Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 3

RANDFONTEIN HIGH SCHOOL

AFRIKAANS ADDITIONELE TAAL


KWARTAAL 2
TAAK 4

GRAAD 10 15 APRIL 2024


EKSAMINATOR: MRS BEUKMAN TYD: 2-3 MIN
MODERATOR: MS JANKOWITZ PUNTE: 20

INSTRUKSIES:

1. Kies EEN van die onderwerpe en berei ’n TOESPRAAK van 2 – 3 minute voor.

2. Kies ʼn onderwerp waarin jy belangstel: Waarvoor gee jy om? Waarvan sal jy meer
wil leer?

3. Bespreek jou onderwerp met die onderwyser voordat jy met jou navorsing begin.

4. Wees seker van die doel van jou toespraak/aanbieding: Wil jy jou gehoor oortuig
van iets? Wil jy jou gehoor inlig oor ʼn onderwerp of slegs ʼn vermaaklike storie
vertel?

5. Jy MOET tydens jou toespraak gebruik maak van SLEUTELKAARTE /


GEHEUEKAARTJIES met HOOFGEDAGTES/TREFWOORDE. Onthou: SLEGS
DIE HOOFGEDAGTES word op die sleutelkaarte geskryf.

6. Jy mag nie van jou kaartjies aflees nie, dit is ’n TOESPRAAK, nie LEES nie.

7. Plaas alles, hieronder, in ’n plastieksakkie en handig dit ná jou toespraak in sodat


jy dit tydens moderering kan voorlê:

 Die genommerde geheuekaartjies/flitskaartjies met


hoofgedagtes/trefwoorde,

 ’n geskrewe of getikte weergawe van jou toespraak,

 ’n afskrif (slegs die eerste bladsy) van die bronne wat jy tydens jou
navorsing geraadpleeg het.

 (’n) afskrif(te) van die hulpmiddel(s) (bv. ’n plakkaat/kragpuntaanbieding)


wat jy met jou aanbieding gebruik het (indien van toepasseing).

8. Maak OOGKONTAK met jou gehoor tydens jou toespraak.

1
9. DOEN NAVORSING oor die onderwerp wat jy kies. Verwys na 'n wye
verskeidenheid bronne wat geraadpleeg is (waarvan EEN ’n AFRIKAANSE
BRON is) en gee erkenning aan die geraadpleegde bronne.

10. Maak seker die inhoud van jou toespraak is logies georganiseer en jy stel ’n
standpunt.

11. Onthou: ’n goeie inleiding en slot is belangrik.

12. Bestudeer die assesseringsrubriek tydens jou beplanningsproses om te verseker


dat jy aan die vereistes voldoen.

13. Laat die toespraak by jou ervaringswêreld aanpas.

14. Kies ʼn styl en taalregister wat by jou persoonlikheid en onderwerp pas.

15. Span humor in om jou toespraak interessant te maak, maar wees versigtig dat dit
nie geforseerd is nie.

16. Retoriese vrae en herhalings kan as beklemtoningsmiddele gebruik word.

17. Oudio- en/of ander hulpmiddels mag gebruik word as dit werklik jou toespraak
verryk.

18. Jou toespraak kan:

 VERMAAK (humoristiese uitbeelding)

 INLIG (feitelik, met deeglike navorsing)

 OORTUIG (beredeneerd, argumenterend)

 INSPIREER (sielsboodskap, motiverend)

19. Skryf jou hele toespraak uit en maak seker jy het ʼn:

 INLEIDING (iets wat die belangstelling prikkel)

 LIGGAAM (3 hoofpunte – met motivering waarom jy so sê – hier kan bronne


handig te pas kom)

 SLOT (samevatting, ʼn goeie aanhaling kan die samevatting interessant


maak)

2
ONDERWERPE

1. Kom ek vertel julle van my gunstelingfliek....

2. Kunsmatige intelligensie

3. Om ‘n tiener te wees het sy voordele en nadele.

4. Wat ek kan doen om die aarde te bewaar.

5. My tienjaarplan. ...

6. Boelies in die skool.

7. Sosiale media maak die lewe baie maklik.

Let wel: Plaas alle geskrewe bewyse van jou toespraak in jou SGA-lêer. Slegs
leerder respons – nie instruksiebladsye nie.
[20 punte]

You might also like