Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 9

Ingesluit in die pak:

Messiaanse Seder Pakket

Bybelklub vir Kinders

Me s s iaans Se r e de
Wat is 'n Me s s iaans Se r? e de
Die Messiaanse Seder Paasmaaltyd is 'n maaltyd waar ons die tyd in Egipte gedenk toe God, deur Moses, Sy mense uit Egipte bevry het. Die Egiptiese farao het God se mense vrygelaat nadat die Engel van die dood elke eersgeborene in Egipte laat sterf het. Almal behalwe die Israeliete se eersgeborenes. God het vir hulle ges om bloed van 'n lam op hulle deurkosyne te verf, elke Israeliet wat dit gedoen het se eersgeborene is gespaar. Dit was die instelling van die Paasfees. God het vir Sy mense verduidelik wat Hy wil h hulle moet eet met Paasfees en hoe hulle die dag moet vier. Eksodus 11 - 12

Me s s iaans Se r e de
Wat be lsdie maaltyd? he
God het 'n spesifieke lys kos voorgeskryf wat gedurende die Paasmaaltyd geet moet word. Matzah of ongesuurde brood Druiwesap / wyn Pietersielie (vars) Peperwortel (Horseradish) Fyngekapte appels en rosyne (Haroset) Lamskenkel Hardgekookte eiers Bakkie met soutwater Vir 'n maaltyd vul bogenoemde aan met die volgende of enige ander disse van jou keuse onthou niks mag gis inh nie: Lamsboud Wortels Aartappels Rys Roomys vir nagereg

Me s s iaans Se r e de
Ve rloop van die maaltyd
Versier jou tafel met wit linne, kerse en sit 'n bord in die middel van die tafel neer met die volgende daarop: Pietersielie (vars) Peperwortel (Horseradish) Fyngekapte appels en rosyne (Haroset) Lamskenkel Hardgekookte eiers, nog in die dop Plaas die Matzah toegedraai in 'n linneservet in 'n mandjie / bord op die tafel. Sit 'n paar bakkies met soutwater op die tafel neer. Dek elkeen se plek met 'n glas, bord en eetgery. Jy kan ook 'n plek dek vir Jesus, as jy dit so sou verkies. Die res van die kos kan ook op die tafel geplaas word, of in die kombuis gelos word om warm te bly.

Me s s iaans Se r e de
Hou jou Bybel gereed en begin met die Paasmaaltyd. Hou ook 'n bak met water reg vir handewas, sowel as 'n handdoek. Verduidelik dit soos volg aan jou kind /ers: Vanaand vier ons die Paasmaaltyd of Seder. Dit is 'n Joodse tradisie, en ons is nie Jode nie, maar Christene. Deur die Paasmaaltyd onthou en herdenk ons egter die gebeure van hoe God Sy mense uit Egipte uit bevry het. Ons vier ook die Paasmaaltyd omdat Jesus dit gevier het! Jesus se laaste maaltyd saam met Sy dissipels was gedurende die Paasfees en was 'n Paasmaaltyd. Hy het ook nagmaal ingestel by die maaltyd. Die brood simboliseer Sy liggaam en die wyn / druiwesap Sy bloed. Hy het aan die kruis gesterf vir ons sondes! Die dissipels was natuurlik 'n bietjie deurmekaar want niemand het nog ooit so iets gesien nie. Van daardie dag af het wyn en brood vir ons as Christene n ander betekenis. Ons vier Paasfees om Jesus te onthou, ons gaan dieselfde kos eet as wat Hy geet het.

Gedurende die maaltyd gaan ons vier keer uit ons glasies uit drink.

Me s s iaans Se r e de

Vir die ouer: Verduidelik vir jou ouer kind dat die vier glasies die volgende simboliseer: 1.Heiligmaking om ons bewus te maak van God se beloftes. 2.Verlossing God het Sy mense uit slawerny gered. 3.Verlossing Jesus het aan die kruis vir ons gesterf. 4.Danksegging ons dank God vir alles wat Hy vir ons gedoen het. Indien julle vir Jesus 'n plek gedek het, wys dit uit vir die kind en noem dat God altyd by ons is. Lees Markus 13:12 16 saam met jou kinders deur. Drink die eerste glasie sap/ wyn. Was julle hande. Vra vir jou kind (of as die kind oud genoeg is kan hy /sy die vragies vra) Hoekom doop ons die pietersielie in die soutwater?

Me s s iaans Se r e de
Die pietersielie help ons om te onthou hoe die Israeliete met 'n takkie bloed aan hulle deurkosyne moes verf, die soutwater is hulle trane wat hulle gehuil het terwyl hulle in slawerny was en help ons ook onthou van die Rooi See waardeur God hulle gehelp het. Doop die pietersielie twee keer elkeen moet dit self doen. Eet dit (net 'n happie is voldoende). Skink solank 'n volgende glasie, maar moet nog nie drink nie, daar gaan nou 'n paar vragies volg, gewoonlik gevra deur die jongste in die huis, as jou kinders nog klein is kan jy eers vra en beantwoord en later in die volle tradisie oorgaan waar die kind dit vra. Hoekom is vanaand anders as ander aande? Ons was eenmaal slawe in Egipte, maar God het ons bevry. Hoekom eet ons vanaand slegs ongesuurde brood? Gis laat brood rys, net soos sonde ons laat pof, en onheilig maak. Ons eet ongesuurde brood om Jesus wat sondeloos was te onthou.

Me s s iaans Se r e de
Hoekom eet ons vanaand slegs bitter kruie (peperwortel)? Dit help ons om te onthou hoe bitter slawerny was en die soutwater help ons onthou van die trane wat gehuil was. Doop die peperwortel en neem 'n happie op 'n stukkie Matzah. Die Matzah saam met die bitter kruie simboliseer God se vergifnis vir ons. Drink nou julle tweede glasie. Verduidelik baie kortliks wat die kos op die tafel simboliseer : Die eier simboliseer die offers wat aan God gebring is in die Tempel van Jerusalem. Die lam simboliseer die Paasfees opoffering. Appel en rosyne simboliseer die sement waarmee die Israeliete moes werk in Egipte Die hoofmaal word nou bedien en geet. Danksegging / gebed kan gedoen word voor julle eet. Skink na ete die derde glas indien julle gemaklik voel daarmee kan julle nou nagmaal gebruik, of drink slegs die glasie.

Me s s iaans Se r e de
Skink die laaste glasie. Drink dit en sing saam 'n Godsdiens liedjie of eindig met gebed. *********** Resep vir Haroset: 3 appels, fyn gekap Handvol rosyne teelepel kaneel 2 teelepels heuning (of suiker as jou kind allergies is, of baie klein is) Bietjie druiwesap Meng al die bestanddele saam. Bedien. **********

You might also like