Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 16

DETERMINISME EN GETEMPERDE

DETER M IN ISM E IN ENKELE PSIG O L O G IE SE


BESKOUINGS OOR SIN ENIDENTITEIT

Magda van Niekerk


Deparlem ent Kunsgeskiedenis
Potchefstroomse Universiteit vir CHO
PO TCH EFSTROO M

A b slracl

Oiic o f Ihc m o st fim d a m e n ta l questions o f life is the question o f m eaning. T h e way in w hich m a n
answers this, to a large extent determ ines his idenlily. This article invesligales the views on m ea n in g
a n d identity as im plicitly o r explicitly sta ted by representatives o f psych o lo g ica l sch o o ls in which
m a n determ in ism is stressed rather than his freed o m . It fo c u se s on the view o f m a n inherent in
each o f these approaches. T he p o sitiv e elem en ts are appreciated w hile there is a sim u lta n e o u s
highlighting o f the im m a n en t problem s.

1. INLEIDING

D ie tendens dat die m enslike sinproblem atiek in ons eeu toenem ende belangstelling
wek, is ’n proses wat parallel verloop m et die versnellende tem po van natuurweten-
skaplike en tegn ologiese ontw ikkelinge. In verskeie laat-negentiende- en twintigste-
eeuse filosofiese rigtings soos die eksistensialisme en die fenom enologie word reaksies
aangetref op die positiw iste se ooraksentuering van die natuurwetenskappe en die
siening dat die natuurwetenskaplike m etode die enigste m etode tot ware kennisver-
werwing bied. So wys die fenom enoloog Edmund Husserl (1977:4-5) byvoorbeeld daar-
op dat die verabsolutering van die menslike rede sedert die A ufkliim ng geensins tot die
verwagte utopie waarin alle m ense gelukkig sou w ees, gelei het nie, maar inteendeel
dat die sin en b etekenis van die m enslike bestaan skynbaar steed s verder terugvi^k.
Juis ’n eng natuurw etenskaplike ingesteld heid het volgen s H usserl veroorsaak dat
kontak verloor is met die diepste vrae wat die menslike bestaan motiveer.

N ie net filosow e nie, maar ook vele m oderne psigoloë stel belang in die kwessie van
m enslike sinbelewing. Du Plessis (1982:15) wys daarop dat die begrip H/ivoWie/ii oor ’n
breë front aanvaar word as ’n m otiverende faktor in m enslike gedrag, as spil waarom
m enige p atologiese toestand draai, as onderwerp van talle navorsingsprojekte en as
terapeuties-im plem enteerbare konstruk. Hy wys ook daarop dat m et behulp van psigo-
m etriese toetse bevind is dat sinvolheidsbelew ing negatief met depressiw iteit en angs

Koers 56(2) 1991:123-138 123


Beskouings oor sin en identiteit

korreleer m aar p o sitief m et selfak tu aliserin g. V oorts stel hy onom w onde dat die
sinproblem atiek, o f sinvo lh eid sko n stn ik soos hy dit noem , besonder relevant vir die
om standighede van die huidige tydsgewrig is - die heersen de fokus op sinvolheids-
belewing onderstreep trouens volgens hom die dilem ma van die twintigste-eeuse mens
wat progressief sterker aan die angs van leegheid en betekenisloosheid onderworpe is
(Du Plessis, 1982:16-17). Dit geld minstens sowel vir mense in die V erenigde State van
Amerika en in W es-Europese lande (soos die bekende psigoloog, Viktor Frankl (1969)
nit jarelange ervaring met pasiënte kon berig), asook vir m ense in Suid-Afrika, te meer
noil dat snel veranderende politieke ontwikkelinge ’n radikale bevraagtekening van ou
aanvaarde sek erh ed e en lew en sin ste llin g e van veral b ep a a ld e bevolk in gsgroep e
inipliseer.

Ook som m ige twintigste-eeuse kunstenaars beskou die sinvraag as ’n uiters belangrike
kwessie. So byvoorbeeld skryf die Duits-Am erikaanse sam elewingskritiese kunstenaar,
G eorge G rosz (1893-1959) in 1930 in die voorwoord tot sy versam elband tekeninge
onder die titel Uber alles die L iebe dat die sinp rob leem vir sy skeppingsarbeid van
kardinale belang is:

Im m cr gleicht m ein kritisches B co b a ch tcn cin e r F rag e nach Sinn, Z w cck u n d Z iel ... a b c r seltcn
gibt cs cine b efried ig cn d c A ntw ort. So setze ich m e in e g rap h isch en Z e ich en dafiir.

D ie konsep identiteit is een wat van oudsher af belangstelling gewek het. ’n Inskripsie
op die antieke G riekse tempel van A pollo te Delphi het gelui: ’Ken jo u self. Destyds is
hieraan hoofsaaklik ’n sosiale betekenis aangaande die plek en die plig van die mens
geheg. R eeds m eer as twintig eeu e voor die ontstaan van die P sigologie as wetenskap
het Sokrates hierdie inskripsie nuut geinterpreteer deur dit na binne te keer en met
wysheid en deug in verband te bring (A llen , 1966:19-20). B eid e die ouere en die
n u w ere in te rp re ta sie h et eg ter die b e la n g van se lfk e n n is, en im p lisie t van die
selfkonsep - wat die aandag van psigoloë in hul ondersoeke na m enslike identiteit in
die twintigste eeu toenemend sou boei - beklemtoon.

In die persoonlikheidpsigologie gaan dit onder andere om die struktuur, ontwikkeling


en m otiverin g van p ersoon lik h eid . P er soon lik h eid son tw ik k elin g hou v olgen s die
m eeste psigologiese teorieë baie nou verband m et die m ens se ontw ikkelende identi-
teitsbesef. D ie psigoloog se siening van motivering en struktuur hang ten nouste saam
met die m ensbeeld wat hanteer word, en dit w eer staan in verband m et ’n werklik-
heidsopvatting wat implisiet ’n antwoord op die sinvraag bevat.

Wat die beheer oor m enslike gedrag betref, val die persoonlikh eidsteorieë uiteen in
twee hoofkategorieë. Enersyds is daar die teorieë waarin besondere klem gelê word op
die ged eterm in eerd h eid van die m enslike gedrag, hetsy deur onb ew uste drange,
eksterne om gewingsfaktore o f fisiologiese en biologiese faktore. D it om vat veral die

124 Koers 56(2) 1991:123-138


Magda van Niekerk

d ie p te p sig o lo g ie en behaviorism e. A ndersyds is daar die sogenaam d e fenom en o-


logiese, eksistensiële en hum anistiese psigologiese teorieë wat eerder klem lê op die
mens se vrye wilskeuse, selfdeterminering en selfaktualisering. Omdat psigoloe egter in
konfrontasie m et die werklikheid en met ’n verskeidenheid teorieë mettertyd bewus
raak van le e m te s en e en sy d ig h ed e in b estaan d e te o r ie ë , vind daar dik w els ook
kruisbeïnvloeding tussen beskouings van hierdie hoofkategorieë plaas en kom daar
geleidelik ’n groter genuanseerdheid in psigologiese beskouinge na vore. Dit beteken
dat die reduksionism e van uiteeniopende psigologiese tradisies tans in ’n groot male
getem per is en dat ’n integrasie tussen die insigte van verskillende standpunte en
denkskole plaasgevind het. Dit loon nogtans die m oeite om kennis te neem van die
herkom s van v ersk illen d e opvattings aangaande sin en identiteit, ten ein de m eer
gem otiveerd ’n eie standpunt te kan inneem in aansluiting by ’n bepaalde rigting of
rigtings. Daar word dus eerstens* ondersoek ingestel na standpunte oor die kwessies
van sin en id en titeit, so o s na vore kom in d ie p te p sig o lo g ie se en b eh a v io ristiese
benaderings, sow el as in enkele nuwere rigtings wat enersyds hierop voortbou, maar
tog nader kom aan ’n m eer ’humanistiese’ siening.2

2. DIEP^rEPSIGOLOGIESE BY D R A ES

Volgens Sigmund Freud se psigiese determinisme is die motivering vir gedrag gelee in
die onbew uste wat alle ontoelaatbare, onaanvaarbare en daarom verdronge ervarings
en begeertes huisves (Freud, 1972:237-289). Hierdie onbewuste drange geld as diepste
motiverings vir m enslike handelinge en funksioneer volgens Freud na aanleiding van
die beginsel van hom eostase, met ander woorde die m ens strewe na die bevrediging
van onbew uste drange ter wille van spanningsvermindering. ’n Kompromis tussen die
beh oeftes tot onm idd ellik e drangbevrediging en die eise van die w erklikheid kom
normaalweg tot stand deur die ontwikkeling en werking van die ego, terwyl die super­
ego met sy geinternaliseerde waardes daarvoor verantwoordelik is dat die bevrediging
geskied in ooreenstem m ing met morele, godsdienstige en ander samelewingsnorme.

M oller (1987:48) wys egter tereg daarop dat, b enew ens die feit dat die mens in sy
op tred e a llerm in s altyd in gestel is op sp ann in gsverm ind ering m aar dikw els juis

' In ’n v o lg c n d c a r l lk c l s a l ( D V ) a u n d a g g c g e e w o rd a a n d ie v r a a g o f d ie s o g e n a a m d e
h um anislicse, fenom en ologiesc en eksislensielc ben ad erin g s in die psigologic vir die C h riste n ’n
werklil<e a lte rn a tie f hied vir die d elerm in isliese beskouings w at in h ierd ie artik ei b e sp re e k w ord.

^ D ie w oo rd ’h u m an isties’ w ord lussen aanhalin gstek en s gep laas, om d a t dit in ’n ietw at cn g e r sin
b ed o c i w o rd as w al g eb ru ik lik is in 'n refo rm a to rie .se d e n k tra d is ie w a a r a! d ie le o riei; w al in
h ie rd ie arlik el b esp reek w ord, b reed w eg as h um an isties g etip eer sou w ord.

Koers 56(2) 1991:123-138 125


Beskouings oor sin en ideníiteit

stim ulering soek en dat dit spanningsverm eerdering im pliseer, Freud se biologiese
determ inism e nie voorsien in g maak vir die tipiese keusevryheid van die mens,^ sy
toekomsgerigtheid of die invloed van huidige faktore op gedrag nie.

Juis w eens die eensydighede wat vervat is in Freud se beskouing dat biologiese energie
die basiese dryfkrag van die m enslike persoonlikheid uitm aak, het latere dieptepsi-
goloë soos Jung bepaalde verstellings in sy teorieë aangebring en dit gekom bineer met
oorspronklike nuwere bydraes. Van belang vir die d oelein d es van hierdie artikel is
Jung (1954:75) se beskouing aangaande die menslike self wat by onderskei van die Id i.
D ie se lf om vat die ek, en die ek is die sentrum van die m enslike bewussynsveld en
subjek van alle p ersoon lik e akte. D it waarvan d ie m ens bew us is, staan altyd in
verbinding met die ek, sodat die ek as "Bewusstsein iiberhaupt" gedefinieer word (Jung,
1954:78) en dié deel van die mens is wat oor keusevryheid beskik. D ie self, daarenteen,
word egter begrens deur die noodwendighede van die sosiale om gewing en die feitelik-
h ede van die se lf (Jung, 1954:79). D ie s e lf is v o lg en s Jung (1 9 5 4 :7 8 ) d ie totale
persoon lik h eid , wat ook die p ersoon lik e en die k ollek tiew e onb ew uste insluit en
dikwels daardeur gedeterm in eer word. H ier word dit duidelik dat die Freudiaanse
determinisme in Jung se men.sbeeld tog steeds ’n onmiskenbare invloed het.

’n Opvatting van Jung waarby aangesluit kan word, is sy beskouing dat persoonlikheids-
veranderinge nie patologies hoef te w ees nie, maar ook normaal kan w ees in soverre
hulle ontwikkelingsbepaald is (Jung, 1954:79). D ie normale m ens het dus volgens Jung
’n relatiewe identiteit wat ook vir verandering ruimte laat. Met hierdie standpunt weer-
sp ieël Jung sensitiw iteit vir die beginsel van kontinuïteit in identiteitsvorm ing, wat
■sekerlik in ’n reformatorie.se ontw ikkelingsteorie sterk behoort te figureer.'* In sy
beskouing dat hierdie se lf in noue verband staan m et die mens se godsdiens en met
transendentale ervarings, stuit hy in der waarheid op die religieuse gerigtheid van die
mens, wat op Bybelse standpunt verreken m eet word, terwyl sy klem op doelstellings
en op die mens se skeppende potensiaal ’n m eer optimistie.se men.sbeeld en ’n tem pe­
ring van Freud se determ inistiese m enssiening verteenwoordig. Meyer (1985:116) wys
in hierdie verband daarop dat, terwyl Freud id entiteitson tw ikkelin g determ inisties
verklaar vanuit die onb ew uste dranglewe, latere d iep tep sig o lo ë reeds die m ens se

^ F ro m m (1965:126) vcstig d ie a a n d a g d a a ro p d at vryhcid volgens F re u d b c sta a n in d ie men.s sc


b em islh e id van d ie k rag tc w al hom d e te rm in e c r, w aarte en hy v ervolgens ’n .stryd kan aa n k n o o p
in ’n o p tim ale vcnv crkliking van sy vryhcid.

^ K o n tin u U eil is saam m c l a n d e r n o rm c so o s d iffc re n sia s ic e n in tc g ra s ic a lg c m c n c h islo ricsc


n o r m e ( D o o y e w c c r d , 1 9 5 5 :2 4 3 , 2 6 0 -2 6 1 ) w a t o o k in d ie v o r m i n g v a n d ie m c n s lik c
perso o n lik h eid gcp ositiv eer w ord.

126 Koers 56(2) 1991:123-138


Magda van N iekerk

strewe na toekom sgerigte ideale beklem toon het en hierin vooruitgew ys het na die
hiiinanistiese psigologiese teorieë.5

Adler (1950:21) ag die persoonlike sin-opvatting van die mens as van kardinale belang;

D c opvatting van ce n b cp a ald p erso o n o ver de zin van h et leven is van g ro o t gew icht, w ant zij is
het ric h tsn o cr v oo r zijn d en k e n , voclen en handelen . D e w are zln van h et leven k o m t to t u iting
in d c w cerstan d , d ie d e w erkelijkheid aan het onju iste h an delen bicdt.

H ieniit blyk dat Adler onderskei tussen ’n objektiew e sin van die werklikheid, en ’n
siibjektiew e sin-opvatting van die individuele m ens, ’n onderskeid waarby ook op
Christelike standpunt positief aansluiting gevind kan word. Objektiewe sin word egter
deiir horn op hum anistiese wyse vereenselw ig met die algem ene welsyn van die ge-
meenskap (Adler, 1948:3-24) en die mens wat nie hiertoe bydra nie, lei ’n sinlose lewe
(A dler, 1950:198). H ierdie beskouing dui weliswaar op die belang van die naaste-
liefde, maar dit w eerspieël geen b esef van die verband van ware naasteliefde met ’n
religieuse gerigtheid op G od nie. En Adler se utopie van ’n mensheid met ’n volmaakte
gem eenskapsgevoel is een wat nog in hierdie bedeling bereik kan word:

Wij m o g e n v e rw a c h te n , d a t in e e n v e rre to e k o m s t, m its aa n d c m e n sh e id g e n o e g tijd w ord!


g claten , dc k rach t van h et gem eenschapiigevoel over alle uilw endige w e erslan d e n zal zegevieren.
(A d ler, 1950:203.)

Binne die kring van sosiaal-psigologiese dieptepsigoloë word die klem by die vorming
van m enslike identiteit geplaas op sosiaal-m aatskaplike en opvoedkundige faktore.
Morney (1947:79-89) bek lem toon byvoorbeeld die ouer-kindverhouding waarin die
kind ’n lew ensbelangrike basiese sekuriteit ontwikkel, waarsonder basiese angs en ’n
neurotiese persoonlikheid sy voorland is. Sy skenk ook aandag aan die invloed van
verskillende neurotiserende faktore (teenstrydighede in verwagtings, ensovoorts) van
die sam elewing op die individu (H om ey, 1947:281-290).

Ook hier m oet to eg eg ee word dat dergelike faktore ’n negatiew e uitwerking op die
m enslike p ersoonlikh eid en psigiese welsyn kan hê, maar in d ieselfd e m ate as wat
hierd ie in v lo ed e d eterm in isties gedui word, word daar ’n streep getrek deur die
m enslike keusevryheid m et verantwoordelikheid teenoor G od, en is die ondersoeker
vaniiit ’n reformatoriese antropologie genoodsaak om hom /haar hiervan te distansieer.

^ V erg ely k o o k r e e d s A d le r (1 9 4 8 :1 4 ) se klem o p d ie m e n slik e v ry h e id w a a r d e u r hy sin en


bctek cn is aan sy ervaring s kan gee.

K n m 56(2) 1991:123-138 127


Beskouings o orsin en identiteit

From m (1965) poog om Freud se m egan isties-m aterialistiese teo rieë in ’n groter
d ialek ties-h u m an istiese (From m , 1965:14) verwysingsraam werk te plaas, ter w ille
waarvan Ruth A nshen (1965:7) in haar inleiding tot From m (1965) die mens se sin-
soel<e en sam ehangende probleme beklemtoon:

C o n fro n te d w ith th e q u e s tio n o f m e an in g , h e (m a n - M vN ) is s u m m o n e d to re d isc o v e r an d


scrutin ize th e im m utable an d th e p erm a n e n t w hich co n stitu te th e dynam ic, unifying aspect o f life
as well as th e p rinciple o f d iffe re n tia tio n , to reco n c ile id e n tity an d d iversity, im m u ta b ility an d
U lU U '.t .

DIt wil dus voorkom asof Anshen die sinvraag in verband bring met ’n sam ebindende
kern van die p e r so o n lik h eid w al m eeb ring dat veran d erin g en d iffe r e n sia sie in
ooreen stem m in g m et ’n relatief stab iele, dog din am iese identiteit plaasvind. Dit is
voorwaar ’n beskouing wat besondere m oontlikhede vir die Christenpsigoloog inhou.
Dit bevat e le m en te waarby in ’n groot m ate aansluiting gevind kan word, nie die
minste nie die aanduiding van die verband tussen die sin- en identiteitsproblematiek.

Fromm (1965:117) sien die m ens in ’n voortdurende konfliksituasie tussen vryheid en


determ inism e, wat hy Freudiaans interpreteer as ’n "conflict o f inclinations" (Fromm,
1965:128). Omdat hy hom tot psigoanalitiese ervarings wend ter verklaring van m ens­
like vryheid (Fromm, 1965:124X kom sy vryheidsopvatting in konflik met ’n ander vry-
heidsopvatting wat hy tegelykertyd probeer handhaaf, naamlik dat hy wat nie vry is om
die kwaad te kies nie, die w erklike vrye persoon is (From m , 1965:132). M et iaas-
genoem de opvatting stuit hy op die ware aard van vryheid as ’n op G od gerigte gebon-
denheid aan die skeppingsraamwerke wat deur G od daargestel is. O ok hierdie vryheid
bly egter vir Fromm ’n geneigdheid wat afhanklik is van die interaksie van kragte in die
individu.

3. EG OPSIGO LO G IE

Die egopsigologie weerspieel in ’n groot mate die invloed van die dieptepsigologie van
Freud, ook in die aanvaarding van dieselfde strukturele m odel van die persoonlikheid
naamlik die id, ego en superego. Hiernaas kom egter ook belangrike verskille na vore,
wat dui op ooreenkom ste met die ’humanistiese’ benaderings.

In die ontw ikkeiingpsigologie word daar onder andere deur die egopsigoloog Erikson
(1980, 51-107) uitvoerig aandag gegee aan die vorming van identiteit by die mens. Hy
doen dit in die konteks van sy onderskeiding van ’n agttal ontwikkelingstadia waardeur
die mens in interaksie met sy omgewing vanaf sy geboorte tot by bejaardheid gaan. Hy

128 K o e n 56(2) 1991:123-138


Magda van N iekerk

koppel aan elk van hierdie stadia ’n bepaalde hoofdoel wat, indien dit nie bereik word
nie, onsuksesvolle krisisoplossing in die betrokke stadium im pliseer, wat dan weer in
latere stadia problem e oplewer.

Na die laersk ooljare waarin die kind se selfk on sep reeds in ’n m ate begin vorm
aanneem , bereik die mens die stadium van adolessensie, wat volgens Erikson juis die
tydperk is waarin ’n soeke na identiteit by uitstek na vore kom. H ierdie identiteits-
ontwikkeling beskou Erikson as die belangrikste faset van m enslike persoonlikheids-
ontplooiing, en die verwerwing van ’n eie identiteit as ’n belangrike keerpunt in die
lew e van die m ens. In hierdie fase m eet die jongm ens sy rol in die lew e vind (wat
dikwels met ’n beroepskeuse geassosieer word) onafhanklik van sy fam ilie en m oet hy
sy persoonlike standpunt ten opsigte van die waardes van die gem eenskap definieer.
I ly m oet ook in hom self ’n antwoord verkry op die vraag wie hy is, tot watter groep hy
behoort (sy sosiale identiteit), watter ideale hy koester en wat hy in die lewe wil bereik
(Erikson, 1980:127-128). Indien hy hier misluk, tree rolverwarring in en verkry hy geen
persoonlike identiteit nie, ly hy dus onder identiteitsverwarring, met die gevolg dat hy
in ’n afhanklikheidsverhouding van sy fam ilie o f van ’n bepaalde groep o f subkultuur
bly le e f Suksesvolle krisisoplossing in hierdie stadium lei volgens Erikson daartoe dat
die jongmens betroubaarheid as persoonlikheidseienskap ontwikkel.

In aansluiting by Erikson kan gekonstateer word dat die ontwikkeling van ’n positiewe
selfb eeld en e ie identiteit gedurende adolessen sie (waarvoor ’n deurlopend e goeie
verhoiiding met die ouers, een van liefde en respek, en met die portuurgroep, een van
agting en ondersteuning noodsaaklik is) lei tot ’n stabiele, volw asse persoonlikheid,
terwyl onbevredigende antwoorde op die identiteitsvraag aanleiding kan gee tot aan-
passingsproblem e in die latere lewe. Terwyl Erikson die aanleiding tot die krisis van
die adolessent veral soek in die biotiese en psigiese veranderinge wat met puberteit
intree, is daar by hom egter weinig sig op die ontwikkelende religieuse selfstandigheid
van die jongm ens en interpreteer hy die vrae en problem e wat met adolessensie ge-
paard gaan, sekerlik nie vanuit hierdie perspektief nie.

O p die su k sesvolle op lossin g van die hoofp rob lem e in a d o le sse n sie volg volgen s
Erikson die strewe na intimiteit, stabiliteit en sosialisering met ’n wye groep m ense in
die fase van vroeë volw assenheid. O nsuksesvolle krisisoplossing lei hier tot isolasie.
W anncer die m iddeljare aanbreek, kan die m ens norm aalweg reeds in ooreenstem -
ming met die aanvaarde id en titeit wat teen die h elfte van sy twintigerjare sy deel
behoort te w ees, ’n vrugbare en produktiewe lew e volgens transpersoonlike waardes
lei, toi voordeel van hom self en van die gem eenskap. V olgens Erikson het die vol-

Kocrs 56(2) 1991:123-138 129


Beskouings uorsin en identiteit

w asse m ens die taak om g e n e ra tief te w ees. G en eratiw iteit dui ond er and ere op
produktiwiteit, kreatiw iteit en kultuuroordrag, waardeur hy vir hom self en vir ander
die lewe verryk. D it veronderstel egter ’n g e lo o f in die sinvolheid van die lew e, die
waarde van die mens en die toekom s van die mensheid, sodat ’n persoon wat die krisis
van hierdie stadium nie suksesvol hanteer nie, faal om die eienskap van sorgsaamheid
te ontwikkel en neig om te stagneer in pessimisme in en in ’n beheptheid met homself.
By gebrek aan produktiwiteit tydens die m iddeljare, loop die m ens gevaar om in ’n
groef te beland en te stagneer, iets wat aanleiding kan gee tot depressie en tot die
gevoel dat die lew e by die m ens verbygaan. In hierdie fase vind ook ’n vergelyking
plaas van die m ens se lew en sdoelw itte m et dit wat hy bereik het. ’n Ernstige krisis
tydens die middeljare berus dikwels op die selfevaiuasie dat die persoon gefaal het in
die b ereiking van sy id e a le en dit kan som s lei tot ’n teruggrype na die jeug as
teenvoeter teen stagnasie.

E ffek tiew e krisisop lossin g tydens die m iddeljare bring egter ’n nuwe rypheid en
lewenservaring m ee. D ie laaste fase van die menslike persoonlikheidsontwikkeling is
dié van bejaardheid waartydens, volgen s Erikson, die m ens sy h ele lew en sloop in
perspektief beskou en vasstel o f hy iets van blywende waarde bereik het al dan nie.
Indien w el, ervaar die m ens ’n g evoel van wysheid, maar indien nie, 'n gevoel van
w anhoop en depressie. D ie persoon wat in bejaardheid nie m et tevredenheid op sy
lewe terugkyk nie, mis wysheid o f ego-integriteit as gevolg van ’n gebrekkige krisis­
o p lo s s in g ty d e n s b e ja a r d h e id , w at d e e ls m ag b e r u s op ’n o n b e v r e d ig e n d e
krisishantering tydens volwassenheid.

Erikson (1980:22) onderskei tussen ’n persoonlike identiteit en ’n ego-identiteit<>. Die


persoonlike identiteit is volgens hom geb aseer op die m ens se b e se f dat hy steeds
dieselfde persoon bly, nieteenstaande veranderinge in die tyd, en dat hy as sodanig
deur ander erken word. Hy stel dit soos volg:

W hal I pro p o se to call ego identity con cern s m o re than th e m e re fact o f existence, as
conveycd by p erso n al identity; it is th e ego quality o f this existence. (E rik so n , 1980:22.)

D ie volgende opm erking van hom toon ew e-een s dat hy verskillende dim ensies van
identiteit onderskei:

E g o id e n tity , th e n , d e v e lo p s o u t o f a g ra d u a l in te g r a tio n o f all id en tificatio n .s, b u t h e re , if


anyw here, th e w hole has a d ifferen t quality from th e sum of its p arts. (E rik so n , 1972:203.)

^ E rik son s c te rm e is enigsin s o ngelukkig, w an t w at k an no u m e e r ’p c rs o o n lik ’ w ees as die ego-


id en titcit, w at ju is o n d e rs k e i w ord van d ie p erso o n lik e id e n tite it. L a a s g e n o e m d e k an m iskien
c e rd e r individualiteit o f individuele id e n titeit g en o e m w ord.

130 Koers 56(2) 1991:123-138


M agda van Niekerk

Hierby bedoel hy skynbaar ’n dim ensie van identiteit wat dieperliggend is, die uiticris-
tallisering van ’n b asiese lew ensingesteidheid veral tydens adolessen sie, sodat daar
inderdaad positief aangesiuit lean word hierby, soos ook by etiike ander fasette van sy
teorie. D ie mens se vraag na sy sosiale identiteit en, vir sover dil dui op bepaaide kort-
o f langterniyndoelw iite, ook die vraag na sy e ie ideale, maak beslis deel uit van sy
identiteit op ’n sekondêre vlak, a! sou dit dan ook nog nie ’n antwoord verskaf op die
vraag wie en wat die mens ten diepste is nie. Indien die vraag na lew ensideale egter in
’n lierinterpretasie van Erikson se beskouings gedefin ieer word as die sinvraag, met
ander w oorde die oorkoepelend e iewensvraag, dui dit op die soeke na lewensrigting
wat direk in verband staan met die mens se diepste religieuse vertrekpunte en dus met
sy identiteit op ’n dieper vlak. Met Erikson .se siening van die adolessent se opio.ssing
van die identiteitskrisis, wat bestaan in die bereiking van betroubaarheid as ’n sintese
tussen id en titeit en identiteitsverw arring, g e e hy op sy m anier rekenskap van die
in tegrasie van die p erso o n lik h eid by bean tw oord in g van d ie vraag na ’n dieper
identiteit, waardeur volgen s ’n Bybeise m ensbeeld die hartsgesteldheid die iew ens-
uitgange van die m ens bepaai.

H oew el die kritiek soms geuiter word dat Erikson se beskouings "slegs enkele aspekte
van m ensiike ontw ik keiin g dek, naam lik veral d ie m ens se b a sie se in gesteld h eid
teen oor ander m ense en die lewe" (M eyer, 1985:122), behoort hierd ie klem op ’n
basiese lew ensingesteidheid na my m ening eerder positief geëvalueer te word, aange-
sien dit in ’n groot mate bepalend is vir sake soos kognitiewe en em osion ele ontwik­
keiing en dus nie bloot as ’n enkele aspek van ontwikkeiing gesien kan word nie.

A s e g o p sig o lo o g begrond Erikson sy siening van id en titeit op ’n wyse w at sow el


verwant is aan die klassiek e Freudiaanse antropologie, maar ook daarvan verskil,
aangesien die ego volgens hom ’n selfstandiger rol vervul as by Freud en ook gedrag
kan inisieer, sodat by hom die determinisme in die mensbeeld van die dieptepsigologie
aansienlik getem per word. Hy hanteer egter geensins ’n Bybeise mensbeskouing waarin
die implikasies van die mens se religieuse bepaaldheid vir die aard van sy identiteit na
vore kom nie, maar lê veeleer besondere klem op die mens se sosiale om gewing wat in
inleraksie m et die ontw ikkelende persoon aan hom uitdagings stel en sod oen de sy
identiteitsvorming bei'nvloed.

4. BEH A V IO R ISM E EN N EO -BEH AVIO R ISM E

In die klassieke behavioristiese teorieë word die probleem van identiteit op ’n ander
manier as by die Freudiaanse teorieë, maar ew e-eens determ inisties gedui, en wel as

Koers 56(2) 1991:123-138 131


Beskouings oor sin en identiteit

aangeleerde eienskappe (konstante response) van die persoon in wisselwerking met sy


omgewing of as fisiese liggaamsveranderinge wat prikkels o f stimuli verskaf. D ie klem
val op waarneem bare gedrag en op die ieerproses wat deur m iddel van prosesse soos
kondisionering en m odellering plaasvind. D ie bew ussynservaringe wat tussen die
stim ulus en die reaksie gebeur, word ew e-een s aan fisiese e n / o f b io tiese funksies
toegeskryf (indien nie as ontoeganklik vir wetenskaplike ondersoek verwerp nie).

D ie norsaaklikheidsverband tussen prikkel en respons verteenwoordig ’n m eganistiese


m ensbeskouing wat vir m enslike vryheid w einig indien enige ruim te laat. A s dog-
m a tiese beh avioris h et John W atson, die g ron d legger van h ierd ie rigting in die
Psigologie, sowel as latere navolgers soos B.F. Skinner klaarblyklik belangrike fasette
van m en slik e ervaring bu ite r ek en in g g e la a t’^ o f tot fisie s -b io tie se p ro sesse en
kondisionering of om gewingsinvloede herlei,^ m et die gevolg dat neo-behavioristiese
teoriee na vore gebring is wat groter klem laat val het op tipies m enslike kwaliteite
soos doelstellings, die selfkonsep, uniekheid, motiverings, waardes, vorige ervarings,
kennis, em osies, ensovoorts.

Tekenend van die diepgaande verskille tussen die behaviorisme en latere humanistiese
rigtings in die P sigologie is Allport (1961:96, 107) se reaksie op die behavioristiese
verklaring van gedrag as response op stim uli, wat as gevolg van versterking vasgelê
word. Hy wys naamlik daarop dat ’n persoon sake wat vir hom van sentrale belang is,
kan leer sonder dat en ige versterking daarby ’n rol h o e f te sp eel. O ok vanuit eie
standpunt moet duidelik gestel word dat, hoewel die om gewing in sosiale en opvoed-
kundige sin bepaalde aksente in die funksionering van die menslike aktstruktuur mag
lê en ’n diepgaande invloed op die m ens se lew enshouding mag u itoefen , dit nie sy
totale gedragspatroon en sy religieuse rigting determ inisties kan bepaal nie. Menslike
gedrag mag vanuit ’n C hristelik-antropologiese standpunt nooit reduksionisties as ’n
sam estelling van stimuli en response verklaar word nie. D ie leerteorieë bied juis om
hierdie rede oor die algem een weinig aanknopingspunte vir ’n sinvolle beskouing oor
die kw essie van identiteit indien dit vanuit ’n reform atoriese antropologie o f ook
gedeeltelik vanuit ’n humanistiese benadering as noodsaaklik ervaar word om identi-
teitsvorming met die sinvraag e n /o f met rigtinggcwende ideale in verband te bring.

^ W alson (1925:200) sc byvoorbccld ond ubb elsin nig : T h e prcm i.scs o f th e beh av io rist c o n tain no
proposition,s ab o u t m eaning. II is an h istorical w ord b o rro w ed fro m philo so p h y an d inlro sp ccliv e
psychology."

® Kyk S k in n e r (1 9 7 2 a) in v e rb a n d m e t d ie b e h a v io ris tie s e s ie n in g v an v ry h eid , w a a rd ig h c id ,


v eran tw o o rd e lik h c id , w a ard es e n so v o o rts, asook S k in n e r (1972b:333-344) vir ’n to c p assin g van
sy m eg an istiese uitgang spuntc op die kreatiew c g e d ra g van die k u n sten aar.

132 Koers 56(2) 1991:123-138


M agda van Niekerk

D ie neo-behavioriste reageer teen die behavioriste se klem op waarneembare gedrag


as response op stimuli en teen laasgenoem de se oorbeklemtoning van behoeftebevredi-
ging en van versterking ter verklaring van gedrag (K elly, 1963:158). Binne hierdie
kader skenk kognitiewe psigoloë soos G eorge Kelly en Albert Ellis besondere aandag
aan die m ens se kennis, gedagtes o f idees wat as gedragsbepalend gesien word. Kelly
( l ‘)63:15) beskryf sy eie uitgangspunt as een van "konstruktiewe alternatiwism e”, wat
betoken dat geen mens die slagoffer van sy lewensloop hoef te w ees nie, aangesien alle
menslike interpretasies onderworpe is aan vervanging o f hersiening deur middel van
alternatiew e sienings van om standighede, soos gek on troleer in ’n 'w eten skap lik e’
aan))ak. Dit val op dat Kelly hiermee nie net nader kom aan die ’humani.stiese’ rigtings
in die Psigologie nie, maar dat sy beskouings in die tradisie van die rasionalisme staan.

V olgens Kelly interpreteer o f konstrueer die m ens alle ervarings subjektief aan die
hand van persoonlike konstrukte, idees of abstraksies waarmee die individu vir hom self
sin daarstel in die warboel van feite en situasies, terwyl konstrukte weer slegs sin het in
hill toepassing op konkrete gebeurtenisse (Kelly, 1963:122). H ierdie konstruksies hoef
nie noodwendig geverbaliseer te word nie, maar m oet wel op een of ander wyse geab-
straheer word om as algem ene riglyne vir huidige en toekom stige gedrag gehanteer te
word (Kelly, 1963:173). Konstrukte word dan, soos in die werkwy.se van ’n wetenskap-
like, weer in daaropvolgende ervarings as hipoteses gehanteer, getoets en geverifieer of
uitgcbou, gew ysig o f selfs verwerp (K elly, 1963:14).'^ S od oen d e bou die m ens vir
hom self ’n om vattende konstruksiesisteem op, aan die hand waarvan die wêreld as
g e h e el b e le e f w ord, in d ivid u ele geb eu rten isse verklaar en toek om svoorsp ellin gs
gcmaak word (Kelly, 1963:12-14).

Vir die doeleindes van die tema moet kennis geneem word van die feit dat konstrukte
volgen s Kelly (1963:142-14^) hierargies georden en aanm ekaar geskakel is, sodat
konstrukte van ’n laer orde as ondergeskikte elem en te binne die sam ehang van koii-
strukte van ’n hoer orde funksioneer (Kelly, 1963:57, 78). Laasgenoem de tipe konstruk­
te staan sentraal in die individu se persoonlikheidsfunksionering, en as voorbeeld hier-
van noem Kelly (1963:126) ’n persoon se g elo o f in G od en sy fundam entele lewens-
beginsels (K elly, 1963:78). Konstrukte van ’n laer orde, ook genoem randkonstrukte
(M oller & Louw, 1987:93) is egter van veel minder belang en daarom ook makliker
veranderbaar of deurdringbaar as kernkonstrukte, met ander woorde konstrukte van ’n

‘‘ S o o s 'n g o e ie V c r li g tin g s d c n k c r , la a t hy d u s o o k n ic d ie id c a a l v a n c m p iri.s is m e cn


ek.spcrim cnlali.sm c, die a n d e r g ro n d te n d c n s van d ie V erligtingstyd n aas ra.sionali.smc, los nic ■
vcrgelyk ook sy eie uileenseU ing van sy fiiosofiesc u itg an gsp u ntc (Kelly, 1953:17, 122).

K o m 56(2) 1991:123-138 133


Beskouings o orsin en identiteit

hoër orde (Kelly, 1963:59), tenvyl laasgenoem de juis aan die menslike persoonlikheid
konsistensie verskaf (Kelly, 1963:89). Hy (Kelly, 1963:55-56) omskryf individualiteit in
term e van die un ieke konstruksiesistem e van individue, want individiie verskil van
m ekaar as gevolg van die onderskeid in hul konstruksie van gebeurtenisse en in hul
hiërargiese rangskikking van konstrukte.

Jiiis in hierdie beskouing van kern- en randkonstrukte gee Kelly blyke van ’n besef van
die on d ersk eid tu ssen v ersk illen d e d im e n sie s van id e n tite it, w aarvan ook in ’n
reform atoriese beskouing rekenskap gegee sal m oet word. Selfs sy kernkonstrukte bly
egter blote rasionele, abstrakte konsepte wat nie noodwendig enige religieuse gerigt-
heid van die hart im pliseer nie, maar vasgelê word deur om gewingsinvloede en rasio­
nele o f irrasionele m enslike reaksies daarop en interaksies daarm ee. Terwyl Kelly
(1963:131) du idelik stel dat die konsep van die se lf vanuit aktu ele gebeurten isse
gekonstrueer en vervolgens as ’n kernkonstruk gehanteer word, im pliseer dit ’n oor-
trokke kiem op waarneem bare gedrag en gebeurtenisse, wat blyke gee van die ver-
bintenis van sy kognitiewe psigologie met die behaviorisme:

It (th e self - M vN ) refers to a g ro u p o f events w hich a rc alike in a cc rta in Way an d , in th at sam e


way, necessarily d iffe re n t from o th e r events. T h e way in w hich th e ev e n ts a re alik e is th e self.
T h a t also m a k es th e self an individual, d iffe re n tia te d fro m o th e r ind iv id u als. T h e self, having
th u s b een c o n c ep tu alize d , can now b e u sed as a thing , a d a tu m , o r an item in th e co n tex t o f a
s u p ero rd in ate construct.

H lerm ee word m enslike identiteit geredu seer tot die grootste gem en e deler van ’n
aantal gebeurtenisse en is dit weinig m eer as ’n teoretiese konstruk.

Kelly se bydraes oor individualiteit kan egter waardeer word, met dien verstande dat
die beperkende invloed van sy filosofiese uitgangspunte verreken m oet word.'*^ Voorts
dui .sy fundam entele postulaat o f hipotese dat die m ens se handelinge bepaal word
deur die wyse w aarop hy geb eu rten isse an tisip eer (K elly, 1963:46-47, 157) op ’n
erkenning van die belang van toekomsgerigtheid in die lew e van die mens, wat sekerlik
’n bepaalde regstelling is van Freudiaanse en klassiek-behavioristiese beskouings. In
soverre as wat hierdie teorie egter in sy geheel ’n oorbeklem toning van bewuste rasio­
nele aspckte ten koste van em osionele en ander menslike funksies impliseer, sodat aan
die mens in sy alledaagse lewe ’n kwasi-wetenskaplikheid (vergelyk Kelly, 1963:12, 120)
toegedig word, kan nie hierm ee saam gestem word nie. Daarby is hierdie kognitiewe
toekomsgerigtheid kwalitatief anders as ’n eskatologiese visie in Bybelse sin.

Im m e rs , o o k d ie m e n s s e h ie r a rg ie s e ra n g s k ik k in g v an k o n s tr u k te o n sy k o n s tr u k s ie en
a n tis ip a s ie van g e b e u rte n is s e , h o e b e la n g rik o o k al, k an slegs w erk lik b eg ry p w o rd van u it ’n
religieuse persp ektief.

1.34 Koers 56(2) 1991:123-I38


Magda van Niekerk

Teenoor die behavioriste het ook Ellis (1979:16) in sy sogenaam de ABC-m odel waar A
verwys na om gewingsgebeurtenisse, B na die individu se oortuigingsisteem , sy denke,
waardes, houdings o f lew ensfilosofie en C na die em osionele gevolge en gedrag van die
persoon, die klem by m enslike motivering geplaas op die interne lokus van kontrole,
binne bepaalde grense soos bepaal deur oorerflikheid (Ellis, 1979:17). D it im pliseer
dat eksterne om standighede weliswaar die mens se gedrag kan bei'nvloed, maar nie kan
determ ineer nie, om dat laasgenoem de geskied op die basis van die persoon se evalue-
ring van gebeurtenisse. ’n M ens kan rasioneel o f irrasioneel oor gebeure dink, maar
irrasionele denke, wat psigiese versteurdheid veroorsaak, is essensieel onrealistiese en
onverifieerbare opvattings oor die werklikheid (Ellis, 1979:63).

H oewel sin en identiteit nie konsepte is wat uitstaan in Ellis se teorieë nie, impliseer sy
beskouings tog dat die m ens se identiteit hoofsaaklik bepaal word deur sy rasionele
e n /o f irrasionele kognisies, en dat sin geleë is in ’n toenam e aan rasionaliteit, wat vir
die m ens psigiese gesondheid waarborg. In .sy klem op die interne lokus van kontrole
en op die m ens se persoonlike verantwoordelikheid cm in sy interpretasie van gebeur­
tenisse reg te laat geskied aan die werklikheid, kan beslis met Ellis saamgestem word,
m et dien verstan de dat h ierd ie ’w erk lik heid’ deur die reform atorie.se denker nie
vereenselwig mag word met ’n gewaande objektiewe feitelikheid nie, maar gedra moet
word deur ’n Bybelse grondm otief van skepping, sondeval en verlossing deur Christus.
Ellis (1979:9-15, 69) se waarneming dat irrasionele denke onder andere vergesel word
deur a b so lu tistiese denk e, negatiew e selfb eoord elin gs, katastroferings, oorveral-
gem enings, oordram atiserings, ’n verdedigende houding en weerstand teen verande-
ring, is sekerlik waardevol, maar hy staan steeds op immanensiestandpunt as hy hierdie
dwalings as denkfoute tipeer, sender om aan die religieuse dieptelaag hiervan aandag
te g e e ." D ie reaksie teen ’n m ensb eskou in g wat uitgaan van ’n verselfstandigde
e sse n sie o f w ese van die m ens lei by E llis as rasion eel-em otiew e p sigoloog tot ’n
gebrek aan ’n visie op die m ens as religieuse persoonlikh eid, m et die gevolg dat
duidelik gestel word "... that w e’d better not rate ourselves, our essence, or our being
but only our deeds, acts and performances". (Ellis, 1979:47.) En die rem edie vir die
mens se irrasionele oortuigings is volgens Ellis (1979:28-29) ’n kognitiewe bewustheid
van die irrasionele aard daarvan, en ’n filosofiese herstrukturering, wat impliseer dat sy
denke in die tradisie van die Verligting staan, ’n tradisie wat aan die m enslike rede
verlossingskrag toeken.

" K l e i n e r , (1 9 7 9 :1 8 9 ) k rilL sccr E llis d a n o o k v an w ec sy n c g a liw ile it te e n o o r ’n ’s p lr itu e le ’


b e n a d e r ln g . E ld e r s (D o lliv e r, 1979:207) w o rd gew ys o p E llis sc sie n in g v an g o d s d ie n s as
infanticic afhank likh eid, w al m cl F reu d sc beskouings o o rccn k o m s loon.

Koers 56(2) 1991:123-138 135


Beskouings oor sin en identiteit

5. C’.EVO LGTR EKK IN GS

Dit blyk duidelik dat beide dieptepsigologiese en behavioristiese rigtings, ten spyte van
opvallende verskille in benadering, gebaseer is op ’n m ensb eeld wat in hoofsaak as
determ inisties getip eer raoet word. D it blokkeer by Freud, sow el as by W atson en
Skinner, by voorbaat ’n b e se f van die belang van die sinvraag, hoew el ’n im piisiete
beantwoording van hierdie vraag in hul teorieë m eesp eel. D it gebeur naam lik deur
henede-norm atiewe fasette soos die biotiese en die psigiese te verhef tot oorsprongs-
idee van waaruit m enslike funksionering ontspruit. H ierdeur word tegelykertyd die
verskeidenheid in m enslike m otiverings op m onistiese wyse gereduseer tot ’n enkel-
voudige funksioneringswyse van óf drange óf aangeleerde gewoontes, wat op geen wyse
die reiigieuse gerigtheid van die m ens verreken nie. In ooreenstem m ing hierm ee word
identiteit vereenselw ig m et die benede-norm atiew e neerslag van natuurnoodwendig-
hede of van eksterne kulturele noodwendighede (in die vorm van leerprosesse waaroor
die mens geen beheer het nie) op die mens se persoonlikheid.

D ie tempering van klassieke Freudiaanse en beiiavioristiese opvattings wat deurgaans


in die nuwere verwerkings van hierdie rigtings sigbaar word, m oet positief waardeer
word, omdat die reduksionisme van die aanvankiike uitbouers daarvan in ’n belangrike
mate hokgeslaan word. Hierdeur kom ’n voliediger visie op die m ens na vore en word
sy gedeterm in eerd heid grootliks in ew ew ig gehou deur ’n klem op die vrylneid van
tipies menslike beslissingsmoontlikhede.

Tot ’n werklik reform atoriese siening van sin en identiteit kan ’n m ens egter nie kom
deur reduksionistiese beskouings soos dié van Freud en die oorspronklike behavioriste
aan te vul deur en te versag met aandag aan fasette van m enslike vryheid, soos neo-
freudiane en neo-behavioriste doen, nie. Dit het hoogstens ’n dualism e tot gevolg, wat
dreig om die psigoloog se beskouings uiteen te skeur en heen en w eer te laat skipper
lussen determ inism e en vryheid, net om per slot van rekening tog w eer die voorrang
aan eersgenoem de toe te ken en daarm ee blyke te gee van die onm oontlikheid om
volledig te ontkom aan die oorspronklike denkraamwerk w aarbinne hul standpunte
ontwikkel is.

M et hierdie kritiek word egter geensins bed oel dat die beskouings van die psigoloe
onder bespreking waardeloos is en dat dit geen doel dien om daarvan kennis te neem
nie. Inteendeel, van sowel natuurlike drange - wat volgens Christelike standpimt gesien
moet word as legitiem e m enslike funksionerings, mits dit onder korrekte normatiewe
leiding geplaas word - asook van die rol van leerprosesse en die invloed van allerlei

1.36 Koers 56(2) 1991:123-138


M agda van Niekerk

kulturele faktore in id en titeitsvorm in g m oet rekenskap g e g ee w ord bin ne ’n eie


geintegreerde siening en paradigma. Dit vra egter ook openheid vir menslike beginsel-
gebonde en normatiewe keusevryheid vanuit ’n basiese lewensgerigtheid.

6. BIBLIO GRAFIE

A D L E R , A . 1948. W hal life sho uld m ean to you. Londcn ; G eo rg e A llen & U nwin.
A D L E R , A . 1<J50. D c /i n van h c l Icven. G e o u to ris e e rd c v e rta lin g van P .H . R o n g c. U lrc c h t : E rv en J.
Bijlevcld.
A L L E N , R .E ., red. 1966. G re e k philosophy; T h a les to A ristotle. N ew Y ork : T h e F re e P ress.
A L L P O R T , G .W . 1961. P a tte rn and grow th in personality. N ew Y ork : H o lt, R in e h a rt an d W inston.
A N S H E N , R . 1965. O n g ctltcld e inleiding. {In F ro m m , E. T h e h e a rt o f m an: its g en iu s for good an d evil.
L on d o n ; R o u tled g e & K egan Paul. p. 7.)
D O L L IV E R , R .H . 1979. T h e r e la tio n s h ip o f ra tio n a l-e m o tiv e th e ra p y to o th e r p s y c h o th e ra p ie s and
per.sonality th e o ries. {In Ellis, A . & W hiteley, J.M ., reds. T h e o retic al and em pirical fo u n d atio n s
o f ratio n al-em o tiv e therapy. M onterey, C a lif .; B ro o k s/C o le . p. 203-217.)
D O O Y E W E E R D , H . 1953 (1); 1955 (2); 1957 (3). A new critiq u e o f th e o retical th o u g h t. (T ra n sla te d by
D . F reem an an d B. Y oung.) P hilad elphia ; T h e P resb y terian an d R efo rm ed P ublishing C o.
D U PLESSIS, W .F. 1982. Sinvolheidsbelew ing, psigiese lyding en p sig o terapie. PsigoJIilse: bulletin van die
D epariem ent Psigologie van die P U vir C H O , 4(1);15-18.
E L L IS , A. 1979. R a tio n a l-e m o tiv e th e ra p y as a new th e o ry o f p e rso n a lity a n d th e rap y , {hi E llis, A . &
W h ite le y , J .M ., r ed s. T h e o re tic a l a n d e m p iric a l fo u n d a tio n s o f r a tio n a l-e m o tiv e th e ra p y .
M o n terey, C a lif .: B ro o k s/C o le . p. 1-100.)
E R IK S O N , E .H ., 1972. G ro w th and crisis o f th e healthy perso nality. {In L azaru s, R.S. & O p to n J r , E .M .,
reds. Personality: sele cted readings. H arm o n d sw o rth : Penguin, p. 167-213.)
E R IK S O N , E .H . 1980. Iden tity and th e life cycle. N ew Y o rk : N orto n.
F R A N K L . V .E . 1969. T h e w ill to m e an in g : fo u n d a tio n s a n d a p p lic a tio n s o f lo g o th e ra p y . N ew Y o rk :
W orld P ublishing Co.
F R E U D , S. 1972. C ïesam m clle W e rk c , X IIL L.ondcn : Im ago.
F R O M M , E. 1965. T h e h e a rt o f m an: its gen iu s for g o o d an d evil. L on d o n : R o u tled g e & K eg an P aul.
C ÏRO SZ, ( i . 1930. U b e r alles d ie L iebc: 60 n eu e Z eichnu n gen. B erlin : B ru n o C assirer.
H O R N E Y , K. 1947. T h e n eu ro tic p erso nality o f o u r tim e. L o n d o n : K egan Paul.
H U S S E R L , E . 1 9 77. D ie K r is is d e r c u r o p a i s c h e n W i s s e n s c h a f t e n u n d d ie t r a n s z e n d e n t a l e
P han o m en o lo g ie. H a m b u r g : Felix M einer.
JU N C i, C .(j. 1954. W elt d e r Psyche: cin e A usw ahl zu r E in rúhru n g. Z iirich : R asch cr.
K E L L Y , (J.A . 1963. A th e o ry o f personality: th e psychology o f p erso n al con stru cts. N ew Y o r k : N o rto n .
K L E I N E R , F .B . 1979. C o m m e n ta ry o n A lb e r t E llis ’ a r tic le . {In E llis , A . & W h ite le y , J .M ., re d s.
T h e o r e tic a l a n d e m p ir ic a l fo u n d a tio n s o f r a tio n a l-e m o tiv e th e r a p y . M o n te r e y , C a lif. :
B ro o k s /C o le . p. 188-192.)
M E Y E R , W .F . 1985. O n tw ik k clin g steo rice. {In Louw , D A ., G c rd e s, L .C . cn M eyer, W .F . reds. M en.slike
ontw ikkeling. P re to ria : H A U M . p. 106-148.)
M o L L E R , A .T . 1987. F re u d e n d ie psigoanalise. {In M oller, A .T ., red. P erso o n lik h eid sielk u n d e. D u rb a n :
B u tterw o rth . p. 22-54.)
M Ó L LER , A .T . & L O U W , Ci.P. 1987. K elly c n Ellis - tw ee kognltiew e b cn a d erin g s lo t p erso o n lik h eid . {In
M o ller, A .T ., red. P ersoonlikheid sielk u nde. D u rb a n : B u tterw o rth . p. 85-121.)
S K IN N E R , B.F. 1972a. B eyond freed o m a n d dignity. L o n d o n : J o n a th a n C ap e .

Koers 56(2) 1991:123-138 137


Bcskouings oor sin en identiteit

vSKINNER, B.F. 1972b. C um ulative reco rd: a selection o f pap e rs. 3 rd ed. N ew Y ork ; M ered ith .
W A T S O N , J.B. 1925. B ehaviorism . N ew Y ork : T h e P e o p le ’s In stitu te.

138 Koers 56(2) 1991:123-138

You might also like