Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 79

Afrikaans Eerste

Addisionele Taal
Graad 9
Gedigte,
Kortverhale,
Volksverhale, Drama
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Inhoudsopgawe
Kortverhale: Bladsy

1. Nie ‘n feëverhaal nie – Kristel Loots 3 - 10


2. Broers – Jaco Jacobs 11 - 18
3. Juffrou Heelgetal – Fanie Viljoen 19 - 23

Volksverhale:

1. Spoorbek maak ‘n plan – Wendy Maartens 24 - 29


2. Die arme ryk Abu – Fanie Viljoen 30 - 34
3. Hoekom Hiëna mank loop – Nellie Alberts 35 - 38

Gedigte:

1. Soos Altyd – Marieta McGrath 39 - 40


2. Die Skrywer – Fanie Viljoen 41 - 42
3. Is jy dapper genoeg? – Wendy Maartens 43 - 44
4. Hoogtepunt – Nerine Alberts 45 - 46

Drama

Gemorskos – De Wet Hugo 47 – 70

Literêre kenmerke / terme 71 - 80

2
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

KORTVERHALE

1. Nie ‘n feëverhaal nie


-Kristel Loots

Oukei. My naam is Sanet en ek is dáái meisie. Jy weet mos. Elke skool


het ten minste een van hulle. Die vet girl, daardie een wat pouses by die
ander losers iewers in ‘n hoekie rondhang waar hulle hoop hul nie
raakgesien gaan word nie.

Mathilda is ook hier, met haar retrobril skeef op haar neus. Leun teen die
muur asof sy self nie kan regop staan nie, haar jiggie foon in die hemp
se bosak waar almal dit kan sien. Dis ‘n Samsung, First Generation, ‘n
oue, wat niemand meer wil hê nie, en sy luister na Karlien van
Jaarsveld. Sonder oorfone sodat almal wat naby genoeg is haar musiek
kan hoor. Die klank is verskriklik, soos ‘n muis wat in ‘n leë koffieblik
vasgevang is. As sy superslim was, was sy ten minste ‘n genuine nerd.
Nou is sy net boring en dit is embarrassing om saam met haar gesien te
word.

Dan is daar Llewellyn. Die arme ou ly aan hooikoors, snuif en snuif


alewig, gaan aan die nies as hy parfuum ruik. Of blomme. Of
skoonmaakmiddel. Of vars lug. Sommer vir alles. As hy nies, spat die
sproeireën ver en wyd. Dis nogal scary. Niemand waag dit naby hom
nie. Ek dink Llewellyn hou ‘n bietjie van my, maar my hart en my drome
trek in ‘n ander rigting.

“Dit help nie jy staan en kyk vir die graadtienouens nie,” vertel Mathilda
my iets wat ek goed weet, baie dankie. “Jy maak ‘n gek van jouself.”

Ek vererg my. Mathilda! Deurskynend soos ‘n vismot, het nooit iets te sê


wat die moeite werd is om na te luister nie.

3
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Dis eintlik net na Stefan Serfontein wat ek onderlangs loer. Ek is nie


simple nie, ek weet hy sal flip as hy dit moet weet. Vet meisies is
veronderstel om hul plek te ken. So ‘n entjie van ons af staan die
MMMM-brigade saamgebondel in die lekkerste sonkol hier rond. Kring
van spotters. Die mooi, maer, mislike meisies. Die blondines en die
African princesses, lang bene, superkort rokke hoog opgerol onder die
skoolsok se belt en meerminhare wat mansmense glo eeue lank al mal
maak. Kyk kort-kort in ons rigting, aan die fluister en giggel asof ons
hulle entertain met ‘n gratis freak show.

Wag, hier kom hulle nou, reguit op pad na ons toe. Stap nader asof hulle
op ‘n loopplank is en die nuutste modes vertoon. Swaaiende heupe en
koppe agtertoe gegooi, regte merrieperde op ‘n skou.

Dis Monique wat vandag aan die woord is. “Het julle outjies gehoor die
graadagts tot -tiens gaan hierdie jaar Aspoestertjie en die prins opvoer?”

Ons is losers, maar ons is nie breindood nie. Die Aspoester-happening


is al waaroor daar deesdae gepraat word.

Monique kyk in my oë. “Jy moet vir die oudisie kom, dalk is daar vir jou
‘n rol.” Sy aarsel net ‘n oomblik. “As een van die lelike susters.”

Die ander MMMM’e skaterlag en high-five haar.

Foeitog, vat nie veel om die poppies te amuser nie.

Ek is nie regtig lelik nie, net vet. Maar dit tel nie. In die laerskool wou ek
die plot verloor elke keer wat ek die tergrympie hoor:

HIER SIT ARME SANET DE WET.

SY’S BAIE LELIK EN VREESLIK VET.

Ha, ha, groot grap.

4
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

In die hoërskool is die skimpe meer gesofistikeerd, maar dis depressing


genoeg.

“Dis eintlik Aspoester pootjie die prins, ‘n parodie op die kinderverhaal,”


help ek Monique reg. “Iets soos ‘n pantomime met sang en dans, ‘n
variasie van die oorspronklike verhaal met verrassende en teenstellende
elemente.”

Monique lyk asof iemand haar ‘n skuinsklap gegee het. “Wat?” Maar sy
herstel gou. “Whatever.”

Nee ek is nie regtig so slim soos ek voorgee om te wees nie; ek het die
plakkaat teen die kennisgewingborde gesien en gegoogle om te kyk of
ek ‘n kans staan om ‘n rol te kry. Ek weet nie eintlik waarop ek hoop nie.
Natuurlik nie om die hoofrol te vertolk nie, my nommeragtvoete sal in
geen glasskoentjie pas nie, my lyk ook nie in ‘n pragtige prinsesrok nie.
Ek wil darem ook nie een van die lelike susters wees nie. Dit sal net te
maklike wees – geen toneelspel nodig nie.

Ek hoop seker maar om een van die agtergrondsangers te wees, een


van die baie bome in die bos. Ons sal eenderse kostuums dra met blare
daaraan vasgeplak. Nou nie juis Shakespeare op steroids nie, maar
darem iets om die verveling van skoolwerk te verbreek.

En dalk, wie weet, is Stefan daar. Want hy is hot genoeg om op enige


verhoog te wees.

Ná skool is Monique en die res van die MMMM’e natuurlik almal


teenwoordig vir die oudisies. Sit in die heel voorste ry van die skoolsaal
asof hulle eregaste is. Kyk na my asof ‘n verflenterde straatkat my hier
ingedra het. Wat foeter hulle so met my? Hoekom los hulle my nie net uit
nie?

5
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Ek sit natuurlik alleen, geen losers hier om my geselskap te hou nie. Nie
die guts om gesig te wys nie. Lerato glimlag darem in my rigting. Sy’s
mooi genoeg om ‘n MMMM te wees, maar sy is nogal nice, al is haar pa
in die parlement en ry hulle in die slapste kar in die buurt.

“Ons soek die sterkste stemme vir die belangrikste rolle. Julle kan self
kies wat julle wil sing.” Juffrou Moolman is so opgewonde soos ‘n kind
voor Kersfees. “En Moenie huiwer om ‘n paar danspasseies uit te haal
as jy so voel nie. Dit gaan ‘n groot deel van die vertoning uitmaak.”

Ja raait, asof dit in my guns sal tel as ek hierdie lyf van my begin wikkel.
Nee wat, ek sal vir seker ‘n boom wees wat my take in die wind net
liggies op maat van die musiek laat wieg. As ek gelukkig genoeg is om
gekies te word.

Die graadtiens kom eerste aan die beurt. Stefan ook, kitaar en al. Sing
nie sleg nie, maar ook nie so dat hy dadelik tot ridder geslaan gaan word
nie. My hart klop nogtans kondensmelk.

Daar word gesing en gespring, soms gekwaak en geflop, maar ons sit,
ons wag op ‘n kans om uit te haal en te wys wat elkeen van ons kan
doen. Ek skuif regop toe dit Monique se beurt is. Sal seker sing en sweef
soos die engel wat sy nie is nie. Sy en die res van die mislike meisies.

Monique is natuurlik beter ingerig as die res van ons. Sy soek die
karaoke backtrack op haar super-duper iPhone en gaan staan met haar
rug na die gehoor. Toe die eerste note opklink, draai sy dramaties om,
gooi haar hare oor haar gesig en val weg.

RAMP!

Eers dink ek daar’s fout met die musiek, dat die iPhone ingekonk het,
fout met die luidsprekers se draadwerk, of met my ore, die akoestiek.
Maar dis nie dit nie, dis Monique. Sy sing nie, sy maak geraas. Monique

6
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

sing soos ‘n kraai met ‘n seer keel. Dis die aakligste geluide wat uit haar
mond uitkom. Kyk, sy mag dalk ‘n Kylie Minogue lookalike wees, maar
ek sweer Kylie kan haar hof toe sleep vir naamskending as sy moet hoor
hoe Monique haar “A second to midnight” vermink. Eers word daar net
onderlangs gegiggel, maar teen die tweede strofe word daar openlik
gelag. Ek lag ook, maar net innerlik, want ek weet hoe dit voel om die
grootste gek van die dag te wees.

“Klink soos ‘n katoolse kat in die nag,” hoor ek iemand in die ry agter my
sê.

Dis wreed, maar dis waar. Ek wil Monique amper jammer kry toe sy haar
wip en midde-in haar vertoning van die verhoog afstorm, maar kry dit nie
heeltemal reg nie.

Dit is nou Bongani se beurt en hy is vol slimstories. “Juffrou, daar by my


pozzie sing ons nie, ons rap.”

“Juffrou moet hoor hoe rap hy,” laat hoor die seuns wat om hom geskaar
is. “Hy is amper beter as Jack Parow en Early B saam.”

Nè? Nou laat ons hoor wat hy kan doen.”

Dis hoekom ek van juffrou Moolman hou: Sy is so ’n ou sport.

Toe Bongani met sy lui lappoplyf in slow motion op die verhoog stap, fluit
van die ouens en stamp met die voete op die vloer. Kyk, die ou het
genoeg fans om hom nog famous te maak.

Hy knak die knieë van hom, vou sy lyf dubbeld, swaai sy arms en laat
waai met die woorde wat soos ronde klippe uit sy mond rol. Daai’s nou ‘n
ander manier om ‘n storie te vertel.

Bonganie rap die verhoog aan die brand. NEXT LEVEL. Hy is so goed,
selfs ek ruk my skouers op maat van sy praatsingery.

7
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Die dak lig toe hy klaar is en mik om te gaan sit.

“Oukei, ek dink ons het ons prins gevind,” sê juffrou Moolman toe die
gecheer bedaar.

En ek weet sommer Aspoester en die prins gaan ‘n hengse hit wees.


FLIP! Ek wil deel wees daarvan, met of sonder Stefan.

“Wie’s volgende?” vra juffrou Moolman.

Ek staan sommer op en loop vorentoe, al is my naam nog nie genome


nie. So hoog soos ‘n spook ná Bonganie se rap song.

Man, en ek sing, ek sing soos ek net voor die spiel in my kamer sing. Ek
sing “This love” met amper net soveel gevoel soos Taylor Swift. En ek
dans ook sommer. Asof niemand my sien nie.

Dis skoon stil toe ek met ‘n astrante buiging afsluit. Ek wag vir die gelag
om op te klink, maar daar is niks. Net oop monde wat my aangaapp. My
fifteen minutes of fame – die dag toe ek almal stil gesing het.

Ja! Reg geraai! Toe die rolle uitgedeel word, is my naam ook daar.

“Sanet sing soos ‘n nagtegaal, sy sal ons goeie fee wees,” kondig juffrou
Moolman aan.

Monique trek haar asem in. “’n Vet fee kan nie vlieg nie,” merk sy
onderlangs op.

En ‘n kraai kan nie sing nie, wil ek vir haar sê, maar hou my in. Want die
son skyn vir my, meer as vir haar, wat gekies word om die rol te speel
van… Wag daarvoor: een van die lelike susters. Die universe is aan my
kant! Hoe awesome is dit?

“No ways,” kla sy dadelik.

8
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Toe verduidelik Juffrou eers weer vir haar en die res van ons dat dit ‘n
onderstebo show gaan wees. Met beeldskone lelike susters en ‘n vet
fee. Retha Nolte in graad tien gaan Aspoester wees wat saam met
Bonganie in die slottoneel die horizon van geluk tegemoet sal gaan.

“Sanet, jy het die lyf en die longe van ‘n operas anger,” verseker Juffrou
my.

Oukei, ek sou eerder wou hoor ek het die lyf van ‘n ballerina met genoeg
blinkers om Eskom in die skande te steek. ‘n Ballerina het anyways nie
sulke sterk longe nodig nie. Maar ek sal vat wat ek kan kry. Ek is eerder
‘n nagtegaal as ‘n kraai.

Die dag met die kleedrepetisie is ek behoorlik uitgefreak. Juffrou het ‘n


Engelse seunskool genooi om gratis te kom kyk sodat ons daaraan
gewoond kan raak om ons naam voor ‘n gehoor met ‘n plank te slaan.
En om hul reaksie te toets.

Wie kan wreder wees as ‘n spul Engelse seunskinders?

Maar ek sing nogtans my hart uit en maak ‘n paar moves en ek is nie


doof vir die applous wat op my solonommertjie volg nie. Dis ‘n privaat
skool. Ryk mense leer seker vir hul kinders mooi manière. Ons doen
nogal ‘n encore voordat ons die verhoog afstap. Op pad kleedkamers
toe kry iemand my aan die elmboog beet. Dis sowaar een van die
Engelse ouens.

“You were amazing,” sê hy.

Ek val amper flou neer, net daar voor sy voete, toe hy my nooi om ná die
tyd saam met hom te gaan koffie drink. Hy wag vir my by die Wimpy.

“Oukei, ek trek net gou my konsertklere uit.”

Dis nie konsertklere nie, Sanet. En eintlik moet jy Engels praat.

9
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Maar so dapper is ek nie. Ek hang my goeiefeevlerke op en raak van my


kostuum ontslae met die spoed van ‘n geoefende ontkleedanseres. Toe
klim ek met soveel grasie as moontlik in my jeans, trek my langmoutop
oor my kop en drafstap net so, met verhooggriimering en al, Wimpy toe.
Voordat hy dalk van plan verander.

Maar hy is nog daar, sit by ‘n hoektsfeltjie vir my en wag. Ag, as Stefan


my nou kon sien. En Monique en die res van sie MMMM’e! En Mathilda
en Llewellyn, my ma en my ouma en sommer almal wat dink ek is ‘n
loser. Hier by ‘n ou wat van my hou net soos ek is en die stoel vir my
uittrek sodat ek ewe breed kan gaan sit.

Dis eers nadat hy vir ons koffie bestel het dat ons aan die gesels raak.
Dat hy vertel hoe prettig dit was om die verhaal so anders te sien
afspeel. Met Aspeoster wat kamma las het van pynlike liddorings en
haar disnis sukkel om die frieken glasskoen aan haar voet te kry, en die
prins rap sy monoloë, die “ugly sisters” is “lovely girls” wat nie kan sing
om hul lewe te red nie en … en Moenie vergeet nie, die alternatiewe
weergawe van ‘n goedige goeie fee met ‘n ronde lyf.

Hy vat-vat aan my boarms en pomp my in die ribbes, nogal seer.

Hy lag.

En wil by my weet: “Why are you still wearing your fat suit?”

Waaroor gaan die kortverhaal?

Sanet en haar vriende is die skool se ongewilde groep. Sy word al sedert haar
laerskooldae geterg oor haar gewig, Mathilda is te outyds en onnosel, en Llewellyn
se hooikoors is so erg dat dit grillerig is. Hulle praat van die gewilde groep as die
MMMM-brigade, want hulle is die mooi, maer en mislike meisies. Hulle loer en lag vir

10
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Sanet-hulle asof hulle ‘n freak show is. Die skool beplan egter ‘n produksie vir graad
8 tot 10 wat op almal se lippe is. Aspoester potjie die prins. Sanet se oudisie is ‘n
dawerende sukses en sy kry die rol van die goeie fee. Tydens die kleedrepetisie
reageer ‘n groep Engelse seuns uiters positief op die toneelstuk en Sanet word selfs
deur een seun op ‘n koffie-afspraak genooi. Haar trots en opwinding oor die afspraak
word tot ‘n skielike stilstand geruk as hy vir haar vra hoekom sy steeds haar fat suit
dra.

Sanet and her friends are the school's unpopular group. She's been teased about
her weight since her elementary school days, Mathilda is too old-fashioned and silly,
and Llewellyn's hay fever is so bad it's creepy. They refer to the popular group as
the MMMM brigade because they are the pretty, skinny and nasty girls. They look
and laugh at Sanet as if they were a freak show. However, the school is planning a
production for grades 8 to 10 that is on everyone's lips. Cinderella hits the prince.
Sanet's audition is a resounding success and she gets the role of the good fairy.
During the dress rehearsal, a group of English boys react extremely positive to the
play and Sanet is even invited by a boy on a coffee date. Her pride and excitement
about the date is short lived as the boy asks her why she is still wearing a fat suit.

VRAE:

1. Waarom is Sanet en elkeen van haar twee vriende so ongewild onder die
ander skoolkinders? (3)
2. Waarvoor staan die MMMM-brigade? Wat maak dat hierdie groep juis so
gewild is? (2)
3. Die produksie wat die skool wil aanbied, sal die vorm van ‘n “pantomime”
aanneem. Lees op wat die woord beteken. (1)
4. Wat impliseer Monique as sy voorstel dat Sanet vir ‘n oudisie gaan as een
van Aspoestertjie se lelike susters? (1)
5. Wat is Sanet se motivering om wel vir die oudisie te gaan? Gee TWEE
redes. (2)
6. Benoem elkeen van die volgende BEELDSPRAAK wat gebruik word om die
middag by die oudisie te beskryf:
6.1 “Kyk na my asof ‘n verflenterde straatkat my hier ingedra het.” (1)
6.2 “Monique sing soos ‘n kraai met ‘n seer keel.” (1)

11
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

6.3 “Bongani met sy lappoplyf...” (1)


7. Wat is ironies omtrent die manier waarop Monique se oudisie verloop? In
watter opsig pas dit by die benadering van die toneelstuk? (2)
8. “Die dak lig to (Bongani) klaar is en mik om te gaan sit.”
Wat word met hierdie uitdrukking bedoel? (1)
9. Wat is die Afrikaanse vertaling van die woord rap? Dink jy dis gepas dat
hierdie en sommige ander Engelse woorde in die verhaal gebruik word?
Gee ‘n rede vir jou antwoord. (2)
10. Wat bedoel juffrou Moolman as sy sê Sanet “sing soos ‘n nagtegaal”? (1)
11. Watter rol kry Sanet in die produksie? (1)
DINK OOR DIE VERHAAL
12. Watter sort verteller is hier aan die woord? (1)
13. Die skool se produksie bevat “verrassende en teenstellende elemente”.
Hierdie eienskap vind ook neerslag in die verhaal self, want sommige
stereotipes word uitgedaag.
13.1 Wat is ‘n stereotype? (1)
13.2 Noem EEN stereotype wat in die verhaal bevestig word. (1)
13.3 Watter stereotipes word uitgedaag? Noem EEN. (1)
14. Gee die SINONIEM vir die woord “feëverhaal”. (1)
15. Stem jy saam met die titel – dat dit nie ‘n feëverhaal is nie? Gee ‘n rede vir
jou antwoord. (1)
[25]

12
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

2. Broers

- Jaco Jacobs

Dis nog vroeg. Die mis is dig.

Die bakkie ruik na kerrievis en vetkoek. Ma het vir ons padkos ingepak.

Ek loer ongemerk na Tyron.

Hy kyk voor in die pad. Sy vingers tik-tik teen die stuurwiel.

“Nazli sien uit na die kuier,” sê hy. “Sy en Ma kom goed oor die weg.”

Ek knik net.

Die bakkie is oom Patrick s’n. Hy is Ma se broer.

Ek en Tyron is op pad Mosselbaai toe. Ons gaan ‘n vrag hout haal. Oom
Patrick bou kaste vir ‘n lewe.

Nazli is Tyron se meisie. Sy bly op Mosselbaai. Wanneer ons klaar die


hout gelaai het, ry sy saam met ons terug. Sy kom vir die Aprilvakansie
kuier.

Vroeër was dinge anders.

Ek en my broer was pelle.

Ons kon ure lank gesels.

Ek het altyd gaan kyk wanneer hy rugby speel.

Vakansies het hy my saamgevat strand toe.

Hy het my met my skoolwerk gehelp as ek sukkel.

Ouboet Tyrone en kleinboet Jason.

Die bakkie sukkel by die bergpas op. Die pad is steil.

13
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Tyron verwissel ratte.

Dié tyd van die oggend is die pad stil.

“So, hoe lyk dinge met die meisies?” vra hy. “Het jy een in die oog?”

Ek is nie lus om met hom oor meisies te praat nie.

“Graad nege is moeilik,” brome k. “Daar’s nie tyd vir meisies nie.”

Hy glimlag. “Nee, man, Jason.” Hy slaan speels my skouer. “Daar’s altyd


tyd vir meisies.”

Ek kners op my tande.

Kwaad staar ek die pad in.

Die mis laat alles vaal lyk.

Toe rek my oë.

“Pasop!” roep ek uit.

Tyron trap rem.

Voor in die pad lê ‘n motorfiets.

Of die stukke van ‘n motorfiets. Dit lê oor die pad gestrooi.

Langs die pad lê iemand. Dit lyk soos ‘n man. Hy beweeg nie.

Tyron trek die bakkie van die pad af.

Die wiele knars die gruis.

Ons spring uit.

Ek is eerste by die man. Hy het nog sy helm op. Ek val langs hom neer.

“Is jy oukei?” vra ek. “Kan jy my hoor?”

Geen antwoord nie. Sy oë is toe. Daar is bloed op sy gesig.

“O, hel!” sê Tyron. Hy klink verskrik. “Wat doen ons nou? Lewe hy nog?”

14
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Die man dra handskoene. Hulle is nerfaf geval. Ek trek sy een


handskoen effens weg. My vingers soek sy pols. Verlig voel ek dit klop.

“Hy lewe,” sê ek.

Tyron kyk verbaas na my. Hy trap rond. Ek kan sien hy weet nie wat om
te doen nie.

“waar’s jou foon?” vra ek ongeduldig. “Bel die noodnommers.

Tyron grawe sy selfoon uit sy sak. Sy hande bewe.

“Watter noodnommer?” vra hy. Hy klink benoud.

Ek skud net my kop. “Gee hier.”

Ek vat die foon by hom.

My vingers blits oor die knoppies.

Die mense van die ambulans antwoord dadelik.

“Hier was ‘n ongeluk.” My stem is kalm. “’n Man met ‘n motorfiets. Hy is


bewusteloos. Julle moet kom help.”

Die vrou van die ambulansdiens vra waar ons is. Ek verduidelik. Toe gee
sy opdragte. Hou die pasiënt warm. Moet hom nie probeer skuif nie.
Probeer ander voertuie waarsku. “Die ambulans is op pad,” eindig sy.

“Reg so.”

Ek druk die selfoon dood.

“Bring ‘n stuk warm klere of iets, Tyron.”

Dit lyk of hy wakker skrik. Hy draf bakkie toe. Gelukkig het hy sy warm
rugbytop gebring.

Ek gooi dit oor die man. Hy kreun.

“Hy … hy lewe darem nog,” sê Tyron.

15
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

My broers is nie bang vir die grootste ou op die rugbyveld nie.

Maar nou lyk hy asvaal geskrik.

Die man se een been lê skeef. Sy broek is stukkend. Daar is bloed aan
sy knie.

Hy kreun weer en probeer sy kop lig.

“Moenie beweeg nie,” sê ek. “Die ambulans is op pad.”

Sy lyf ontspan.

Ek voel weer sy pols.

“Waar het jy geleer om…?” vra Tyron.

“Waar dink jy?” My stem is koud.

Tyron byt op sy lip.

Ek kan sien hy verstaan wat ek bedoel.

Hoeveel keer moes ek Pa se pols in die nag voel?

Hoeveel keer moes ek die ambulans bel?

Hoeveel ure het ek langs sy bed gesit?

En Tyron?

Hy was op kollege.

Of op die rugbyveld.

Of by sy meisie.

Grootmeneer met die rugbybeurs.

Ons wag in stilte.

‘n Paar minute later is daar sirens.

Rooi ligte flits in die mis.

16
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Die ambulans hou stil. Mense met uniforms spring uit. Eers ondersoek
hulle die man. Toe laai hulle hom op ‘n draagbaar.

“Gaan hy oukei wees?” vra ek.

‘n Ambulansman sit sy hand op my skouer. “Hy het baie seergekry. Sy


been is gebreek. Hy het ‘n harde stamp teen die kop weg. Maar sy nek
en rug lyk nie gebreek nie. Julle twee was fantasties. Dankie.

Sirenes begin weer loei. Die ambulans jaag weg.

Nog motors het hier stilgehou. Iemand sleep die wrakstukke van die
motorfiets uit die pad.

Die polisie vra vir my en Tyron ‘n paar vrae. Toe mag ons gaan.

Ons klim terug in die bakkie.

In stilte ry ons verder.

Uiteindelik is ons oor die bergpas.

“Ek is honger,” sê ek.

‘n Ent verder is ‘n boom. Dit is ‘n piekniekplek. Daar is betontafels en -


bankies.

Tyron hou stil.

Ek kry die padkos uit wat Ma gepak het. Die vetkoek en die kerrievis ruik
lekker.

Tyron skud sy kop toe ek die bak vir hom hou. Dit lyk of die geur hom
naar maak.

Ek trek my skouers op. My tande sink weg in die vetterige deeg.

Tyron stap ‘n ent weg. Sy hande in sy broek se sake.

Hy staar oor die veld.

17
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Toe my vetkoek op is, begin ek die kerrievis eet.

Tyron kom teruggestap.

Hy kom sit langs my op die bakkie se enjinkap.

“Ek wou terugkom,” sê hy. “Toe Pa siek geword het.”

Ek snork. “Ek is seker.”

Tyron kyk nie vir my nie. “Dis die waarheid, Jason. Ek wou die rugby en
die kollege los. Maar Pa het my verbied. Hy wou nie chemo kry nie.
Maar hy het gesê as ek by die kollege bly en aanhou rugby speel, kan
die dokters maar die chemo doen. Hy sou énige iets doen om my op die
kollege te hou.”

Ek ken my broer. Ek kan hoor hy praat die waarheid.

Die laaste hap kerrievis word dik in my keel.

Ek maak die bak toe.

Ons klim terug in die bakkie.

Tyron skakel die bakkie aan.

Ons ry verder.

Nie een van ons sê ‘n woord nie.

Eers buite George skraap ek my keel.

“Dis onregverdig,” sê ek.

Hy kyk my onseker aan.

“Ek bedoel, wat Pa aan jou gedoen het. Om jou af te pers met die
chemo.”

Hy trek sy skouers op.

18
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

“Dis onregverdig dat Pa siek geword het,” sê hy. “Hy was nog so jonk.
Daai laaste paar maande moes jy en Ma hom alleen versorg. Dis ook
onregverdig. Maar Pa het ons geken. Dalk het hy geweet jy sou dié sort
ding beter as ek hanteer. Al is jy die jongste.” Hy kyk my reguit in die oë.
“Pa wou altyd net die beste vir ons hê. Jy weet hy’t gesorg vir ‘n
studiepolis vir jou, né? Vir as jy eendag wil gaan leer…”

Ek knik net.

My skoolpunte is goed. Goed genoeg om dalk eendag medies te gaan


studeer. As dit is wat ek besluit om te doen.

Ek mis my pa. Ek mis hom elke liewe dag. Al is hy reeds meer as vier
maande terug dood.

Maar ek is nie alleen nie. Tyron mis hom ook. Ek besef dit nou eers.

“Graad nege is nie regtig so moeilik nie. Daar is ‘n meisie in my klas.


Haar naam is Mercia. Ek dink jy sal van haar hou.”

My broer glimlag vir my.

En ek glimlag terug.

Die mis begin lig. Kort voor lank kan ons die see sien. Die son flits op die
water. En die pad lê skielik oop voor ons.

Waaroor gaan die kortverhaal?

Jason en sy ouer broer, Tyron, is op pad na Mosselbaai om hul oom te help hout
oplaai en Tyron se meisie te gaan haal. Die pad is egter mistig en hulle gesels nie so
lekker soos vroeër jare nie. Sedert hulle pa dood is, was niks nog weer dieselfde nie.
Hulle moet skielik stop, want ‘n motorfiets en ‘n beseerde man lê voor hulle in die
pad. Tyron is verbouereerd, maar Jason reël dat ‘n ambulans die man kom help.

19
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Jason is die een wat altyd sy pa moes help toe hy siek was en die ambulans moes
ontbied, maar Tyron was op kollege en het rugby gespeel. Ná die ongelukstoneel
begin hulle uiteindelik weer praat oor hul pa en Jason verklap dat hy nie op kollege
gebly het omdat hy wou nie, maar omdat sy pa net chemoterapie sou kry as hy daar
bly. Die broers praat vir die eerste keer met mekaar oor die pyn wat hul pa se dood
veroorsaak het. Dit word ‘n geleentheid vir hulle om te versoen.

Jason and his older brother, Tyron, are on their way to Mossel Bay to help their
uncle load wood and pick up Tyron's girlfriend. However, the road is foggy and they
don't chat as well as in previous years. Since their father died, nothing has been the
same. They have to stop suddenly, because a motorcycle and an injured man lay in
front of them in the road. Tyron is confused, but Jason arranges for an ambulance to
come and help the man.

Jason is the one who always had to help his dad when he was sick and had to call
the ambulance, but Tyron was in college and playing rugby. After the accident
scene, they finally start talking about their dad again and Jason reveals that he didn't
stay in college because he wanted to, but because his dad would only get
chemotherapy if he stayed there. The brothers talk to each other for the first time
about the pain caused by their father's death. It becomes an opportunity for them to
reconcile.

VRAE:

1. Noem TWEE dinge wat Jason en Tyron gedoen het toe hulle nog ‘n hegte
verhouding gehad het. (2)
2. Hoekom weet Jason beter as Tyron hoe om hulp aan die beseerde persoon
in die motorfietsongeluk te bied? (1)
3. Hoe het Jason dit reggekry om by die kollege te kon gaan studeer? (1)
4. Watter beserings het die man wat geval het, opgedoen? (2)
5. Hoekom, dink jy, het daar juis op hierdie dag ‘n motorfietsongeluk
plaasgevind? (1)
6. Ná die ongelukstoneel stop die broers om iets te eet. Waaruit kan jy aflei
dat die ongeluk vir Tyron baie ontstel het? (2)

20
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

7. Watter gesprek maak nou dat die broers se verhouding weer versterk? (1)
8. Hoekom, dink jy, het die broers se verhouding verswak toe die pa siek
geword en doodgegaan het? (2)
9. Noem by elk hoe die pa wou seker maak dat sy seuns ‘n blink toekoms het.
9.1 Tyron (1)
9.2 Jason (1)
10 Die broers besluit saam dat drie dinge onregverdig was. Wat is dié drie
dinge? (3)
11. Wat sal Jason wil gaan studeer? Dink jy dit pas by hom? Gee TWEE redes. (2)
12. Waarvan word die mistige weer simbolies? (1)
13. Dink jy die broers se pa het reg opgetree om Tyron te laat bly studeer toe
hy siek raak? Verduidelik. (1)
14. Hoekom, dink jy, het Tyron nie vroeër vir Jason vertel wat sy pa van hom
gevra het nie? (1)
15. Noem EEN voorbeeld van innerlike konflik en EEN voorbeeld van uiterlike
konflik. (2)
[25]

21
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

3. Juffrou Heelgetal

-Fanie Viljoen

Alle onderwysers het ‘n gunstelingleerder. Dis dalk daardie meisie met


die ryk ouers. Of die ou wat altyd volpunte in ‘n toeets kry. Of die skool
se beste rugbyspeler. Jip, alle onnies het ‘n gunsteling.

Maar nie juffrou Heelgetal nie.

Sy trek niemand in haar Wiskundeklas voor nie. Sy is met almal naar.

Haar naam is eintlik juffrou Heineman. Maar almal noem haar juffrou
Heelgetal. Net nie voor haar nie – tensy jy vet moeilikheid wil hê.

Een ou wat altyd in die moeilikheid is, is Chris Visagie. Hy het eenkeer
vir juffrou ‘n boodskap gestuur:

Chris sal ongellikig nie vandag in die


Wiskundeklas wees nie, want hy hou nie
daarvan nie.

Chris het drie foute gemaak:

 Hy het die boodskap van sy eie foon af gestuur.


 Hy het “ongelukkig” verkeerd gespel.
 En sy verskoning was nie regtig ‘n geldige verskoning nie.

Juffrou Heelgetal was nie beïndruk nie.

Ek dink Chris word nou nog met ekstra huiswerk gestref. Dis dalk
hoekom hy so bekaf lyk.

Marissa Meintjies het ook op ‘n dag haar geluk met juffrou Heelgetal
beproef.

22
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

“Waar is jou huiswerk, Meintjies?” het juffrou Heelgetal ontplof. Die klas
se mure het omtrent gebewe. Ek vermoed ‘n ruit het ook gekraak.
Juffrou het Marissa se boek gegryp, wild daardeur geblaai en dit op die
lessenaar neergesmyt. “Waar is dit?”

“Uhm … dis nog in my pen, Juffrou,” het Marissa geantwoord.

Juffrou Heelgetal het haar cool heeltemal verloor. Sy het Marissa se


lessenaar omgekeer. Haar tas geskop. En haar die lelikste kyk ooit
gegee.

Marissa doen seker ook steeds ekstra Wiskundehuiswerk vir daardie


blaps.

Ek is daarom maar bitter versigtig vir dié kwaai juffrou. In haar klas kyk
ek skaars op. My senuwees is gedaan.

Sê nou ek doen iets verkeerd?

Sê nou ek vergeet ‘n stelling?

Of ek vergeet ‘n boek?

Of ek noem haar per ongeluk juffrou Heelgetal?

Daarom is ek elke dag betyds. My werk is gedoen.

Ek steek my hand net op as ek regtig ‘n antwoord ken.

Ek vra nie vrae nie. As ek nie weet nie, gaan vra ek my ouer suster. Sy
was ook verlede jaar by juffrou Heelgetal en skrik saans nog skreeuend
en natgesweet wakker van Wiskunde-nagmerries.

Sjoe, maar ek moet bieg. Hoërskool-Wiskunde ís nie lekker nie. Dit


maak my kop seer. Al daardie tekens en getalle, reels en stellings,
bewys dit en bewys dat en…

… iets is verkeerd.

23
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Ek sit vandag weer in juffrou Heelgetal se klas. Sy sit ook. Gewoonlik


staan sy gereed voor die bord wanneer ons inkom. Maar nie vandag nie.

Sy sit en staar net voor haar iut. Die juffrou is so bleek soos ‘n spook.
Dis asof sy nie eens weet ons is hier nie.

Ek voel so sleg om te kyk, maar ek sien haar onderlip bewe. Net so


effentjies.

Uiteindelik sak haar kop vooroor. Haar skouer gee ‘n plukkie.

Niemand in die klas sê ‘n woord nie.

Ons haal skaars asem.

Juffrou Heelgetal se kop hang steeds.

Ek is seker sy het ‘n les vir die dag beplan. Maar selfs haar boeke is toe.
Niks staan op die bord geskryf nie.

EK SLUK. ‘n Benoudheid kriewel in my.

Almal wil weet wat aangaan, maar almal is te bang om te roer.

Totdat ek – simple ek – my hand opsteek.

Chris kry amper ‘n hartaanval langs my. Hy wil my arm aftrek. Marissa
maak sulke groot oë vir my. Dis asof sy wil sê: Is jy simple? Wil jy ekstra
huiswerk hê?

My hand bly egter in die lug.

Die hele periode lank.

Uiteindelik, net voor die klok lui, kyk juffrou Heelgetal op. Steeds bleek
en bewend. Haar oë zoem na my toe.

“Nou is dit jou einde,” fluister Chris.

“Dit was lekker om jou te ken,” fluister Marissa.

24
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

“Ja?” vra juffrou Heelgetal.

Ek sluk. My mond voel bitter. My kniekoppe bewe. Toe vra ek die vraag:
“Juffrou? Is Juffrou oukei?”

Juffrou Heelgetal se onderlip bewe weer. Trane blink meteens in haar


oë. Sy knip dit nie weg nie. Maar haar kyk word sagter.

Sagter.

Sagter.

My kat is vanoggend dood,” sê sy.

My mond val oop. Ek het nie eens geweet juffrou Heelgetal het ‘n kat
nie. Mens dink mos nie só aan jou onnies nie. Jy dink nie dat hulle
mense by die huis het nie. Of honde of katte wat vir hulle lief is nie.

Jy dink hulle is maar net onnies.

Skielik word ek ook hartseer al ken ek nie eens vir juffrou Heelgetal of
haar kat nie.

Sonder om verder te dink staan ek op. Die ander kiners ook. Ons stap
vorentoe. Tot by ons juffrou. En gaan gee almal saam vir haar ‘n groot
druk. Lank staan ons so by ons juffrou en deel in haar hartseer.

Net so word ons daardie dag juffrou Heelgetal se gunstelingklas.

Waaroor gaan die kortverhaal?

Het jy ‘n gunstelingonderwyser? Indien wel, is daar beslis ‘n rede waarom. Dit is


ongelukkig ook so dat daar moontlik ‘n onderwyser is wat almal die skrik op die lyf
jaag. Hoe dit ookal sy, leerders bestee die grootste deel van hul dag in die geselskap
van onderwysers. Hoe goed ken jy jou onderwysers? Speel ‘n 20-vrae-speletjie in
die klas waarin jy jou onderwyser beter kan leer ken.

25
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Do you have a favorite teacher? If so, there is definitely a reason why. Unfortunately,

it is also the case that there may be a teacher who scares everyone. Either way,

learners spend most of their day in the company of teachers. How well do you know

your teachers? Play a 20-question-game in class in which you can get to know your

teacher better.

VRAE:

1. Pas die naam van die verhaal by die Wiskunde-onderwyser?


Verduidelik. (1)
2. Watter sort verteller is in die verhaal aan die woord en hoe weet ons dit? (2)
3. Stem jy saam met die veralfemening dat elke onderwyser ‘n witbroodjie
het? Waarom? (2)
4. Volgens die verteller verskil juffrou Heelgetal van ander onderwysers. Noem
die verskil. (1)
5. Skryf die name neer van die twee leerders wat al stele by juffrou Heelgetal
afgetrap het. (2)
6. Watter stemming skep die retoriese vraagsinne wat onder mekaar geskryf
word? (1)
7. Verduidelik die funksie van die ellipsteken in “… iets is verkeerd”. (1)
8. Noem TWEE dinge waaruit die leerders kan aflei dat daar iets groot fout is. (2)
9. Haal ‘n sinsnede aan wat daarop dui dat die juffrou huil. (1)
10. Dink jy dat die verteller dapper is? Motiveer. (2)
11. Verduidelik die funksie van die herhaling van die woorde “sagter … sagter
… sagter”. (1)
12. Het jy simpatie met juffrou Heelgetal? Verduidelik jou antwoord. (2)
13. Tot watter nuwe insigte oor die onderwyseres kom die verteller? (1)
14. Watter optrede van die leerders het gelei daartoe dat juffrou Heelgetal nou
‘n gunstelingklas het? (1)
[20]

26
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

VOLKSVERHALE

1. Spoorbek maak ‘n plan


- Wendy Maartens

Party mense is so uniek dat hul stories sal voortleef lank nadat hulle
gesterf het. Hendrik Spoorbek was een van hulle. Daar word vertel dat
hy in 1811 as ‘n Duitse matroos in Kaapstad aangekom het. Asof hy nie
al genoef avonture op die lang vaart beleef het nie, besluit Spoorbek om
te dros – in hierdie land met die berg wat soos ‘n tafel lyk, wil hy bly!

Hendrik Spoorbek se regte naam was eintlik Heinrich Schörbeck.Omdat


sy nuwe landgenote gesukkel het om sy van uit te spreek, het hy gou ‘n
hele rits byname gekry: Spoorbek, Skoorbek, Skeerbek, Skoubek, tot
Skeurbuik, maar dit is Spoorbek wat vasgesteek het.

Dié bynaam het Heinrich Schörbeck glad nie gepla nie. Toe hy vier jaar
later ‘n stukkie grond vyftien kilometer vanaf Kareedouw in die Oos-Kaap
aanskaf, het hy dit as Spoorbek se Erf laat registreer. Hier het hy ‘n
eenvoudige hartbeeshuisie met net twee vertrekke langs die Kromrivier
gebou. Nie lank nie of hy bou ook ‘n watermeul en begin vir almal in die
omgewing koring maal. Hulle kan nie help om van die eksentrieke,
saggeaarde kluisenaar sonder kind of kraai te hou nie. Hulle begin ook
stories vertel oor die uitsonderlike dinge wat hy doen.

Hier volg een van die stories:

Een aand oorval die donker Spoorbek. Hy besluit om by ‘n ryk vrou se


huis aan te klop en oornagplek te vra.

Die vrou pluk die deur oop. Sy is nie lus vir ‘n vreemdeling op haar werf
nie. Sê nou die man het iets nodig? Sy het nie geld om te mors nie.

27
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

“Wat wil jy hê?” vra sy nors en kyk na Spoorbek asof die kat hom
ingedra het. Moed om hom weg te jaag het sy ook nie. Daarvoor is sy oë
te deurdringend en sy skouers te regop. Hy lyk na ‘n moeilike kalant, dié
mannetjie met die woeste baard en lang krulhare wat in alle rigtings
staan. Sy swart pak lyk asof dit al beter dae geken het.

“Goeienaand, ek soek kos en slaapplek, asseblief,” vra Spoorbek


beleefd.

Die vrou draai om en kom ná ‘n rukkie terug. “Dè, hier is ‘n halwe brood.
Jy kan op die sake in die waenhuis slaap,” sê sy en klap die deur toe.

Spoorbek maak hom tuis in die waenhuis en eet tevrede die halwe
brood. Hy maak hom met die vuil sake toe en raak vas aan die slaap.

Die volgende dag stap hy by die buurplaas verby.

“My Wêreld, Spoorbek, maar dis lekker om jou te sien!” roep die
buurvrou verras uit. “Kom in. Ek gaan juis nou vir ons opskep.”

Sy neem Spoorbek se verslete baadjie en hang dit agter die deur. Toe
gee sy vir hom die ereplek aan tafel. Sy en haar gesin het nie baie nie,
maar wat hulle het, deel hulle met vreugde. Daardie aand deel die
oudste seun sy kamer met Spoorbek.

Dis nog donker toe hy die volgende oggend koffie en beskuit in die bed
kry, en padkos om saam te neem.

Toe Spoorbek groet, sê hy: “Ek het nie geld om vir jou te gee nie, maar
ek wil jou graag beloon. Wat jy ook al vanoggend teen sonop in jou
hande het, dit sal die hele dag lank nie opraak nie.”

“Baie dankie, Spoorbek. Ek het juis ‘n stukkie material goedkoop gekry.


Ek gaan vandag vir my man en kinders ‘n paar hemde uitsny.”

28
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Teen sonop begin die vrou hemde uitsny. Die material raak nie op nie.
So hou dit die heeldag aan. Die vrou lag en huil duermekaar van
blydskap tot sy uitgeput tussen haar naaldwerk aan die slaap raak.

Soos dit mos maar gaan, versprei die nuus soos ‘n veldbrand. Die
volgende week is die ryk vrou vuur en vlam. Haar plannetjies is klaar
agtermekaar. Sy gaan haar goue ponde tel wanneer Spoorbek weer
daar opdaag. Hierdie keer gaan sy nie weer so dom wees nie. Die ou
lieplapper gaan nie weet wat hom tref nie.

En dis presies wat gebeur toe Spoorbek weer daar aandoen. Die ryk
vrou val oor haar voete om hom te onthaal en gee hom die spoggerigste
kamer met die sagste matras.

Die volgende oggend trippel sy rond om hom met ontbyt te oorlaai.

“Baie dankie,” sê Spoorbek beleefd en vee die eiergeel uit sy snor. “Dis
tyd dat jy jou loon kry wat jou toekom.”

Hier kom dit nou! dink sy in haar skik en draf om haar goue ponde, wat
klaar reg lê, in die hande te kry.

Op daardie oomblik gebeur twee doodgewone dinge: Die son kom op en


‘n vlooi byt haar.

“Eina!” roep sy en vergeet skoon van die goue ponde om te begin krap.
En toe sy eers begin krap, kan sy nie ophou nie; tot die hond vergaap
hom.

“Totsiens,” sê Spoorbek en stap by die deur uit.

“Wag!” roep die vrou. “Jy kan dit nie aan my doen nieee!”

“Dis nie ek nie,” roep Spoorbek oor sy skouer. “Jy doen dit aan jouself!”

Dit was die heel laaste keer wat die ryk vrou ooit weer iemand in daardie
geweste sleg behandel het.

29
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Spoorbek se wit perd was net so bekend soos sy baas. Die twee het
gereeld lang afstandde afgelê sodat Spoorbek siekes kon verpleeg of
mense wat in gevaar verkeer met sy spesiale kragtre kon beskerm.
Veral transportryers het Spoorbek graag gevra om hul osse teen diefstal
en wilde diere te beskerm. Dan het hy met ‘n stok ‘n sirkel op die grond
om die osse getrek. So sou hulle heelnag rustig staan tot die volgende
oggend. Nie een sou ‘n poot uit die sirkel sit totdat Spoorbek hulle uitlei
nie.

Teen hierdie tyd het almal groot respek gehad vir dié immigrant wat as
siener, geneser en towenaar bekend begin staan het en nooit enige vir
sy dienste wou aanvaar nie.

Spoorbek het blykbaar ook nooit sy huisie se deur gesluit nie. Terwyl hy
met ‘n buurman praat, sou hy skielik sê: “Ek moet huis toe gaan; daar
word by my ingebreek.” En wanneer hy daar kom, staan die dief soos ‘n
soutpilaar met wat hy ook al besig was om te steel in die hand. Niemand
anders as Spoorbek kon die dief uit sy toestand bevry nie. Al wat hy
moes doen, was om aan die skelm te raak.

Daar word ook vertel dat Spoorbek baie lief was vir heuning, wat hy by
die rivier teen ‘n steil rots uitgehaal het. Hy het dikwels vir sy vriende
gesê: “Niemand sal van daardie heuning kan uithaal as ek dood is nie;
alles sal eendag onder water wees.” Almal het behoorlik kopgekrap tot
Gqeberha (destyds Port Elizabeth) se munisipaliteit die rivier baie jare
later opgedam en die grootste deel van Spoorbek se plaas, asook sy
heuningklip, deel van ‘n waterskema geword het.

Spoorbek was glad nie bang vir slange nie. As hy naby was, mag
niemand iets aan ‘n slang gedoen het nie. Daar word selfs vertel dat hy
al die slange tussen die twee riviere bymekaar kon maak. Hy kon ook

30
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

water opdraand laat loop. Baie boere kon hul oë nie glo as die water in
hul leivore skielik in ‘n ander rigting begin vloei nie. Daar is ook talle
stories oor vure wat hy voorkom of geblus het.

Almal wou altyd weet waar hy aan sy spesiale kragte kom. Vir party
mense het Spoorbek gesê hy het alles in ‘n boek wat gesteel is, gelees.
Vir ander het hy weer gesê dis te danke aan ‘n geheimsinnige blom wat
net een keer per jaar net een nag vir slegs een uur blom.

Spoorbek is in 1845 in die Tsitsikammawoud oorlede. Hy was toe in sy


laat tagtigs.

‘n Veertienjarige meisie het glo vertel hoe sy Spoorbek se gees Kort ná


sy dood tydens ‘n donderstorm in wit klere in die lug sien opstyg het. ‘n
Geheimsinnige ster is volgens oorlewering daardie aand gesien.

Heinrich Schörbeck is naby die pad na sy plaas toe begrawe. Hy het


gevra dat van sy boeke saam met hom in sy kis begrawe moet word, wat
dan ook gedoen is.

Al is Spoorbek se plaas vandag onder water, is sy graf nie. Ongelukkig


weet net ‘n paar plaaslike mense waar dit regtig is. Dalk help dit vir die
res van ons om te weet dat die bergpas oor die Kareedouwberg se
naam Spoorbek se Nek is – en dis maklike om te kry.

Daar is nog baie stories oor al die besondere gawes wat Hendrik
Spoorbek gehad het en alles wat hy daarmee aangevang het. Gaan
snuffel gerus op die internet.

Waaroor gaan die volksverhaal

Suid-Afrika het al vele interessante karakters opgelewer. Spoorbek, wat as Duitse


matroos reeds in 1811 in Suid-Afrika aangekom het, het mense so verwonder met sy

31
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

towerkrag en unieke aanslag tot die lewe, dat sy stories generasies later steeds
oorgelewer word.

South Africa has produced many interesting characters. Spoorbek, who as a

German sailor already arrived in South Africa in 1811, amazed people so much with

his magic and unique approach to life, that his stories are still handed down

generations later.

Vrae:

1. Spoorbek was ‘n matroos wat besluit het om te dros toe hy in Kaapstad


kom. Wat beteken dit “om te dros”? (1)
2. Waar kom Hendrik Spoorbek se naam vandaan? (1)
3. Watter bewys is daar dat Hendrik nie omgegee het oor sy bynaam nie? (1)
4. “Hulle kan nie help om van die eksentrieke, saggeaarde kluisenaar sonder
kind of kraai te hou nie.”
4.1 Wat beteken dit as iemand “eksentrieke” is? (1)
4.2 Verduidelik wat die idiom “sonder kind of kraai” beteken. (1)
5. Wat het Spoorbek laat besluit om een aand by ‘n ryk vrou aan te klop? (1)
6. Gee EEN karaktereienskap wat jy van die ryk vrou kan aflei. (1)
7. “’Wat wil jy hê?’ vra sy nors en kyk na Spoorbek asof die kat hom ingedra
het.”
7.1 Wat beteken dit om nors te wees? (1)
7.2 Watter beeldspraak word gebruik? Verduidelik waarom dit as ‘n geslaagde
beeld beskou kan word. (2)
8. Hoe kontrasteer die ryk vrou met haar buurvrou? Noem TWEE dinge. (4)
9. Hoe beloon Spoorbek die buurvrou vir haar goedhartigheid? Wat kon sy
regkry? (2)
10. Hoekom het die ryk vrou skielik vir Spoorbek die beste behandeling gegee
toe hy die tweede keer by haar opdaag? (1)
11. “Dis tyd dat jy die loon kry wat jou toekom.”
11.1 Wat is ‘n loon? (1)
11.2 Watter loon het die ryk vrou gekry? (1)
11.3 Watter verandering het die insident in die ryk vrou se lewe teweeg gebring? (1)
12. Wat is transportryers en hoe het Spoorbek hulle gehelp? (2)

32
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

13. Watter DRIE rolle kon Spoorbek met sy spesiale kragte vervul? (3)
14. Noem TWEE beginsels waarvolgens Spoorbek geleef het. (2)
15. Op watter TWEE maniere kon Spoorbek glo in die natuur ingryp? (2)
16. Waaruit kan ons aflei dat niemand regtig kan sê hoe Spoorbek aan sy
spesiale kragte gekom het? (1)
17. Wat is ‘n siener? Hoekom glo baie mense dat Spoorbek regtig ‘n siener
was? (2)
18. Hoekom, dink jy, is ‘n bergpas na Spoorbek vernoem? (1)
19. Glo jy dat Spoorbek regtig hierdie dinge kon regkry? Motiveer jou antwoord. (1)
20. Dink jy Spoorbek sou vandag ook soveel aandag gekry het? Gee ‘n rede vir
jou antwoord. (1)
[35]

33
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

2. Die arme ryk Abu


- Fanie Viljoen

“My vou, my vrou!” roep Abu Nuwas. Hy storm die sultan se paleis
binne. Trane stroom oor sy wange. Vandag is die bitterste dag van sy
lewe.

“Wat is fout?” vra die sultan toe hy Abu sien. Hy staan van sy troon af op
en hardloop nader.

“My vrou is gisteraand oorlede, Sultan!” huil Abu.

Die sultan kry hom dadelik jammer. “Dis voorwaar ‘n tragiese dag,”
simpatiseer hy met Abu. “Hoe kan ek jou help?”

Abu weet self nie. Hy was nog nooit so verpletter nie.

Oplaas kry die sultan ‘n plan. “As dit jou sal troos, kry ek vir jou ‘n nuwe
vrou,” sê hy.

Die sultan se vrou, die sultane, laat nie op haar wag nie. Kort ná die
begrafnis soek sy vir Abu ‘n jong vrou in die sultan se ryk.

Nie lank daarna nie kry sy iemand.

Gou is Abu se hartseer verby.

Hy raak halsoorkop verlief en uiteindelik tree hy met die meisie in die


huwelik.

Die troue is fantasties. Die beste een daardie jaar in die sultan se ryk.
Daar is oorgenoeg kos en drank. Die mense sing en dans tot laat in die
aand. Hulle oorlaai Abu en sy bruid met geskenke. Selfs sie sultan is
baie vrygewig. Hy gee vir Abu-hulle een duisend stukke goud om hulle
huwelik te vier.

34
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Lank gaan dit goed met Abu en sy nuwe vrou. Maar hulle leef nogal
spandabelrig. Hulle koop Persiese matte. Klere van sy en satyn.
Meubels wat mens na jou asem laat snak.

Elke dag word die duisend stukke goud minder en minder.

Op ‘n dag is Abu-hulle heeltemal PLATSAK.

“Wat gaan ons nou doen?” vra Abu se nuwe vrou benoud.

Abu gebruik ‘n dag of twee om te dink. Uiteindelik kry hy ‘n blink plan.

“My vrou, my vrou!” roep Abu Nuwas en storm die sultan se paleis binne.
Trane stroom oor sy wange. Hy is selfs hartseerder as die vorige keer.
Of so lyk dit…

“My nuwe vrou is óók oorlede, liewe sultan,” huile Abu. “Ek het nie geld
om haar te begrawe nie.”

Weer is die sultan ontsteld. Hy gee sommer dadelik vir Abu ‘n sak met
twee honderd stukke goud om sy vrou te begrawe.

Terwyl Abu by die sultan is, gaan sy jong vrou na die sultane toe.

“My man, my man!” roep sy. “Abu Nuwas is oorlede en ek het nie geld
om hom te begrawe nie.”

Die sultane probeer haar moed inpraat. Maar dis onmoontlik. Hoe troos
mens ‘n jong weduwee? Uiteindelik doen die sultane wat sy kan – sy
gee vir die weduwee ‘n sak met twee honderd stukke goud.

Later daardie aand vertel die sultan vir sy vrou die hartseer nuus.

“Abu Nuwas se nuwe vrou is vandag oorlede.”

“Is jy seker?” vra die sultane. “Sy vrou is nie oorlede nie. Dis Abu Nuwas
wat gesterf het.”

35
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

“Nee, nee, nee,” stry die sultan. “Abu se vrou is dood.”

“Nee, Abu het gesterf.”

Die sultan gooi sy hande in die lug. “Ag my liewe sultane. Abu was dan
in die paleis. Hy was reg voor my. Die man se hart is gebreek. Hy het nie
geld om sy jong vrou te begrawe nie. Ek het vir hom twee honderd
stukke goud gegee.”

Die sultane snak na haar asem. “Sy vrou het nie geld gehad om Abu te
begrawe nie. Ek het vir háár twee honderd stukke goud gegee.”

Die hele situasie klink bisar. Daarom besluit die sultan om uit te vind wie
lewe en wie dood is.

Hy stuur sy beste kneg na Abu Nuwas se huis toe.

Die kneg sluip in die donker nader. Hy loer deur die venster. Daar sien
hy toe Abu se vrou onder ‘n laken lê.

DOOD.

“Abu se vrou is beslis oorlede, U Majesteit.” Rapporteer die kneg by die


paleis.

“Dit kan nie wees nie!” roep die sultane. Sy besluit om ‘n tweede kneg te
stuur. “Maak seker wie is dood en wie lewe,” bevel sy die kneg.

‘n Ruk later sluip die tweede kneg na Abu se huis. Hy loer deur die
venster. Daar sien hy hoe Abu se lyk onder ‘n laken lê.

DOOD.

“Abu Nuwas is beslis oorlede, U Majesteit,” rapporteur die tweede kneg


by die paleis.

Dadelik is die sultan sowel as die sultane vies. Hulle is duidelike om die
bos gelei. Maar wie is so skelm om dit te waag?

36
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Daarom saal hulle hul perde op en jaag na Abu se huis.

Dis byna middernag toe hulle daar aankom.

Wat hulle daar aantref, slaan die sultan en sultane se asem weg.

Abu en sy jong vrou lê al twee in hulle huis – toe onder lakens.

MORSDOOD.

Die sultan krap sy kop. Hy probeer uitwerk wat aangaan. Maar dit maak
nie saak hoe hard hy dink nie, die antwoord ontwyk hom.

“Ek sal duisend stukke goud gee as iemand vir my kan sê hoe dit gebeur
het!” roep hy.

Toe Abu Nuwas en sy jong vrou dit hoor, spring hulle regop. Hulle vertel
die sultan alles.

Die sultan en sultane kon nie anders as om te lag nie. Abu-hulle het die
koninklikes lekker uitgevang. Daarom kon die sultan nie anders as om
hulle te beloon met duisend stukke goud nie.

Nota: Abu Nuwas was ‘n Persiese digter en poetsbakker. Hy is een van


die karakters in ‘n Duisend en een nagte.

Waaroor gaan die volksverhaal?

Abu Nuwas was ‘n Persiese digter en poetsbakker. Hy is een van die karakters in ‘N
Duisend en Een Nagte. Hierdie verhale het hulle oorsprong in die Midde-Ooste. Die
stories is ouer as die Christendom. In al hierdie verhale is daar Gewoonlik ‘n sultan.
‘n Sultan is soortgelyk aan ‘n koning. Dit is ongewoon vir die man op straat om
sommer by ‘n adellike se paleis in te storm; dus kan die leser aflei dat Abu en die
sultan mekaar goed moes geken het. Die verhaal neem egter ‘n wending en lei tot ‘n
humoristiese einde.

37
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Abu Nuwas was a Persian poet and prankster. He is one of the characters in One

Thousand and One Nights. These stories have their origins in the Middle East. The

stories are older than Christianity. In all these stories there is usually a sultan. A

sultan is similar to a king. It is unusual for the man on the street to just storm into a

nobleman's palace; so, the reader can conclude that Abu and the sultan must have

known each other well. However, the story takes a turn and leads to a humorous

end.

Vrae:

1. Watter groot tragedie tref vir Abu in die begin van die verhaal? (1)
2. Kies die karaktereienskap wat die beste by die sultan pas en gee dan ‘n
rede vir jou antwoord:
a) Hoogmoedig
b) Vrygewig
c) Nederig (2)
3. Noem DRIE dinge waaraan Abu en sy nuwe bruid hulle geld spandeer. (3)
4. Aan watter plan dink Abu om hom uit sy finansiële situasie te help? (1)
5. Hoeveel ekstra stukke goud het Abu deur sy skelmstreke in die hande
gekry? (1)
6. Hoe het die sultan en sultane agter die kap van die byl gekom? (1)
7. Is die sultan ‘n wyse man in jou opinie? Verduidelik jou antwoord. (2)
8. Waarom is die sultan en sultane se reaksie aan die einde van die verhaal ‘n
verrassing? (1)
9. Gee TWEE moontlik verduidelikings vir die titel van die verhaal. (2)
10. Dink jy dat die teks is ‘n gepaste titel het? Verduidelik jou antwoord. (1)
[15]

38
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

3. Hoekom Hiëna mank loop


- Nellie Alberts

‘n Khoi-storie

Hannie Hiëna het al baie kere onder Jônnie Jakkals se slimstreke


deurgeloop, maar dink jy sy leer? Nee wat, sy vergeet altyd van die slap
riem waarmee Jônnie haar die vorige keer gevang het. Hannie is ‘n
goeie siel; sy vergewe en vergeet, en volgende keer glo sy weer sy
halfgebakte waarhede.

So gebeur dit dat Hannie Hiëna en Jônnie Jakkals eendag saam in die
veld rondloop toe ‘n sneeuwit wolk oor die koppie kom en oor hulle seil.
Vir Jônnie Jakkals lyk dit darem altevol soos die wit vet van ‘n stewige
dorperhamel en hy klouter vinnig op, net toe die wolk in ‘n leegte afsak.
Hy vat ‘n hap van die wolk en sowaar! Dit smaak nes vet. Te lekker. Hy
kou en sluk sommer ‘n hele stuk in. Later lyk die wolkie soos ‘n blaar wat
deur ‘n ruspe beetgepak is.

Onder op die grond staan Hannie Hiëna en kwyl Terwyl sy opkyk na


hom. Maggies, maar neef Jakkals geniet dit darem daar bo. Sy lek haar
lippe en sê: “Ai, neef Jônnie, gooi dan so ‘n stukkie van daardie lekker
wit vet vir my af, toe?”

“Haai nooit, my bruin sussie,” antwoord die ou skelm. “Hoekom sal ek so


gulsig hier bo vreet en net ou stukkietjies vir jou afgooi? Wag net dat ek
afkom, dan kan jy opklim en jou trommeldik vreet. Staan net ‘n bietjie
nader sodat jy my kan vang wanneer ek afspring.”

Hiëna maak gereed om Jakkals te vang, maar hy spring op so ‘n


onbeskofte manier dat hy haar onderstebo val en in die sand rol. Die lug
is uit haar longe gedruk en sy is toe onder die stof.

39
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

“Ai toggie, ai toggie,” maak Jônnie Jakkals verskoning, “hoe verskriklik


lomp is ek tog nie. Maat toemaar, ek sal jou help opklim.”

Hannie staan stadig op, en hoes-hoes van al die stof vee sy haar skoon.

Sowaar, neef het darem nou sleg gemik. Maar sy dra geen wrok nie en
dink net aan die lekker wit vetwolk daarbo.

Gou-gou help Jakkals haar op die wolk klim. En daar sit sy Terwyl sy
stukke vetwolk afbyt, kou en sluk. Sy is in ‘n hemel van die heerlike
sagte vet. Maar lekker hou net ‘n rukkie en gou is sy versadig. Sy roep
haar jakkalsvriend nader.

“Neef Jakkie, baie dankie, ek het nou genoeg gehad. Ek wil afkom. Sal
jy my asseblief vang wanneer ek spring?”

“Maar alte seker, nig Hannie. Kom maar. Ek sal jou mooi vang dat jy nie
val nie.” Jônnie Jakkals strek sy voorpote uit om te wys hoe sekuur hy
haar kamstig sal vang.

En Hannie Hiëna haal uit en spring.

Net toe wip jakkals opsy Terwyl hy op een voorpoot rondhop. “Auu! Eina,
eina! ‘n Doring het my gesteek.” Hy spring-spring al in die rondte en hou
kastig sy seer poot vas.

Arme Hannie Hiëna. Sy probeer so ewe haar val stuit deur ‘n agterbeen
uit te steek, maar dit vou onder haar in en sy rol in die sand. “Au! My
been is gebreek! Eina, eina tog!”

Jônnie Jakkals kom hinkepink nader; hy byt kamma op sy tande teen die
vreeslike pyn in sy poot. “Ag toggie, ag toggie,” huil die ou krokodiltrane,
“hoe sleg tog. My poot is vol dorings.” Jakals gee ‘n vet, vals snik.
“Foeitog, nig Hiëna,” huigel hy, “een kranklike kan tog nie ‘n ander
kranklike help nie. Dalk is dit die beste dat ons maar elkeen aansukkel

40
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

huis toe so goed ons kan.” Stadig en kruppel sukkel die ou skelm op drie
bene weg Terwyl hy oor sy skouer roep: “Sien jou môre, my bruin
suster!”

Toe hy seker is die arme hiëna kan hom nie meer sien nie, skiet hy soos
‘n pyl uit ‘n boog oor die veld, reguit huis toe waar mevrou Jakkals met ‘n
heerlike aandete van gebraaide eend vir hom wag. Sy en die kinders het
vanmiddag gou ‘n draai by die boer se dam gemaak.

Intussen lê arme Hannie Hiëna nog in die sand en huil oor al haar
seerplekke. Later sukkel sy regop en kruip steun-steun huis toe.
Ongelukkig was sy van daardie dag af half lam in haar agterbene en
haar linkeragterpoot was Kleiner as die ander een.

Tot vandag toe kan hiënas uitgeken word aan ‘n Kleiner linkeragterpoot.

Waaroor gaan die volksverhaal?

‘n Hiperbool is ‘n vorm van oordrywing. Hiperboliese taal word graag in


oorgelewerde verhale gebruik omdat die verhale tipies aan jong kinders vertel word.
Die verhaal word verder ingekleur deur figuurlike taalgebruik soos vergelykings en
intensiewe vorme om by die gehoor te pas.

In hierdie verhaal is verskeie voorbeeld van hiperboliese en figuurlike taal.

A hyperbole is a form of exaggeration. Hyperbolic language is often used in

traditional stories because the stories are typically told to young children. The story

is further colored by using figurative language such as similes and intensive forms to

suit the audience.

In this story there are several examples of hyperbolic and figurative language.

41
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Dink hieroor:

Is daar voorbeeld van hiperboliese taal wat jy gereeld hoor?

Watter figuurlike uitdrukkings gebruik jy wanneer jy ‘n storie vertel?

Kyk hoeveel voorbeeld hiervan jy in die verhaal kan vind.

Vrae:

1. Watter funksie het die vraag en antwoord in die eerste paragraaf? (1)
2. Die twee karakters in die verhaal het baie uiteenlopende
karaktereienskappe. Noem die twee hoofkarakters en bespreek die verskil
tussen die twee. (4)
3. Benoem die beeldspraak in die volgende voorbeeld:
3.1. “sneeuwit” (1)
3.2. “Dit smaak nes vet.” (1)
3.3. “… soos ‘n blaar wat deur ‘n reuse ruspe beetgepak is” (1)
3.4. “trommeldik” (1)
4. Hoekom was dit vir Jakkals maklike om op die wolke te klim? (1)
5. Verduidelik waarom Hiëna ook graag op die wolk wou klim. (1)
6. Dink jy dit was wys van Hiëna om vir Jakkals te glo toe hy vir haar sê dat hy
haar sal vang? Verduidelik jou antwoord. (2)
7. Verduidelik in jou eie woorde watter natuurverskynsel in hierdie verhaal
verklaar word. (2)
[15]

42
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

GEDIGTE

1. Soos altyd
- Marieta McGrath

1. Dinge is maar soos altyd, Ouma.

2. Vandag was Valentynsdag


3. en almal het pos gekry,
4. net ek nie.

5. Dis maar soos altyd, Ouma,


6. vanoggend het Juffrou my gevang
7. by die venster uitstaar
8. en met my geraas
9. en al die ander het vir my gelag.
10. Soos altyd.

11. Dinge is maar soos altyd, Ouma.


12. Soos wat dit is vandat Pappa
13. nie meer by ons bly nie.
14. Vandat dinge nie meer soos altyd is nie.

15. Ek verlang na Ouma.

***

16. Ouma! Vanoggend het ek,


17. soos altyd,
18. in die skooltaxi geklim
19. en Fred met die sagte oë,
20. die een wat ook van boeke hou,
21. het langs hom vir my plek gehou.

22. Ouma, ek dink van nou af

43
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

23. sal niks meer soos altyd wees nie.


Waaroor gaan die gedig?

Hoewel hierdie gedig baie wanhopig (hopeless) begin, het dit skynbaar ‘n gelukkige
einde. Wanneer ons hierdie verskynsel van drastiese verandering in ‘n gedig
teëkom, noem ons dit progressive. Die konsep word gebruik om die vordering of
ontwikkeling van iets te noem. In Gedigte word ‘n paar dinge aangewend om
progressive aan te dui. “n Groot tipografiese sprong, of ‘n groot spesie tussen twee
strofes, kan ‘n aanduiding van progressive wees. In hierdie geval word die groot
verandering in die spreker se lewe aangedui deur drie sterretjies tussen strofe 5 en
6. Kan jy aflei wat die groot verandering is?

Vrae:

1. Identifiseer die aangesprokene in hierdie gedig. (1)


2. Waaroor is die spreker in strofe 2 ongelukkig? (1)
3. Watter woord in strofe 2 dui daarop dat hierdie gedig nie onlangs geskryf is
nie? Verduidelik jou antwoord. (2)
4. In strofe 3 verduidelik die spreker waarom die juffrou met haar geraas het.
Dit is egter nie waarom die spreker ongelukkig is nie. Verduidelik in jou eie
woorde wat die spreker hartseer gemaak het. (1)
5. Een groot gebeurtenis het gelei tot al die ander negatiewe dinge wat die
spreker ervaar. Haal ‘n sin uit strofe 4 aan wat verduidelik wat gebeur het. (1)
6. Op watter manier dink jy kommunikeer die spreker met die aangesprokene?
Leidraad: Die aangesprokene praat nooit terug nie. (1)
7. Die drie sterretjies tussen strofes 5 en 6 dui op progressive in die gedig.
Watter leesteken in strofe 6 bevestig dat daar ‘n groot verandering
plaasgevind het? (1)
8. Wat het die spreker en Fred in gemeen? (1)
9. Op watter manier het Fred aan die spreker gewys dat hy vir haar omgee? (1)
[10]

44
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

2. Die Skrywer
- Fanie Viljoen

1. Daar was vandag ‘n skrywer by ons skool.


2. Ek het gedink hy sou weird wees met groen hare
3. of iets.

4. Ek het gedink hy sou weird klere dra:


5. Swart klere met ‘n kat of ‘n blom op sy skouer
6. of iets.

7. Ek het gedink hy sou kwaai wees


8. en praat asof hy ‘n woordeboek ingesluk het
9. of iets.

10. Maar hy was


11. doodgewoon.

12. Nes ek.

13. Hy het gesê ek kan ook Skryf,


14. maar hy het seker nog nie my opstelle gesien nie.

15. Hy het gesê mens hoef nie groot woorde te gebruik nie.
16. Oukei, dalk het hy my opstelle gesien.

17. Hy het gesê as mens Skryf, kan jy jou pyn in jou woorde
wegsteek
18. en niemand sal weet dis jóú pyn nie.

19. So, dis wat ek gaan doen.


20. Ek gaan skryf,
21. want ek het baie seerkry
22. wat in woorde hoort.

45
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Waaroor gaan die gedig?

Om intertekstueel na iets te verwys, beteken om in een teks van ‘n ander teks te


praat. Die poet is ‘n gedig deur Adam Small. In die gedig skryf Adam Small dat
mense soms ‘n wanpersepsie van skrywers het. Skrywers word soms gestereotipeer
as mense wat baie akademies of intellektueel voorkom. Hy skryf dat enige iemand
kan skryf en dig, juis die gewone mense.

In “Die skrywer” werk Fanie Viljoen met ‘n soortgelyke idee. Almal kan skryf. Almal
het iets om te sê en almal se stem behoort gehoor te word. Hou die idee van
interteksuele verwysing in gedagte wanneer jy die gedig lees en ontleed. In hierdie
gedig kom dit voor asof die spreker met homself voer. Die tipografie dui daarop dat
die spreker homself komies in die rede val. Dit is ‘n pragtige vorm van vrye vers en ‘n
goeie manier om die aanvanklik twyfelagtige toon van die gedig te beklemtoon.

Vrae:

1. Noem DRIE aannames (assumptions) oor die skrywer wat die spreker in die
eerste drie strofes van die gedig gemaak het. (3)
2. Wie is die spreker in die gedig? (1)
3. Die spreker maak nie van Standaardafrikaans in die gedig gebruik nie. Dink
jy sy taalgebruik is gepas as jy in gedagte hou wie die spreker is? (2)
4. Die woorde “of iets” kom drie keer in die eerste drie strofes voor. Wat
probeer die spreker hiermee by die leser tuisbring. (1)
5. Hoe verskil die spreker se persepsie van die skrywer in die vierde strofe in
vergelyking met sy aanvanklike aanname? (2)
6. Waarom word die vier woorde van strofe 4 nie alles in een reël geskryf nie? (1)
7. Watter verstegniese middel word gebruik om binding in die gedig te
bewerkstellig? Motiveer jou antwoord. (2)
8. Verwys na strofe 6 en 7. Dink jy dat die spreker ‘n goeie selfbeeld het? (1)
9. Waarom besluit die spreker in die slotstrofe van die gedig om ook te begin
skryf? (1)
10. Kan jy jou met die spreker in hierdie gedig vereenselwig? Motiveer jou
antwoord. (1)
[15]

46
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

3. hoogtepunt
- Nerine Ahlers

1. soggens kwart voor sewe


2. kom jy oor die straat
3. en onder die boom by die hek
4. staan jy en praat
5. jy lag sag
6. in die groep
7. wat dadelik nader
8. om jou vergader
9. jou hare blink donker in die oggendson
10. vlegseltjies langs jou kop
11. ‘n strikkie aan die kant
12. jy loop
13. rugsak in die hand
14. ek wens ek kon
15. jou groet
16. net met jou praat
17. soos ‘n maat
18. sê ek sien jou raak
19. jy maak vir my saak
20. ek weet ek moet
21. en gou
22. maar vir nou
23. bly jy vir my
24. soos jy daar staan
25. en lag
26. die son en maan en sterre
27. in my grys dag

47
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Vrae:

1. Bestudeer die titel van die gedig en verduidelik dan in jou eie woorde (1)
waaroor jy dink ‘n gedig met dié titel sal handel.
2. Watter sort gedig is hierdie? Gee twee redes vir jou antwoord. (3)
3. Verwys na die eerste vier versreëls. Gee EEN rede waarom die leser kan
aflei dat die spreker die aangesprokene fyn dophou. (1)
4. Haal TWEE versreëls uit reels 5 – 8 aan wat daarop dui dat die
aangesprokene gewild onder sy/haar maats is. (2)
5. Watter groot wens het die spreker in die gedig? (1)
6. Waarom dink jy sukkel die spreker om die moed bymekaar te skraap om te
doen wat hy graag wil? (1)
7. Verduidelik in jou eie woorde hoe die laaste drie versreëls van die gedig
verband hou met die titel van die gedig. (2)
[10]

48
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

4. is jy dapper genoeg?
- Wendy Maartens

1. almal praat
2. almal social en connect
3. almal probeer so hard om die regte goed te sê

4. ek kyk jou in die oë en ek wonder


5. is jy dapper genoeg
6. om lank genoeg
7. stil te raak –
8. die vreemdeling in jouself
9. aan die hand te vat
10. na ‘n sonkol op ‘n trap
11. sodat julle mekaar vir die heel eerste keer
12. sonder woorde kan hoor praat?

Waaroor gaan die gedig?

Die internet en selfone maak dat ons mekaar al hoe makliker kan bereik. Hierdie
gedig laat wonder die leser egter oor die ironiese vraag: Beteken tegnologiese
bande bou nie dalk dat ons uit voeling raak met onsself nie – die individue vir wie jy
nie tegnologie of selfs woorde nodig het nie? Die internet en sosiale media word dalk
‘n manier om te vlug van jou eie, harde werklikheid. Dit verg dan moed om jou
selfoon neer te sit, stil te raak en te dink oor wie jy is en wil wees.

Vrae:

1. Die titel:
1.1 Gee TWEE maniere waarop die titel die leser direk by die inhoud
betrek? (2)
1.2 Wat, dink jy, is die motivering daarvoor? (1)
Strofe 2
2. Watter spesifieke betekenis van “social” en “connect” word geaktiveer
deurdat dié woorde in Engels geskryf word? Hoekom is dit so? (2)
3. Is dit maklik vir mense om die regte goed vir mekaar te sê? Verduidelik jou

49
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

antwoord. (1)
4. Dink jy “almal” verwys regtig na alle mense? Motiveer jou antwoord. (1)
Strofe 2
5. “ek kyk in jou oë en ek wonder” Watter simboliese betekenis het ‘n mens se
oë? (1)
6. Wat, dink jy, beteken “stil raak” in die konteks van hierdie gedig? (1)
7. Sê in jou eie woorde hoekom dit soms nodig is om stil te raak. (1)
8. “die vreemdeling in jouself” In watter opsig kan ‘n mens ‘n vreemdeling vir
jouself wees? (1)
9. Hoe praat jy “sonder woorde” met jouself? (1)
Dink na oor die gedig
10. Watter enkele woord in strofe 1, dink jy, sluit die beste by die laaste twee
reëls aan? (1)
11. Noem EEN kontras wat tussen die eerste en laaste twee reëls van die gedig
gesuggereer word. (2)
[15]

50
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

DRAMA

Gemorskos

- De Wet Hugo

KARAKTERS

Juffrou Middeljarige oujongnooi. Die skoolhoof en eienaar van die


Astrid von bekende Von Mollendorff-privaat skool.
Mollendorff Gemeen en vals.
Sy dra ‘n bril.
Dorette Vrou in haar twintigs. Die skool se sekretaresse. ‘n Vaal introvert.
Meneer Karooboer in sy veertigs.
Richter
Mevrou Boervrou van die Karoo in haar veertigs.
Richter
Rozanne Ekstrovert van vyftien met baie selfvertroue.
Richter
Emily Vyftienjarige meisie. Riekie se kamermaat.
Derick Vyftienjarige seun wat ‘n grap van alles wil maak. Evan se
kamermaat.
Evan Emily se vyftienjarige tweelingbroer. Baie rustiger en meer
teruggetrokke as sy suster.
Fanie / Bejaarde nutsman/opsigter wat vreeslik stadig praat. Verlief op
Vinnige juffrou Von Mollendorf.
Fanie

51
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Juffrou Von Mollendorff sit agter haar lessenaar in haar kantoor. Daar
is twee deure – een wat lei na die skool se ontvangskantoor en een
wat na die koshuis lei. Dorette op ontvangsdeur.
Dorette: Juffrou, telefoon op lyn een.
Juffrou VM: (Geïrriteerd.)Dorette, het jy ‘n brein of ‘n bol modder
in jou kop? Ek sê mos ek het ‘n kopseer. Dan neem
ek géén oproep nie. Almal weet dit!
Dorette: Ja, Juffrou, maar…
Juffrou VM: Ag, stop jou gemaar. (Haal haar bril af. Masseer haar
kop.) Wie is dit tog?
Dorette: Dit is iemand van Johannesburg, Juffrou. Maar op die
oomblik is hy…
Juffrou VM: Hý? (Hoes en maak keel skoon. Sit regop.)
Dorette, ek is gereed om die oproep te neem.
Dorette: Reg, Juffrou. Dit is blykbaar in verband met…
Juffrou VM: Baie dankie, dit sal al wees. Totsiens. (Beduie
Dorette moet skoert. Sit weer haar bril op. Tel die
telefoon op.) Hallo. Dit is Astrid von Mollendorff wat
praat. (Luister. Lag aangeplak.) Ek verstaan volkome.
(Luister. Vals gemoedelik.) Maar natuurlik. Praat
gerus, ek luister. U weet, dit is maar min dat ek ‘n
ordentlike, opgevoede, opregte man se stem hoor.
(Huiwer.) Waaraan het ek hierdie eer te danke?
(Luister. Lyk en klink teleurgesteld.) Besigheid? Nou
maar goed. Gaan gerus voort. (Luister.) Die skool?
Maar dis my lewe... (Luister.) Natuurlik hét ek dit al
voorheen oorweeg, maar… (Luister lank. Oë raak
groot. Glimlag breed.) Meneer…? (Luister.) Meneer
Gupta, teen die regte prys is énigiets te koop. (Kyk af
na haar lyf.) Alles is nie meer ewe maklik bemarkbaar

52
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

nie. (Lag senuweeagtig.) Ag, ekskuus. My gedagtes


dwaal. (Kug selfbewus.) Dit klink goed. Nou maar reg.
Dan ontmoet ek u oor ‘n uur. (Kyk na haar horlosie.)
Ag nee, ek kan nie! Ek moet nou nuwe ouers van die
skool ontmoet. Kom ons maak dit eerder vanmiddag
om vieruur in die Cumberland-hotel. Reg, meneer
Gupta? (Luister.) Tot later vanmiddag dan. Totsiens.
Dorette klop en steek haar kop by die deur in.
Dorette: (Gespanne.) Juffrou, jammer dat ek weer pla, maar
die nuwe kind en haar ouers is hier.
Juffrou VM: (Verloor haar humeur.)Maar, maar, maar! Dorette!
Altyd maar. Mag ek máár ‘n minuut kry om gou reg te
kry as dit nie vir jou baie besige, máár nikswerd
skedule omver gooi nie? Ugh! Ek weet nie hoekom ek
nog met iemand soos jy sukkel nie. Dit sal al wees,
dankie. Toe. Uit! Trap!
Dorette: (Na aan trane.) Ja, Juffrou. Jammer, Juffrou.
Juffrou von Mollendorff trek haar rok reg en vroetel aan haar hare.
Gaan staan voor die kaggel. Dorette bring nuwe gesin in. Juffrou Von
Mollendorff steek haar hand na hulle toe uit om te groet. Dorette
dadelik af.
Juffrou VM: (Oorvriendelik.) Meneer en Mevrou…?
Mnr Richter: Richter.
Juffrou VM: Natuurlik. Meneer en mevrou Richter. En hierdie
asemrowende blom is dan seker Riekie? Aangename
kennis, ek is Astrid von Mollendorff. (Kyk na
Rozanne.) Júffrou Von Mollendorff. (Glimlag vals.)
Welkom.
Mnr, Mev en Rozanne Richter: Aangename kennis, Juffrou.
Mev Richter: Dit lekker om uiteindelik hier te wees. Wat ‘n pragtige

53
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

kantoor.
Juffrou VM: Ag, baie dankie. Hoe vriendelik van u om dit te noem.
Rozanne-skat, Juffrou kan jou verseker dat jy die Von
Mollendorff-privaat skool sommer baie gaan geniet en
teen vanaand sal dit klaar vir jou voel of jy deel is van
ons groot, hegte familie.
Rozanne: Dankie, Juffrou. Ek is seker…
Juffrou VM: (Hou haar vinger op.) Nee, nee. Dit was nie ‘n vraag
nie.
Meneer, mevrou, Rozanne Richter lyk verward.
Juffrou VM: Meneer en mevrou Richter, ek hoop nie u gee om
nie, maar die skool het ‘n reël, wat ons voel regtig tot
ons dogters se voordeel tydens hul termyn hier by
ons is. Binne die eerste twee weke van die jaar, dit
begin natuurlik vandag, laat ons die leerders nie toe
om enigsins met hul ouers of vriende buite die skool
in verbinding te wees nie. Ons het bevind onnodige
kontak help hulle nie tydens die aanvanklike
aanpassingstydperrk nie. O ja, sellulêre telefone word
ook nie toegelaat nie. (Praat net met meneer en
mevrou Richter:) Ek kan verstaan dat dit nou vir u
moeilik moet klink, maar hier by Von Mollendorff-
privaat skool het ons mettertyd geleer watter resep
gevolg moet word om die toekomstige leiers van ons
land te kweek. (Kyk na meneer Richter. Flankerend.)
Ek hoop nie ek kom feministies voor nie, meneer
Richter. (Lag aansitterig.)
Mnr Richter: (Glimlag.) Nee, glad nie, Juffrou. U hoef nie
bekommerd te wees nie. Ons kan sien ons dogter is
in goeie hande.

54
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Juffrou VM: (Oordrewe.) Meneer Richter! U laat my bloos!


(Dadelik ernstig.) Net ‘n laaste dingetjie voor
Rozanne u kan groet en my fantastiese regterhand,
Dorette, haar na haar kamer sal vergesel. U is
natuurlik bewus daarvan dat die dogters slegs
gedurende Vakansies huis toe gaan en dan is daar
een Saterdagoggend per kwartaal wat die dogters
toegelaat word om vir een uur ‘n besoeker of twee te
ontvang. Die datums van dié Saterdag-besoeke word
in die kwartaallikse nuusbrief deurgegee. As een van
die dogters werklik ‘n behoefte het om aan haar ouers
‘n boodskap te stuur, bring sy dit na my en ek stuur
dit dan saam met ons nuusbrief (Kyk na Rozanne.),
maar so ‘n vergunning word maar selde toegestaan.
Meneer en mevrou Richter, ek wil ‘n beroep op u
doen om regtig baie sterk te wees. Dit gáán moeilik
wees. Rozanne gáán baie verlang en ú gaan baie
verlang, maar troos u daaraan dat ék hier is. Van
vandag af staan ek agter u dogter en ek vorm haar
om ‘n dame te wees met waardes en ‘n goeie oordeel
ten opsigte van prioriteite en die gejaagdheid van die
moderne lewe. (Aggressief.) Dorette!
Dorette storm op.
Dorette: (Baie senuagtige lyftaal.) Ja, Juffrou?
Juffrou VM: Neem Rozanne asseblief op na haar kamer toe en
stel haar voor aan die res van die meisies. (Koud.)
Rozanne-engel, dis nou tyd om te groet.
Rozanne gee haar ouers elkeen ‘n drukkie, tel haar koffer op, af saam
met Dorette, wat Rozanne se Kleiner tassie dra. Juffrou Van

55
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Mollendorff en meneer en mevrou Richter bly alleen agter:


Juffrou VM: Wel, meneer en mevrou Richter, meer kan ek nie
doen om u gerus te stel nie. U moet u asseblief nie
oor Rozanne bekommer nie en ek wens u ‘n
voorspoedige reis terug na die Karoo toe. U sal my
dadelik moet verskoon. ‘n Volgende afspraak wag al
weer vir my. Om ‘n skool van hoogstaande gehalte
soos dié aan die gang te hou is sie speletjies nie. Ek
kan u ;’n hele dag lank daarvan vertel, maar eerder
op ‘n volgende keer.
(Glimlag vals.) Totsiens dan!
Meneer en mevrou Richter kyk na mekaar. Mevrou Richter se mond
hang oop en meneer Richter skud sy kop in ongeloof. Hulle loop
verslae na die ontvangs se deur toe. In die deur draai hulle om met
gefronsde uitdrukkings.
Mnr Richter: Dankie, juffrou Von Mollendorff. Goed gaan dan.
Mev Richter: Kyk asseblief mooi na Rozanne. Totsiens.
Juffrou Von Mollendorf lyk geïrriteerd, maar tog Verlig dat die Richters
weg is. Sy kyk in die spiel en neem haar handsak. Sy is op die punt
om die kantoor te verlaat toe daar ‘n klop aan die deur is. Sy twyfel of
sy die deur moet oopmaak, rol haar oë dramaties en maak dit vinnig
oop. FANIE op met ‘n bossie blomme in sy hande, gee skaars ‘n tree.
Juffrou VM: Stop! Ek hoop regtig nie jy het gedink jy gaan met
daardie vrot waterstewels hier inkom nie.
Fanie: (Kyk na sy skoene. Verleë.) Natuurlik nie, Juffrou.
(Hou die bos blomme na juffrou Von Mollendorff toe
uit.) Hier is ‘n bossie blomme uit die tuin. (Trots.) Vir
Juffrou.
Juffrou Von Mollendorff kyk op haar horlosie, toe weifelend na die bos
blomme.

56
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Juffrou VM: Uhm, ja… (Kyk rond asof sy dink wat sy moet sê.)
Allerhande reuke in die lug gee my ‘n kopseer.
So, dankie, maar eerder nie.
Fanie lyk afgehaal. Hy glimlag verleë en maak sy mond oop om iets te
sê.
Juffrou VM: (Vinnig, voor hy kan praat.) Reg, dan sien ek jou
later. Ek het vanoggend genoeg onkruid hier buite
gesien om jóú die res van die dag besig te hou, so, jy
kan sommer dadelik aan die werk spring. Ek het ‘n
afspraak. Totsiens.
Fanie draai teleurgesteld met die bos blomme om. Fanie af.
Juffrou Von Mollendorf skuif ‘n paar goed op haar lessenaar reg en
verlaat die kantoor haastig. Sekondes later Emily, Evan, Derick en
Rozanne deur koshuisdeur op, sluipend.
Evan: (Giggel.) Julle, ek kan nou nog nie glo ou Mol kom
nooit agter ons kom krap in haar kantoor nie.
Rozanne: (Benoud.) Ek hoop regtig nie sy betrap ons nie. Sy lyk
nogal intens… om die minste te sê.
Derick: (Trek sy oë skeel.) Ontspan, pop. Ons is te slim vir
daai ou blindemol.
Rozanne: (Ergerlik.) Ek dink ons moet eerder gaan.
Emily: Ek belowe jou dis nie die eerste keer dat ons dit doen
nie, Rozanne. Sy sal ons nie vang nie. Sy’s dorp toe.
Emily, Evan en Derick begin in juffrou Von Mollendorff se laaie krap en
kyk na goed op haar lessenaar, terwyl Rozanne die ontvangsdeur
senuweeagtig dophou wanneer haar nuwe maats nie kyk nie.
Rozanne: Dis nou wel cool en alles, maar Onthou, dis my heel
eerste dag hier en as ek gevang word, is dit tickets
met my.
Derick: (Snork.) Ek hou van jou Karoo-sleng. Jy kan hier in

57
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

die stad as ‘n party trick sommer net stories vertel.


Emily: (Kyk skerp na Derick.) Gedra jou! (Aan Evan:) Evan,
sal jy asseblief vir die hond ‘n bak mieliepap daar in
die hoek neersit?
Derick maak en klink soos ‘n hond wat pap uit ‘n bak opslurp. Evan
vou dubbeld van die lag.
Emily: (Rol haar oë.) Rozanne, ek sê mos nou jy hoef nie te
worry nie. Relax, girl. Moet nou nie so ‘n bangbroek
wees nie. Jy is mos nie alleen nie, ons is ook hier. En
wat is ons leuse, ouens?
Evan en Derick: (Gelyktydig.) Een vir almal en almal vir een.
Emily: Sjuut, julle.
Rozanne: Ja, oulik, maar as ons nie versigtig is nie, gaan juffrou
Mol hier aankom en dan wil ek sien wie trek eerste sy
sward.
Derick: Oe, hoor vir Rozanne Richter … wat dink sy’s ‘n
digter.
Emily, Evan en Derick bars uit van die lag. Rozanne gluur hulle aan.
Emily: (Sluk haar lag.) Derick, hou jou in.
Derick: Pfft! Whatever, Queen!
Emily: (Aan Evan en Derick:) Maak julle twee julle asseblief
handig en soek die briewe aan ons ouers sodat ons
vir juffrou Mol in die grond kan terugdruk waar sy
hoort. Diekie … ag, ek bedoel Rozanne …
Evan en Derick begin weer lag.
Emily: Stil! Rozanne, moet asseblief nie een oomblik glo ou
Mol sal jou briewe aan jou ouers stuur nie. Al wat sy
daarmee doen, is lees. En dan gooi sy dit in die
kaggel terwyl sy na haar temerige operamusiek
luister en, let wel, probeer saamsing.

58
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Evan en Derick lag. Derick maak juffrou Von Mollendorff na. Rozanne
begin ook lag.
Emily: Sjuut! (Aan Rozanne:) Verskoon Derick, asseblief. Hy
het kleintyd uit die pram geval, op sy kop.
Emily vat Rozanne om die skouers, stap meet haar van Derick en
Evan af weg en gaan eenkant staan.
Emily: Rozanne, ek weet dit is in die begin moeilik om hier
aan te pas. Dit was vir ons ook, maar ek bedoel dit as
ek sê dat ons drie in hierdie hel van ‘n skool vir jou
die beste vriende in die wêreld kan en sal word. Jy
moet ons net vertrou.
Rozanne: Dankie, Emily, dit sal wonderlik wees om vriende te
hê, maar Derick … Hoe kan enige normale mens met
hom saamleef?
Emily: Ja, ek weet dit is moeilik om aan Derick se abstrakte
sin vir humor gewoond te raak (Effens sagter.) en
Evan is so onskuldig, ek kan soms nie glo ons is ‘n
tweeling nie…
Evan: (‘n Pak briewe in sy hande.) Juffrou Von Mollendorff
is ‘n regte vark.
Derick: O, ek dog sy is ‘n mol.
Evan: Wel, dan is sy ‘n mol wat ander mole eet. “n
Kanibaalmol. (Aan Rozanne:) Die ou ding noem ons
mos ‘n klomp gemors. Regtig! Ons het haar dit al baie
hoor sê. (Bitter) Ek is jammer om dit te sê, maar ek
haat haar.
Emily: (Dramaties.) Toemaar, broer. Jy word vergewe.
Newsflash: Ons voel dieselfde. (Lag) En ou Mol moet
in die spiel gaan kyk as sy gemors wil sien. Die heks
het nie ‘n hart of ‘n gewete nie.

59
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Rozanne: Miskien is sy so verbitterd omdat sy nooit ‘n man kon


kry nie. (Maak ‘n handgebaar asof sy ‘n idee kry.) Ek
weet! Hoekom probeer ons haar en daai weird ou
man wat in die tuin werk nie bymekaar bring nie? Ek
neem aan hy is ook single.
Emily: (Geskok) Rozanne, nee! Vinnige Fanie?!
Rozanne: (Verbaas) Is dit sy naam?
Derick: Vinnige Fanie is heeltemal te mak vir ou Mol.
Hy is ‘n engel en sy is die duiwel se bloedsuster.
Evan: Dis waar. Hy werk heeldag in die tuin en help ons nog
om ons koffers en ander goed ook te dra, wat glad
nie deel van sy werk is nie.
(Begin verder deur die briewe kyk.)
Rozanne: (Afgehaal) Oukei, dit was maar net ‘n voorstel.
Rozanne, Evan, Emily, Derick soek verder deur die kantoor na briewe.
Rozanne: (Vries) Het julle ook ‘n nou ‘n kar hier hoor stop?
Emily: Ja. Almal, bly kalm. Moenie hardloop nie, sy sal ons
hoor. Relax. Dit sal die draak vyf minute neem om tot
hier bo te kom. Beweeg, julle.
Rozanne, Emily, Derick, Evan af deur koshuisdeur. Juffrou Von
Mollendorff sekondes later op deur ontvangsdeur. Sy het ‘n
wegneemkoffie in haar een hand en haar handsak in die ander. Sy
hang haar handsak aan die kapstok, draai om en steek vas. Sy snuif
die lug, stap met agterdogtige houding en gesigsuitdrukking na haar
lessenaar, kyk mooi na alles sonder om daaraan te raak. Sy trek haar
oë op skrefies.
Juffrou VM: Hierdie keer kom julle nie weer daarmee weg nie, my
liewe engeltjies. Vandag nog knip ek julle vlerkies.
Juffrou Von Mollendorff sit die wegneemkoffie op die lessenaar neer,
tel ‘n handklokkie van haar lessenaar af op en lui dit. Dorette dadelik

60
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

deur ontvangsdeur op.


Dorette: Ja, Juffrou? Kan ek help met iets?
Juffrou VM: (Sarkasties) Uhm, weet jy… Nee, Dorette. Ek lui mos
maar die klokkie soms net so ‘n bietjie vir die
lekkerste. (Hou haar kop met een hand vas.) My
migraine kom sommer terug as jy so onnosel is.
Natuurlik het ek jou nodig as ek die klokkie lui.
Dorette: Jammer, Juffrou, maar…
Juffrou VM: (Geïrriteerd, toe woedend) Man, maar se…
(Rustiger) Sien jy nou, Dorette, amper laat jy my
slegte taal gebruik, dan is dit ‘n sonde in my boekie
daarbo. (Wys boontoe) Nie op joune nie, op myne.
Dorette: (Byna in trane) Ekskuus juffrou.
Juffrou VM: (Skud haar kop) Dorette, Dorette, Dorette. As daar
nou een mens is op wie se gevoel jy nié kan speel
nie, is dit myne. So, sluk jou traantjies dadelik en
gaan roep onmiddellik daardie … (Soek na die regte
woord) patetiese gemors, Evan. Sê sy kamermaat en
sy suster en haar kamermaat moet hom vergesel.
(Klap vinnig haar hande ‘n paar keer.)
Toe, toe, toe! Ek het nie heeldag tyd nie.
Dorette: Ja, Juffrou.
Dorette af deur koshuisdeur. Juffrou Von Mollendorff tel ‘n koerant van
haar lessenaar af op en lees iets op die voorblad. Fanie loer vir juffrou
Von Mollendorff deur die venster. Dorette op deur koshuisdeur, gevolg
deur Evan, Emily, Derick, Rozanne. Fanie af. Evan, Derick, Emily,
Rozanne gaan staan in ‘n ry voor juffrou Von Mollendorff. Juffrou Von
Mollendorf draai na Dorette.
Juffrou VM: Dankie, Dorette. Dit sal al wees. (Beduie met haar
hande ontvangsdeur toe.) Toe, gaan tik ‘n brief of

61
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

iets.
Dorette af deur ontvangsdeur. Juffrou Von Mollendorff rol die koerant
op.
Juffrou VM: Het julle enigsins ‘n idee waarom ek julle na my
kantoor geroep het?
Evan, Emily, Derick, Rozanne: (Gelyk) Nee, Juffrou.
Juffrou Von Mollendorff paradeer op en af terwyl sy ritmies met die
opgerolde koerant op haar linkerhand tik. Sy draai meteens vinnig na
Evan, Derick, Emily, Rozanne met ‘n woedende gesigsuitdrukking.
Evan, Derick, Emily, Rozanne wip van die skrik.
Juffrou VM: (Kwaai) Is julle seker julle weet nie hoekom julle hier
is nie? (Gluur hulle aan.) Evan?
Evan: (Beangste en verskrikte gesigsuitdrukking.) Nee,
Juffrou, ek weet regtig nie.
Juffrou VM: Ag nè! Nou maar wáárom lê jou leer dan op my tafel?
Emily en Derick gee Evan ‘n vinnige, vuil kyk. Rozanne maak glad nie
oogkontak met juffrou Von Mollendorff nie.
Evan: Ek weet nie, Juffrou.
Juffrou VM: (Baie sarkasties.) Ag jene, mammie, só onskuldig.
(ernstig.) Jy moet my régtig onderskat. Dink jy ek is
dom genoeg om te glo dat énigiemand in die skool
genoeg in jóú of jou agtergrond sou belangstel én dit
in mý kantoor sou waag om na jou leer te kyk?
(Sarkasties.) Voor dit gebeur, sal jy eers moet begin
werk vir ‘n D-gemiddeld! (Lag. Haar lag droog skielik
op.) Ag, aan die ander kant, deesdae ís dit net gekke
en imbesiele wat belangstelling uitlok.
Evan: Juffrou, regtig …
Juffrou VM: Stil! Ek het geen tyd vir leuenaars nie. (Laaste, vuil
kyk deur skrefiesoë na die vier. Geïrriteerd.) Verlaat

62
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

my kantoor dadelik … voor my bloeddruk deur die


dak breek. (Draai na Rozanne. Vals liefdevol.) Uhm,
nuwe kindjie … e … e … Rozanne? Bly jy net vir my
‘n oomblikkie agter, asseblief.
Emily, Derick en Evan kyk desperaat na Rozanne, dan af deur
koshuisdeur.
Juffrou VM: Ag. Rozanne. Juffrou is jammer dat jy nou hierdie
onsmaaklike affêre moes aanskou. Ek wil net hê jy
moet weet dat ek niks teen jou sal hou as jy jou
kamermaat en die twee seuns gehelp soek het
waarna hulle ook al soek nie. Groepsdruk is altyd
baie erg op die nuwe kind. (Glimlag gemaak
gemeensaam.) En weet jy wat nog? Ons het destyds
presies dieselfde gedoen.
Rozanne: Wat het Juffrou-hulle gedoen?
Juffrou VM: Ons het nes julle ook in ons juffrou se kantoor gaan
krap, sommer net vir sports.
Rozanne: (Beslis.) Juffrou, ons was nie in Juffrou se kantoor
nie. Nie ek nie en ook nie van die ander drie nie, want
ek was die hele tyd saam met hulle.
Juffrou VM: (Aggressief.) Nou maar goed. Dan doen ons dit op
die manier wat jy verkies. Ek kan sien jy het reeds
getransformeer. Dit gebeur met die meeste meisies
van jou ouderdom. Julle kom hier saam met Mammie
en Pappie – te oulik, ‘n regte koekie seep – maar
hulle is skaars weg of jy verander in skuim. En voor jy
jou oë uitvee, sal jy saam met die res van die skuim
in die drein afspoel. Wat gaan jy kies, Rozanne? Die
waarheid of skuim?
Rozanne: (Sarkasties onskuldig.) Juffrou, dit is ‘n baie moeilike

63
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

keuse vir my, want ek ís ‘n meisie wat hou van die


waarheid, maar vandag was ook ‘n lang dag wat my
geweldig uitgeput het. En al wat vir my help as ek so
moeg is, is ‘n lekker skuimbad. So vandag kies ek
skuim.
Juffrou VM: (Deur haar tande) Jou klein merrie! Hoe durf jy so
met my praat? Jy is presies soos die res. Ek is bly ek
gaan ontslae raak van julle, maar terwyl ek nog in
beheer is, slaan ék die kitaar en julle dans. Gaan
terug koshuis toe en sê vir die ander drie julle vier sal
nie vanaand aandete geniet nie, behalwe as die
waarheid uitkom. (Lag.) Totsiens.
Rozanne af deur koshuisdeur. Juffrou Von Mollendorff gaan sit agter
haar lessenaar en begin papiere uitsorteer. Sy skakel ‘n speller aan en
operamusiek klink op. Sy sing saam, vals maar met selfvertroue wat
daarvan getuig dat sy dink sy sing goed. Sy gewaar skielik iets op die
vloer en skakel die musiek af. Sy lyk bang. Sy gee ‘n bloedstollende gil
en spring op die stoel. Dorette hardloop op deur ontvangsdeur.
Juffrou VM: Dorette! Liewe genade! Hier is iets in die kantoor. Ek
dink dis ‘n rot! Gaan roep dadelik vir Fanie en sê hy
moet iets bring om ‘n rot mee te vang. Beweeg!
Dorette storm deur koshuisdeur af. Fanie dadelik op, ‘n
gereedskapskis in sy hand.
Juffrou VM: (Verbaas.) Dit was darem vinnig!
Fanie: Noem my sommer Vinnige Fanie. (Giggel)
Toe ek Juffrou hoor gil, het ek geweet hier moet iets
fout wees, toe gryp ek net my kis met al die gifstowwe
en kom dadelik.
Juffrou VM: Ja, dankie tog vir een persoon hier wat uit die vuis
kan dink. Hier is ‘n knaagdier in my kantoor, Fanie.

64
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Raak tog ontslae van die ding asseblief.


Fanie: (Glimlag trots, toe verleë.) Dis mos net my plig om te
spring as ek hoor die belangrikste vrou hier by die
skool het my nodig, om nie eens te noem dat sy die
mooiste ook is nie.
Juffrou VM: (Trek ‘n gesig asof sy iets onaagenaams ruik.
Verontwaardig.) Ekskuus? Moet asseblief nie vir jou
stuitig hou nie!
Fanie: (Haal steeds glimlaggend ‘n botteltjie rottegif uit en
hou dit omhoog.) Juffrou weet mos wat sê hulle: Wat
die hart van vol is, loop die mond van oor. Ek kan my
gevoelens nie langer wegsteek nie.
Juffrou VM: (Ruk asof sy naar gaan word. Bitsig.) Fanie, ek hoop
van harte dat hierdie gevoel nie iets te doen het met
liefde nie, maar eerder met kopseer, want as dit nie
kopseer is waarvan jy praat nie, sal dit kopseer wees
nadat ek jou geklap het.
Fanie staan steeds met die gif in sy hand; sy mond val oop van
verbasing.
Juffrou VM: So, Fanie, van watter gevoel praat jy? Kopseer?
Fanie: E … e … ja, kopseer, Juffrou.
Evan, Derick, Emily, Rozanne lag en raas agter koshuisdeur.
Juffrou VM: (Streng.) Goed so. Ek gaan nou die kinders stil maak
en wanneer ek terugkeer wil ek geen rotte hier sien
nie. Dit sluit jou in.
Fanie staar Juffrou Von Mollendorff agterna, kyk verbitterd na die
bottel rottegif in sy hand. Hy huiwer vir ‘n oomblik en stap na haar
lessenaar. Hy gooi van die gif in haar wegneemkoffie en roer dit met ‘n
potlood. Hy stap terug na sy kis om die orige gif te bêre. Juffrou Von
Mollendorff deur koshuisdeur op.

65
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Fanie: (Hatig.) Gemors …


Juffrou VM: Is jy waaragtig nog hier? Magtig, mens! Jy klou soos
‘n doring aan ‘n wolkombers. (Stap na haar lessenaar
toe en tel haar wegneemkoffie op. Geïrriteerd.) Vang
nou net die rot en dan loop jy, asseblief. (Drink ‘n
paar slukke. Sarkasties.) Jy moet regtig daarop let
om nooit in die lewe te hoog te mik nie. Kyk
byvoorbeeld na my. Ons twee sal nooit bymekaar pas
nie. Ek hier bo en jy daar … (Lyk skielik onrustig, vat
aan haar keel.) … uhm, jy daar onder. Oe, genugtig,
ek voel dronk. (Begin hoes. Sit koffie neer. Vat aan
keel.) Ek … Help. (Maak roggelgeluide.)
Juffrou Von Mollendorff sak inmekaar terwyl Fanie glimlaggend
toekyk. Ligte doof uit. Ligte sekondes later aan. Emily, Derick, Evan,
Rozanne op deur koshuisdeur, al geselend.
Rozanne: Ja, maar nou verstaan ek eers wat sy bedoel het.
Derick: En hoekom hoor ons nou eers hiervan?
Emily: (Aan Rozanne:) Wat presies het sy gesê?
Rozanne: Ek kan nie meer haar presiese woorde Onthou nie,
maar iets van dat sy bly is sy gaan ontslae raak van
ons.
Evan: Toe tannie Dorette aankondig juffrou Mol het die
skool verkoop en ons kan almal dadelik met vakansie
gaan tot die nuwe eienaar weer ‘n hoof kan aanstel,
het ek regtig gedink sy maak ‘n grap.
Derick: Ek wonder wie is die blyste dat daai molmonster weg
is. Ons of veldmuis Dorette?
Emily: Eintlik dink ek almal wat ou Mol geken het, is ewe bly.
Rozanne: Wat ‘n lekker manier om die jaar te begin.
Derick: Welkom by ‘n privaatskool, juffrou Karoo.

66
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Fanie op deur ontvangsdeur, ‘n staalbak in sy hande.


Fanie: Verskoon my, kinders, maar Dorette het my gesê
juffrou Von Mollendorff het julle aandete gekanselleer
en ek het dit toe goedgedink om ‘n paar ekstra
stukkies vleis op die kole te gooi.
Evan, Emily, Derick, Rozanne lyk verbaas, maar ook dankbaar.
Fanie: Moenie skaam wees nie. Regtig. Julle is seker al baie
honger.
Emily: (Glimlag.) Ja, Oom. Ons is nogal honger. Dankie.
Fanie: Nou maar kom. Help julleself. Ek los die bak hierso.
Ek sal dit later weer kom haal.
Emily en Rozanne: Dankie, Oom.
Fanie stap ontvangsdeur toe, maar draai dan vinnig dan terug.
Fanie: Ek het ‘n ou familiesous oor die vleis gesmeer voor
ek dit gebraai het en sal graag wil weet wat julle
daarvan dink.
Emily: Ja, natuurlik, Oom.
Fanie tel die bak van juffrou Von Mollendorff se lessenaar af op en
hou dit uit. Rozanne, Derick, Emily, Evan haal elkeen ‘n stukkie
braaivleis uit die bak en proe daaraan.
Derick: (Knopknikkend.) Oom, dit is regtig heerlike.
Rozanne, Emily, Evan maak instemmende gebare en smulgeluide.
Evan: Oom moet vir ons sê wat in hierdie familiesous is.
Fanie: (Glimlag geheimsinnige) O nee! (Lag.) Ek sal nooit ‘n
familiegeheim uitlap nie. My familie sal my nooit
vergewe nie. (Skielik doodernstig.) Netnou noem
hulle my ook Vinnige Fanie, soos julle.
Derick, Rozanne, Emily, Evan kyk elders, maak ongemaklike gebare.
Rozanne: Watter sort vleis is dit, Oom? Dit proe anders, maar
lekker.
Fanie: (Giggel) Dis nie belangrik nie. Kom ons sê sommer

67
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

net dis … gemorskos.


Fanie lag histeries en haal juffrou Von Mollendorff se bril uit sy
hempsak. Derick, Rozanne, Emily, Evan staar mekaar met groot oë
aan, gryp hulle kele vas en begin roggelgeluide maak.

GORDYN

Drama – Gemorskos – De Wet Hugo

De Wet Hugo is die skrywer van bekende Afrikaanse jeugrillers. Dit is dus geen
verrassing dat hierdie drama ook ‘n riller is nie. Hou die karakterontwikkeling,
karakteriseringstegnieke, ruimte, intrige en konflik in gedagte wanneer jy die drama
lees. Hoe is die faktore kenmerkend van die rillergenre waartoe hierdie drama
behoort?

Vrae:

1. Kyk na die lys van karakters in die drama. Word alle ouderdomsgroepe by
hierdie drama ingesluit? Waarom sê jy so? (2)
2. Met watter berugte persoon praat die hoof op die telefoon en wat suggereer
dit oor haar waardes? (2)
3. Watter reël by die skool beperk die leerders se kontak met hulle ouers en
wat dink jy kan die rede hiervoor wees? (2)
4. Die hoof sê vir die ouers dat hulle hul dogter baie gaan mis en sy ook vir
hulle. Waaraan kan hulle hul egter troos (volgens haar)? (1)
5. Daar is ‘n voorbeeld van Groepsdruk in die drama. Beskryf hierdie
voorbeeld in jou EIE WOORDE en verduidelik dan waarom jy dink dat
Rozanne onder druk swig. (2)
6. Dra die tienertaal by tot die geloofwaardigheid van die drama? Motiveer jou
antwoord. (2)
7. Wat is die kinders se doel wanneer hulle in die juffrou se kantoor
rondsnuffel? Waarna is hulle opsoek? (1)
8. Om watter rede dink Derick nie dat dit sal werk om die juffrou en Vinnige
Fanie by mekaar te laat uitkom nie? (1)

68
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

9. Dink jy dat die juffrou vir Rozanne onderskat het? Motiveer jou antwoord
deur te verwys na die metafoor van die koekie seep en skuim wat gebruik
word. (2)
10. Waarom laat kom die hoof vir Vinnige Fanie na haar kantoor? (1)
11. Dink jy dit was ‘n impulsiewe besluit van Fanie om gif in haar koffie te roer?
Verduidelik jou antwoord. (2)
12. Ontleed die volgende twee karakters deur na hulle dialog en handeling te
verwys:
12.1 Derick (2)
12.2 Fanie (2)
13. In watter ruimte speel die drama af? (1)
14. Wat is die klimaks van die toneelstuk? Motiveer. (1)
15. Is die dialog in die toneelstuk na jou mening geloofwaardig? Maak melding
van die manier waarop volwassenes en kinders onderskeidelik met mekaar
kommunikeer. (2)
16. Wat, dink jy, is die sentrale intrige van die toneelstuk? (1)
[27]

69
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Afrikaans

Literêre kenmerke / terme

Poësie

Literêre kenmerke / terme / Verduideliking

1. figuurlike / konnotatiewe betekenis

Woorde of frases wat nie letterlik gebruik word om assosiatiewe of


emosionele betekenis van iets te suggereer.

2. letterlike / denotatiewe betekenis

Die eenvoudigste, mees direkte betekenis van ’n woord of uitdrukking,


wat die begripsinhoud weergee of saamvat.

3. stemming/ atmosfeer

Dit toon karakters se gemoedsgesteldheid; atmosfeer of emosie in ʼn


geskrewe teks.

4. tema en boodskap

Dit is die sentrale idee(s) in ʼn literêre werk. ʼn Teks mag meer as een
tema hê en dit mag dalk nie eksplisiet / vanselfsprekend wees nie.

5. beeldspraak

Taaluiting wat van figuurlike, oordragtelike taal gebruik maak, bv.


vergelykings, metafore en personifikasie.

6. stylfigure

70
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Uitdrukkings wat ’n styleffek teweegbring deur woorde nie in hulle


normale of letterlike betekenis en funksie aan te wend nie (afwyking in
woordgebruik), maar op ’n besondere wyse groter krag of dramatiese
beeld aan kryfwerk verleen.

7. antiklimaks

Die omgekeerde van klimaks; onverwagte teleurstellende uiteinde,


afloop; ommeswaai van iets belangriks na iets nietig, gewoonlik met ’n
komiese effek.

8. antitese

Die teenstelling van gedagtes wat uitgedruk word deur parallelisme wat
skerp teenoor mekaar staan, bv. Hoe meer haas hoe minder spoed
Matthews Phosa se Talle tonge

9. kontras

Stylmiddel waarin twee uiterstes teenoor mekaar gesteel word.

10. eufemisme

Versagtende uitdrukking of omskrywing; verbloeming; word gebruik om


nie gevoelens seer te maak nie.

11. hiperbool

’n Stylfiguur waarin buitensporige, doelbewuste oordrywing gebruik


word; om iets groter as wat dit werklik is, voor te stel, bv. Hulle het ons
’n berg koek gegee om te eet

12. metafoor

Gebruik een ding om ʼn ander met soortgelyke eienskappe te beskryf.

13. metonimia / oornoeming

71
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Twee sake of begrippe wat nou met mekaar in verband staan, word in
verband met mekaar gebring. Die pen is magtiger as die swaard.

14 onomatopee/klanknabootsing

Die gebruik van klanknabootsende woorde om dit wat genoem word, te


beskryf.

15 oksimoron

Stylfiguur waarby twee teenoorgestelde begrippe met mekaar verbind


word, bv. ou nuus, gewoonlik vir beklemtoning.

16 paradoks

Skynbare teenstrydigheid, bv. om die waarheid te sê, moet ek lieg.

17 personifikasie

Menslike eienskappe en handelinge word aan lewelose dinge, diere of


plante toegeken.

18 woordspeling

Die humoristiese gebruik van ’n woord om ’n ander betekenis uit te


bring; maak op geestige wyse gebruik van woorde wat verskillende
betekenisse kan hê.

19 sarkasme

Bytende, bitter spot; minagting wat wil seermaak of skok op persoonlike


vlak; dit sê wat die spreker / skrywer bedoel.

20 satire

Iets wat hekelend spot met die lewe; dwaashede en wanpraktyke van
die mens / maatskappy word onthul of

geopenbaar

72
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

21. vergelyking

Een saak word aan ʼn ander gelykgestel deur die gebruik van “soos, nes,
net soos”

22. simboliek

’n Teken / voorwerp wat ’n ander saak verteenwoordig

23. sinekdogee

Die geheel word deur dele daarvan aangedui of omgekeerd.

24 onderbeklemtoning

Die uitdruk van iets op ʼn terughoudende wyse, eerder as om die volle


feite of waarheid te ontbloot, gewoonlik vir beklemtoning.

25 woordkeuse / diksie

Dit het te doen met die gebruik van gepaste beskrywende, uitlokkende
woorde, frases en uitdrukkings

26. toon

Toonhoogte en stembuiging wat ʼn gevoelsboodskap van ʼn teks kan


oordra. Dit gaan oor hoe die spreker homself in ʼn bepaalde situasie
uitdruk.

27. retoriese middels

Middels soos pouses en herhaling, deur ’n spreker / skrywer / aanbieder


gebruik om doeltreffend te oortuig.

28. gevoelstaal

Taal en styl wat persoonlik is; sterk gevoelens wek; teenoorgestelde van
nugtere, saaklike taal.

73
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

29. versreëls

ʼn Enkele reël(s) in ʼn gedig.

30. woorde

Die digter se woordspel met denotatiewe betekenis teenoor


konnotatiewe betekenis óf gesuggereerde teenoor geïmpliseerde
betekenis.

31. strofes

Dit is ʼn aantal versreëls (een of meer) wat ʼn eenheid vorm as onderdeel


van ʼn gedig.

32. verbindingswoorde

Verbindings / oorgangswoorde om ʼn vloeiende gedagtegang te


bewerkstellig.

33. punktuasie

Wanneer daar geen of min aanduiding van pousering is nie, weet jy nie
hoe om dit te lees nie. Waar stop jy? Waar gaan jy oor na die volgende
reël?

34. refrein

ʼn Gereelde en herhalende kombinasie van woorde / klanke wat voorkom


.

35. herhaling

Dit is wanneer ʼn woord, klank, sinsdeel, ens. Meer as een keer in ʼn


gedig herhaal word.

36. klankeffekte

74
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

alliterasie, konsonansie, assonansie, rym, ritme

37. alliterasie

Die herhaling van dieselfde beginletters (medeklinkers / konsonante) in


beklemtoonde lettergrepe.

38. assonansie

Die herhaling van dieselfde klinkers / vokale in ʼn versreël.

39. rym

Woorde of reëls in ʼn gedig wat met dieselfde klank, insluitende ʼn


vokaal / klinker eindig.

40. ritme

ʼn gereelde en herhalende patroon van klanke.

41. tempo

Tempo dui op die tydmaat of snelheid van byvoorbeeld praat.

42. enjambement

Dit is wanneer die gedagte van die een versreël sonder ʼn ruspunt
oorloop na die volgende versreël.

75
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Drama/ Eenbedryf/ Roman/ Novelle/ Kortverhaal/

Literêre kenmerke / terme /Verduideliking

1. Intrige die onderlinge verband tussen die hoofgebeure in die teks; dit
het met meer as net die reeks van gebeure te doen. Dit veronderstel ʼn
patroon van die verhouding tussen gebeure en intrige.

2. subintrige

die afname in die aksie wat parallel loop met die hoofintrige van die
drama.

3. eksposisie

die agtergrondinligting is verskaf. Die inligting sluit die protagonis, die


antagonis, die basiese konflik, die agtergrond en die stemming in.

4. verwikkeling

die basiese konflik word bemoeilik deur verbandhoudende, sekondêre


konflik

5. konflik

Die stryd wat ontstaan tussen karakters of individue en hulle


omstandighede.

6. klimaks

die belangrikste, effektiewe of belangrike deel van die storie; hierdie


belangrikste deel is nie noodwendig aan die einde van die verhaal nie;
die keerpunt; die mees intense oomblik – óf geestelik óf in aksie.

7. ontknoping

76
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

Al die aksie wat op die klimaks volg.

8. antiklimaks

wanneer daar nie aan die verwagting voldoen word nie of wanneer die
ernstigheid van die intrige verlore gaan as gevolg van ʼn komiese of
betekenislose gebeurtenis.

9. afloop

die slot wat alle los drade saamheg

10. tydsprong

Die middel wat die skrywer gebruik om na wat in die toekoms gaan
gebeur uit te wys.

11. terugflits

ʼn Middel wat die skrywer toelaat om gebeure wat voor die huidige
gebeure afspeel aan te bied.

12. karakterisering

Wie die karakter is en wat sy / haar motiewe is.

13. rol van die verteller/perspektief

In ʼn literêre werk stel die verteller of spreker die storie aan die leser
bekend deur waardes, geloof en ervarings te verduidelik.

14. tema en boodskap

ʼn Sentrale gedagte of stelling wat die literêre werk tot ʼn eenheid bind en
beheer.

15. agtergrond en milieu

Sosio-politieke en kulturele agtergrond van tekste en die skrywer. Die


agtergrond vir aksie van die fiktiewe werk.

77
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

16. dramatiese struktuur

Die wyse waarop die onderskeie literêre elemente in samehang gebruik


word, nl. intrige, bedrywe, tonele, karakters en moontlik kenmerke van
taal in ʼn verhoogstuk .

17. stemming

atmosfeer en emosie in geskrewe tekste; dit dui op die gevoel of die


gemoedstoestand van die karakters; dit verwys ook na die atmosfeer
wat teweeggebring word deur die visuele, oudiovisuele of multimedia
tekste

18. toon

kwaliteit en timbre van stem wat die emosionele boodskap van die
gesproke teks oordra. In die geskrewe teks word dit deur woorde wat die
houding van die skrywer weergee, oorgedra.

19. ironiese wending / afloop

Die meeste storielyne is rondom KONFLIK tussen twee of meer


karakters opgebou. Dit is gewoonlik die gevolgtrekking van hierdie
konflik en oplossing(s) van die probleem(e).

20. toneelaanwysings / subteks/neweteks

ʼn Instruksie wat ingevoeg word by die drama of eenbedryf om


toneelbewegings, bewegings of produksievereistes aan te toon.

21. dialoog / monoloog / alleenspraak

Gesprek in die drama. In die drama word die karakter se naam


voorafgegaan en daarna volg die gesprek. Dit is die gesprek waarin die

78
Graad 9 Afrikaans EAT Letterkunde boekie 2023

karakter sy denke aan die gehoor, maar nie die medespelers nie,
openbaar.

22. dramatiese ironie

Dit kom voor wanneer die gehoor / leser / toeskouer meer weet omtrent
die situasie en die implikasies daarvan as die ander betrokke karakter.
Dit verhoog die spanning, genot en gehoordeelname.

23. tydsverloop

Dit is die chronologiese opeenvolging van gebeure.

79

You might also like