Fiela - 2de Bedryf Hersiening

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 20

Hersiening: Fiela 2de bedryf ou vraestelle 2023

FIELA: HERSIENING UIT OU VRAESTELLE


TWEEDE BEDRYF
INSTRUKSIES:
• AL die vrae moet beantwoord word.
• Nommer in die MIDDEL van die bladsy.
• Laat ʼn reël oop tussen jou antwoorde.
• Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy.
• Skryf netjies en leesbaar.
• ONTHOU: Jy beantwoord VRAAG 7 en VRAAG 9

VRAAG 1

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

BENJAMIN: Ek is Fiela Komoetie se kind.


MAGISTRAAT: Wag nou, seun, dit is nie vir my ʼn maklike taak hierdie nie. Aan
die begin sal dit vir jou vreemd wees om weer onder jou eie
mense terug te wees.
BENJAMIN: Ek is Fiela Komoetie se kind.
MAGISTRAAT: Ekskuus?
BENJAMIN: Ek is haar hanskind. Die Here het my aan my ma toebetrou. Ek
is Fiela Komoetie se kind, weledele hher. Ek sweer, baas. Die
bosvrou lieg as sy sê ek is haar kind.
MAGISTRAAT: (kom staan reg voor hom):Hiervandaan gaan jy saam met jou
ouers huis toe.
BENJAMIN: Ek is Fiela Komoetie se kind, baas, ons is nie kaalgatte nie,
baas, ek sweer. Ek het vyf sjielings om dit te wys.
Magistraat beweeg na die deur.
BENJAMIN: Baas, assebief.
MAGISTRAAT: Ek wil nooit weer hoor dat jy daardie woord gebruik nie. Jy is ʼn
wit kind en jy sal leer om soos ʼn wit kind te praat.
BENJAMIN: Asseblief, weledele heer, ek is Fiela Komoetie se kind en my pa
is Selling Komoetie.

1.1 Wat was die naam van die plaas waar Fiela Komoetie gebly het? (1)
Wolwekraal

1.2 Op watter dorp het die hofsitting plaasgevind? (1)


Knysna

1.3 Wat moes die magistraat oor Benjamin besluit? (1)


of Benjamin die verlore seun van die Van Rooyens was.

1.4 Verduidelik waarom die sensusmanne reg opgetree het om vir Benjamin
van Fiela af weg te vat. Verwys in jou antwoord na die politieke konteks
van daardie tyd. (2)

1
Hersiening: Fiela 2de bedryf ou vraestelle 2023

• Fiela was ʼn bruin vrou en Benjamin was ʼn wit kind. (2 punte vir
beide)
• Daar was apartheid / rassisme (net 1 punt)

1.5 Hoekom is dit so ironies dat Benjamin gelukkiger in die Lange Kloof was
wat ʼn kaal, harde wêreld teenoor die Bos se ruimte vol voëls en plante (2)
was?
In die Lange Kloof het hy geliefd gevoel √ maar in die Bos is hy
mishandel/het hy geen liefde ervaar nie. √

1.6 Hoe het die magistraat sy taak vergemaklik om vas te stel of Benjamin die
verlore kind van die Van Rooyens was of nie? Gee TWEE redes. (2)
OF
Hoe het die magistraat seker gemaak dat Benjamin nie verkeerdelik deur
Barta uitgeken word nie?
• Hy het die Bosvrou laat kom om hom te kom identifiseer.
• Hy het Benjamin tussen 4 ander seuns geplaas.

1.7 Wat het die magistraat oortuig dat hy die regte besluit oor Benjamin se
toekoms geneem het? (1)
Barta/Bosvrou het hom dadelik uitgewys as haar verlore seun.

1.8 Die magistraat sou Benjamin in elk geval vir die Van Rooyens gegee het,
of die bosvrou hom kon uitken of nie.
(1)
Sê waarom die stelling WAAR is.
In daardie tyd was dit nie toelaatbaar vir ‘n wit kind om deur bruin mense
grootgemaak te word nie. (kan nie “swart” mense noem nie)

1.9 Hoe kry die dramaturg in hierdie uittreksel dit reg dat die leser Benjamin se
vrees kon aanvoel? (3)
Die dramaturg ...
• Laat Benjamin Fiela se woorde herhaal (“ek sweer”).
• Laat vir Benjamin smeek / hy gebruik “asseblief”.
• Laat Benjamin die woord “baas” gebruik / onderdanig optree.
• Wys Benjamin se vrees/innerlike konflik deur wat hy sê.hoe hy
optree. (enige 3)

1.10 Dink jy die magistraat het genoeg gedoen om seker te maak Benjamin is
die Van Rooyens se kind? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1)
Ja. Hy het die Bosvrou laat kom en die seun tussen ander seuns geplaas
om dit moeiliker te maak vir die ma om hom uit te ken.
OF
Nee. Hy moes Fiela ook laat kom het.

1.11 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
(1.11.1 tot 1.11.4) neer.

2
Hersiening: Fiela 2de bedryf ou vraestelle 2023

Benjamin Komoetie (1.11.1) ... om by sy ma, Fiela, te bly nadat hy as


(1.11.2) .. jarige seun voor haar (1.11.3) ... gelos is. Fiela het hom
voorgesê om vir die magistraat te sê dat die (1.11.4) ... hom aan haar (4)
toevertrou het.
1.11.1 pleit / soebat / smeek
1.11.2 drie/3
1.11.3 (agter)deur
1.11.4 Here

1.12 Dink jy dit is regverdig dat Benjamin sonder Fiela voor die magistraat moes
verskyn? Motiveer jou antwoord. (1)
Nee. Benjamin verstaan nie wat aangaan nie / hy is te jonk / hy het Fiela
nodig om hom te ondersteun / hy is weerloos sonder Fiela (die enigste ma
wat hy geken het).

1.13 “Hiervandaan gaan jy saam met jou ouers huis toe.” (reëls 10 en 11)

Watter voordeel het hierdie besluit van die magistraat vir die volgende
karakters ingehou?

1.13.1 Elias (1)


Elias het ekstra hande gehad wat hom kon help met die werk.

1.13.2 Nina (1)


Sy kon haar geheime met hom deel / iemand met wie sy kon
speel / sy kon hom van die bos leer / sy het ‘n broer gekry wat
nader aan haar was as haar ander broers / sy het Benjamin se
slaaphemp as ‘n rok gedra / sy het toegang tot die 5 sjielings
gehad / sy het iemand gehad wat vir haar geskerm het / iemand
wat haar kon help werk.

1.14 Benjmin het oor en oor vir die magistraat gevra of hy huis toe kon gaan.

Hoe sluit hierdie situasie by die titel van die drama aan? (1)
Die feit dat Benjamin huis toe wou gaan, bevestig dat hy glo hy is Fiela se
kind / Benjamin het vir die magistraat gesê dat die Here hom aan Fiela
toebetrou het / Fiela was die enigste ma wat hy geken het / Benjamin het
aanhoudend gesê dat Fiela sy ma is.

1.15 Benjamin wou nie aanvaar dat hy as Lukas vir altyd in die Bos moes bly
nie.

Sê waarom hierdie stelling WAAR is. (1)


Hy het homself nog steeds as Benjamin gesien / hy wou nie sy nuwe familie
aanvaar nie / hy het bly sê dat die Van Rooyens nie sy familie is nie / hy
het probeer wegkom uit die Bos uit / hy het vir Nina met 5 sjielings
omgekoop om hom die pad uit die Bos te wys / hy het in sy hart geglo dat
hy ‘n Komoetie is / hy het die magistraat in die hof probeer oortuig dat hy
hom moes laat teruggaan na Fiela toe / hy wou nie saam Nina bos toe gaan
nie, want hy het geglo Fiela gaan hom kom haal / hy het nie op die naam

3
Hersiening: Fiela 2de bedryf ou vraestelle 2023

Lukas gereageer nie / hy het aanvanklik geweier om Elias en Barta Pa en


ma te noem/

1.16.1 Watter taktiek het Elias gebruik om Benjamin te kry om die Van Rooyens
as sy eie familie te aanvaar? (1)
Hy het hom geslaan tot hy hulle as sy familie erken het.

1.16.2 Hoe sou jy Elias se karakter na aanleiding van jou antwoord in VRAAG
1.16.1, beskryf? Gee slegs EEN WOORD. (1)
Geweldadig/aggressief
(EEN WOORD)

1.17.1 Op watter manier wou Elias vir Benjamin stop om soos ‘n bruinmens op te
tree? (1)
Lyfstraf / hy wou die “bruingeid” uit hom slaan.

1.17.2 Watter ander beter metode kon Elias gebruik om dissipline toe te pas? (1)
Kommunikasie / mooi met hom praat om sy gedrag te verander.

1.18 Die volgende gebeure hou verband met die tydlyn van Lukas/Benjamin.

Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
neer:

• Benjamin is deur die sensusmanne ontdek.


• Benjamin het sekerheid oor sy identiteit gekry.
• Fiela het Benjamin voor haar agterdeur gekry.
• Benjamin het Bos toe gegaan as Lukas van Rooyen.
(4)
➢ Fiela het Benjamin voor haar agterdeur gekry.
➢ Benjamin is deur die sensusmanne ontdek.
➢ Benjamin het Bos toe gegaan as Lukas van Rooyen.
➢ Benjamin het sekerheid oor sy identiteit gekry.

1.19 Waaruit kan ons aflei dat Elias ʼn oneerlike persoon was? (1)
Hy het vir die Boswagter gesê dat Benjamin goed by hulle aangepas
het/nie na Fiela-hulle gevra het nie.

1.20 Die magistraat het Lukas aan die Van Rooyens gegee.

Som die verhouding tussen Lukas en Elias van Rooyen op.

1.20.1 Hoe was die verhouding tussen die twee karakters? (1)
sleg/negatief

1.20.2 Gee TWEE bewyse om jou antwoord op VRAAG 1.20.1 te


motiveer. (2)
• Benjamin het Elias nie as sy pa erken nie.
• Elias het Benjamin harde arbeid laat doen.

4
Hersiening: Fiela 2de bedryf ou vraestelle 2023

• Elias het Benjamin mishandel. (enige 2)

1.21 Lukas is saam met Elias en Barta van Rooyen huis toe.

1.21.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

Barta was van die begin af (besorgd oor/ongeduldig met) Lukas. (1)
besorgd oor

1.21.2 Motiveer jou antwoord in VRAAG 1.21.1 met TWEE feite. (2)
• Sy was bang dat Elias vir Lukas sou slaan dat die merke
wys.
• Sy sou eerder vir Nina laat slaan sodat Lukas kon
vrykom.
• Sy het Lukas teen Elias (se ongeduld) probeer beskerm.
• Sy het raakgesien dat Lukas te maer was.
• Sy het gewonder hoekom Lukas nie wou praat nie.
(enige 2)

1.22 Waarom was dit slim van Barta om vir Elias te waarsku om nie vir Lukas te
slaan nie? OF (1)
Waarom het Barta herhaaldelik vir Elias gesê om vir Lukas uit te los?
Want dan sou die Boswagter die merke aan Lukas se bene gesien het.

1.23 Gee TWEE redes waarom Barta nie wou hê Elias moes Benjamin/Lukas
slaan nie. (2)
• Barta was bang die boswagter sou die merke sien.
• Elias sou in die moeilikheid beland.

1.24 Hoekom sou jy sê, is Barta nie ‘n baie goeie rolmodel vir vandag se vrouens
nie? (1)
Sy kon nie vir haarself opstaan nie / te onderdanig / het haar man toegelaat
om die kinders te mishandel.

1.25 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

As Lukas se lewe by die Van Rooyens met Benjamin se lewe saam met
Fiela-hulle vergelyk word, sien jy dadelik dat dit (dieselfde/anders) was. (1)
anders

1.26 Noem DRIE redes waarom dit nie vir Lukas so lekker by die Van Rooyens
soos op Wolwekraal was nie. (3)
• Hy is baie erg deur Elias geslaan/mishandel.
• Hy moes baie HARDE arbeid verrig.
• Hy het baie min speeltyd gehad.
• Hy het by die Van Rooyens nie liefde ervaar soos by Fiela-hulle nie.
(Enige DRIE)

5
Hersiening: Fiela 2de bedryf ou vraestelle 2023

1.27 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer (1.27) en letter neer (A-D).

Dis duidelik dat Benjamin nie verstaan het wat in die hof gebeur het nie.
Dit was waarom hy ...

A aan die einde van die gebeure gevra het of die bosvrou klaar gekyk
het sodat hy kon teruggaan.
B keer op keer die magistraat as “baas” in plaas van “weledele heer”
aangespreek het.
C die hele tyd agter in die hof teen die muur gestaan het.
D sag op al die magistraat se vrae geantwoord het. (1)

A aan die einde van die gebeure gevra het of die bosvrou klaar
gekyk het sodat hy kon teruggaan.

1.28 Watter TWEE karakters het saamgestem dat Lukas tyd moes kry om in die
Bos aan te pas. (2)
• Tannie Gertjie
• Elias
• Barta (Enige TWEE)

1.29 Motiveer waarom ‘n mens kan sê dat dit tot Elias se voordeel was om Lukas
by hulle te hê. (1)
Elias het ekstra hulp gehad /hy sou nou meer balke kon saag / meer geld
verdien / Benjamin het vir Nina geleer lees en skryf en sou dus makliker
kon werk kry op die dorp.

1.30 Gee TWEE bewyse dat Benjamin nie gelukkig in die Bos was nie. (2)
• Hy het probeer wegloop.
• Hy wou nie vir Elias en Barta as sy ma en pa aanvaar nie.

1.31 Omdat Benjamin ‘n wit kind was, het die sensusman gedink Benjamin sou
beter af wees by die Van Rooyens.

Waarom is dit ironies? (1)


Die Van Rooyens het Benjamin sleg behandel / Benjamin het ‘n beter lewe
saam die Komoeties gehad / Die Van Rooyens was arm terwyl Fiela grond
besit het / Elias het Lukas geslaan/mishandel.

1.32 Waarom kan jy verstaan hoekom Barta besluit het om Benjamin teen Elias
te beskerm? (1)
Barta was bang hulle beland in die moeilikheid / sy het geweet hoe wreed
Elias was.

VRAAG 2

TEKS B

6
Hersiening: Fiela 2de bedryf ou vraestelle 2023

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

2.1 Kort nadat Benjamin by die Van Rooyens aangekom het, het Nina al
geweet dat sy vir Lukas met haar geheime kon vertrou.
(1)
Sê waarom die stelling WAAR is.
Sy het vir Lukas haar geheim gaan wys.

2.2 Watter geheim wou Nina vir Lukas gaan wys kort nadat hy in die Bos
aangekom het? (1)
Haar bottels waarop sy musiek maak.

2.3 Hoekom het Nina op hierdie tydstip in die drama die Bos beter as Lukas
geken? (1)
Nina is in die Bos gebore / sy het daar grootgeword / Lukas het nou vir die
eerste keer met die Bos kennis gemaak.

2.4 Nina het vir Lukas Bos toe geneem.

Verduidelik hoekom Nina só opgewonde daaroor was? (1)


Nina kon haar geheim/bottels/liefde vir musiek met iemand deel.

7
Hersiening: Fiela 2de bedryf ou vraestelle 2023

2.5 Lukas vra Nina op ‘n stadium die volgende vraag : “Waar is die olifante?”
Hoe weet die leser uit dié vraag dat Lukas nie in die Bos grootgeword het
nie? (1)
Iemand wat in die Bos grootgeword het, sou nie die woord “olifante” gebruik
het nie.

2.6 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

Lukas het vir Nina gevra om hom te help om uit die bos te kom, omdat
(Nina op pad dorp toe was / Willem en Kristoffel te besig was). (1)
Willem en Kristoffel te besig was.

2.7 “Jy moet ophou neuk” (reël 5)

Waarna verwys Nina as sy vir Lukas sê hy moet ophou neuk? (1)


Hy moet ophou om hom eenkant te hou/nukkerig te wees / hy moet
aanvaar hy is ‘n Van Rooyen.

2.8 Nina kon nie seker wees dat haar ma haar teen haar pa sal beskerm nie.

Motiveer uit die drama waarom hierdie stelling WAAR is. (1)
Barta het self voorgestel dat Nina eerder as Lukas pakslae moes kry / sy
het aangebied om Nina vas te keer sodat haar pa haar kon slaan / sy was
te bang om Nina teen haar pa te verdedig / sy het nie gekeer dat Elias Nina
slaan nie.

2.9 Waarom het dit jou nie verras dat Nina vir Lukas verraai het nie? (Reël 25) (1)
Sy moes haarself teen haar pa se geweldadigheid beskerm.

2.10 Voltooi die paragraaf hieronder deur die ONTBREKENDE WOORDE in te


vul. Skryf slegs EEN WOORD langs die vraagnommers (2.10.1 tot 2.10.4)
neer.

Elias het nooit vir Nina verstaan nie. As hy vir haar werk gegee het, het sy
maklik (2.10.1) ... toe verdwyn waar sy Elias se mishandeling kon vryspring
en kon droom. Elias was eendag so kwaad vir Nina dat hy haar hare met
ʼn stomp (2.10.2) ... afgesny het. Haar pa het verwag dat sy en haar broers
die hout moes opsaag sodat hy (2.10.3) ... daarvan kon maak. Van al haar
broers, was (2.10.4) ... haar beste maat. (4)
2.10.1 bos/woud
2.10.2 mes
2.10.3 balke
2.10.4 Lukas/Benjamin

2.11 Hoe het Lukas Nina oortuig om hom te help om uit die bos weg te hardloop? (1)
Hy het gesê dat hy vir haar 5 sjielings sal gee.

2.12 Hoekom was die uitruiltransaksie vir Nina so belowend? Gee TWEE feite. (2)
• Sy sou dan vir haar ‘n mondfluitjie en
• ‘n kombers kan koop.

8
Hersiening: Fiela 2de bedryf ou vraestelle 2023

2.13 Wie het vir Benjamin die vyf sjielings gegee? (1)
Fiela

2.14 Hoekom het Benjamin/Lukas die 5 sjielings by hom gehad? (1)


Benjamin moes aan die magistraat kon bewys die Komoeties is nie
arm/kaalgat nie / die Komoeties kon vir hom sorg / vir “ingeval”.

2.15 Watter rol het Nina in Lukas se lewe gespeel toe hy daar in die Bos
aangekom het? (1)
Sy was sy vriend/maat/vertroueling / sy het hom van die gevare in die Bos
vertel / sy het vir hom die rigting van die harde pad beduie / sy kon hom
waarsku teen die aggressie van Elias / Lukas kon met Nina gesels oor sy
begeerte om terug huis toe (Lange Kloof) te gaan / hy kon vir haar van
die 5 sjielings vertel.

2.16 Gee ‘n voorbeeld uit Nina se gedrag as kind om aan te dui dat sy anders
as die res van die Van Rooyens was. (1)
Nina het nie daarvan gehou/vermy om tipiese bostakies te verrig / sy het
in haar eie verbeeldingswêreld geleef / sy het die betowering van die Bos
waardeer / sy het gedurig in die Bos gaan speel/rondgeloop / sy was
rebels/ongehoorsaam teenoor Elias.

2.17 Was Nina ‘n goeie rolmodel vir Benjamin toe hy by hulle kom bly het?
Motiveer in jou antwoord deur na Nina se optrede teenoor Elias te verwys. (1)
Nee. Nina het Elias se opdrag om nie Bos toe te gaan nie, geïgnoreer /
Nina het geen respek vir haar pa/Elias gehad nie / Nina was
rebels/opstandig/het teëgepraat/het haar pa se reëls gebreek.

2.18 Som die gebeure in DRIE sinne op wat daartoe gelei het dat Nina gedink
het Lukas is haar verlore broer. (3)
• Lukas was drie jaar oud toe hy weggeraak het en Benjamin was
ongeveer drie jaar oud toe Fiela hom gekry het.
• Barta het Lukas onmiddellik uitgeken.
• Nina het gehoor Fiela is bruin en ‘n bruin vrou kan nie ‘n wit kind hê
nie.

2.19 Gee die naam van die boswagter wat by die Van Rooyens kom besoek aflê
het. (1)
Mr Kapp

2.20 Watter guns moes die boswagter vir Elias doen? (1)
Hy moes vir Nina werk op die dorp soek.

2.21 Waarom was dit vir Elias so belangrik dat Lukas by hulle moes bly? (1)
Dit was ʼn ekstra paar hande wat die werk kon doen.

2.22 Die lewe was moeilik en deurmekaar toe Lukas, die verlore seun, by die
Van Rooyens in die Bos moes gaan bly.

Kies die gevolg uit KOLOM B om by die gebeure in KOLOM A te pas.

9
Hersiening: Fiela 2de bedryf ou vraestelle 2023

Skryf slegs die letter (A-E) langs die vraagnommer (2.22.1 tot 2.22.3)
neer.

KOLOM A KOLOM B
2.22.1 Barta is bang die magistraat A Lukas weet heeltyd en sê hy is
vat vir Benjamin terug. ʼn Komoetie.

2.22.2 Nina is bang dat Lukas haar B Lukas moet leer almal deel
alleen sal agterlaat alles in die Bos.

2.22.3 Fiela neem Benjamin se C Barta dring daarop aan dat


goedjies Bos toe. Elias eerder vir Nina slaan.

D Elias kry inligting oor die rigting


waarin Lukas probeer wegloop.
2.22.1 C
2.22.2 D
2.22.3 B (3)

2.23 Elias is ʼn karakter van wie niemand hou nie.

2.23.1 Kies die negatiewe karaktereienskap van Elias wat in hierdie


uittreksel na vore kom.
• Hy is lui.
• Hy is aggressief.
• Hy kry homself jammer. (1)
Hy is aggressief

2.23.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.23.1 met TWEE feite. (2)
• Hy het gedreig om Nina soos ʼn wegloop-os vas te maak
• Hy trek Nina aan die hare rond
• Hy dreig om Lukas met die osriem te slaan (Jy kan nie sê –
Elias het hom geslaan nie want in hierdie uittreksel het hy
hom nie geslaan nie) (Enige 2)

2.24 Hoe het Elias bygedra tot Lukas se identiteitskrisis? (1)


Hy het hom gedwing/geslaan om homself as Lukas van Rooyen te aanvaar.

2.25 Watter afleiding kan jy omtrent Lukas maak uit die feit dat hy vir Fiela gewag
het? (1)
Hy het haar vertrou / hy het geglo sy gaan hom kom haal.

VRAAG 3

TEKS C

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

10
Hersiening: Fiela 2de bedryf ou vraestelle 2023

3.1 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (3.1) en die
antwoord neer.

Die aankoms van Lange en Dikke op Wolwekraal kan as die (eksposisie /


motoriese moment) gesien word. (1)
motoriese moment

3.2 Verduidelik die verskil tussen die twee besoeke wat Fiela by die
magistraatsgebou in Knysna afgelê het. (2)
Tydens die eerste besoek wou sy weet hoekom die sensusmanne nie vir
Benjamin teruggebring het nie / sy wou weet waar Benjamin was √ EN
met
die tweede besoek wou sy die magistraat van aangesig tot aangesig sien
/sy wou by hom weet hoekom net Barta gevra is om in die hof te getuig en
nie ook sy nie / sy wou hê die magistraat moes Barta laat kom om te sê
wat Benjamin die dag aangehad het met sy verdwyning.√

3.3 Die eerste keer toe Fiela die magistraat gaan soek het, wou sy weet
waar Benjamin was.

Wat het Fiela die tweede keer by die magistraat op Knysna gaan maak? (1)
Met die tweede besoek wou sy die magistraat van aangesig toy aangesig

11
Hersiening: Fiela 2de bedryf ou vraestelle 2023

sien / sy wou by hom weet hoekom net Barta gevra is om in die hof te
getuig
en nie ook sy nie / sy wou hê die magistraat moes Barta laat kom om te

wat Benjamin die dag aangehad het met sy verdwyning.

3.4 Fiela was kwaad vir die sensusmanne wat belowe het om Benjamin terug
te bring en dit nie gedoen het nie.

Waarom is hierdie kwessie steeds vandag relevant? (1)


Mense maak vandag nog beloftes en kom dit nie na nie / mense jok/
lieg/bedrieg vandag ook.

3.5 Hoe het Fiela in haar gesprek met die magistraat gewys dat sy haarself
sou verneder as dit sou help om vir Benjamin terug te kry? (1)
Sy het hom as “baas” aangespreek / sy het gesmeek/gesoebat.

3.6 Hoe het Fiela die magistraat probeer oortuig dat hy sy besluit oor Benjamin
moes heroorweeg? (1)
Sy wou hê Barta moes kom sê watter klere Benjamin die dag met sy
verdwyning aangehad het.

3.7 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A-D) langs die vraagnommer (3.7) neer.

Fiela het gesê dat die Bosvrou lieg toe sy sê dat Benjamin haar kind is.
Daamee het sy bedoel dat ...

A ‘n mens nie bosmense kan glo nie.


B Benjamin nie soos die bosmense lyk nie.
C ‘n klein seun nie so ver kan loop nie.
D daar nie ‘n pad tussen die berg en die bos was nie. (1)

C ‘n klein seun nie so ver kan loop nie.

3.8 Gee TWEE redes waarom ons kan sê dat Fiela geglo het dat Lukas nie
weer huis toe kom nie. (2)
• Die magistraat het gesê die saak is afgehandel.
• Sy het vir hom sy goed BOS toe gevat.

3.9 Fiela kon tevrede voel dat sy genoeg gedoen het om haar hanskind terug
te kry.
(2)
Motiveer hierdie stelling deur te verwys na wat sy gedoen het.
• Sy het 2x Knysna toe geloop om vir Benjamin te baklei.
• Sy het daarop aangedring om die magistraat van aangesig tot
aangesig te sien.
• Sy het Barta gesoebat om te sê Benjamin is nie haar kind nie.
• Sy het haar verneder voor die magistraat. (enige 2)

12
Hersiening: Fiela 2de bedryf ou vraestelle 2023

3.10 Watter les sal jy altyd uit Fiela se optrede onthou? (1)
Om altyd jou kop hoog te hou / gelowig te bly / aan te hou bid / om nie
maklik op te gee nie.
3.11 Die magistraat sou Benjamin in elk geval vir die Van Rooyens gegee het,
of die bosvrou hom kon uitken of nie.

Sê waarom die stelling WAAR is. (1)

In daardie tyd sou dit nooit toelaatbaar wees vir ʼn wit kind om deur bruin
mense grootgemaak te word nie. (kan nie “swart mense” noem nie)

3.12 Lees reëls 3 en 4.

3.12.1 Kies die KORREKTE antwoord uit die tussen hakies.

Die manier waarop Fiela hier praat, wys dat sy


(kwaad/desperaat) was. (1)
desperaat

3.12.2 Waarom sou Fiela só (soos in VRAAG 3.12.1) gevoel het? (1)

Haar kind wat sy vir 9 jaar grootgemaak het, is van haar af


weggevat – sy kon hom nie eens groet nie.

3.13 Fiela het vir Benjamin genoem dat die magistraat se woord wet is en vir
Benjamin so verseker dat die sensusmanne hom sal terugbring.

Waaruit kan ons egter aflei dat dit wat Fiela vir Benjamin gesê het, verskil
van wat sy later by die hof in Knysna gesê het toe sy met die magistraat
gepraat het? (2)
• By die hof in Knysna het Fiela die magisraat se woord as wet
betwyfel/bevraagteken.
• Fiela het met die magistraat geredeneer oor sy uitspraak.
• Fiela het die magistraat op sekere punte in sy uitspraak gewys.
• Fiela het reguit vir die magistraat gesê dat dit wat hy sê nie waar
kan wees nie. (enige 2)

3.14 Fiela het vir Benjamin genoem dat die magistraat se woord is wet.

Hoe sluit hierdie reël aan by die tema van mense wat aan die mag van
ander uitgelewer word? (1)
Fiela was magteloos teen die magistraat se woord.

3.15 Verduidelik, met feite uit die drama, waarom dit onregverdig was om vir
Benjamin by Fiela weg te neem en vir die Van Rooyens te gee. (2)
• Benjamin was nie die Van Rooyens se kind nie.
• By Fiela-hulle het hy geliefd gevoel/goeie waardes geleer/’n goeie
opvoeding/versorging gekry.
• By Fiela kon hy net kind wees/hy was gelukkig.
• Hy het nie ‘n ander ma as Fiela geken nie.

13
Hersiening: Fiela 2de bedryf ou vraestelle 2023

• Fiela is die een wat hom alles geleer het wat ken/sy leer hom
lees/skryf/somme/van die Bybel.
• By die Van Rooyens het Benjamin ‘n identiteitskrisis beleef.
• Elias het Benjamin mishandel.
• Die saak is nie behoorlik ondersoek nie.
• Fiela is nie toegelaat om saam Benjamin by die hof te wees en haar
saak te stel nie.
• Die magistraat het nie na Fiela se verduidelikings geluister nie.
• Benjamin is weggevat omdat hy wit was.
• Barta het hom net gekies omdat sy deur Lange voorgesê is.
(enige 2)

3.16 Waarom, dink jy, kon die magistraat nie anders as om te besluit om
Benjamin vir die Van Rooyens te gee nie? (1)
Dit was nie die gebruik dat bruinmense wit kinders versorg nie / die
magistraat moes op Barta se antwoord reageer / Barta het Lukas
onmiddellik tussen 4 ander seuns uitgeken.

3.17 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A-D) langs die vraagnommer (3.17) neer.

Die toneelaanwysings in reëls 11 en 14 beklemtoon dat Barta ...

A senuweeagtig oor Kapp se woorde was.


B kwaad was omdat Elias vir Kapp gelieg het.
C geweet het dat die magistraat vir Kapp gestuur het.
D ongelukkig was omdat Kapp geweet het dat Elias vir Lukas slaan. (1)

A senuweeagtig oor Kapp se woorde was.

3.18 Uit Elias se gesprek met die boswagter, kan ons aflei dat Elias ‘n oneerlike
persoon was.

Motiveer hoekom hierdie stelling WAAR is. (1)


Hy het vir die boswagter gesê dat Lukas goed by hulle aangepas het / hy
vra nie na Fiela-hulle nie.

3.19 Ons het vir Fiela leer ken as iemand wat respek verdien.

3.19.1 Kies die KORREKTE antwoord uit die tussen hakies.


Elias het vir Fiela (hoflik/onbeskof) behandel toe sy Lukas
se (1)
goed vir hom gebring het.
onbeskof

3.19.2 Noem TWEE dinge wat Elias vir Lukas oor Fiela gesê het
wat (2)
aandui hoe hy haar behandel het.
• Hy het haar ‘n “bruinvel” genoem.

14
Hersiening: Fiela 2de bedryf ou vraestelle 2023

• As hy ‘n hond gehad het, sou hy die hond haar laat


jaag het.

3.20 Watter afleiding het Lukas gemaak toe Fiela sy “goed” vir hom gebring (1)
het?
Dat Fiela aanvaar het dat hy by sy regte familie is.
3.21 Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies.

Fiela het onder andere vir Benjamin ‘n (skaapvelkombers/dasvelkombers)


gebring. (1)
dasvelkombers

3.22 Fiela het ‘n risiko geneem om na die bos te gaan.

Motiveer hoekom hierdie stelling WAAR is. (1)


Sy kon deur die magistraat gevang word /Elias kon haar seergemaak het
/ sy kon deur ‘n olifant vertrap word.

3.23 Motiveer waarom die stelling hieronder ONWAAR is.

Die Van Rooyens het vir Fiela vriendelik ontvang toe sy Benjamin se goed
by hulle gaan afgee het. (1)
Elias het Fiela met die magistraat gedreig/haar weggejaag / hy het vir Fiela
gesê dat as hy ‘n hond gehad het, sou hy die hond op Fiela gesteek het /
hy het neerhalend na Fiela as ‘n bruinvel verwys / hy was rassisties
teenoor Fiela.

3.24 “Waar is my ma?” (reël 25)

Na wie verwys Lukas as sy ma in hierdie aanhaling? (1)


Fiela

3.25 Waar was Lukas toe die besoekers daar by Elias-hulle aangekom het? (1)
Hy en Nina was in die Bos.

3.26 Wie het saam met Fiela gegaan om Lukas se goed weg te bring? (1)
Dawid

3.27 Watter innerlike konflik het Lukas waarskynlik in reëls 20-25 ervaar? (2)
Hy wou weghardloop/vlug √ maar was bang vir die pakslae wat hy weer
sou kry √

3.28 Som die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
neer soos wat dit in die drama gebeur het.

• Die sensusmanne kom by Fiela-hulle aan om die mense op te skryf.


• Fiela knoop 5 sjielings in die lap om te wys dat die Komoeties nie
kaalgat is nie.

15
Hersiening: Fiela 2de bedryf ou vraestelle 2023

• Benjamin sê vir Fiela dat sy skuitjie tot onder in die vangdam gedryf (4)
het.
• ‘n Driejarige kind verskyn voor Fiela se agterdeur.

• ‘n Driejarige kind verskyn voor Fiela se agterdeur.


• Die sensusmanne kom by Fiela-hulle aan om die mense op te skryf.
• Benjamin sê vir Fiela dat sy skuitjie tot onder in die vangdam gedryf
het.
• Fiela knoop 5 sjielings in die lap om te wys dat die Komoeties nie
kaalgat is nie.

3.29 Die bou van enige drama steun swaar op oorsaak en gevolg van gebeure.

Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A-E) langs die vraagnommers (3.29.1 tot 3.29.4) neer.

KOLOM A KOLOM B
3.29.1 Die sensusmanne kom haal vir A Benjamin word die Van
Benjamin met die kapkar. Rooyens se kind.

3.29.2 Lange sê vir Barta watter kind sy B Lukas kry sy eerste pakslae by
moet kies. Elias.

3.29.3 Nina word geslaan totdat sy sê in C Fiela neem afskeid van haar
watter rigting Lukas weggeloop het. kind deur sy goed te gaan afgee.

3.29.4 Die magistraat verbied Fiela om D Fiela kan nie saam Knysna toe
naby Benjamin te kom. gaan nie.

E Lukas geniet die boslewe.

3.29.1 D
3.29.2 A
3.29.3 B
3.29.4 C (4)

3.30 Lukas moes ʼn heel nuwe gesin (ma, pa, broers en suster) in die Bos leer
ken.

Noem DRIE redes waarom dit nie vir Lukas so lekker by die Van Rooyens
soos op Wolwekraal was nie. (3)

• Hy is baie erg deur Elias geslaan (mishandel)


• Moes baie HARDE arbeid verrig.
• Baie min speeltyd gehad.
• Hy het geen liefde ervaar by die van Rooyens soos by Fiela-hulle
nie. (ENIGE 3)

16
Hersiening: Fiela 2de bedryf ou vraestelle 2023

3.31 Die volgende gebeure hou verband met die tydlyn van Lukas/Benjamin.

Skryf die volgende VIER gebeure onder mekaar in die korrekte


VOLGORDE neer:

• Benjamin is deur die sensusmanne ontdek.


• Benjamin het sekerheid oor sy identiteit gekry.
• Fiela het vir Benjamin voor haar agterdeur gekry. (1)
• Benjamin het Bos toe gegaan as Lukas van Rooyen.
• Fiela het vir Benjamin voor haar agterdeur gekry.
• Benjamin is deur die sensusmanne ontdek.
• Benjamin het Bos toe gegaan as Lukas van Rooyen.
• Benjamin het sekerheid oor sy identiteit gekry.

VRAAG 4

TEKS D

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

4.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
(4.1.1 tot 4.1.4) neer.

17
Hersiening: Fiela 2de bedryf ou vraestelle 2023

Fiela Komoetie en haar gesin het op die plaas (4.1.1) ... in die Lange Kloof
gewoon. Sy het die plaas by haar (4.1.2) ... geërf. Een aand het Fiela ‘n
klein seuntjie voor haar deur gekry en hom (4.1.3) ... genoem. Toe hierdie
seun omtrent (4.1.4) ... jaar oud was, het die seunsusmanne hom by Fiela (4)
weggevat.
4.1.1 Wolwekraal
4.1.2 pa
4.1.3 Benjamin
4.1.4 twaalf/12

4.2 Kyk na reëls 6 en 13.

Wat beteken dit as die woorde (Op band) in die teks gebruik word? (1)
Die karakter sê nie die woorde op die verhoog nie / is nie deel van die
dialoog nie / dit is die karakter se gedagtes / dit is wat die karakter dink /
die woorde is vooraf op band opgeneem en word nou net gespeel.

4.3 Die sensusmanne was die oorsaak van baie van Benjamin se probleme.

Kies die gevolg in KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A-E) langs die vraagnommers (4.3.1 tot 4.3.4) neer.

KOLOM A KOLOM B
4.3.1 Die sensusmanne het by Fiela A ... en het besluit om met die
se huis opgedaag magistraat te gaan praat.

4.3.2 Die dikke het gedink Benjamin B ... en het vir Barta gesê om die
kon die verlore Van Rooyen- seun met die blou hempie te
kind wees kies.

4.3.3 Die sensusmanne het gesê C ... en ‘n wit kind op die


daar was net plek vir Benjamin Komoeties se werf gesien.
op die kar
D ... en het gedreig om die
4.3.4 Die lange het gesien watter konstabel te stuur.
klere Benjamin by die hof
aangehad het E ... en het só seker gemaak dat
Fiela nie met die saak kon
inmeng nie.
(4x1)
4.3.1 C
4.3.2 A
4.3.3 E
4.3.4 B

4.4 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A-D) langs die vraagnommer (4.4) neer.

As ons kyk na hoe Fiela die konstabel van reël 11 af aanspreek, is dit
duidelik dat sy ...

18
Hersiening: Fiela 2de bedryf ou vraestelle 2023

A op sy gevoel wou speel om haar te help.


B wou seker maak hy verstaan waarom sy daar is.
C gedink het dat hy die waarheid geken het.
D hom voorberei het op wat die magistraat oor haar kon vra. (1)

A op sy gevoel wou speel om haar te help.

4.5 “FIELA: (aan SKOONMAKER): Word jy gehuur om die besem krom


te lê?” (Reël 17)

Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

Die manier hoe Fiela hier met die skoonmaker praat, sê vir ons dat sy
(sarkasties/bekommerd) was. (1)
sarkasties

4.6 “Dit lyk my hy gaat vandag verkeerdekant draai.” (Reël 18 en 19)


Hierdie woorde van die skoonmaker het waar geword vir Fiela.

Sê waarom hierdie stelling WAAR is.


Fiela se besoek het nie uitgedraai soos sy gehoop het nie / die (1)
konstabel het vir haar gesê die saak is afgehandel /Fiela was
onsuksesvol in haar poging om met die magistraat te praat /
onsuksesvol om ‘n klag teen sensusmanne te lê / die magistraat wou
nie na haar luister nie / die magistraat het die kind vir die ander ouers
gegee / Fiela se besoek het haar niks gebaat nie / haar besoek was
onsuksesvol / haar wêreld was omgekeer.

4.7 Die konstabel het vir Fiela gesê wat die magistraat gesê het. Noem
TWEE dinge wat die magistraat gesê het. (2)
• Die saak is afgehandel
• Benjamin is saam sy regte ouers/die Van Rooyens/bosvrou
Bos toe.
4.8 Waarom was dit onregverdig van die magistraat om nie vir Fiela kans
te gee om hom te sien nie? (1)
Fiela het hom vir nege jaar as haar eie kind grootgemaak / Fiela was
die enigste ma wat hy geken het / die magistraat moes na Fiela se
kant van die saak ook geluister het / Fiela het nie geweet wat van haar
kind geword het nie / niemand het haar ingelig oor wat in die hof
gebeur het nie / die magistraat het nie na Fiela geluister nie, omdat
haar velkleur die besluit vir hom makliker gemaak het.
Fiela wou vir Benjamin net verduidelik wat gebeur het / sy wou seker
maak hy verstaan / sy wou Benjamin net groet.

4.9 Fiela se kinders was vir haar baie spesiaal.

4.9.1 Hoe het Fiela se optrede nadat die sensusmanne Benjamin


weggevat het, bewys dat sy ‘n goeie ma is? (1)

19
Hersiening: Fiela 2de bedryf ou vraestelle 2023

Sy het besluit om ‘n klag te lê teen die sensusmanne wat nie


haar kind teruggebring het nie / sy het 2x te voet Knysna toe
geloop om uit te vind waar Benjamin was / sy het vir Benjamin
baklei / sy het nie teruggestaan vir die konstabel toe hy haar
weggewys het nie / sy het steeds probeer uitvind waar
Benjamin was, al het die magistraat gesê dat hy haar sou laat
arresteer / sy het Benjamin se goed Bos toe gevat, al het die
magistraat gesê dat hy haar sou laat arresteer / sy het die
Laghaanse se huurgrond gekoop / aangehou hard werk om
vir haar gesin te sorg.

4.9.2 Waarom voel jy jammer vir Fiela in hierdie situasie? (1)


Sy het haar kind verloor / sy het die sensusmanne geglo dat
hulle Benjamin sou teugbring / sy is deur die sensusmanne
bedrieg / gehoop dat die magistraat regverdig sou wees en
na haar sou luister / sy kon nie haar kant van die saak stel nie
/ sy het nie kans gehad om haar kind behoorlik te groet nie /
sy is verbied om ooit weer iets met Benjamin te doen te hê /
sy moes baie uitdagings trotseer, maar steeds nie haar
(hans)kind kon terugkry nie.

4.10 “Seil, Fiela, seil.” (Reël 6 en 13)

Watter les kan jy hier by Fiela leer? (1)


Dit is soms beter om net stil te bly/om te dink voor jy praat / nie
oorhaastig moet reageer nie / sekere situasies moet taktvol hanteer
word / om jou woorde te sluk / laag te buk as jy verleë is / die minste
moet wees / om jouself voor mense te verneder as jy hulle nodig het.

4.11 Vertel van DRIE geleenthede waar dit duidelik is dat Fiela ‘n goeie ma
vir Benjamin was. (3)
• Die nag toe sy hom gekry het, het sy haar oor hom ontferm.
• Sy het 3x probeer om die kind as verlore aan te meld.
• Toe die sensusmanne Benjamin ontdek het, weier sy dat hulle
hom sonder haar op die perdekar laai.
• Sy loop 2x Knysna toe om met die magistraat te gaan praat.
• Voor die sensumanne hom kom haal het, maak sy seker hy het
‘n nuwe hemp en skoene en 5 sjielings.
• Ten spyte van die feit dat die magistraat Fiela met tronkstraf
dreig, neem sy nog steeds vir Benjamin sy goed Bos toe.
• Fiela het later vir Benjamin grond gekoop.
• Fiela het vir Benjamin van die Here geleer.

20

You might also like