Gr6 Gesk opsommings 2023

You might also like

Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 4

Opsomming November 2023

GRAAD 6
Geskiedenis

Hersienning
• KWARTAAL 3 – HANDBOEK
• Demokrasie en Burgerskap
• 1. Die Doel van die Grondwet (bl. 146-147)
• 2. Die Grondwetlike Hof (bl. 156)
• 3. Kinders se regte en verantwoordeliokhede (bl. 160)
• 4. Die Suid-Afrikaanse Handves van Kinderregte (bl. 160-161)
• 5. Nasionale simbole (bl. 165, 166 en 168)

• Die doel van die grondwet


• Die Grondwet is ons land se belangrikste wette.
• Dit beskryf die regte en verantwoordelikhede van ons as burgers.
• Dit beskryf hoe ons regering moet werk.
• Dit beskryf hoe ons as Suid-Afrikaners moet behandel.

• Regte soos vervat in die Grondwet


• Gelyk voor die reg.
• Vryheid van mening, geloof en godsdiens.
• Vry om enige werk te kies.
• Reg op `n gesonde en veilige omgewing.
• Reg op onderwys
• Reg op behuising
• Reg om op enige plek te woon

• Grondwetlikehof
• Die hof is in 1994 totstand gebring om die Grondwet te beskerm.
• Die hof maak seker dat almal die Grondwet gehoorsaam.
• Die hof maak seker dat almal se regte beskerm word.
• Dit is die hoogste hof in ons land.
• Die hof bestaan uit 11 regters wat deur die president aangewys word.
• Die hof se beslissings is finaal.

• Kinderregte
• Die reg om teen geweld en mishandeling beskerm te word.
• Die reg om godsdiens of oortuigings sonder vrees te beoefen.
• Die reg op `n behoorlike huis, klere en `n gesonde dieet.
• Die reg om teen kinderarbeid beskerm te word.
• Reg op gratis onderwys.
• Die reg om vry te wees van diskriminasie teen ras, geslag, taal, godsdiens.

• Nasionale simbole
• Nasionale simbole help mense om te voel dat hulle saam hoort en maak hulle trots op
hul land.
• Hoof simbole is: ampswapen, landsvlag en die volkslied.
• Ons het ook verskeie ander “Nasionale simbole” bv. `n Nasionale blom, vis, boom, voël
en dier in Suid-Afrika.

Kwartaal 4
KWARTAAL 4 – HANDBOEK
• Medisyne deur die jare
• 1. Inheemse/tradisonele medisyne (bl. 174-176)
• 2. Sommige modern Westerse wetenskaplike mediese ontdekkings
• Louis Pasteur en Robert Koch (bl. 179)
• 3. Edward Jenner/Alexander Flemming (bl. 183 en 184)
• 4. Chris Barnard (bl. 187-188)
• 5. Verband tussen holisties en Westerse genesing (bl.190)

Inheemse medisyne
Waarsêers of Sangoma
• Kommunikeer met voorvaders om probleme te diagnoseers.
• Meestal vroue.
• Sangomas kyk na die pasient se omstandighede soos sy huislike omstandighede, sy werk
en ook sy of haar se verhoudings met ander.

Kruiedokters of nyangas
• Gebruik kruie en verskillende plante om siektes te genees.
• Moet oor deeglike kennis beskik oor watter plante om te gebruik.
• Daar is meer as 50 soorte plante wat in Suid-Afrika voorkom wat as medikasie gebruik
kan word.
• Hulle maak gebruik van die bolle, blare, wortels, stingels, bas of die hele plant.

Plante as medisyne
• Boegoe
• Sekelbos
• Alwyn
• Afrika-patat

Uitvinders
Edward Jenner: 14 Mei 1796 entstof teen Pokke
* Louis Pasteur: Pasteurisasie
Entstof teen Hondsdolheid 1885
* Robert Koch: Kiem wat Tuberkulose veroorsaak 1882
* Wilhelm Röntgen: Ontgek X-strale in 1895
* Alexander Flemming: Ontdek`n bakteriedodende swam
Antibiotika 1929

Edward Jenner
Pokke!
• Sowat 200j gelede het duisende mense in Europa nog gesterf aan poke. Dit is ook die
gevlekte monster genoem.
• Edward Jenner sou in 1796 na baie goeie waarneming en eksperimente `n endstof vir
pokke ontdek.
• Die Engelse woord “vaccine”is afgelei van Latynse woord “vacca” wat beteken Koei.

• Louis Pasteur
• Louis Pasteur se navorsing sou toon dat kieme siektes veroorsaak in die menslike
liggaam.
• Kieme veroorsaak infeksies en siektes.
• Hy het ook ontdek dat kieme lewendige organismes is en nie saadjies nie.
• Een van sy belangrikste entstowwe was teen hondsdolheid.
• Vandag gebruik ons steeds Pasteur se navorsing in gepasteuriseerde melk en vrugtesap.

• Tuberkulose
• Skadelike bakterie is kieme wat kieme wat infeksies veroorsaak in die liggaam. (Louis
Pasteur)
• Mense het geweet dat bakterie siektes veroorsaak, maar nie geweet watter bakterie
veroorsaak watter siektes.
• Baie mense in Europa asook in Engeland het gesterf aan tuberkulose (TB).
• dr. Robert Kock het die kiem wat tuberkulose veroorsaak geïdentifiseer in 1882.
• Vandag kan ons met behulp van Westerse medisyne TB genees

Alexander Fleming
Alexander Fleming was 'n Britse bakterioloog en die ontdekker van penisillien.

• Chris Barnard
Christiaan Neethling Barnard was 'n Suid-Afrikaanse hartchirurg wat roem verwerf nadat hy die
wêreld se eerste suksesvolle mens-tot-mens-hartoorplanting in 1967 gedoen het.
(Leestuk oor Chris Barnard in vraestel)
• Holistiese genesing
Verband tussen holistiese genesing en Westerse vorm van genesing
• Dokters wat Westerse medisyne beoefen, moedig hulle pasiente aan om groter
verantwoordelikheid te neem vir hulle gesondheid.
• Gesondheid gaan nie net daaroor om die liggaam te genees. Holistiese benadering gaan
oor fisieke, geestelike en sosiale welstend.
• Holistiese genesing behandel die mens in geheel.

You might also like