Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 20

Intermolekulêre kragte

Kookpunt: die temperatuur waarby


die dampdruk gelyk is aan
atmosferiese druk

Smeltpunt: die temperatuur waarby


die vaste- en vloeistoffases van 'n
stof in ewewig is

Dampdruk: die druk uitgeoefen deur


'n damp in ewewig met sy vloeistof in
'n geslote sisteem

Organiese chemie

Organiese molekules: molekules wat


koolstofatome bevat

Funksionele groep: 'n binding of 'n


atoom of 'n groep atome wat die
fisiese en chemiese eienskappe van
'n groep organiese
verbindings bepaal

Koolwaterstof: organiese verbindings


wat slegs uit waterstof en koolstof
bestaan
Homoloë reeks: 'n reeks organiese
verbindings wat deur dieselfde
algemene formule beskryf kan word
OF waarin die een lid
van die volgende verskil met 'n CH2-
groep

Versadigde verbinding: verbindings


waarin daar geen meervoudige
bindings tussen C-atome in hul
koolwaterstofkettings is
nie

Onversadigde verbinding:
Verbindings waarin een of meer
meervoudige bindings tussen C-
atome in hul
koolwaterstofkettings voorkom

Molekulêre formule: 'n chemiese


formule wat die element en die aantal
atome van elk in 'n molekuul aandui

Struktuurformule: 'n struktuurformule


van 'n verbinding toon aan watter
atome in die molekuul aan mekaar
gebind is.
Atome word voorgestel deur hul
chemiese simbole en lyne word
gebruik om ALLE bindings
wat atome bymekaar hou, aan te
toon

Gekondenseerde struktuurformules:
hierdie notasie toon die wyse aan
waarop atome aan mekaar gebind is
in die
molekuul, maar toon NIE ALLE
BINDINGSLYNE NIE

Struktuur isomeer: organiese


molekule met dieselfde molekulêre
formule, maar verskillende
struktuurformules
Polimere

Makromolekule: 'n molekuul wat uit 'n


groot getal atome bestaan

Polimeer: 'n groot molekuul wat uit


kleiner monomeer-eenhede bestaan
wat kovalent aan mekaar gebind is in
'n herhalende
patroon

Monomeer: klein organiese molekule


wat kovalent aan mekaar gebind kan
word in 'n
herhalende patroon

Polimerisasie: 'n chemiese reaksie


waarin monomeermolekule verbind
om 'n polimeer te vorm

Addisie polimerisasie: ‘n reaksie


waarin klein molekule verbind om
baie groot molekule te vorm deur
byvoeging by
dubbelbindings

Addisie polimeer: 'n polimeer wat


gevorm word wanneer monomere
(wat gewoonlik 'n dubbelbinding
bevat) verbind deur 'n
addisiereaksie

Kondensasiepolimerisasie: molekule
van twee monomere met verskillende
funksionele groepe ondergaan
kondensasiereaksies met die verlies
van klein molekule, gewoonlik water

Kondensasiepolimeer: 'n polimeer


wat gevorm word deur twee
monomere met verskillende
funksionele groepe wat aan
mekaar skakel in 'n
kondensasiereaksie waarin 'n klein
molekuul, gewoonlik water, verloor
word

Energieverandering hersiening

Reaksiewarmte (ΔH): die energie


geabsorbeer of vrygestel in 'n
chemiese reaksie

Eksotermiese reaksie: reaksie wat


energie vrystel

Endotermiese reaksie: reaksie wat


energie absorbeer

Aktiveringsenergie: as die minimum


energie benodig vir 'n reaksie om
plaas te vind
Geaktiveerde kompleks: die
onstabiele oorgangstoestand van
reaktante na produkte
Tempo en omvang van reaksie

Tempo van reaksie: die verandering


in konsentrasie van reaktante of
produkte per
eenheid tyd

Positiewe katalisator: 'n stof wat die


tempo van 'n chemiese reaksie
verhoog sonder om self 'n
permanente verandering te
ondergaan

Chemiese Ewewig

Oop sisteem: een wat voortdurend


interaksie met sy omgewing het

Geslote sisteem: een wat geïsoleerd


is van sy omgewing

Chemiese ewewig: dit is 'n dinamiese


ewewig waar die tempo van die
voorwaartse reaksie gelyk is aan die
tempo van die
terugwaartse reaksie
Le Chatelier se beginsel: wanneer
die ewewig in 'n geslote sisteem
versteur word, stel die sisteem 'n
nuwe ewewig in deur
die reaksie wat die versteuring
teenwerk, te
bevoordeel

Sure en Basisse

Arrhenius teorie
Suur: ‘n stof wat waterstofione (H+) in
water vorm
Basis: ‘n stof wat hidroksiedione
(OH–) in water vorm

Lowry-Brønsted teorie:
Suur: ‘n proton- (H+ ioon) skenker
Basis: ‘n proton- (H+ ioon) ontvanger

Sterk suur: ioniseer volledig in water


om 'n hoë konsentrasie H3O+-ione te
vorm

Swak sure: ioniseer onvolledig in


water om 'n lae konsentrasie H3O+-
ione te vorm
Sterk basis: dissosieer volledig in
water om 'n hoë konsentrasie OH–-
ione te vorm

Swak basis: dissosieer/ioniseer


onvolledig in
water om 'n lae konsentrasie OH–-
ione te vorm

Gekonsentreerde suur/basis: bevat ‘n


groot hoeveelheid (mol) suur/basis in
verhouding met die volume water

Verdunde suur/basis: bevat ‘n klein


hoeveelheid (mol) suur/basis in
verhouding met die volume water

Amfoliet (amfiprotiese stof): ‘n stof


wat as óf 'n suur óf 'n basis kan
reageer

Hidrolise: die reaksie van 'n sout met


water.
Ekwivalente punt (van 'n titrasie): die
punt waar die suur/basis volledig met
die basis/suur gereageer het.
Eindpunt (van 'n titrasie): die punt
waar die indikator van kleur verander

Outo-ionisasie van water: die reaksie


van water met homself om H3O+-
ione en OH– ione te vorm
Kw: die ewewigskonstante vir die
ionisasie van
water of die ioniese produk van water
of die ionisasiekonstante van water
Kw = [H3O+][OH-
] = 1 x 10-14 teen 298 K

Elektrochemiese Reaksies

Oksidasie: verlies aan elektrone,


oksidasiegetal neem toe

Reduksie: wins van elektrone,


oksidasiegetal neem af

Oksideermiddel: 'n stof wat


geruduseer word / elektrone opneem

Reduksie middel: ‘n stof wat


geoksideer word/ elektrone verloor

Anode: die elektrode waar oksidasie


plaasvind
Katode: die elektrode waar reduksie
plaasvind

Elektroliet: 'n stof waarvan die


oplossing in
water ione bevat OF 'n stof wat in
water oplos om 'n oplossing te vorm
wat
elektrisiteit gelei

Elektrolise: die chemiese proses


waarin elektriese energie
omgeskakel word na chemiese
energie OF die chemiese proses
waarin elektriese energie gebruik
word om 'n chemiese verandering te
weeg te bring

Galvaniese sel: 'n sel waarin


chemiese energie omgeskakel word
na elektriese energie

Elektrolitiese sel: 'n sel waarin


elektriese energie omgeskakel word
na chemiese energie
Kunsmis
Eutrofikasie: die proses waardeur 'n
ekosisteem, bv 'n rivier of dam,
verryk raak met anorganiese
voedingstowwe, veral fosfor
en stikstof, wat lei tot oormatige
plantgroei. Soos plantegroei
buitensporig raak, neem die
hoeveelheid dooie en verrottende
plantmateriaal vinnig toe

You might also like