekuns-sentrum van


Sydney.

(5 x 1) = (5)

Bladsy 8 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2019
G12 ~ Toerisme V1/1

1.5 Suid-Afrika het ‘n hoë misdaad syfer. Dit kan toeriste onveilig laat voel.
Herrangskik die volgende gevolge van misdaad op toerisme. Skryf slegs die
vraagnommer en die letters in die regte volgorde.

A B C D E
Mense Ekonomie is Kriminele Die stad Toeriste
verloor hulle beïnvloed. beseer ontvang besluit om ‘n
werk. toeriste. minder ander
toeriste. destinasie te
besoek.
(5 x 1) = (5)
[40]

TOTAAL AFDELING A: 40

Bladsy 9 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2019
G12 ~ Toerisme V1/1

AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING, BUITELANDSE


VALUTA

VRAAG 2

2.1 Identifiseer die land in die suidelike halfrond wat drie tydsones het. (1 x 2) = (2)

2.2 Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg:

Caster Semenya reis na DOHA (45 grade OOS) vir die 2019 IAAF Wêreld
kampioenskappe. Sy sal vertrek vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe om
21:00 die 5de Julie 2019. Haar vlugtyd is 10 ure.

2.2.1 Bereken hoe laat Caster sal arriveer in Doha. (5)


2.2.2 Caster gaan deelneem die 8 Julie 2019 om 19:00. Haar vriende en familie
ste

in Suid-Afrika wil haar sien deelneem. Watter tyd en dag sal hulle moet kyk
om haar te sien deelneem? (4)

2.3 Doha wil begin om DBT (dagligbesparingstyd) toe te pas. Noem VIER voordele vir
‘n land om DBT te implementeer. (4)

2.4 Caster se suster het nog nooit oorsee gereis nie. Noem TWEE reis dokumente wat
sy gaan benodig om te reis. (2)

2.5 Caster se suster sal vluguitputting ervaar wanneer sy reis na Doha. Noem
TWEE simptome en DRIE maniere waarop sy vluguitputting kan verminder
tydens ‘n vlug. (5)

2.6 Bespreek DRIE veiligheidsmaatreëls vir Caster se suster wat sy op die lughawe
moet volg wanneer sy internasionaal reis. (3 x 2) = (6)

2.7 Met Caster se terugkeer na Suid-Afrika het sy die volgende items by haar wanneer
sy deur doeane gaan:

• 150 ml parfuum
• Geskenke tot die waarde van R 2000
• 20 sigare
• R 4000 kontant

A) Dui aan of die bostaande items belastingvrye- of beperkte items is. (4)

2.8 Caster se suster het ‘n bottel pepersprei. Die produk word gesien as ‘n verbode
produk. Bespreek TWEE redes waarom dit die geval is. (2 x 2) = (4)

2.9 Dui die verskil aan tussen die rooi- en die groen kanaal. (2 x 2) = (4)
[40]

Bladsy 10 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2019
G12 ~ Toerisme V1/1

VRAAG 3

Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

VAKANSIE!!!!!
WAT IS DIE BESTEMMING????

• 2x Volwassenes en 1x kind.
• Sakgeld is R 200 per persoon per dag.

Dag 1: Die familie wil reis van O.R. Tambo Internasionale Lughawe na King Shaka
Internasionale Lughawe (Retoer vliegtuigkaartjies vir 2x Volwassenes en 1x
kind R 2900). Hulle sal ‘n motor huur (R 400 per dag). Hulle sal slaap by Protea
Hotel waar hulle ontbyt en aandete sal geniet (Akkommodasie is R 450 per
volwassene en R 200 per kind per aand). Middagete sal genuttig word by Spur,
(R 150 per persoon). Hulle sal uShaka Mariene Wêreld (R 200 per volwassene
en R 120 per kind) besoek sowel as die kunstemark.

Dag 2: Akkommodasie Protea Hotel. Ontbyt en aandete is ingesluit by akkommodasie.


Middagete is R 180 per persoon. Hulle sal Sibaya Casino besoek vir ‘n
tradisionele Zoeloe optrede, (R 250 per volwassene en R 150 per kind). Motor
huur (R 400 per dag).

Dag 3: Geniet ‘n ontspannende dag op die strand, vlieg terug na O.R. Tambo
Internasionale Lughawe. Motor huur (R 400 per dag).

3.1 Noem enige DRIE aspekte om in ag te neem met die opstel van ‘n reisplan. (3)

3.2 Teken die onderstaande tabel oor en voltooi die toerbegroting vir die bostaande gesin
van drie (2x Volwassenes en 1x kind) vir die reis van Johannesburg na Durban vir
DRIE dae.

Attraksies
Akkommo-
Dag Vervoer Etes en aktiwi- Inkopies
dasie
teite
1
2
3
Subtotaal: Subtotaal: Subtotaal: Subtotaal: Subtotaal:

Groottotaal:
(11)

Bladsy 11 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2019
G12 ~ Toerisme V1/1

3.3 Bestudeer die onderstaande wisselkoersblad en beantwoord die vrae wat volg:

Land Geldeenheid BAK BVK


Verenigde Koninkryk GBP 16.09 17.18
Verenigde State van Amerika USD 14.31 14.45
Australië AUD 13.11 13.19
Doha QAR 3.89 4.06

3.3.1 Caster reis na Doha met R 10 000 en wil dit ruil by die valuta handelaars.
Bereken die bedrag in QAR wat Caster sal ontvang. (4)
3.3.2 Met haar terugkeer na Suid-Afrika het sy 26.35 QAR oor. Sy wil die geld
omruil by O.R. Tambo Internasionale Lughawe. Bereken die bedrag in Rand
wat sy sal terug ontvang? (4)

3.4 Gee EEN rede hoekom die bankverkoopkoers hoër is as die bankaankoopkoers in
die wisselkoersblad. (1)

3.5 Lys VIER faktore wat ‘n invloed het op die fluktuasie van die wisselkoers. (4)

3.6 Noem die sterkste buitelandse geldeenheid in die wêreld. (1)

3.7 Noem VIER lande wat van die EURO gebruik maak as ‘n buitelandse valuta. (4)

3.8 In ‘n paragraaf formaat: Verduidelik die koop waarde vir Suid-Afrikaners wat reis na
Groot Brittanje en vir inkomende internasionale toeriste wat Suid-Afrika besoek van
Groot Brittanje. (4 x 2) = (8)
[40]

TOTAAL AFDELING B: 80

Bladsy 12 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2019
G12 ~ Toerisme V1/1

AFDELING C: TOERISME ATTRAKSIES

VRAAG 4

4.1 Lees die volgende stelling en beantwoord die vrae wat volg:

70% van Venesië was oorspoel op 29 Oktober 2018 (“This is italy!”)

4.1.1 Noem die kontinent waar hierdie ikoon gevind kan word. (1)

4.1.2 Noem EEN bekende eienskap van die bogenoemde ikoon. (1 x 2) = (2)

4.1.3 Bespreek EEN positiewe en EEN negatiewe invloed van die bogenoemde
gebeurtenis op die toerisme industrie vir die ikoon. (2 x 2) = (4)

4.1.4 Noem TWEE aktiwiteite waaraan toeriste kan deelneem wanneer hulle
Venesië besoek. (2)

4.1.5 52.4 miljoen toeriste besoek Venesië jaarliks.


Bepaal of Venesië ‘n suksesvolle attraksie is of nie en bespreek TWEE
redes hoekom. (2 x 2) = (4)

Bladsy 13 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2019
G12 ~ Toerisme V1/1

4.2 Bestudeer die onderstaande ikone en beantwoord die vrae wat volg:

A B C

4.2.1 Identifiseer ikoon A. (1 x 2) = (2)

4.2.2 Ikoon A was aan die Verenigde State van Amerika geskenk as ‘n present.
Noem die land wat die present aan die Verenigde State van Amerika
geskenk het. (1)

4.2.3 Noem die land(e) waar ikoon A en ikoon B geleë is. (2)

4.2.4 Ikoon B en ikoon C was beide gebou vir spesifieke redes. Gee EEN rede
hoekom die ikone gebou is:
A: Ikoon B (1 x 2) = (2)
B: Ikoon C (1 x 2) = (2)

4.3 Bestudeer die onderstaande ikone in die tabel en voltooi.


• Noem die tipe toeris wat sal belangstel om die ikoon te besoek.
• Die land waar die ikoon geleë is.
• Dui ook aan of die ikoon ‘n wêrelderfenis terrein is of nie.

WÊRELDERFENIS
TERREIN
IKOON TIPE TOERIS LAND OF NIE-
WÊRELDERFENIS
TERREIN
4.3.1

Bladsy 14 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2019
G12 ~ Toerisme V1/1

4.3.2

4.3.3

4.3.4

4.3.5

4.3.6

(18)
[40]

TOTAAL AFDELING C: 40

Bladsy 15 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2019
G12 ~ Toerisme V1/1

AFDELING D: PLAASLIKE-, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME

VRAAG 5

5.1 Identifiseer die tipe globale gebeurtenis in die onderstaande tabel. Skryf slegs die
antwoord langs die vraagnommer (5.1.1 – 5.1.5) neer.

5.1.1 5.1.2

5.1.3 5.1.4

5.1.5

(5)

5.2 Bespreek DRIE gevolge vir ‘n gasheerland indien die gasheerland nie meer ‘n
globale gebeurtenis kan aanbied nie. (3 x 2) = (6)

5.3 Frankryk wen die 2023 Rugbywêreldbeker bod, behalwe vir werkskepping, noem
TWEE ander voordele wat die gebeurtenis vir Frankryk inhou. (2)

5.4 Noem TWEE redes hoekom Suid-Afrika die 2023 Rugby Wêreldbeker bod
verloor het. (2 x 2) = (4)

5.5 Bespreek DRIE maniere hoe Suid-Afrika ‘n kompeterende voordeel kan skep in die
toekoms om meer globale gebeurtenisse aan te bied. (3 x 2) = (6)

5.6 Definieer die term wêreldgebeurtenis. (1 x 2) = (2)


[25]

TOTAAL AFDELING D: 25

Bladsy 16 van 18 © Impaq


Junie-eksamen 2019
G12 ~ Toerisme V1/1

AFDELING E: TOERISME SEKTORE

VRAAG 6
6.1 ‘n Professionele beeld van ‘n maatskappy is meer as ‘n herkenbare handelsmerk.
Bestudeer die onderstaande advertensie van FORD en beantwoord die vrae wat volg.

6.1.1 Lys DRIE elemente wat moet verskyn op FORD se briefhoof om ‘n


professionele beeld aan te dui. (3)

6.1.2 Noem die toerisme sektor waarby die bogenoemde besigheid


betrokke is. (1 x 2) = (2)

6.1.3 Professionele beeld sluit in aksies en gedrag van personeel in ‘n besigheid.

Bespreek professionele gedrag deur gebruik te maak van die onderstaande


opskrifte:
A) Definisie van ‘n gedragskode. (1 x 2) = (2)
B) Doel van ‘n gedragskode. (2)
C) Waarde van ‘n gedragskode. (2)

6.2 Hoekom is dit belangrik dat ‘n besigheid die Wet op Basiese Diensvoorwaardes
volg? (2)

6.3 Noem TWEE aspekte wat ‘n besigheid moet aanspreek in die Wet op Basiese
Diensvoorwaardes. (2)
[15]

TOTAAL AFDELING E: 15

GROOTTOTAAL: 200
Bladsy 17 van 18 © Impaq
Junie-eksamen 2019
G12 ~ Toerisme V1/1

BYLAE A: TYDSONE KAART

Bladsy 18 van 18 © Impaq

You might also like