Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 43

Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

FIELA: HERSIENING UIT OU VRAESTELLE


DERDE BEDRYF
INSTRUKSIES:
• AL die vrae moet beantwoord word.
• Nommer in die MIDDEL van die bladsy.
• Laat ʼn reël oop tussen jou antwoorde.
• Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy.
• Skryf netjies en leesbaar.
• ONTHOU: Jy beantwoord VRAAG 7 en VRAAG 9

VRAAG 1

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

1.1 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A-D) langs die vraagnommer (1.1) neer.

Nina het vir die eerste keer in haar lewe ... gewys toe sy die Bos moes
verlaat.

A vrees
B woede
C tevredenheid
D opgewondenheid. (1)

A vrees

1
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

1.2 Verduidelik hoekom ‘n mens kan verstaan dat Nina bang was om dorp toe
te gaan? (1)
Die dorpsmense was snaaks met die bosmense / dit was ‘n nuwe
ondervinding vir Nina.

1.3 Vertel waarom Nina dorp toe moes gaan. Gee TWEE feite. (2)
• Om te gaan werk / Mr Kapp/die Boswagter het vir Nina werk gekry /
Nina gaan kinders oppas.
• Nina moes gaan geld verdien om vir Elias te gee.
• Nina was te oud om net in die Bos rond te loop.
• Elias het so besluit / Nina was net nog ‘n mond om te voed / Nina
het as arbeider in die Bos weinig vir Elias beteken. (enige 2)

1.4 Hoe oud was Lukas op hierdie stadium van die drama? (1)
19/negentien

1.5 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
(1.5.1 tot 1.5.4) neer.

Die boswagter, Mister (1.5.1) ... het kom sê dat hy vir Nina werk as ‘n (1.5.2)
... op die (1.5.3) ... gekry het vir 4 sjielings ‘n week, (1.5.4) ... en klere
daarby. Lukas vat haar na die hardepad waar die boswagter haar sal kry. (4)
1.5.1 Kapp
1.5.2 kinderoppasser / kinderwagter
1.5.3 dorp
1.5.4 kos/blyplek/verblyf

1.6 Verduidelik hoe Nina se gevoelens oor die weggaan uit die bos verskil van
Lukas se gevoelens? (2)
Nina wil nie uit die bos weggaan nie / sy hou van die bos / sy voel negatief
/ kwaad / ongelukkig. √
Lukas wil uit die bos wegkom waar hy die blou lug, son en sterre kan sien
/ hy voel vry buite die bos / positief /opgewonde. √

1.7 Was Lukas ‘n goeie rolmodel vir Nina toe hy haar uit die bos uit vergesel
het? Motiveer jou antwoord deur te verwys na die raad wat Fiela vir Lukas
gegee het. (1)

Ja. Fiela se raad was dat jy jou kop hoog moet hou/trots moet wees op
wie jy is/die bang moet wegjaag en dit is wat hy hier vir Nina aanbeveel
het.

1.4 Wie het probeer om van Nina ‘n dame te maak? (1)


Miss Weatherbury

1.5 “Die vrou wat my grootgemaak het, het altyd gesê: solank jou kop nie sak
nie, sak jou hart ook nie.” (reël 8 en 9)

2
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

Hoe het Benjamin oor die vrou wat hom grootgemaak het, gevoel? (2)
Motiveer jou antwoord.
Hy was lief vir Fiela/trots op haar / hy het haar waardeer/positief oor haar
gevoel/haar gerespekteer/bewonder/opgekyk na haar/haar as rolmodel
gesien. √
Fiela het hom die regte waardes in die lewe geleer/geleer hoe om die
beste van ‘n slegte saak te maak/geleer hoe om te oorleef/geleer wat dit is
om liefde in ‘n gesin te hê/geleer om nie op te gee nie / hy dink die hele
tyd aan Fiela/haar woorde/lesse. √

1.6 “... solank jou kop nie sak nie, sak jou hart ook nie.” (reël 9)

Wat bedoel Benjamin met hierdie woorde? (1)


Wees trots op wie jy is / as jy verstandelik/geestelik sterk is, is jy ook
emosioneel sterk / as jy nie jou kop/moed verloor nie, sal jy ook nie jou hart
verloor nie.

1.7 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A-D) langs die vraagnommer (1.7) neer.

“Jy moet my mondfluitjie gaan haal en hom by jou hou.” (reël 10)

Hierdie woorde suggereer dat Nina Lukas/Benjamin ...

A se eerlikheid wou toets.


B maklik opdragte gegee het.
C uit Knysna uit wou weghou.
D met haar geheim vertrou het. (1)

D met haar geheim vertrou het.

1.8 “Ek wil hier in die Bos bly.” (reël 1)

1.8.1 Waarom is dit ironies dat Nina in die Bos wil bly? (2)
Nina kry swaar in die bos/word mishandel √ MAAR sy is nog
steeds lief vir die Bos.√

1.8.2 Watter verandering sal Nina moet ondergaan om ‘n dorpsmeisie


te word? (1)
Sy moet leer om soos ‘n dame te praat/op te tree.

1.8.3 Op watter manier suggereer Lukas dat Nina nuwe vriende op die
dorp sal maak? (1)
Hy noem dat die boswagter se seun ook dalk daar sal wees.

1.9 Verduidelik waarom Lukas na Fiela as die vrou wat hom grootgemaak
het, verwys. (reël 8) Gee TWEE feite. (2)
• Benjamin is forseer om te aanvaar dat hy ‘n Van Rooyen was.
• Hy is nou baie ouer as wat hy was as toe hy by Fiela was.
• Nina het nie geglo dat Fiela sy ma was nie.

3
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

• Benjamin ervaar ‘n identiteitskrisis. (enige 2)

1.10 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A-D) langs die vraagnommer (1.10) neer.

Nina het op die dorp gaan werk vir ...

A kos, klere en vier sjielings per week.


B kos, klere en vier sjielings per maand.
C kos, klere, en vyf sjielings per week.
D kos, klere, en vyf sjielings per maand. (1)

A kos, klere en vier sjielings per week.

1.11 Verduidelik waarom Nina kwaad is om die Bos te verlaat en waarom sal
Lukas eerder kies om nie in die Bos te bly nie? (2)
• Nina is baie lief vir die bos √ terwyl die bos vir Lukas versmoor het /
hy het meer van ooptes gehou. √

1.12 Skryf die vier gebeure onder mekaar in die korrekte volgorde neer.

• Lukas het vir Nina Knysna toe geneem om daar te gaan werk.
• Die boswagter het kom verneem of Lukas aangepas het by sy nuwe
gesin.
• Lukas het besluit om weg te loop van die Van Rooyens af.
• Fiela het Lukas se goedjies vir hom gebring.

• Lukas het besluit om weg te loop van die Van Rooyens af.
• Die boswagter het kom verneem of Lukas aangepas het by sy nuwe
gesin.
• Fiela het Lukas se goedjies vir hom gebring.
• Lukas het vir Nina Knysna toe geneem om daar te gaan werk.

1.15 Verduidelik waarom Lukas in reël 19 “op band” praat? Gee TWEE redes (2)
• Lukas gee agtergrondkennis/inligting.
• Dit dui ‘n tydsprong/tydsverloop aan.
• Lukas se gedagtes

1.16 Grootmense se besluite het Benjamin en Nina se lewens verander.

1.16.1 Hoe het die magistraat se besluit dat Benjamin by die Van
Rooyens moes gaan bly, Benjamin se lewe negatief verander? (1)
Dit het Benjamin/Lukas met ‘n identiteitskrisis gelos/met 7 jaar
van hartseer gelos.

1.16.2 Hoe het Elias se besluit dat Nina op die dorp moes gaan werk,
Nina se lewe positief verander? (1)
Dit het Nina bevry van haar moeilike lewe in die bos/die
mishandeling/die sentiment van alles in een hand gooi / sy het in

4
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

‘n ware jong dame verander / sy kon selfstandig raak / sy kon haar


eie geld verdien.

VRAAG 2

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

2.1 Wat moes Armstrong gedurende die nag oppas? (1)


Die spookskip van Noetzie.

2.2 Hoekom het Elias vir Lukas op hierdie tydstip in die drama Knysna toe
gestuur? (1)
Lukas moes na Nina gaan soek / hy moes Nina se geld gaan haal.

2.3 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

Lukas was bereid om Armstrong te help omdat hy (geld wou


verdien/ervaring wou opdoen.) (1)
ervaring wou opdoen

2.4 “LUKAS: Ek het lank laas soveel sterre gesien.” (Reël 7)

Aan watter gelukkige tyd in sy lewe het die sterre hom laat dink? (1)
Aan sy kindertyd / sy tyd by Fiela-hulle / sy tyd in die Lange Kloof/op
Wolwekraal / die tyd voor hy by die Van Rooyens/in die bos gaan bly het.
5
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

2.5 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A-D) langs die vraagnommer (2.5) neer.

“Snaaks. Julle is mos nie mense wat met vreemdes gesels nie.” (Reël 10)

Met hierdie woorde ... Armstrong die Bosmense.

A motiveer
B manipuleer
C stereotipeer
D komplimenteer (1)

C stereotipeer

2.6 Hoekom was dit vir Lukas maklik om met vreemde mense te gesels? (1)
Lukas het nie sy hele lewe lank in die bos gebly nie / In Fiela se huis was
hy gewoond daaraan dat almal met mekaar gepraat het.

2.7 Hoekom word reël 11-13 op band gelees? (1)


Dit dui Lukas se gedagtes aan.

2.8 Verduidelik hoekom Lukas nie dadelik na Nina gaan soek het toe hy dorp
toe gegaan het nie. (1)
Lukas wou eers die spookskip sien / Dit sou geen verskil maak as hy eers
die volgende dag na haar gaan soek nie / niemand gaan weet nie / hy is
nuuskierig / wou langer uit die Bos bly.

2.8 “WEATHERBURY: Jou suster?” (Reël 19)


“WEATHERBURY: (kop in die lug bytend): Werklik!” (Reël 21)

Hoekom het miss Weatherbury op hierdie manier teenoor Lukas


gereageer? (1)
Miss Weatherbury het Lukas nie geglo nie / gedink hy vat ‘n kans / Nina
het vir haar gesê dat sy nie familie het nie.

2.9 Wie was miss Weatherbury? (1)


Sy het vir Nina werk aangebied as huishulp die 1ste keer en later as
“companion”/geselskapsdame / Sy het haar oor Nina ontferm / sy het vir
Nina goeie maniere geleer / sy het vir Nina geleer om soos ‘n dame op te
tree / sy het potensiaal in Nina gesien.

2.10 Gee DRIE redes waarom miss Weatherbury vir Nina in diens geneem het. (3)
• Sy het hulp in die huis nodig gehad.
• Sy het Nina as geselskapsdame in diens geneem.
• Sy het gedink sy kan vir Nina ‘n beter kans in die lewe gee/ van
Nina ‘n dame maak/Nina goeie maniere leer.

2.11 Nina het vir Miss Weatherbury gesê dat sy nie familie gehad het nie.

6
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

2.11.1 Wat kan ʼn mens hieruit oor Nina aflei? (1)


Nina was skaam vir haar familie / sy wou nie meer haar geld met
haar familie deel nie / Nina het maklik leuens vertel / Nina wou
wegbreek van haar familie/lewe in die bos.

2.11.2 Hoekom, dink jy, was dit reg van Nina om Miss Weatherbury te
mislei? Motiveer jou antwoord. Hou die konteks waarbinne sy
die leuen vertel het, in gedagte. (1)
Nina was skaam vir haar familie / sy wou nie meer haar geld met
haar familie deel nie / sy wou nie hê haar familie moes weet waar
sy was nie.

2.12 Motiveer waarom hierdie stelling WAAR is.

Lukas se ontmoeting met Armstrong was die begin van ʼn nuwe fase in sy
lewe. (1)
Lukas het nie weer teruggegaan na die Van Rooyens/Bos toe nie / hy het
by Kaliel begin werk / Hy het besef die see is belangrik vir hom.

2.13 Watter voordeel het Lukas se besoek aan Nina daardie dag vir hom
ingehou? (1)
Hy kon vir Nina vra om vir Elias te gaan sê dat hy nie weer teruggaan Bos
toe nie / Hy kon weer vir Nina sien.

2.14 Hoe verskil miss Weatherbury se siening oor geld van die Bosmense se
siening oor geld? (2)
Miss Weatherbury glo dat die geld wat jy verdien net joune is √, maar die
Bosmense sit hulle geld bymekaar/in een hand.√

2.15 Waarvan is die see simbolies in Benjamin se lewe? (1)


Die see beteken vryheid vir Benjamin / bied vir hom ‘n nuwe
wêreld/geleenthede / van die storms in sy lewe.

2.16 Dink aan Nina se nuwe lewe in Knysna.

2.16.1 Wanneer, dink jy, het die positiewe verandering in Nina se


houding oor werk in Knysna plaasgevind? (1)
Nadat Nina by miss Weatherbury/die Engelse vrou begin werk het
/ Toe Nina self oor werk in Knysna besluit het / Toe
Benjamin/Lukas ook in Knysna was.

2.16.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.16.1. Die positiewe


verandering in Nina moet duidelik uitkom. (1)
Nina het begin opstaan teen Elias / Nina wou nie meer haar geld
vir Elias gee nie / Nina wou nie meer na die Bos/na haar ouers
toe gaan nie / Nina het meer beskaafd/soos ‘n dame opgetree /
Nina was nie meer alleen nie/gelukkig.

2.17 Die volgende plekke het sekere gevoelens in Benjamin se lewe


voortgebring.

7
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

Kies die gevoel uit KOLOM B wat Benjamin ervaar het om by die plek in
KOLOM A te pas. Skryf slegs die letters (A-E) langs die vraagnommers
2.17.1 tot 2.17.4 neer.

KOLOM A KOLOM B
2.17.1 Die bos A geliefd

2.17.2 Wolwekraal B senuweeagtig

2.17.3 Noetzie C ongeliefd

2.17.4 Die magistraat se kantoor. D teleurstelling

E opgewonde
2.17.1 C (4)
2.17.2 A
2.17.3 E
2.17.4 B

2.18 Watter lewensles kan jy by Nina leer wat jou in die toekoms kan help? (1)
Dat dinge nie so sleg is as wat dit op daardie oomblik lyk nie / verandering
is nie altyd sleg nie / dat ek beter af kan wees op n ander plek.

2.19 Noem DRIE ooreenkomste tussen die karakters van Nina en Lukas. (3)
• Hulle altwee het die Bos verlaat.
• Hulle het altwee op die dorp gaan werk.
• Hulle is albei buitestaanders.
• Hulle albei kom in opstand teen Elias.
• Hulle het altwee sterk persoonlikhede.
• Hulle verlang altwee terug na waar hulle grootgeword het.
• Hulle moes altwee aanpas by vreemde omstandighede en mense.

2.20 Vergelyk miss Weatherbury se invloed op Nina se lewe en Fiela se invloed


op Benjamin se lewe. Watter ooreenkomste sien jy raak? (1)
Hulle het albei in jongmese geglo / hulle gehelp om finansieel onafhanklik
van ander mense te wees / jongmense teen onreg beskerm / hulle
harte/huise vir jongmense oopgemaak / geglo dat jongmense vooruit moes
gaan / ‘n positiewe invloed op jongmense gehad.

VRAAG 3

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS C

8
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

NINA: Ek soek jou al dae lank. Ek het begin glo dat jy seker maar weg is ...

LUKAS: Die laaste wat ek van jou gehoor het, was by miss Weatherbury toe jy
sommer net weer aangeloop het. Vir wat het jy dit gedoen?

NINA: Maar jy het dan gesê ek moet vir Pa loop sê jy kom nie weer terug nie.
Jy het my dan gestuur. Ek het toe maar net ‘n bietjie langer in die Bos gebly. 5
Dis al.

LUKAS: Waar in die Bos?

NINA: By die ou plek. (Los sy hand en draai haar weg.) Dis nie meer soos eers
nie, Lukas. Die mondfluitjie is vals geroes, die bottels is vuil en van die torre
ingeneem – ek het hulle toe maar begrawe. Miskien gaan ek ook nie weer terug 10
Bos toe nie.

LUKAS: Nina ... (Hy kan sy oë nie van, haar weghou nie.) Nina jy kon nie meer
as twee maande in die Bos gebly het nie. Waar was jy nog?

NINA: Ek het op die dorp gewerk. (Met skuldige laggie.) By die winkel waar
ek die slag die mondfluitjie gesteel het. Ek werk nie meer daar nie, ek het 15
geloop; daar kom te veel snaakse seemanne in wat nie plek het vir hul hande
nie.

LUKAS: Jy moet teruggaan huis toe.

NINA: Ek is terug by miss Weatherbury. Maar nie as bediende nie. Ek is nou


‘n companion. 20

3.1 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte
VOLGORDE neer.

• Lukas het Kaliel September ontmoet.


• Lukas het die spookskip by Noetzie gesien.
• Elias het vir Lukas gestuur om op Knysna na Nina te gaan
soek.
• Lukas het vir Nina gevra om vir Elias te gaan sê hy is klaar (4)
met die Bos.

• Elias het vir Lukas gestuur om op Knysna na Nina te gaan


soek
• Lukas het die spookskip by Noetzie gesien.
• Lukas het vir Nina gevra om vir Elias te gaan sê hy is klaar
met die Bos.
• Lukas het Kaliel September ontmoet.

3.2 “... ek het hulle toe maar begrawe.” (Reël 10)

3.2.1 Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies.

9
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

In hierdie drama het die bottels wat deur Nina begrawe is,
‘n (letterlike/simboliese) betekenis. (1)
simboliese

3.2.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.2.1. (1)


Nina het haar kinderjare/lewe/verlede in die Bos
agtergelaat / sy het haar lewe nou in ‘n nuwe rigting gestuur
/ sy was tevrede met haar lewe / dit het haar besluit om nie
terug te gaan Bos toe nie, versterk / haar bestaan het nie
net meer om die Bos gedraai nie.

3.3 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die letter (A-D) langs die vraagnommer (3.3) neer.

Nina het die mondfluitjie by die winkel (reël 14 en 15) en ‘n kraffie


by tant Gertjie gesteel. Dit sê vir ons dat Nina ...

A Elias in die moeilikheid wou bring.


B daarvan gehou het om goed te steel.
C hierdie goed gevat het om haar ryk te laat voel.
D nie opgevoed is om te weet wat reg en verkeerd is nie. (1)

D nie opgevoed is om te weet wat reg en verkeerd is nie.

3.4 Aanvanklik was Nina baie kwaad omdat sy die Bos moes verlaat,
maar nou in reël 10 sê sy vir Lukas dat sy ook nie weer teruggaan
Bos toe nie.

Wat, dink jy, het hierdie verandering in Nina veroorsaak? (1)


Nina het vry gevoel in die dorp / sy het besef daar was vir haar beter
geleenthede/toekoms op die dorp / Sy was weg van Elias se
mishandeling/die armoede.

3.4 Verskillende karakters in die drama het vir Lukas iets geleer. Noem
EEN ding wat Lukas by ELK van die volgende karakters geleer het.

• Elias
• Nina
• Kaliel (3)

• Elias – hoe om met hout te werk / om nie jou gesin sleg te


behandel/te misbruik nie.
• Nina – het hom van die Bos geleer / van die gevare in die
Bos / die grootvoete /waar en wat haar geheime plek in die
Bos was / oor verskillende voëls en die geluide wat hulle
maak / dat Elias vinnig kwaad word / Elias aggressief kan
wees / waar die pad uit die Bos is / wat vriendskap is.

10
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

• Kaliel – dat Thesens ‘n wit vlag hys as hulle werkers soek /


dat die skepe ‘n goeie inkomste bied as jy aan hulle verkoop
/ van die lewe by die see / dat jy soutbloed nodig het om op
die see te kan oorleef / wat John Benn se rooi vlag beteken
/ hoe om seekos uit te haal / om selfversorgend te wees / om
aan jou droom vas te hou / om nie toe te laat dat jou
omstandighede jou onderkry nie.

3.5 Hoe verskil Lukas en Nina se verhouding voordat sy terug is Bos


toe en nadat sy teruggekom het uit die Bos? (2)
Voordat Nina terug is Bos toe, het Lukas haar slegs as sy suster
gesien / broer-suster verhouding.√
Nadat Nina teruggekom het, het Lukas haar as ‘n vrou gesien /
gevoelens vir haar gehad / lief is vir haar / haar nie meer as sy
suster gesien nie.√

3.6 Fiela en miss Weatherbury kan albei gesien word as goeie


moederfigure.

Verduidelik waarom ons so kan sê. Jy moet in jou antwoord na


albei karakters verwys. (2)
Beide vrouens het hulle huise oopgemaak/ontferm oor kinders wat
nie hulle eie kinders was nie √√ / albei het probeer om die kinders
in hul sorg goed op te voed/goeie maniere te leer√√ / hul
aanneemkinders/optelkinders teen ongeregtighede probeer
beskerm √√ OF
• Fiela – Fiela het Benjamin voor haar deur gekry en as haar
eie grootgemaak √
• Miss Weatherbury – Sy het vir Nina werk gegee nadat sy
by die skoolmeester weg is.√ OF
• Fiela – het Benjamin leer lees en skryf en hom van die Bybel
geleer.√
• Miss Weatherbury – het vir Nina geleer om soos ‘n dame
op te tree/op haar taal te let / naaldwerk te doen.√ OF
• Fiela – het vir Benjamin baklei toe die sensusmanne /die reg
hom van haar weggeneem het √
• Miss Weatherbury – sy het gekeer dat Elias aanhou om
Nina se geld te vat.√

3.7 Waarom was dit goed vir Nina om miss Weatherbury se companion
te wees? (1)
Nina kon ander gewoontes/maniere/ander mense leer ken / sy kon
dalk iemand raakloop met wie sy kon trou / sy kon vir haarself ‘n
naam in die gemeenskap maak / ‘n vrou van aansien word / die
geleentheid kry om meer vriende te maak / haar lewenstandaard
verbeter / haar lewensuitkyk verbreed / ‘n veilige blyplek hê.

3.8 Die skrywer het vroeg in die drama gewys dat Benjamin van water
en skuitjies gehou het.

11
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

Hoe berei dit jou as leser voor vir Lukas se latere besluit? (1)
Ek kon verstaan waarom Lukas , wat in die Bos en op die plaas
grootgeword het, so baie belanggestel het in die spookskip / ek kon
verstaan waarom Lukas dadelik besluit het hy is klaar met die
Bos/dadelik werk by die see gesoek het / Dit verklaar vir my waarom
Lukas so graag wou leer roei/op die loodsboot wou werk.

3.9 Dink aan Lukas se lewe in die Bos saam met die Van Rooyens.

Waarom kan jy respek hê vir Lukas vir die manier waarop hy hierdie
deel van sy lewe hanteer het? (1)
Lukas het die goeie maniere/waardes wat hy by Fiela geleer het,
aanhou uitleef / hy het hard gewerk / Hy het Elias en Barta met
respek behandel, al was die omstandighede nie goed nie / Hy het
Elias se reëls gevolg al het dit hom seergemaak / Hy het probeer
om die beste van sy omstandighede te maak / Hy het nie weggeloop
nie.

3.10 Dit was Lukas se gevoelens vir Nina wat hom uiteindelik gedwing
het om sy identiteit te bevraagteken.

Motiveer waarom hierdie stelling WAAR is. (1)


Wanneer hy verlief raak op sy suster (Nina), bevraagteken hy of hy
werklik Lukas van Rooyen kan wees.

3.11 Nina het vir Lukas ‘n boodskap gebring toe sy van die Bos af
teruggekom het.

Wat was die boodskap? (1)


Dawid is dood.

3.12 Lukas besluit om dadelik terug te gaan Lange Kloof toe toe hy die
nuus van Dawid se dood gekry het.

Wat wou hy eers doen voor hy teruggaan? (1)


‘n Vis vang om saam te neem.

3.13 Wat wou Lukas hê moes Kaliel hom leer doen? (1)
Leer roei.

3.14 Watter soort werk weier Lukas om vir Kaliel te doen? (1)
Om bloubokkiestrikke te stel / om toutjiesvleis te verkoop.

3.15 Grootmense se besluite het Benjamin en Nina se lewens verander.

3.15.1 Hoe het die magistraat se besluit dat Benjamin by die Van
Rooyens moes gaan bly, Benjamin se lewe negatief
verander? (1)
Hy het Benjamin met ‘n identiteitskrisis gelos/met 7 jaar van
hartseer gelos

12
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

3.15.2 Hoe het Elias se besluit dat Nina op die dorp moes gaan
werk, Nina se lewe positief verander? (1)
Dit het Nina bevry van die moeilike lewe in die Bos/sy kon
wegkom van haar pa se mishandeling/Nina het in ‘n ware
jong dame ontwikkel.

VRAAG 4

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS D

TEKS E

FIELA (op band): Soos die tyd verbygegaan het, het ek agtergekom dat daar
dinge was waarvoor Benjamin bly wegskram het. Soos die Van Rooyens.
Oor die ander mense by die plek waar hy gewoon het, het hy maklik gepraat.
Toe dit die dag gebeur, het ek skielik gewens daar was nog uitstel.

BENJAMIN: Ma ... 5

4.1 “Die dokter het gesê ek moet kyk dat jy iedere dag jou bene laat
loop.” (Teks D Reël 11-12)

4.1.1 Watter nuus het Selling se gesondheid so laat agteruitgaan


dat hy dokter toe moes gaan? (1)
Dawid se dood.

13
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

4.1.2 Hoe weet ons dat Selling se gesondheid baie verbeter het
nadat Benjamin weer op Wolwekraal aangekom het? (1)
Selling het sonder Fiela se hulp saam met Benjamin na die
vangdam geloop om hom te leer roei.

4.2 “En dis nie Benjamin my hanskind nie ...” (Teks D Reël 22)

Gee ʼn rede waarom Fiela nie meer vir Benjamin haar hanskind kon,
of wou, noem nie. (1)
Hy was ‘n groot (wit) man / Hy was nie meer die klein seuntjie van
destyds wat sy moes laat gaan het nie (12 jaar het verloop).

4.3 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die letter (A-D) langs die vraagnommer (4.3) neer.

Lees Teks D reël 16 en 18 waar die skuinsgedrukte woorde (op


band) verskyn.

Die funksie van die skuinsgedrukte woorde is om ...

A aan te dui hoe Fiela haar woorde moet sê.


B aan te dui wat Fiela moet doen terwyl sy praat.
C dit wat Fiela nie hardop sê nie, met die leser te deel.
D byklanke aan te dui wat Fiela se woorde ondersteun. (1)

C dit wat Fiela nie hardop sê nie, met die leser te deel.

4.4 Lees Teks D.

Watter TWEE dinge, behalwe sy flenterklere en die trots in sy blou


oë, het Fiela dadelik raakgesien toe Benjamin voor haar gestaan
het? (2)
• Benjamin was ‘n groot man en
• ‘n wit man

4.5 Wat bedoel Fiela met die volgende vetgedrukte woorde?

“... ek gaan val en ek gaan wakker word.” (Teks D reël 18) (2)
• Benjamin was nie regtig daar nie
• Dit was net haar verbeelding / sy het gedink sy droom.

4.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die letter (A-D) langs die vraagnommer (4.6) neer.

Die rede waarom Fiela nog nie die Laghaans se grond op Benjamin
se naam gesit het nie, was omdat sy ...

A gehoop het dat Tollie hom sou regruk.


B getwyfel het of Benjamin weer sou terugkom.

14
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

C geweet het dat mense sou praat oor haar optelkind.


D gedink het haar ander kinders sou nie van die idee gehou
het nie. (1)

B getwyfel het of Benjamin weer sou terugkom.

4.7 Daar is ‘n paar temas in hierdie drama, byvoorbeeld:


• Die mens wat na sy identiteit soek.
• Die samelewing wat ‘n mens op grond van jou velkleur
stereotipeer.
• ‘n Mens wat uitgelewer is aan die mag van ander mense wat
jou lewe bepaal.

4.7.1 Watter EEN van hierdie temas kom die duidelikste in Nina
en Benjamin se gesprek in die uittreksel en in Fiela en
Benjamin se gespek later oor die Laghaans se grond na
vore? (Teks D) (1)
Die samelewing wat ‘n mens op grond van jou velkleur
stereotipeer.

4.7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.7.1 deur te verwys na


Fiela se besluit oor die Laghaans se grond. (1)
Fiela het besluit om die Laghaans se grond aan Benjamin
te gee om te bewys dat bruinmense nie agterlik/te arm was
om vir hulle kinders ‘n voorsprong in die lewe te gee/grond
op hulle naam te sit nie.

4.8 “Soos die tyd verbygegaan het, het ek agtergekom dat daar dinge
was waaroor Benjamin bly wegskram het.” (Teks E)

Noem EEN “ding”, behalwe Elias en Barta, wat op daardie stadium


vir Benjamin kon pla. (1)
Benjamin het gewonder wie hy regtig was / Benjamin was verlief op
sy suster.

4.9 Lees weer reël 1-2 van TEKS E.

4.9.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

Fiela kon uit Benjamin se gedrag agterkom dat hy


(ongemaklik oor iets was/nie van die Van Rooyens gehou
het nie.) (1)
ongemaklik oor iets was

4.9.2 “Toe dit die dag gebeur, het ek skielik gewens daar was
nog uitstel.” (TEKS E Reël 4)

Watter emosie lei ons uit hierdie woorde van Fiela af? (1)
Fiela was bang/onseker/paniekerig.

15
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

4.10 In hierdie drama lees ons van Benjamin/Lukas se soeke na sy


identiteit.

4.10.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

Tydens sy besoek aan die Komoeties sien ons dat (Fiela


se opinie oor dinge vir Lukas belangrik was/Lukas dit teen
Fiela gehou het dat sy hom Knysna toe gestuur het). (1)
Fiela se opinie oor dinge vir Lukas belangrik was

4.10.2 Motiveer jou antwoord met ‘n voorbeeld uit gesprekke


tydens hierdie besoek van Lukas aan die Komoeties. (1)
Benjamin het vir Fiela gevra of sy nog steeds glo hy was
nie die Van Rooyens se kind nie / Benjamin wou by Fiela
weet of sy weet wie hy werklik was / Benjamin kon vir Fiela
vertel dat hy op Nina verlief geraak het / Benjamin het
gedoen wat Fiela gesê het, nl. om vir Barta te gaan
konfronteer oor sy ware identiteit.

VRAAG 5

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS F

16
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

5.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

Lukas het besluit om na die Komoeties toe terug te gaan nadat hy


gehoor het (dat Elias hom soek/van Dawid se dood). (1)
Van Dawid se dood

5.2 In reël 2 verwys Lukas na “vyf sjielings”.

Waarom het Fiela dit jare gelede vir hom gegee om saam te neem
Knysna toe? (1)
Benjamin moes vir die magistraat wys dat die Komoeties geld
het/vir Benjamin kon sorg / Hy moes wys dat die Komoeties nie
kaalgatte was nie / Dit was vir “ingeval” / ingeval die magistraat
vra of Benjamin geld het.

5.3 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

Selling wou die verhaal van die verlore seun hoor omdat dit hom
aan (Lukas/Tollie) laat dink het. (1)
Lukas

5.4 Voltooi die volgende paragraaf deur elke keer net EEN WOORD in
te vul. Skryf slegs die KORREKTE woord langs die
vraagnommers (5.4.1 tot 5.4.4) neer.

Fiela en Selling kon sien dat Lukas nie homself was nie. Sy
probleem was dat hy op (5.4.1) ... verlief was. Dit was ‘n verbode
liefde omdat hy gedink het dat hierdie meisie sy (5.4.2) ... was. Dit
was vir hom belangrik om uit te vind wie hy werklik was. Daarom
het hy besluit om weer die twee wêrelde van sy kinderdae op te
soek: eers (5.4.3) ... waar hy nou is en toe weer die (5.4.4) ... waar
die Van Rooyens was. (4)
5.4.1 Nina
5.4.2 suster
5.4.3 Wolwekraal
5.4.4 Bos/Knysnabos

5.5 Verduidelik die innerlike konflik wat Fiela beleef het toe Lukas na
sewe jaar daar gestaan het – treë van haar af. Onthou om albei
kante van die konflik te noem. (2)
Aan die een kant wou sy hom vasgryp/omhels √ MAAR aan die
ander kant het sy gehuiwer/sy was bang omdat hy toe ‘n groot wit
man was √ OF
Aan die een kant wou sy hom vasgryp/omhels √ MAAR aan die
ander kant het sy gehuiwer omdat hy wit was en sy bruin/omdat hy
intussen geleer het wat ras beteken √ OF
Aan die een kant wou sy hom vasgryp/omhels √ MAAR aan die
ander kant het sy gehuiwer omdat hy haar nie meer as sy ma sou
aanvaar nie. √

17
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

5.6 Ons ken vir Selling as iemand wat:


• help waar hy kan, ten spyte van sy sieklikheid.
• vir Fiela kon raad gee.
• geweet het wat in sy kinders se harte aangaan.

5.6.1 Watter EEN van die eienskappe hierbo kom in hierdie


uittreksel die beste na vore? (1)
geweet het wat in sy kinders se harte aangaan.

5.6.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.6.1. Verwys net na


hierdie uittreksel. (1)
Selling kon dadelik sien dat Lukas hartseer was/iets gehad
het wat hom pla.

5.7 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die letter (A-D) langs die vraagnommer (5.7) neer.

Dit was vir Lukas belangrik om te leer roei sodat ...

A Selling trots op sy seun kan wees.


B John Benn hom as roeier sou kon aanstel.
C Armstrong hom kon vra om na die spookskip te roei.
D Kaliel September hom meer vir sy dienste kan betaal. (1)

B John Benn hom as roeier sou kon aanstel.

5.8 Dink aan Lukas se gesprek met Fiela net ná hierdie uittreksel.

Noem TWEE dinge waaroor Lukas met Fiela gepraat het. (2)
• Hy wou by haar hoor of sy glo ‘n driejarige kind kon so ver
stap.
• Hy wou weet of sy weet wie hy was.
• Hy wou haar opinie oor sy liefde vir Nina weet.
• Hy het gesê hy het geen reg op die grond gehad wat Fiela
vir hom wou gee nie.

VRAAG 6

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS G

18
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

6.1 Watter gebeurtenis in die land het tot die ontdekking van die wit kind
in die Lange Kloof gelei? (1)
sensus

6.2 “Ek het soos ‘n mal ding vir jou gekeer, maar hulle was te veel en
te sterk vir my.” (reël 2-3)

Wie is die “hulle” na wie Fiela hier verwys het? (1)


Die sensusmanne/magistraat/konstabel

6.3 Hoekom is dit onregverdig dat ander mense oor Benjamin se


toekoms besluit het? (1)
Hulle het niks van sy verlede geweet nie / Hy is by goeie ouers
weggevat.

6.4 “BENJAMIN (bedaard; steek pyn weg): Wee Ma wie ek is?” (reël 6)

6.4.1 Dink jy Benjamin het die reg gehad om hierdie vraag vir
Fiela te vra? Motiveer jou antwoord. (1)
Ja want Benjamin het gevoel dat Fiela sy ma was / hy het
Fiela vertrou. OF
Nee. Fiela het nie die antwoord op die vraag geken nie.

19
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

6.4.2 Wie het uiteindelik vir Benjamin die antwoord op hierdie


vraag gegee? (1)
Barta (van Rooyen)

6.5 Fiela word deur haar taalgebruik gekarakteriseer.

Verduidelik waarom haar verwysing na ‘n “weggooilam” (reël 7) so


gepas is. (1)
Op ‘n plaas gooi ‘n ooi soms haar lammetjie weg / Benjamin se ma
het hom weggegooi.

6.6 “Vergeet van die Van Rooyens.” (reël 19)

6.6.1 Hoeveel jaar het Benjamin/Lukas by die Van Rooyens in


die Bos gebly? (1)
Ongeveer 7 jaar

6.6.2 Waarom sou dit nie vir Benjamin moontlik wees om ooit van
die Van Rooyens te vergeet nie? (1)
Hy het vir Nina van Rooyen ontmoet/verlief geraak op haar.

6.8 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte
VOLGORDE neer:
• Nina het die nuus gebring dat Dawid dood is.
• Mister Benn het vir Lukas werk in die loodsboot gegee.
• Lukas het werk by Kaliel September vir kos en blyplek gekry.
• Miss Weatherbury het weer vir Nina werk gegee nadat sy in
die Bos was. (4)

• Lukas het werk by Kaliel September vir kos en blyplek gekry.


• Miss Weatherbury het weer vir Nina werk gegee nadat sy in
die Bos was.
• Nina het die nuus gebring dat Dawid dood is.
• Mister Benn het vir Lukas werk in die loodsboot gegee.

6.9 Wat was Fiela se raad aan Benjamin toe hy haar vertel het dat hy
verlief geraak het op sy suster? (1)
Bloed sou bloed gekeer het / Barta is die enigste persoon wat die
waarheid ken / hy moet met Barta gaan praat.

6.10 “Die dag toe ek teruggekom het, toe ek daar onder in die pad staan,
het ek geweet ek is weer by die huis.” (reël 15-16)

6.10.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf
slegs die vraagnommer (6.10.1) en die antwoord neer.

Dit wat Benjamin geweet het toe hy op Wolwekraal in die


pad gestaan het, het Barta tydens Lukas se laaste besoek
aan die Van Rooyens (ontken/erken). (1)
erken

20
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

6.10.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.10.1 met TWEE


gepaste feite. (2)
• Barta het erken dat sy voorgesê is watter seuntjie sy
moes kies.
• Sy het erken dat sy die verkeerde kind gekies het /
hy was nie Lukas nie / Die ware Lukas waarskynlik
dood is.
VRAAG 7

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS H

7.1 Fiela het ‘n stuk grond van die Laghaans gekoop.

7.1.1 Watter innerlike konflik ondervind Benjamin as Fiela die


Laghaans se grond op sy naam wil oordra? (2)
Hy sou graag die grond wou vat √ MAAR hy het gevoel dat
dit eerder na Fiela se biologiese kinders moes gaan.√

21
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

7.1.2 Verduidelik waarom Fiela aangedring het dat Benjamin die


offer aanvaar. / Verduidelik waarom Fiela die grond vir (1)
Benjamin gekoop het.
Sy wou nie hê hy moes hom skaam dat ‘n bruinvrou hom
grootgemaak het nie / sy wou hê hy moet onafhanklik wees
/ dit sou vir Benjamin identiteit gee / Sy wou hê hy moes
deel van die familie voel / Sy het voorsiening vir al haar
kinders gemaak en Benjamin was haar kind / so kon sy
verseker dat hy terugkom huis toe.

7.2 “... ons gaan hierdie ding vandag klaar lospraat.” (reël 7)
(1)
Wat bedoel Benjamin met hierdie woorde?
Hulle moet die saak uitpraat/deurpraat / Hulle moet reguit met
mekaar praat/oor die waarheid praat/die saak oplos / Fiela moes
hom help sin maak met alles wat hom pla.

7.3 In reël 11 lees ons dat daar ‘n “koue” deur Fiela gegaan het.

7.3.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

“koue” word hier (letterlik/figuurlik) gebruik. (1)


figuurlik

7.3.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.3.1. (1)


Fiela het geskrik/was bang/verbaas/geskok/ongemaklik /
Sy was bekommerd oor wat Benjamin gesê het/was
onseker oor die situasie/het ‘n vrees gehad vir wat dit vir
Benjamin kon beteken/wou nie hê Benjamin moes seerkry
nie/het gedink Benjamin het nou erken dat hy ‘n Van
Rooyen was/het nie verwag dat hy op Nina sou verlief raak
nie.

7.4 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die letter (A-D) langs die vraagnommer (7.4) neer.

“Maar my reg kan jou nie vandag van Lukas van Rooyen verlos nie.”
(reël 9)

Hiermee bedoel Fiela dat ...

A sy die hele tyd verkeerd was.


B sy nie Lukas se van kon verander nie.
C Benjamin die antwoord in die Bos moes gaan soek.
D Benjamin die enigste een is wat regtig kon besluit wie hy
is. (1)

C Benjamin die antwoord in die Bos moes gaan soek.

22
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

7.5 Hoe sluit die krisis wat Benjamin in hierdie uittreksel ervaar, by
Barta se innerlike konflik oor die waarheid aan? Jy moet in jou
antwoord na Benjamin se krisis EN Barta se innerlike konflik
verwys. (2)
Benjamin se krisis was rondom sy identiteit/wie hy regtig is/dat hy
op Nina verlief geraak het √
Barta se innerlike konflik was rondom die feit dat sy oor die kind
gelieg het / sy het geweet wat die waarheid was, maar sy het nie
geweet of sy dit moes sê nie/of sy die waarheid moes praat.

7.6 Lees weer die uittreksel.

Waarom kan ons sê dat Fiela in hierdie situasie vir Benjamin goeie
raad gegee het? (1)
Sy het hom in die regte rigting gestuur/nie haar idees op hom
afgedwing nie/die besluit/keuse aan hom oorgelaat/hom laat besluit
om na Barta te gaan om haar oor sy identiteit te konfronteer/hom
raad gegee wat hom uiteindelik verlos het/hom raad gegee wat hom
sy identiteit laat ontdek het.

7.7 Lees die hele uittreksel.

Watter lewensles kan jy hier by Benjamin leer wat jou lewe beter
kan maak? (1)
Ek kan leer dat ek altyd na die waarheid moet soek/nie moet
vergeet waar ek vandaan kom nie/ my opvoeding/waardes onthou
/ ander moet respekteer/nie my opinie op ander moet afdwing nie/
my hart moet volg/net myself moet wees/hulp by die regte mense
soek/vra wanneer dit nodig is met iemand oor my probleme moet
praat/die raad van geliefdes kan vertrou/op my ma se liefde kan
staatmaak.

7.8 Vandat Benjamin by Fiela weggevat is, het hy met sy ware identiteit
gesukkel.

Wat, dink jy, is die skrywer se doel met jou, as leser, om dié
probleem as fokuspunt in die drama te gebruik? (1)
Om spanning te skep / om my nuuskierig te maak oor wat gaan
volgende gebeur / my aandag deur die drama te behou / om die
drama interessant te maak / my belangstelling uit te lok oor wie
Benjamin werklik is / om my te wys dat jou biologiese ma nie
noodwendig jou identiteit bepaal nie / te wys dat liefde nie deur
velkleur bepaal word nie / dat mens deur identiteitskrisisse kan werk
/ my bewus te maak dat ons self kan kies wie ons wil wees / my
probleme is nie uniek nie, ander mense ervaar soortgelyke
probleme

7.9 Kies die karakter in KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A-D) langs die vraagnommer (7.9.1 tot 7.9.4)
neer.

23
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

KOLOM A KOLOM B
7.9.1 ...kan in Noetzie nie ophou om na die A Miss Weatherbury
sterre te kyk nie.
B Veldkornet Armstrong
7.9.2 ...is skoon verbaas om te hoor dat Nina
broers en susters het. C Lukas

7.9.3 ...het in Noetzie in die skemer by die D Latjie


spookskip bly staan.
E Dawid
7.9.4 ...die opgeskote seun van die Lange
Kloof wat na Lukas gesoek het.
7.9.1 C (4)
7.9.2 A
7.9.3 B
7.9.4 D

VRAAG 8

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS I

24
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

8.1 Lees reëls 3 en 4.

Aan watter ander plan, wat amper Elias se lewe gekos het, het Elias
ook gedink sal ‘n betalende ding in die Bos wees? (1)
Olifante te skiet / ivoor/tande te verkoop

8.2 Beskryf wat met Elias gebeur het wat veroorsaak het dat hy in
“ellende” was. (reël 5) (1)
Hy is deur ‘n olifant getrap toe hy een probeer skiet het.

8.3.1 Lees reëls 7 en 8.

Wat is ironies omtrent Elias se beskrywing van homself? (1)


Die planne wat Elias maak om geld te verdien, werk nie een uit nie.

8.3.2 Watter karaktereienskap openbaar Elias omtrent homself met die


woorde? (1)
Hy is selfversekerd/arrogant

8.4 “die woorde skeur uit haar” (reël 17)

Watter afleiding kan jy omtrent Barta maak na aanleiding van die


woorde? (1)
Dit is moeilik vir haar om met die waarheid uit te kom

8.5 Lees weer die uittreksel.

Waaruit kan ons aflei dat Barta haar lewe lank skuldig gevoel het
oor wat destyds in die hof in Knysna gebeur het? (1)
Sy het self genoem dat sy dit altyd probeer wegstoot het, maar dit
het altyd teruggekom.

8.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die letter (A-D) langs die vraagnommer (8.6) neer.

Barta se bekentenis dat sy die verkeerde kind gevat het, kan as die
... van die drama beskou word.

A motoriese moment
B klimaks
C eksposisie
D verwikkeling (1)

B klimaks

8.7 Watter les, dink jy, het Barta in hierdie drama geleer uit dit wat
tussen haar en Lukas gebeur het? (1)
‘n Mens kan nie leuens wegsteek nie / jou leuens kan jou jou lewe
lank pla.

25
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

8.8 Watter bewys is daar in die drama dat een man sy magsposisie
misbruik het? (1)
Die sensusman/Lange wat Barta voorgesê het watter kind om te
kies.

8.9 Dink jy Lukas het reg opgetree om Barta oor sy identiteit te


konfronteer? (1)
Ja. Dit was vir hom belangrik om te weet wie hy was want hy het
gedink hy is verlief op sy suster.

8.10 Barta het ‘n leuen in die hof oor Lukas se identiteit vertel.

8.10.1 Hoe het dit vir Barta fisies geaffekteer? (1)


Dit het haar siek gemaak.

8.10.2 Watter les leer jy uit Barta se lewe oor leuens? (1)
Leuens maak jou siek / jou gewete sal jou altyd pla / praat
altyd die waarheid

8.11 Gee TWEE redes waarom dit vir Lukas goed sou wees as Barta die
eerste keer al vir hom die waarheid oor sy identiteit vertel het. (2)
• Dan sou hy geweet het Nina is nie sy suster nie.
• Hy sou ‘n verhouding met Nina kon hê .
• Hy sou nie met homself (en sy liefde vir Nina) geworstel het
nie.
• Hy sou gouer met sy lewe kon aangaan.
• Sou nie gewonder het waar hy inpas nie.
• Hy sou gouer kon teruggaan na Fiela-hulle toe. (enige 2)

8.12 Die feit dat Barta van Rooyen haar in die hof laat manipuleer het,
het Lukas se hele lewe verander.

Voltooi die paragraaf hieronder deur die ontbrekende woorde in te


vul. Skryf net die antwoord langs die vraagnommers (8.12.1 tot
8.12.4) neer.

Barta was haar hele lewe deur gewoond daaraan dat haar man,
(8.12.1) ... vir haar voorgeskryf het wat om te doen. Daarom het sy
haar die dag in die hof ook maklik deur die sensusman laat voorsê
om die seuntjie met die (8.12.2) ... hempie te kies. Die direkte
gevolg hiervan was dat (8.12.3) ... toe Lukas geword het. Die seun
wat op (8.12.4) ... grootgeword het, moes skielik saam met
wildvreemde mense in die Bos gaan woon. (4)
8.12.1 Elias (van Rooyen)
8.12.2 blou
8.12.3 Benjamin
8.12.4 Wolwekraal

8.13 Was jy verbaas toe Barta die waarheid oor Lukas geopenbaar het? (1)

26
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

Ja want ek het gedink sy sou altyd die geheim hou want sy hou dit
al so lank. OF
Nee – die waarheid seëvier altyd.

8.14 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

Hierdie uittreksel bewys vir ons dat Barta nie meer met haar
(gewete/geheue) kon saamleef nie. (1)
gewete

8.15 Waarom kan Barta as ‘n swak karakter gesien word? (1)


Sy laat haar deur ander manipuleer/voorsê.

8.16 Dit was Barta se aksies wat Benjamin se lewe ontwrig het.

Verduidelik hierdie stelling deur na TWEE insidente in die drama te


verwys. (2)
• Sy het Benjamin verkeerdelik in die hof as haar seun
geïdentifiseer.
• Toe Lukas haar die eerste keer gevra het of hy regtig Lukas
van Rooyen is, het sy gesê dat sy voor die magistraat
gesweer het hy is en sy sweer dit weer.

8.17 Lukas het by twee geleenthede vir Barta gevra of hy haar kind is.

Hoe het Barta se antwoord tydens sy eerste besoek aan hulle


verskil van haar antwoord tydens sy tweede besoek? Verwys in jou
antwoord na altwee besoeke. (2)
Eers het sy gesweer dat hy wel Lukas was √ tydens die tweede
besoek het sy erken dat sy die verkeerde kind gekies het √ OF
Tydens die eerste besoek het sy “ja” gesê √ en tydens die tweede
besoek “nee”√ OF
Met die eerste besoek het sy gesê hy was haar kind √ en met die
tweede besoek dat hy nie haar kind was nie √ OF
Eerste besoek het sy leuens vertel √ tweede besoek het sy
uiteindelik die waarheid vertel √

8.18 Verduidelik hoe Barta daarin geslaag het om Benjamin tussen die
ander seuns in die magistraatkantoor uit te wys. (1)
Lange het vir haar gesê dat sy die seun met die blou hempie moes
kies.

8.19 Watter raad sou jy aan Benjamin wou gee oor wat hy vir Nina moes
sê, noudat hy geweet het dat hy nie haar biologiese broer was nie? (1)
Benjamin moes Nina die waarheid vertel / haar vertel dat hy op haar
verlief is / vertel wie hy is.

8.20 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

27
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

Barta is die Vrydag hof toe. Daar het Lange haar


(gesoebat/gemanipuleer) om die kind met die blou hempie as Lukas (1)
te identifiseer.
gemanipuleer

8.21 Barta se besluit om Lukas as haar seun te herken, het baie mense
se lewens verander.

Kies die gevolg in KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas.


Skryf slegs die letter (A-E) langs die vraagnommers (8.21.1 tot
8.21.4) neer.

KOLOM A KOLOM B
8.21.1 Fiela A ...het met skuldgevoelens saamgeleef.

8.21.2 Selling B ... kon meer hout aan die houtkopers verkoop.

8.21.3 Barta C ... kon die mooi dinge in die Bos met iemand
anders deel.
8.21.4 Nina
D ... se gesondheid het verder verswak.

E ... moes aanvaar wat ander oor hulle lewens


besluit het.
8.21.1 E 4
8.21.2 D
8.21.3 A
8.21.4 C

8.22 Waarom is dit ironies dat Elias so geskok was toe hy uitvind dat
Barta in die hof gelieg het? (2)
Elias het nooit gedink dat Barta sterk genoeg was om standpunt in
te neem nie √ maar intussen het sy vir lank ‘n groot geheim
gehou.√ OF
Elias het baie verkeerde dinge gedoen soos om vir die boswagter
te lieg oor Lukas wat gelukkig was by hulle √ maar nou was hy
geskok oor die feit dat Barta gelieg het. √ OF
Elias was gewoond daaraan dat Barta gedoen het soos wat hy van
haar verwag het √ maar in hierdie geval het sy iets van hom
weggehou/haar eie kop gevolg √ OF
Elias is gewoond daaraan dat Barta nie vir haar self kon besluite
neem nie √ maar nou het sy op haar eie met die waarheid
uitgekom.√ OF
Elias was die slegte karakter/leuenaar √ maar nou was hy geskok
oor Barta se leuen.√

8.23 In hierdie drama is dit veral vroue wat ʼn groot invloed op Benjamin
/ Lukas se lewe gehad het.

28
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

Kies die karakter uit KOLOM B om by die beskrywing in KOLOM


A te pas. Skryf slegs die vraagnommer (8.23.1 tot 8.23.4) en die
letter (A-E) neer.

KOLOM A KOLOM B
8.23.1 Hierdie karakter het dit vir Benjamin A Fiela
belangrik gemaak om te weet dat hy nie ʼn Van
Rooyen was nie. B Kittie

8.23.2 Hierdie karakter was verantwoordelik vir C Nina


sewe ongelukkige jare in Benjamin/Lukas se
lewe. D Miss Weatherbury

8.23.3 Hierdie karakter het vir Benjamin/Lukas E Barta


laat voel dat sy geliefde veilig was.

8.23.4 Hierdie karakter het geglo daar was net


een persoon wat sou weet of Benjamin ʼn Van
Rooyen was.
8.23.1 C (4)
8.23.2 E
8.23.3 D
8.23.4 A

8.24 In hierdie drama lees ons van Benjamin/Lukas se soeke na


identiteit.

Kies die struktuurelement uit KOLOM B om by die inligting in


KOLOM A te pas. Skryf slegs die letter (A-E) langs die
vraagnommers (8.24.1 tot 8.24.4) neer.

KOLOM A KOLOM B
8.24.1 Lukas kies om Fiela Komoetie se kind te A hoogtepunt
wees.
B eksposisie
8.24.2 Benjamin wonder die hele tyd wie hy
regtig is. C ontknoping

8.24.3 Barta vertel die waarheid oor Lukas. D motoriese moment

8.24.4 Die sensusmanne sien vir Benjamin by E verwikkeling


die Komoeties.
8.23.1 C (4)
8.23.2 E
8.23.3 A
8.23.4 D

8.25 Daar was spanning tussen Lukas en Nina teen die einde van
hierdie drama.

29
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

8.25.1 Wie, behalwe Lukas en Nina, sou die spanning kon (1)
verlig?
Barta

8.25.2 Hoe sou hy/sy dit kon doen? (1)


Sy moes erken dat sy die verkeerde kind gekies
het/gelieg het / sy kon net die waarheid vertel.

VRAAG 9

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS J

9.1 Die volgende gebeure hou verband met Lukas/Benjamin se lewe


as volwassene.

Skryf die vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE


neer:

• Lukas kon self besluit dat hy ʼn Komoetie wou wees.


• Lukas het besef dat hy op sy suster verlief was.
• Lukas het Barta gekonfronteer om die waarheid te vertel.
• Lukas het gehoor dat sy broer, Dawid, dood is. (4)

• Lukas het besef dat hy op sy suster verlief was.


• Lukas het gehoor dat sy broer, Dawid, dood is.
• Lukas het Barta gekonfronteer om die waarheid te vertel.
• Lukas kon self besluit dat hy ‘n Komoetie wou wees.

30
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

9.2 Wat is die funksie van “op band” in die eerste spreekbeurt? (1)
Dit is Lukas se gedagtes / dit wys dat dit nie dialoog is nie / dit wys
dat Lukas die woorde nie hardop sê nie.

9.3 Wie was die “een man” na wie Lukas in reël 1 verwys? (1)
Die lange / een van die sensusmanne / die man wat Benjamin se
trommel gaan haal het / die man wat in die gang agter Barta
gestaan het / die man wat in Barta se oor gefluister het om die seun
met die blou hempie te kies.

9.4 Een man se mag (reël 1-2) het Benjamin/Lukas se lewe ontwrig.

Watter les moet mense wat in magsposisies is, hieruit leer? (1)
Jy moet versigtig wees oor hoe jy mense onder jou
behandel/besluite neem wat ander mense raak / jy moet die
agtergrond en omstandighede van die mense ken / jy moenie jou
mag misbruik nie / moenie ander mense manipuleer nie /
magsmisbruik vernietig mense se lewens / moenie bevooroordeeld
wees nie / dink voor jy optree / behandel alle mense dieselfde.

9.5 “Ek kan hom met my kaal hande vermoor.” (reël 2)

Waarom kan ‘n mens Lukas nie blameer dat hy hier so kwaad is


nie? (1)
Die sensusmanne het Lukas se hele lewe ontwrig / Lukas het
swaargekry / hy is mishandel / hy was ongelukkig / Hy is
weggeneem van die Komoeties / Lukas het sy hele lewe gewonder
wie hy werklik was / Lange het vir hom probleme geskep oor sy
gevoelens vir Nina.

9.5 Dink aan Barta soos ons haar in hierdie drama leer ken.

Gee TWEE redes waarom sy haar so maklik in die hof laat oortuig
het om die verkeerde kind te kies. (2)
• Sy het minderwaardig gevoel.
• Sy was passief/onderdanig.
• Sy was bang/onseker.
• Sy het vreemd in die dorp gevoel.
• Sy was gewoond daaraan om voorgesê/gemanipuleer te
word.

9.6 Watter karaktereienskap van Barta word openbaar wanneer sy na


Lange luister en die seuntjie in die blou hempie kies? (1)
Sy is maklik beïnvloedbaar/ onseker van haarself / het min
selfvertroue / het geen integriteit nie / is oneerlik / is ‘n swak
karakter/swakkeling / laat haar manipuleer / het eienskappe van ‘n
mishandelde vrou daarom het sy nie teruggepraat nie.

9.7 Kittie het namens Fiela en Selling vir Benjamin ʼn brief geskryf.

31
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

9.7.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

In die uittreksel kom Fiela baasspelerig voor. ‘n Mens


ervaar dit egter as positief, want jy weet dat (Fiela daaraan
gewoond was om die leiding te neem/Benjamin hier vir
Fiela belangrik was). (1)
Benjamin hier vir Fiela belangrik was.

9.7.2 Watter nuus oor Tollie was nie in die brief nie? (1)
Tollie was in die tronk / Tollie het iemand met ‘n mes
gesteek.

9.7.3 Wat kan ʼn mens aflei uit die feit dat Fiela vir Nina groete
gestuur het? (Teks K) (1)
Fiela het vir Nina aanvaar / Fiela het geweet Nina is
belangrik / Sy het nie geglo dat Nina Benjamin se
bloedsuster was nie / Sy keur die verhouding tussen
Benjamin en Nina goed.

9.8 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

Die brief wat Kittie aan Benjamin moes skryf, het bewys dat Fiela
vir Benjamin wou (ondersteun/kritiseer). (1)
ondersteun

9.9 “Skryf vir hom ...” (reëls 9-15)

9.9.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

Uit hierdie gedeelte is dit duidelik dat die inhoud van die
brief bedoel was om vir Benjamin (goed/hartseer) te laat
voel. (1)
goed

9.9.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 9.9.2 met EEN feit. (1)
Daar was niks negaiefs in die brief nie / Fiela het vir
Benjamin goeie raad gegee vir Nina groete gestuur/nie vir
Benjamin vertel dat Tollie in die tronk was nie/Benjamin
laat weet dat sy sal aanhou om vir hom te bid.

9.10 Benjamin was gelukkig om ouers soos Fiela en Selling te hê.

Waarom kan ‘n mens sê dat die verhouding tussen Benjamin en


Selling goed was? (1)
Selling het Benjamin in tipiese seunsdinge (soos om skuitjies te
bou/leer roei) ondersteun / Hy kon Benjamin se gevoelens lees /
Benjamin het Selling in die hof as sy pa erken / Selling het
Benjamin soos sy eie seun behandel.

32
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

9.11 “Af is makliker as op, maar as jy eers weer op is, kry jy krag om op
te bly en ...” (reël 15-16)

Fiela het hierdie raad wat sy vir Benjamin gegee het, ook in haar
eie lewe toegepas.

Gee TWEE feite as motivering waarom hierdie stelling WAAR is. (2)
• Fiela het 2x Knysna toe geloop om met die magistraat te
gaan praat.
• Sy het Bos toe geloop om vir Benjamin sy goed te vat.
• Biddend gebly.
• Aangehou boer.
• Selling in sy siekte ondersteun. (enige 2)

9.12 Waarom kan jy saamstem met die raad wat Fiela vir Benjamin in
reëls 15-16 gegee het? (1)
Dit is ‘n feit dat ‘n mens moet opstaan en aangaan met die lewe /
dit help nie om te bly lê nie / dit is goeie raad om iemand te motiveer
om probleme in die lewe te hanteer.

9.13 “Sê vir Benjamin Ma sê hy moet huis toe kom as dinge te swaar op
hom druk. Sê vir hom ons bou al op die ander grond.” (reël 18-20)

9.13.1 Noem TWEE van die dinge wat op daardie stadium swaar
op Benjamin gedruk het. (2)
• Hy was verlief op sy suster.
• Hy wou weet wie hy regtig was.

9.13.2 Wie se grond het Fiela vir Benjamin gekoop? (1)


Laghaans

9.14 Lees reëls 6-20.

Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf


slegs die letter (A-D) langs die vraagnommer (9.14) neer.

Die feit dat Fiela die heeltyd vir Kittie instruksies gee, beklemtoon
dat Fiela ...

A vir Benjamin wil oortuig om huis toe te kom.


B ernstig is om haar standpunt oor te dra.
C vir Benjamin nog as ‘n kind beskou.
D wil keer dat die brief te dik is. (1)

B ernstig is om haar standpunt oor te dra.

9.15 Noem TWEE dinge wat Selling vir Benjamin in die brief wou sê. (2)
• Selling wil van Pollie en Skopper vertel.

33
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

• Selling gee raad oor hoe hulle met die volstruise op die skip
moes werk.

9.16 Vir wie het Fiela groete gestuur? (1)


Nina

9.17 Die hoofkarakter in hierdie drama het die hele tyd gewonder wie hy
regtig is. Verskillende karakters het tot sy onsekerheid bygedra.

Kies die karakter in KOLOM B wat by die verduideliking in KOLOM


A pas. Skryf slegs die letter (A-E) langs die vraagnommers (9.17.1
tot 9.17.4) neer.

KOLOM A KOLOM B
9.17.1 Hierdie karakter wou seker maak of A Fiela
Benjamin iets uit sy verlede kon onthou.
B Nina
9.17.2 Hierdie karakter het vir Benjamin gedwing
om sy nuwe gesin te erken. C Selling

9.17.3 Hierdie karakter het hom later in sy lewe laat D Elias


hoop dat hy wel ‘n Komoetie was.
E Magistraat
9.17.4 Hierdie karakter het vir Benjamin gesê om sy
siel te ondersoek as hy wou weet wie hy regtig was.
9.17.1 E (4)
9.17.2 D
9.17.3 B
9.17.4 A

9.18 Verskillende karakters het ‘n invloed op Lukas se lewe gehad.

Kies die inligting in KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A


pas. Skryf slegs die letter (A-E) langs die vraagnommers (9.18.1
tot 9.18.4) neer.

KOLOM A KOLOM B
9.18.1 Fiela A Hierdie karakter het Lukas mishandel.

9.18.2 Selling B Hierdie karakter het Lukas as kind leer roei.

9.18.2 Elias C Hierdie karakter het vir Lukas werk op ‘n skip


aangebied.
9.18.3 Barta
D Hierdie karakter het erken dat die uitkenning in die
hof ‘n leuen was.
9.18.1 C (4)
9.18.2 B
9.18.3 E
9.18.4 A

34
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

9.19 Kies die gevolg in KOLOM B om by die gebeure in KOLOM A te


pas. Skryf slegs die letter (A-E) langs die vraagnommers (9.19.1
tot 9.19.4) neer.

KOLOM A KOLOM B
9.19.1 Lukas het met Kaliel A Selling het flou geword.
kennisgemaak.
B Barta moes erken dat sy die
9.19.2 Lukas het die boodskap verkeerde kind gekies het.
gekry dat iemand uit die Lange
Kloof hom kom soek het. C Lukas het besluit om na baie
jare weer vir Fiela-hulle te gaan
9.19.3 Lukas se aankoms in die besoek.
Lange Kloof was onverwags.
D Tollie het in die tronk beland.
9.19.4 Lukas is terugverwelkom in
die Bos. E Lukas het die geleentheid gekry
om naby die see te wees.
9.19.1 E (4)
9.19.2 C
9.19.3 A
9.19.4 B

VRAAG 10

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

35
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

10.1 Watter werk het Lukas vir John Benn gedoen? (1)
roeier

10.2 Wie het vir Lukas gehelp om die werk by John Benn te kry? (1)
Kaliel

10.3 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

Die woord “is” (reël 12) staan in skuinsdruk om aan te toon dat John Benn
die woord (sarkasties bedoel het/wou beklemtoon.)
wou beklemtoon (1)

10.4 Voltooi die paragraaf deur die woorde in die lys hieronder te
gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (10.4.1-
10.4.2) neer.

geduldig; aggressief; hardkoppig; hardwerkend

John Benn was reg toe hy gesê het dat Komoetie ʼn eerbare naam was.
Fiela het respek afgedwing omdat sy (10.4.1) ... was. Elias van Rooyen
wou respek afdwing deur (10.42) ... te wees. (2)
10.4.1 hardwerkend
10.4.2 aggressief

10.5 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die letter (A-D) langs die vraagnommer (7.19) neer.

“... maar jy’s die man wat ek in jou gesoek het ...” (Reël 12-13)

Wat, dink jy, het John Benn in hierdie situasie in Benjamin raakgesien?

Hy het gesien Benjamin ...

A weet wie en wat hy is.


B wonder waar hy inpas.
C weet hoe hy geld gaan verdien.
D het besluit dat hy die Van Rooyens sou vergewe. (1)

A weet wie en wat hy is.

10.6 John Benn was ʼn moeilike man, maar het tog ook ʼn sagte kant gehad.

Hoe word hierdie sagte kant van John Benn in dié uittreksel aan die leser
oorgedra?
John Benn het Lukas gekomplimenteer / hy het in Lukas belanggestel / hy (1)
het vrae oor Lukas se lewe gevra / het effens in sy baard geglimlag.

10.7 John Benn was bereid om hom dadelik weer in sy span terug te neem.

Wat sê dit vir ons van Lukas as werker?

36
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

Hy was ‘n goeie werker. (1)

10.8 “... dan gaan ek terug Lange Kloof toe.” (reël 10)

Wat voorspel jy gaan met Benjamin gebeur as hy terugkeer Lange Kloof


toe? Hou die hele drama in gedagte. (1)
Benjamin gaan op sy eie stuk grond boer / hy gaan ‘n volstruisboer word /
hy gaan met Nina trou / hy gaan vir Fiela en Selling sorg.

10.9 Waarom kan mens verstaan dat Lukas as jong man weer sy naam verander
na die naam wat hy as kind gehad het? (1)
In sy hart was Lukas ‘n Komoetie / As kind was hy gelukkig by die
Komoeties / Hy kies om ‘n Komoetie te wees / Hy het nooit regtig deel
gevoel van die Van Rooyens nie.

10.10 “Ek moet na miss Weatherbury se huis toe gaan.” (Reël 16-17)

Wat, hoop jy as leser, gaan hierna tussen Lukas en Nina gebeur? (1)
Ons hoop dat hulle bymekaar gaan uitkom / hulle liefde vir mekaar gaan
verklaar.

10.11 “Ek moet na miss Weatherbury se huis toe gaan.” (Reël 16-17)

Wat kan mens hieruit aflei? (1)


Lukas wil met Nina gaan praat / wil vir Nina gaan vertel wie hy regtig is.

10.12 Aan die einde van die drama het Nina se houding teenoor haar
ouers en Benjamin se houding teenoor Fiela-hulle verskil.

Sê wat hierdie verskil is en verwys in jou antwoord na Nina EN Benjamin.


Nina het alle bande met haar ouers verbreek √, terwyl Benjamin (2)
teruggegaan het van waar hy gekom het.√ OF
Nina het besluit om nie meer haar ouers finansieel te help nie √, terwyl
Benjamin Fiela-hulle op die plaas gaan help het.√

10.13 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A-D) langs die vraagnommer (10.13) neer.

Benjamin is uiteindelik verlos van die Van Rooyen-naam, gevolglik besluit


hy om ...

A weg te gaan met die skip.


B vir John Benn te gaan werk.
C terug te keer Lange Kloof toe.
D nie weer oor sy verlede te dink nie. (1)

C terug te keer Lange Kloof toe.

10.14 Gee TWEE redes waarom jy kan verstaan dat Lukas besluit het om as
Benjamin Komoetie bekend te staan en terug te gaan Lange Kloof toe?

37
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

• Komoetie is ‘n eerbare naam. (2)


• Fiela het vir hom grond gegee waarop hy kan gaan boer.
• Die Komoeties is goed vir hom.
• Die Komoeties voel vir hom soos familie. (enige 2)

10.15 Skryf die volgende vier gebeure in die korrekte VOLGORDE neer.

• Lukas sê vir Mister Benn hy sal voortaan as Benjamin Komoetie


bekendstaan.
• Fiela sê vir Benjamin om die waarheid oor sy identiteit by Barta te
gaan uitvind.
• Lukas/Benjamin sê: “Ek is niemand.”
• Barta sê dat sy nie langer met die leuen kan saamleef nie en erken
dat Lukas nie hulle seun was nie. (4)

• Fiela sê vir Benjamin om die waarheid oor sy identiteit by Barta te


gaan uitvind.
• Barta sê dat sy nie langer met die leuen kan saamleef nie en erken
dat Lukas nie hulle seun was nie.
• Lukas/Benjamin sê: “Ek is niemand.”
• Lukas sê vir Mister Benn hy sal voortaan as Benjamin Komoetie
bekendstaan.

10.16 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A-D) langs die vraagnommer (10.16) neer.

Benjamin het soos sy ma belowe het, nooit nodig gehad om skaam te wees
omdat hy ‘n Komoetie was nie. Dit is ook deur ... aan die einde van die
roman gesê.

A John Benn
B Barta van Rooyen
C Nina van Rooyen
D Miss Weatherbury (1)

A John Benn

10.17 Benjamin was ʼn slagoffer van sy omstandighede.

Wat was Benjamin se omstandighede EN waarom was hy ʼn slagoffer van


daardie omstandighede? (2)
OMSTANDIGHEDE WAAROM ‘N SLAGOFFER
* Benjamin is as 3-jarige wit * Benjamin kon nooit uitvind wie sy
seuntjie voor Fiela se deur gelos. biologiese ouers was nie.

* Benjamin is as Fiela se hanskind * Benjamin was magteloos teenoor


grootgemaak. die sensusman wat 7 jaar van sy
lewe “gesteel” het toe hy aan

38
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

* Op 12-jarige ouderdom is Barta voorgesê het wie om in die


Benjamin wreed weggeruk uit die hof te kies.
huis waar hy met leifde
grootgemaak is. * Benjamin kon niks doen aan die
besluit van die magistraat wat hom
* Benjamin het verlief geraak op aan die Van Rooyens toevertrou
Nina, wat volgens sy wete, sy het nie.
suster was.
* Benjamin kon by niemand uitvind
of hy werklik Nina se broer was
nie.

10.18 Gestel Lukas het, nadat die magistraat hom aan die Van Rooyens gegee
het, dit reggekry om weg te loop uit die Bos, Lange Kloof toe.

Hoe sou die verloop van die drama vir Nina ongelukkig gemaak het? (1)
Nina sou haar maat kwyt gewees het / sy sou ‘n mooi verhouding
misgeloop het / sy sou nie ‘n vertroueling gehad het nie / sy sou nog steeds
in die Bos vasgevang gewees het / sou nog steeds deur Elias mishandel
word / sy sou baie eensaam wees omdat sy so anders as die ander kinders
was.

10.19 Dink aan die hele drama.

Waarom sou Die Seun Wat Weg Was nie ʼn goeie titel vir hierdie drama
wees nie? Motiveer jou antwoord met TWEE feite. (1)
Hierdie titel, Die Seun wat weg was, plaas net die fokus op die wegraak
van en soektog na Lukas / dit sal nie die sentrale tema, nl. dat Lukas kies
om Fiela se kind te wees, belig nie.

10.20 Watter boodskap dra hierdie drama aan tieners met ʼn identiteitskrisis oor?
(1)
Elke mens moet sy eie identiteit soek/vind / ‘n keuse maak oor wie/wat hy
is / aanvaar wie of wat hy is.

10.21 Hoe word die titel van die drama in hierdie uittreksel beklemtoon? (1)
Lukas het aangekondig dat sy naam Benjamin Komoetie was / hy Fiela
se kind was.

10.22 Met watter karakter in die Komoetie-gesin kan jy identifiseer? Motiveer jou
antwoord. (1)
Benjamin – hy het nooit moed opgegee nie / hy het aangehou om sy
identiteit te soek / hy het nie toegelaat dat pyn hom verbitter nie.
Fiela – sy is dapper / sy het nie verbitterd geraak nie al is sy onregverdig
behandel.
Kitty (Emma) – Help haar ouers in die huishouding / Kitty skryf briewe
namens haar ouers.

10.23 Die leser het deur die hele drama simpatie met Barta.

39
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

Hoe slaag die dramaturg daarin om dit te doen? (1)


Sy ... word as ‘n tragiese figuur uitgebeeld/praat nie baie nie/het ‘n lae
selfbeeld/kan nie standpunt inneem nie/leef onder haglike omstandighede
/dra ‘n groot geheim saam met haar / Haar ... man mishandel haar/opinie
word nie belangrik geag nie.

10.24 Buitestanderskap is ‘n belangrike motief in die verhaal.

10.24.1 Wanneer is ‘n mens ‘n buitestander? (1)


As jy nie deel van ‘n groep is nie / as jy nêrens inpas nie.

10.24.2 Hoe beïnvloed dit ‘n mens se lewe as jy ‘n buitestander is? (1)


Jy is eensaam/ongelukkig/depressief/jy voel jy pas nêrens in
nie.

10.24.3 Wat kon in die drama anders gebeur het sodat Lukas nie ‘n
buitestander geword het nie? (1)
Barta kon in die hof eerlik gewees het / die sensusmanne kon
vir Lukas by die Komoeties gelos het / die magistraat kon vir
Benjamin aan Fiela teruggegee het.

10.25 Nina en Lukas word albei as buitestanders in die drama uitgebeeld.

Watter boodskap, volgens jou, probeer die dramaturg oordra oor mense
wat dalk as buitestanders gesien word? (1)
Daar is ‘n plekkie vir almal onder die son / Buitestanders sal mekaar
vind/bystaan/help.

10.26 Watter vooroordeel kom in hierdie drama voor? (1)


Rasse-vooroordeel

10.27 Verduidelik waarom Benjamin as ‘n rolmodel beskou kan word. (1)


Benjamin het ‘n sukses van sy lewe gemaak t.s.v. baie swaarkry en
terugslae.

10.28 Watter lewensles het jy by Lukas/Benjamin geleer? (1)


Al gaan dit moeilik, kan jy bo jou omstandighede uitstyg / jy moet nooit
ophou werk om jou drome te bewaarheid nie / hou aan veg vir die waarheid
/ Moenie ophou soek na jou identiteit nie / wees altyd jouself / familie is nie
altyd bloedfamilie / respekteer jou ouers in alle omstandighede / liefde kan
baie dinge oorwin / moenie ophou soek as jy vrae het nie.

10.29 Dink aan die volgende karakters in die drama:


• Nina van Rooyen
• Barta van Rooyen
• Kaliel September
Watter karakter dink jy, het die grootste negatiewe invloed op Benjamin se
lewe gehad? Motiveer jou antwoord deur te sê WAT die karakter gedoen
het en HOE daardie aksie Benjamin se lewe negatief beïnvloed het.

40
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

Barta van Rooyen. (2)


Barta het vir Benjamin verkeerdelik as haar Lukas uitgewys/sy het vir jare
stilgebly oor haar leuen die dag in die hof.√ (WAT)
Barta het veroorsaak dat Benjamin vir 7 jaar die koestering van ‘n
liefdevolle ouerhuis moes ontbeer/het Benjamin se sorgelose kinderjare
van hom ontneem/het Benjamin se identiteitskrisis veroorsaak.√ (HOE)

10.30 ‘n Belangrike tema in hierdie drama is die soeke na identiteit.

Wat het veroorsaak dat Lukas na sy identiteit begin soek het EN waar het
hy dit eerste gaan soek? (2)
Hy het sy identiteit begin soek toe hy op Nina (sy suster) verlief geraak het
√ en hy het eerste by Fiela gaan antwoorde soek √

10.31 By DRIE geleenthede in die drama het mense besluite geneem wat
Benjamin/Lukas se hele lewe verander het.

Noem hierdie geleenthede. (3)


• Die besluit wat Fiela gemaak het om hom in te neem.
• Die sensusmanne wat Benjamin by Fiela weggevat het.
• Die sensusmanne se besluit om nie vir Fiela saam hulle te neem toe
Benjamin in die hof moes verskyn nie.
• Lange wat Barta voorgesê het oor watter kind sy moet kies.
• Barta wat in die hof gesweer het Benjamin is haar verlore kind.
• Die besluit deur Barta om te lieg al het sy geweet Benjamin is nie
haar seun nie.
• Die magistraat het besluit dat Benjamin saam met die Van Rooyens
moes gaan/het Fiela belet om Benjamin in die Bos te gaan opsoek.
• Die besluit van John Benn om Lukas werk aan te bied en sodoende
die kans gegee het om nie weer terug Bos toe te gaan nie (enige 3)

10.32 Beantwoord die volgende vrae.

10.32.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

Die tema van hierdie drama is (die soeke na ‘n huweliksmaat/die


soeke na identiteit). (1)
Die soeke na identiteit

10.32.2 Hoe sal hierdie tema jou lewe in die toekoms beïnvloed? (1)
Ek sal ander mense wat deur hierdie soeke gaan, beter
verstaan/besef dat my soeke na identiteit normaal is/verstaan
dat dit normaal is om te wonder waar ek inpas/self kan kies wie
ek wil wees/waar ek hoort/inpas / As ek weet wie ek is, sal ek
meer selfversekerd deur die lewe gaan / hierdie tema sal nie my
lewe beïnvloed nie.

10.32.3 Wat sou gebeur het as Mister Goldsbury na al die partye


geluister het? (1)

41
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

Benjamin sou nie nodig gehad het om identiteitsloos te voel nie


/ hy sou nie met sy gevoeles vir Nina geworstel het nie / hy sou
nie nodig gehad het om Bos toe te gaan nie / Fiela sou die kans
gekry het om te wys sy kon beter vir Benjamin sorg as Barta.

10.33 Watter insident in die drama het jou ontstel? Konsentreer slegs op ‘n
insident in Benjamin se lewe tot en met die hofsaak en motiveer jou
antwoord. (2)
Toe Fiela gebid het dat die sensusmanne Benjamin nie moet sien nie √
Fiela was so bekommerd omdat Benjamin ‘n wit kind by ‘n bruin gesin was
√ OF
Toe die sensusmanne Fiela sonder respek behandel het √ hulle het
neerhalend/lelik met Fiela gepraat √ OF
Toe Benjamin van Fiela af weggeneem is en saam vreemdes moes gaan
√ Dat ‘n klein seuntjie van sy ma af weggevat is net om ‘n man se krag te
wys / Benjamin het net die Komoeties geken √ OF
Die sensusmanne wat Benjamin uitgevra het √ Benjamin was net ‘n kind √
Benjamin is as baba by Fiela se deur gelos √ dit het die identiteitskrisis
veroorsaak √ OF
Fiela het nie in die hof kans gekry om haar saak te stel nie √ dit is
onregverdig √ OF
Toe Benjamin oor en oor vir die magistraat gesê het hy is Fiela se kind √ ‘n
kind praat uit sy hart uit √ OF
Toe die magistraat sê Benjamin is ‘n Van Rooyen √ die verlies van sy
kindwees √

10.34 Waarom kan ‘n mens sê dat dit goed was vir Nina se toekoms dat Lukas
wel Bos toe gekom het? (1)
Dit het Nina die kans gegee om uit die Bos weg te kom / om weg te kom
van Elias se mishandeling af / sy het miss Weatherbury ontmoet / sy het
leer lees en skryf/opgevoed geraak / sy kon haar eie geld verdien /
Benjamin het van haar werk vir haar gedoen / sy kon haar geheime met
hom deel.

10.35 Besluite wat karakters maak, het ‘n invloed op ander karakters.

In Kolom A word ‘n besluit geneem. In KOLOM B word die invloed op die


besluit genoem. Pas nou die invloed in KOLOM B by die besluit in KOLOM
A. Skryf slegs die letter (A-E) langs die vraagnommers (10.35.1 tot
10.35.4) neer.

KOLOM A KOLOM B
10.35.1 John Benn gee eers nie vir A Lukas kry nou kos en blyplek.
Lukas werk nie.
B Lukas vra vir Kaliel om hom te leer
10.35.2 Kaliel laat Lukas vir hom roei.
werk.
C Joop Stoep moet weer vir Lukas
10.35.3 Selling leer vir Lukas roei. instaan.

42
Hersiening: Fiela 3de bedryf ou vraestelle 2023

10.35.4 Lukas gaan die laaste keer D Lukas vat spaan by John Benn.
na miss Weatherbury se huis.
E Lukas werk nooit op ‘n skuit nie.
10.35.1 B (4)
10.35.2 A
10.35.3 D
10.35.4 C

10.36 Dink aan die mense van Knysna en die omgewing.

Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.


Skryf slegs die letter (A-D) langs die vraagnommers (10.36.1 tot 10.36.4)
neer.

KOLOM A KOLOM B
10.36.1 Nina se beskermvrou A Dikke

10.36.2 Wil ‘n volbloed-seeman word B Miss Weatherbury

10.36.3 Die loodsman by die Knysna-koppe. C Barta

10.36.4 Onthou die voorval toe Lukas weggeraak het D John Benn

E Kaliel September
10.36.1 B (4)
10.36.2 E
10.36.3 D
10.36.4 A

43

You might also like