Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 21

Hersiening: Fiela Eerste Bedryf Ou vraestelle

FIELA: HERSIENING UIT OU VRAESTELLE


EERSTE BEDRYF
INSTRUKSIES:
• AL die vrae moet beantwoord word.
• Nommer in die MIDDEL van die bladsy.
• Laat ʼn reël oop tussen jou antwoorde.
• Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy.
• Skryf netjies en leesbaar.
• ONTHOU: Jy beantwoord VRAAG 7 en VRAAG 9
VRAAG 1
TEKS A
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

1
Hersiening: Fiela Eerste Bedryf Ou vraestelle

1.1 Fiela se kind – die drama, kan as teks deur ‘n persoon gelees word
of in ‘n teater deur akteurs opgevoer word.

1.1.1 Waarom is die woord “af” in reël 1 skuinsgedruk? (1)


Dit is toneelaanwysings / wys dat die karakter van die verhoog af
gaan / dui die aksies van die karakter aan.

1.1.2 Op watter TWEE maniere kan ‘n dramaturg tydsverloop in


‘n drama aandui? (2)
• Ligte kan aan en af gaan.
• Musiek.
• Dekor kan verander word.
• ‘n Stem op band.
• Die gordyn kan oop- en toegaan.
• Gebruik ‘n ander akteur.

1.2 Die leser ontmoet die Van Rooyen-gesin hier in TEKS A.

1.2.1 Kies die kORREKTE antwoord uit die tussen hakies. Skryf
slegs die vraagnommer (1.2.1) en die antwoord neer.

Die (eksposisie/verwikkeling) gee die leser inligting oor die


probleme wat die karakters ondervind.
eksposisie (1)

1.2.2 Die Van Rooyen-gesin kry nie fiansieel swaar nie.

Motiveer met twee feite waarom die stelling ONWAAR is. (2)
• Die huis se dak lek.
• Barta het nie skoene nie.
• Hulle stapelvoedsel is patats.
• Hulle het nie genoeg komberse nie.
• Elias het nie geld vir ‘n geweer of koeëls nie.
• Elias is te lui om te werk.
• Nina het op die dorp gaan werk sodat Elias ekstra
geld kon kry.

1.2.3 Wat noem die Van Rooyens die olifante? (1)


Grootvoete

1.2.4 Wat het die mense van die Bos geglo sal gebeur as hulle
die woord “olifant” hardop sê? (1)
Die olifante sal jou jaag.

1.5 Noem EEN verskil tussen Elias en Selling se optrede teenoor hulle
vrouens. (2)
Elias verskree sy vrou/manipuleer haar/het haar nie met respek
behandel nie √ terwyl Selling sag met Fiela praat/haar met respek
behandel √

2
Hersiening: Fiela Eerste Bedryf Ou vraestelle

1.6 Watter soort werk het Elias gedoen? (1)


Balkemaker

1.7 Elias glo aan ʼn goeie plan en ʼn bietjie geluk.

Stem jy saam met Elias dat dit is hoe die lewe werk? Verduidelik jou
antwoord. (1)
Nee. ʼn Mens moet hard werk in die lewe om sukses te behaal.

1.8 Waarom, dink jy, was dit baie maklik vir ʼn driejarige kind om daardie
spesifieke dag in die Bos te verdwaal? (1)
Die mis was baie dig/sleg.

1.9 Gee die naam van die plek waar die boswagter sewe maande later
ʼn geraamte gevind het wat vermoedelik dié van die jong Lukas kon
wees? (1)
Gounarivier

1.10.1 Watter plan was Elias die dag, toe Lukas weggeraak het, besig om
te beraam? (1)
Om ivoor in die hande te kry

1.10.2 Hoe het Elias hierdie plan van hom uiteindelik in werking gestel?
Noem DRIE feite? (3)
• Hy het ʼn boom naby aan die afgrond so gesaag dat as
• die olifant daarteen aanleun, sal die olifant by die afgrond
afval en
• dan kan hy die tande uitslag.

1.10.3 Het Elias se plan geslaag? Verduidelik jou antwoord. (1)


Nee – die olifante het hom gejaag/amper vertrap.

1.11 “Ek sê vir julle die kind is nie weg nie. Loop kyk weer in jul huise,
almal van julle kyk onder elke katel en oralster.” (reël 20-22)

1.11.1 Wat lei ons van Elias se karakter af wanner ons dié uittreksel
lees? (1)
Hy is selfsugtig / baasspelerig / lui en deel net bevele uit.

1.11.2 Water innerlike konflik kon Elias hier ervaar het? Noem
beide kante van die konflik. (2)
Hy was dalk verbaas dat sy kind mag weg wees √ , maar is
te lui om iets te doen √ /
Hy was dalk geskok dat lukas nie gevind kon word nie √,
maar het nie genoeg selfvertroue gehad om iets te doen nie
√/
Hy was dal oorbluf dat Lukas nêrens is nie √, maar is nie
gewoond daaraan om pro-aktief op te tree nie √.

3
Hersiening: Fiela Eerste Bedryf Ou vraestelle

1.11.3 Waarom het Barta nie agtergekom dat Lukas weg was nie? (1)
Sy het met die vuur gesukkel.

1.12 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs
die letter (A-D) langs die vraagnommer (1.12) neer.

Die VAN Rooyen-gesn se stapeldieet bestaan uit ...

A wortels
B patats
C vleis
D vis (1)
B - patats

1.13 “Sensus” (reël 25)

1.13.1 Verduidelik waarom die koms van van die sensusmans die
motoriese moment in die drama is. (1)
Die sensusmans se koms is die handeling aan die gang / dit
is die begin van die opbou van die spanning / Alles daarna
het Benjamin se lewe verander / Indien dit nie gebeur het
dat die sensusmans gekom het nie, was daar nie ‘n storielyn
nie.

1.13.2 Vertel hoe Lange vir Fiela stereotipeer wanneer hulle by


Lange Kloof aankom. (1)
Hy dink bruin mense kan nie lees of skryf nie (is ongeletterd)
/ Hy het aangeneem bruin mense sal nie grond besit nie.

1.14 Vertel van DRIE geleenthede waar dit duidelik is dat Fiela ‘n goeie
ma vir Benjamin was. (3)
• Die nag toe sy hom gekry het, het sy haar oor hom ontferm.
• Sy het 3x probeer om die kind as verlore aan te meld.
• Toe die sensusmans Benjamin ontdek het, weier sy dat hy
sonder haar op die perdekar laai.
• Sy loop 2x Knysna toe om met die magistraat te gaan praat.
• Voor die sensumans hom kom haal het, maak sy seker hy het
‘n nuwe hemp en skoen en 5 sjielings.
• Ten spyte van die feit dat die magistraat Fiela met tronkstraf
dreig, neem sy nog steeds vir Benjamin sy goed Bos toe.
• Fiela het later vir Benjamin grond gekoop.
• Fiela het vir Benjamin van die Here geleer.

1.15 Gee TWEE bewyse dat Benjamin nie gelukkig in die Bos was nie. (2)
• Hy het probeer wegloop.
• Hy wou nie vir Elias en Barta as sy ma en pa aanvaar nie.

4
Hersiening: Fiela Eerste Bedryf Ou vraestelle

VRAAG 2
TEKS B
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

1 Woudtoneel. Boshuis links. ELIAS is besig om van steier af te klim. Mis al


2 baie dig oor hele toneel.

3 ELIAS: ʼn Man het net een lyf en dié moet lank uitkom. Ek glo aan ʼn goeie
4 plan en ʼn bietjie geluk, al is geluk ʼn skaars ding in hierdie bos. (Roep.)
5 Bartha! Bring vir my ʼn bietjie koffie, ek is gedaan. Die mis is wragtig dik.
6 Ja … Ek sal êrens ʼn paar ou sinkplate in die hande moet kry. Die kinders ly
7 aan die snuif en hoes van die nattigheid in die huis.

8 Wanneer hy BARTA met die koffie hoor kom, gryp hy vinnig die handbyl en
9 kyk aandagtig na die steel.

10 BARTA (onrustig): Elias, is Lukas dan nie hier by jou nie?

11 ELIAS: Nee. Sit maar die koffie daar op die blok neer, my hande is besig.

2.1 Verduidelik wat die woord “drama” beteken. (2)


• Ons kan sien en hoor wat gebeur.
• Daar is handelig en dialoog.

2.2 Wat is die funksie van die drama? Noem TWEE feite. (2)
• Jy kan die gebeure voor jou sien afspeel.
• Jy kan die karakters se emosies ervaar.

2.3 Noem TWEE nadele van ʼn drama. (2)


• Dit moet binne ʼn beperkte tyd opgevoer word.
• Ruimte is beperk.

2.4 Waarom is die gebruik van die karakters op die omslag van die boek,
so effektief? (1)
Hulle is die belangrikste karakters in die boek.

2.5 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die
vraagnommer (2.5) en antwoord neer.

Elias van Rooyen is die (protagonis/antagonis) in hierdie drama. (1)


antagonis

2.6 Wie is die hoofkarakter in hierdie drama? (1)


Benjamin Komoetie / Lukas van Rooyen

2.7 Waarom is die beskrywing van die ruimte (reels 1-2) belangrik? (1)
Sodat die leser ʼn visuele prentjie kan vorm.

5
Hersiening: Fiela Eerste Bedryf Ou vraestelle

2.8 Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en die letter neer, bv. (2.8E).

Die beskrywing van die ruimte vorm deel van die … van die drama.

A motoriese moment
B eksposisie
C ontknoping
D krisis (1)
B eksposisie

2.9.1 Beskryf Elias se karakter na aanleiding van reëls 3-4 met EEN
WOORD. (1)
lui (een woord)

2.9.2 Wat kan jy aflei in verband met Elias se planne wat hy altyd maak na
aanleiding van reels 3-4? (1)
Dit werk nie altyd uit nie.

2.9.3 Hoekom kan jy nie met Elias se lewensfilosofie identifiseer nie? (1)
ʼn Mens moet hard werk om suksesvol te wees.

2.10 Hoe sou Elias die probleem van die nattigheid in die huis, kon oplos? (1)
Met nuwe sinkplate vir die dak.

2.11 Wat het Barta, volgens Elias, nodig gehad? (1)


skoene

2.12.1 Noem die wapen wat Elias graag wou hê? (1)
geweer

2.12.2 Wat wou Elias met die wapen in VRAAG 2.12.1 doen? (1)
Olifante skiet

2.12.3 Hoekom sou dit egter nie vir Elias moontlik wees om behoorlik geld
te verdien nie? Gee DRIE redes. (3)
• Hy het nie geld gehad vir ʼn geweer en koeëls nie.
• Hy weet nie hoe hy verby die houtkopers gaan kom om die
ivoor aan die skepe te verkoop nie.
• Net die houtkopers het ʼn lisensie om ivoor aan die skepe te
verkoop.

2.13 Tant Malie was ʼn doemprofeet.

Gee TWEE bewyse uit die drama om te bewys dat die stelling WAAR
is. (2)
• Sy het vertel van ʼn kind wat weggeraak het in Karatara se
bos en net sy geraamte is later gevind.
• Sy het ook vertel van Flip Lourens wat weggeraak het en nooit
gevind is nie.

6
Hersiening: Fiela Eerste Bedryf Ou vraestelle

2.14 “ELIAS: Ek moes tog ʼn spoor gekry het.”

2.14.1 Waarom, dink jy, was dit baie maklik vir ʼn 3-jarige kind om
daardie spesifieke dag in die Bos te verdwaal? (1)
Digte mis.

2.14.2 Hoekom sou hulle nie die kind kon hoor roep of huil nie? (1)
Mis verdoof klank.

2.14.3 Hoekom was Elias so seker daarvan dat die grootvoete nie
vir Lukas sou trap nie? (1)
Grootvoete trap nie kinders nie.

2.15.1 Waarmee het tant Gertjie ʼn kind vergelyk? (1)


‘n skilpad

2.15.2 Verduidelik jou antwoord in VRAAG 2.15.1. (1)


Jy dink ʼn kind is baie stadig en jy voel gerus, maar ʼn kind kan maklik
verdwyn of in die moeilikheid beland.

2.16 Noem DRIE dinge wat die spanning tydens Lukas se verdwyning
verhoog het. (3)
• Mis
• Grootvoete
• Tant Malie se vertellings

2.17 Na hoeveel dae het hulle die soektog na Lukas gestaak? (1)
Agt dae

2.18 Waaruit kan jy aflei dat hulle nie seker was dat die geraamte die van
ʼn kind was nie? (1)
Die geraamte kon ook die van ʼn bobbejaan wees.

2.19 Wie het die nuus gebring dat ʼn geraamte gevind is? (1)
Die boswagter

2.20 Voltooi: Die STEM OP DIE BAND is die … verteller. (1)


alomteenwoordige

2.21 Hoe het Barta se voorkoms verander vandat Lukas verdwyn het? (1)
Sy het verouder

2.22 Verduidelik hoekom Elias so ‘n verbitterde ou man was? (1)


Hy was ‘n lui man wat vinnig geld wou maak en kon nie daarin slaag
om ‘n olifant vir sy tande dood te maak nie. Die olifante was te slim
vir hom.

7
Hersiening: Fiela Eerste Bedryf Ou vraestelle

2.23 Elias is besig om van die steier af te klim. Mis al baie dig oor hele
toneel.

2.23.1 Wat het Elias geglo was ʼn skaars ding in die Bos? (1)
Geluk

2.23.2 Hoekom word daar so op mis gefokus? (1)


Teken van onheil/iets onheilspellends gaan gebeur/verhoog
die spanning

2.24 Hoekom was die van Rooyen kinders gedurig siek? (1)
Nattigheid in die huis

2.25 Hoe het Elias gedink sou hy in die Bos kon ryk word? (2)
• Om grootvoete te skiet vir hulle ivoor.
• Die ivoor gaan hy dan aan die skepe verkoop.

2.26 Beskryf Barta se voorkoms soos Elias haar sien. (1)


mooi

2.27 Wat het die Bosmense laat vermoed dat Lukas dood was? (1)
Hulle het die geraamte van ʼn kleinerige kind by Gounarivier gevind.

2.28 “Barta druk ʼn vuis in haar mond en byt op haar kneukels,” na sy van
Lukas se dood verneem.

Dink jy Barta se gedrag is geloofwaardig? Gee ʼn rede vir jou


antwoord. (1)
Ja. Dit is hoe enige mens sou optree na die dood van haar kind.
OF
Nee. Sy is melodramaties.

2.29 Hoe verskil Barta en Fiela se karakters van mekaar? (2)


• Barta is ʼn patetiese figuur/kan nie vir haarself besluite neem
nie.
• Fiela neem self besluite/sy is in beheer van die huishouding

VRAAG 3
TEKS C
Lees die uittreksel deur en beantwoord die vrae wat volg.

Kinders se geskree nou nader.


FIELA: Hulle gaan sukkel om haar hier te kry. (Sy beweeg na regs. Kollig net
op haar gesig. Ons hoor haar stem op band.) Die somer was kwaai. Dit was of
die hitte aan die Kloof se kant van die voorste berge nie ʼn flenter mis heel wou
laat oorwaai om lafenis te bring nie. Waarom dit die liewe Here behaag het om
die yslike gebergte soos ʼn hindernis tussen die Lange Kloof en genade te kom
neersit, sou net die Here alleen weet.
8
Hersiening: Fiela Eerste Bedryf Ou vraestelle

3.1.1 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer en letter
neer, bv. (3.1E).

Die uittreksel waar Fiela praat (reëls 2-6) is ʼn voorbeeld van ...

A ʼn monoloog.
B ʼn dialoog.
C konflik.
D ironie. (1)
A ‘n monoloog

3.1.2 Wat is die funksie van jou antwoord in VRAAG 3.1.1? (1)
Gee vir ons agtergrondkennis / Fiela se gedagtes

3.2 Wat is die funksie van die skuinsgedrukte woorde in die uittreksel
Noem TWEE funksies. (2)
• Dui die aksies/handeling van die karakters aan.
• toneelaanwysings

3.3 Voltooi die paragraaf deur telkens EEN WOORD in te vul.

Fiela voel dat die Here aan die Seekant van die berg (3.3.1) ...
geplant het, maar aan die Kloofkant van die berg het Hy vir hulle
net klippe en stof en waaiboom en taaitrek en renosterbos gegee.
Sy besef dat sy sondige gedagtes het want die Here was hulle
genadig omdat Hy vir hulle die (3.3.2) ... gegee het en as die reën
kom, het ʼn mens van die (3.3.3) ... waardeur almal moes wurg
vergeet. Sy het ook gevoel dat al het die (3.3.4) ... Selling
oorgeneem, kon hy nog met sy hande werk. (4)
3.3.1 milddadig
3.3.2 volstruis
3.3.3 droogte
3.3.4 swakte/siekte

3.4 Na wie het die “haar” in die uitreksel verwys? (reël 2) (1)
Pollie / wyfie volstruis

VRAAG 4

TEKS D

Lees die uittreksel deur en beantwoord die vrae wat volg.

9
Hersiening: Fiela Eerste Bedryf Ou vraestelle

4.1 Waar spesifiek speel hierdie deel van die drama af? Gee die naam
van die plek. (1)
Wolwekraal

4.2 Wat het Lange en Dikke hier kom maak? (1)


sensusopname

4.3 Wat het Selling gedink kom die twee manne doen? (1)
Hulle kom preek/predikers

4.4 Wat het Fiela gedink kom die twee manne doen? (1)
smous

4.5 Hoekom het Fiela so geskrik nadat die manne haar vertel het wat
hulle kom doen het? (1)
Sy het ‘n wit kind en hulle is bruin.

4.6 Waar was Benjamin toe die mans daar aangekom het? (1)
By die vangdam

4.7 “Die lange ruk bril af ...” (Reël 4)

Waarom is hierdie toneelaanwysing so gepas? (1)


Dit beklemtoon sy skok toe hy die wit kind tussen die bruin mense
sien.

10
Hersiening: Fiela Eerste Bedryf Ou vraestelle

4.8 “Here, vat dan alles wat ek het. Vat die hele lot, maar moenie vir
Benjamin vat nie!” (Reëls 6-7)

4.8.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

Fiela se gedagtes hier het vir ons gewys hoe (baie sy vir
Benjamin omgegee het/kwaad sy vir die sensusmans was). (1)

4.8.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.8.1 deur te verduidelik


wat sy met “alles wat ek het” bedoel het. (1)
Die here kan alles vat wat sy het – haar grond, ander
kinders, alles, MAAR hy moet net nie vir Benjami vat nie.

4.9 Lees reëls 16 tot 18.

4.9.1 Gee EEN woord om die toon/manier waarop die Lange met (1)
Fiela gepraat het, te beskryf.
Neerhalend/onbeskof

4.9.2 Verduidelik waarom die Lange gedink het dat dit reg was om
op hierdie manier/toon met Fiela te praat. (1)
In daardie tyd het bruin mense geen regte gehad nie / wit
mense was belangriker as bruin mense.

4.9.3 Kan jy met die mans se gedrag teenoor Fiela-hulle


identifiseer? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1)
Nee – almal verdien om met respek behandel te word.

4.10 Fiela-hulle was Gelukkig op Wolwekraal totdat die sensusmanne


daar aangekom het. Toe het alles skielik verander.

Skryf die vier gebeure rondom die sensusmanne se TWEE besoeke


aan Wolwekraal onder mekaar in die KORREKTE volgorde neer.

• Die sensusmanne het gevra of Benjamin kon onthou hoe hy


op Wolwekraal gekom het.
• Die sensusmanne het vir Benjamin gesien.
• Die sensusmanne het gesê die magistraat wou vir Benjamin
sien.
• Die sensusmanne het die Komoeties se besonderhede in die
(4)
sensusboek geskryf.
• Die sensusmanne het die Komoeties se besonderhede in die
sensusboek geskryf.
• Die sensusmanne het vir Benjamin gesien.
• Die sensusmanne het gevra of Benjamin kon onthou hoe hy
op Wolwekraal gekom het.
• Die sensusmanne het gesê die magistraat wou vir Benjamin
sien.

11
Hersiening: Fiela Eerste Bedryf Ou vraestelle

4.11 Die sensusmanne se opinie oor Benjamin se vermoë om ver te stap,


het van hulle eerste na hulle tweede besoek aan Wolwekraal
verander.

4.11.1 Wat was die sensusmanne se opine tydens hulle eerste


besoek aan Wolwekraal? (1)
Hulle glo Benjamin het op die ouderdom van 3 self gestap
tot by Wolwekraal – oor die berge.

4.11.2 Sê hoe die sensusmanne se opinie tydens hulle tweede


besoek verander het. (1)
Nou kan hy as 12-jarige nie saam met Fiela Knysna toe stap
nie want dit is te ver.
VRAAG 5
TEKS E
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

SELLING kom op. Sit en staar in die kers.


FIELA: Hou stil jou voet, Benjamin. Ma het jou goed in die klein trommel gepak.
Jou slaaphemp onder, dan jou ander goed en bo-op jou beste broek en jou nuwe
hemp. Die hemp trek jy Vrydag aan, en jy trek dit weer uit as jy klaar voor die
magistraat was en sit dit netjies terug in die trommel. Moenie hom opfrommel nie.

BENJAMIN: Nee, Ma.


FIELA: En Dawid leen vir jou sy beste baadjie. Maar jy trek nie Vrydag die baadjie
aan nie, jy trek jou ou hemp onder die nuwe een aan, en as dit koud is, trek jy jou
flenniehemp ook onder aan.

BENJAMIN: Ja, Ma.

FIELA: Die 5 sjielings wat Ma in die lap knoop, los jy net so in die trommel. Dis vir
ingeval.

BENJAMIN: Wat se ingeval?

FIELA: Vir in geval die magistraat vra of jy geld het. Sodat hy kan sien die
Komoeties is nie kaalgat nie.

BENJAMIN: En as Ma die geld nodig kry?

FIELA: Ma sal dit nie na Saterdag toe nodig kry nie. Maar jy loop gee nie die geld
uit nie, jy bring dit net so weer terug. Jou kos sal hou.

BENJAMIN: Sê nou ek verloor die geld?

FIELA: Dan foeter ek jou.

12
Hersiening: Fiela Eerste Bedryf Ou vraestelle

5.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
vraagnommer (5.1) en die antwoorde neer.

Die dramaturg het ons op die naderende tragedie in die Komoetie-


huis voorberei toe Fiela van (die valk wat haar mooiste kuiken
gevang het/die volstruiswyfie wat hulle gekoop het), gepraat het. (1)
Die valk wat haar mooiste kuiken gevang het

5.2 Hoekom moes Benjamin voor die magistraat verskyn? (1)


Die Bosvrou moes kom kyk of Benjamin haar kind was, wat
weggeraak het.

5.3 Wat was die doel van die 5 sjielings wat Fiela vir Benjamin ingepak
het? (1)
Om die magistraat te wys die Komoeties is nie arm/kaalgat nie /
ingeval

5.4 Fiela en Selling wou hê Benjamin moes ʼn goeie indruk op die


magistraat maak.

Buiten die redes in die uittreksel, noem nog DRIE dinge wat hulle
gedoen het om Benjamin vir sy tog Knysna toe gereed te kry. (3)
• Hulle het hom geleer hoe om die magistraat aan te spreek.
• Hulle het hom voorberei hoe om die magistraat se vrae te
beantwoord
• Hy moes op sy mooiste skryf en lees as die magistraat hom
sou vra.

5.5 Watter WOORD mag Benjamin nie gebruik as hy met die magistraat
praat nie? (1)
baas

5.6 Verduidelik hoekom Fiela in hierdie uittreksel so ongeduldig teenoor


Benjamin opgetree het. (1)
Sy was bang hy kom nie weer terug nie.

5.7 Noem TWEE redes wat die sensusmans laat vermoed het dat Fiela
die kind weggesteek het. (2)
• Sy het hom nie kerk toe laat gaan nie.
• Sy het hom nie skool toe gestuur nie.

5.8 Fiela het daardie tyd teen die wet opgetree om Benjamin as haar
kind groot te maak.

Motiveer waarom hierdie stelling WAAR is. (1)


ʼn Wit kind mag nie daardie tyd by bruin mense/mense van ʼn ander
ras gebly het nie.

13
Hersiening: Fiela Eerste Bedryf Ou vraestelle

5.9 Volgens Lange was dit te ver vir Benjamin om saam met Fiela
Knysna toe te loop.

Bespreek die ironie wat in hierdie woorde na vore kom. (2)


Toe Benjamin 3 jaar oud was, kon hy van die bos af oor die berge
loop tot by Fiela-hulle in die Lange Kloof √, maar nou op 12 jaar was
dit volges die Lange te ver vir Benjamin om Knysna toe te loop.√

5.10 Die sensusmans het vir Fiela gesê dat daar nie vir haar plek op die
perdekar was nie.

Hoe sal jy die sensusmans se gedrag teenoor Fiela beskryf? Gee


slegs EEN WOORD. (1)
rassisties

5.11 Fiela het probeer om Benjamin se aankoms op Lange Kloof aan te


meld.

Gee TWEE feite om te bewys dat die stelling WAAR is. (2)
• Sy het twee keer probeer om dit by die veldkornet aan te
meld maar hy was agter skaapdiewe aan die eerste keer en
die tweede keer was hy by ʼn begrafnis.
• Petrus Zondagh was ook nie beskikbaar nie.

5.12 Hoekom het Fiela nooit die ma van Benjamin probeer opspoor nie? (1)
Fiela het genoem dat ʼn ma wat haar kind weggooi nooit weer
omdraai om haar kind te kom soek nie / ʼn ooi wat haar lam weggooi,
draai nooit weer terug nie.

5.13 FIELA: Die kind wou toe nie meer van my rok af nie.

Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die


vraagnommer (5.13) en antwoord neer.

Die woorde van Fiela het geïmpliseer dat die kind (te geheg aan haar
geraak het/die heeltyd aan haar rok vasgeklou het)? (1)
te geheg aan haar geraak het

5.14 Kies die KORREKTE antwoord wat die stelling verduidelik. Skryf net
die vraagnommer en letter neer, bv. 5.14E.

Fiela-hulle was nie pagters op Wolwekraal nie, beteken hulle ...

A het Wolwekraal gehuur.


B het Wolwekraal gekoop.
C was die eienaars van Wolwekraal.
D was plaaswerkers op Wolwekraal. (1)
C was die eienaars van Wolwekraal.

14
Hersiening: Fiela Eerste Bedryf Ou vraestelle

5.15 Hoekom dink jy is Fiela se baasspelerige gedrag teenoor Selling in


die drama aanvaarbaar? (1)
Hy het dikwels te siek/swak gevoel om te werk en die feit dat Fiela
hom nog gedwing het, het hom aan die gang gehou.

5.16 Kies uit KOLOM B die karakter wat pas by die beskrywing in KOLOM
A. Skryf net die vraagnommer en letter neer, bv. 5.16.5 F.

KOLOM A KOLOM B
5.16.1 ʼn Bygelowige mens. A Rossinski

5.16.2 Die persoon vergelyk B Petrus Zondagh


ʼn kind met ʼn skilpad.
C Tant Malie
5.16.3 ʼn Smous.
D Tant Gertjie
5.16.4 Die persoon leer vir
Benjamin somme. E Miss Baby Stewart (4)
5.16.1 C Tant Malie
5.16.2 D Tant Gertjie
5.16.3 A Rossinski
5.17.4 E Miss Baby Stewart

VRAAG 6

TEKS F

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

FIELA: ... Benjamin gaan Knysna toe. (SELLING sit sy hand op op BENJAMIN
se kop.) Dit kan nie anders nie. Ek het oral gedink en ek kry nie ʼn ander pad nie.
Maar Saterdag sal hulle hom terugbring, sê ek vir julle. Hoor jy my, Benjamin?
Saterdag sal hulle jou terugbring en die Here help hulle as hulle ooit weer hulle pote
op hierdie werf sit!

6.1 “ ... Benjamin gaan Knysna toe. (SELLING sit sy hand op BENJAMIN
se kop.)

Dink jy die toneelaanwysing pas by die dialoog? Motiveer jou


antwoord. (1)
Ja – dit is n gebaar van vertroosting/Selling probeer deur die gebaar
vir Benjamin te wys dat alles reg sal wees

6.2 Waarom moes Benjamin daardie Vrydag op Knysna wees? (1)


Die magistraat wou hom sien/die magistraat wou die saak van die
vermiste kind probeer opklaar/Die Bosvrou sou ook daar wees om
die kind te sien.

15
Hersiening: Fiela Eerste Bedryf Ou vraestelle

6.3 Fiela wou hê dat die magistraat moes sien dat Benjamin ʼn goeie lewe
by die Komoeties gehad het.

Wat het Fiela gedoen om die magistraat te oortuig dat:

6.3.1 Sy vir Benjamin goed versorg het. (1)


Sy het vir hom n nuwe hemp en skoene gekoop.

6.3.2 Die Komoeties vir hulleself kon sorg. (1)


Sy gee vir Benjamin 5 sjielings / hy moet vir die magstraat
sê dat Wolwekraal hulle eie grond is.

6.3.3 Benjamin goeie maniere gehad het. (1)


Benjamin moes die magistraat as “Weledele Heer”
aanspreek.

6.4 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs
die vraagnommer (6.4) en die letter (A-D) neer.

Uit Fiela se houding in hierdie uittreksel kan ons aflei dat sy ʼn ...
karakter was.

A senuweeagtige
B selfversekerde
C ongeskikte
D nederige (1)
B selfversekerde

6.5 Hoekom, dink jy, het Fiela reg opgetree om vir Benjamin te belowe
dat die sensusmanne hom sou terugbring? (1)
Die magistraat se woord was wet daardie tyd en die sensusmanne
het gesê dat hulle hom die Saterdag sou terugbring.

6.6 Die sensusmans het met die inwoners in die Lange Kloof gesels.

Noem TWEE redes uit die gesprekke met dié mense wat die
sensusmans laat vermoed het dat Fiela die kind weggesteek het. (2)
• Sy het hom nie kerk toe gestuur nie en
• Ook nie skool toe nie.

6.7 Fiela moes die sensusmanne se vrae oor Benjamin beantwoord en


sy teenwoordigheid verduidelik (verdedig).

Wat was Fiela se antwoorde en verduideliking(s) op die volgende


vrae en/of beskuldigings?

6.7.1 Waar het Fiela vir Benjamin gekry? (1)


Daar waar sy ma hom gelos het / die Here het hom aan haar
toebetrou/by haar agterdeur.

16
Hersiening: Fiela Eerste Bedryf Ou vraestelle

6.7.2 Waarom het Fiela Benjamin se teenwoordigheid ‘n geheim


gehou? (1)
Sy het 2x probeer om die veldkornet in te lig oor die kind en
sy het vir Petrus Zondagh probeer vertel, maar niemand was
beskikbaar nie en toe het die kind te geheg aan haar
geraak.

6.7.3 Waarom woon Benjamin nie skool by nie? (1)


Dawid en Tollie het Benjamin alles geleer van wat hulel by
die skool geleer het/Miss Baby Stewart het hom somme
geleer.

6.8 Die sensusmans het vir Fiela gesê dat daar nie vir haar plek op die
perdekar was nie.

Hoe sal jy die sensusmans se gedrag teenoor Fiela beskryf? Gee


slegs EEN WOORD. (1)
Rassisties / onbeskof

6.9 Fiela het probeer om Benjamin se aankoms op Lange Kloof aan te


meld.

Gee TWEE feite om te bewys dat die stelling WAAR is. (2)
• Sy het 2x die veldkornet probeer inlig maar hy was telkens
nie beskikbaar nie.
• Sy het vir Petrus Zondagh probeer vertel, maar hy was ook
nie daar nie.
• Daar was nie daardie tyd ‘n magistraat nie. (enige 2)

6.10 Hoe het Fiela gevoel oor Benjamin wat voor die magistraat moes
verskyn? Gee slegs EEN WOORD. (1)
Bang/senuweeagtig

6.11 Wat bedoel Fiela as sy sê: “Ek het oral gedink en ek kry nie ‘n ander
pad nie”? (1)
Daar is geen ander uitweg/plan nie – Benjamin sal moet Knysna toe
gaan.

6.12 Gee die naam van die magistraat in Knysna. (1)


Mr Goldsbury

6.13 Kies die KORREKTE antwoord uit die tussen hakies. Skryf slegs die
vraagnommer (6.13) en antwoord neer.

Die aankoms van Lange en Dikke op Wolwekraal kan as die


(eksposisie / motoriese moment) in die drama gesien word. (1)
motoriese moment

6.14 Hoe moes Benjamin die magistraat aanspreek volgens Selling? (1)
Weledele heer

17
Hersiening: Fiela Eerste Bedryf Ou vraestelle

6.15 Hoe het Lange Fiela gestereotipeer toe hulel by die Lange Kloof
aangekom het? (1)
Bruin mense is ongeletterd / bruin mense besit nie grond nie.

VRAAG 7
TEKS G
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

7.1 “FIELA (op band): Nee die kind ...”

7.1.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

Die woorde “op band” dui aan dat Fiela (bid/dink). (1)
dink

7.1.2 Wat lei ons uit hierdie spreekbeurt van Fiela af, met ander
woorde watter plan probeer Fiela maak? (1)
Sy wou Benjamin wegsteek.

7.2 Fiela het rede gehad om nie die twee sensusmanne te vertrou nie.

Waarom is hierdie stelling WAAR? Fokus net op dit wat die


sensusmanne gesê en gedoen het. (2)
• Die sensusmanne het nie na Fiela se redenasies geluister
nie.
• Hulle het klaar gepraat asof Barta Benjamin se ma is.
• Hulle het gesê Fiela kan nie saam op die perdekar Knysna
toe gaan nie/hulle kan nie na Knysna stap nie, want dit sal te
lank vat.
• Hulle het Benjamin nie teruggebring soos hulle belowe het
nie. (enige 2)

18
Hersiening: Fiela Eerste Bedryf Ou vraestelle

VRAAG 8
TEKS H
Lees die uittreksel deur en beantwoord die vrae wat volg.

FIELA: (op band): Februarie. Maart. April. Voorwinter. Dit is of die klip wat
Februarie in my gaan lê het, ligter geword het. Ek het nie meer iedere oggend
wakker geword nie en gedink: Vandag is die dag wanneer hulle gaan terugkom.
SELLING: Hulle sal nie meer kom nie, Fiela. Nie nou meer nie.
FIELA: Kinders, van more af moet die volstruise veld toe. Kittie en Tollie moet die
een dag vir Skopper veld toe jaag en gaan oppas, en die ander dag vat Dawid en
Emma weer vir Pollie.

BENJAMIN: Wat van my, Ma?


FIELA: Jy bly by die huis. Jy het nie ore nie. Jy bly aljimmers aan die volstruise se
voorkant. Hulle gaan nog vir jou oopskop!.

8.1 Wat is die funksie van die eenwoordsinne (1)


Tyd het verbygegaan.

8.2 Bespreek die effektiwiteit van die VIER eenwoordsinne. (1)


Beklemtoon dat 3 maande verby is/verminder die spanning.

8.3 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer en


antwoord neer, bv. 8.3E.

Fiela se stem op die band is Fiela se …

A drome.
B emosies.
C gedagtes.
D gevoelens. (1)
C gedagtes

8.4 “Dit is of die klip wat Februarie in my gaan lê het, ligter geword het.”

Waarna het die “klip” in die stelling verwys? Gee TWEE feite. (2)
• Die vrees dat die sensusmanne gaan terugkom om
• Benjamin te kom haal

8.5 Wat behels die werk van die sensusopnemers? (1)


Tel die mense

8.6 Hoekom het Fiela so geskrik nadat die sensusopnemers haar vertel
het wat hulle kom doen het? (1)
Sy was bang hulle gaan van Benjamin uitvind.

19
Hersiening: Fiela Eerste Bedryf Ou vraestelle

8.7 Watter voorteken moes Fiela teen die onheil wat op haar gewag het,
gewaarsku het? (1)
Die Valk wat haar mooiste kuiken gevang het.

8.8.1 Wat kan jy aflei van die manier waarop die sensusopnemers met
Fiela praat, oor hulle siening van die bruinmense? (1)
Kyk neer op hulle/hulle is ongeletterd/is nie belangrik nie/respekteer
hulle nie.

8.8.2 Gee DRIE voorbeelde om jou antwoord in VRAAG 1.8.1 te bewys. (3)
• Hulle wou weet tydens watter pes of ellende Fiela gebore
is/impliseer bruinmense is ongeletterd.
• Die mans het hulleself nie aan Fiela-hulle voorgestel nie.
• Hulle het Fiela as “vrou” aangespreek.

8.8.3 Kan jy met die mans se gedrag teenoor Fiela-hulle identifiseer? Gee
ʼn rede vir jou antwoord. (1)
Nee. Alle mense moet met respek behandel word/mense moenie
rassisties optree nie.

8.9 Wat was die naam van die grond wat aan Fiela behoort het? (1)
Wolwekraal

8.10 Hoe het Fiela die eienaar van die grond geword? Gee TWEE feite. (2)
• Haar pa het dit by mnr. Wehmeyer geërf en
• Sy het dit weer by haar pa geëerf.

8.11 “Ons is nie pagters nie. Ook nie werfvolk nie”

Verduidelik in jou eie woorde wat Fiela met die woorde bedoel het. (2)
• Hulle is nie huurders nie en
• Ook nie arbeiders nie (hulle werk vir hulleself) .

8.12 Waar het Fiela haar kinders se geboortedatums aangeteken? (1)


Bybel

8.13 Hoekom het die sensusopnemers geskrik toe hulle Benjamin gesien
het? (1)
Hy was ʼn wit kind tussen bruinmense.

8.14 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die
vraagnommer en antwoord neer.

Benjamin is Fiela se (hanslam/hanskind). (1)


hanskind

8.15 Waar het Fiela vir Benjamin gekry? (1)


Voor haar agterdeur.

20
Hersiening: Fiela Eerste Bedryf Ou vraestelle

8.16 Hoe oud was Benjamin toe Fiela hom gekry het? (1)
Ongeveer 3 jaar oud

8.17 Die sensusopnemers het Fiela daarvan beskuldig dat sy Benjamin


skelm gehou het.

8.17.1 Hoe het Fiela haarself teen die aantygings probeer


verdedig? Noem DRIE feite. (3)
• Sy kon nie die kind net daar gelos het nie.
• Sy het dit probeer aanmeld maar niemand was
beskikbaar nie.
• Die kind was te geheg aan haar.

8.17.2 Hoe sou jy teenoor die mans opgetree het, as jy in Fiela se


skoene was? (1)
Weggejaag het/probeer verduidelik het/op hulle geskree
het.

8.18 Hoekom sou Petrus Zondagh die aangewese persoon wees om Fiela
te help nadat sy vir Benjamin gevind het? (1)
Hy was ʼn belangrike/vername man in die gemeenskap.

8.19 Die DIKKE het skielik onthou van ʼn seun wat 9 jaar gelede
weggeraak het.

Hoe het Fiela die mans probeer oortuig dat Benjamin nie daardie
kind kon wees nie? Gee DRIE feite. (3)
• Hy was skoon en netjies toe sy hom gevind het.
• ‘n Kind van 3 jaar kan nie van agter die Bos oor die berg loop
tot in die Lange Kloof nie.
• Daar was nie ʼn pad nie.

8.20 Waarom was dit vir Fiela so belangrik dat Pollie en Skopper moes
broei? Gee TWEE feite. (1)
• Sodat sy geld kon kry.
• Sy wou nog grond koop.

8.21 Aan wie smous Fiela hulle produkte? (1)


Rossinski

21

You might also like