Paasfees Mini Pakket

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 7

Ingesluit in die pak:

Mini Paasfeespakket

Bybelklub vir Kinders

Ge ue rs he ve
Vader vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie Lukas 23:34

Hoe om die geheuevers te gebruik:


Druk die versie op die blad uit, knip uit en plak dit op 'n plekkie waar jy en jou kleinding dit elke dag die week kan sien en saam lees. Na 'n dag of twee se saam lees, vra jou kleinding om dit op sy / haar eie te lees vir die wat reeds kan, vir nie-lesertjies vra vir hom / haar of hy / sy kan onthou wat die versie is. Help waar nodig en lees saam elke dag om klem te l op die boodskap van die vers. Dit is lekker om 'n geheuevers boekie aan te skaf waarin jy al die vorige geheue versies kan plak vir toekomstige naslaanwerk vir jou kleinding.

Aktiw ite ite


Ops tandings kie koe s
1 Ziplock sakkie 'n Hammer of 'n koekroller 1 koppie pekaneute (heel neute) 3 eierwitte 1 t asyn Knippie sout 1 koppie suiker Bybel Kleeflint Voorverhit die oond tot 150C dit is baie belangrik, moenie hierdie stap oorslaan nie! Begin die tabel op die volgende blad met jou kind behandel, lees elke teksgedeelte en hoe die bak van julle Opstandingskoekies aansluit by die Opstanding van Jesus.

Aanwysings
Plaas die pekaneute in die ziplock sakkie en laat jou kind dit met die hammer/ koekroller fyn kap Laat jou kind aan die asyn ruik en dit in die mengbak gooi.

Bybelse verwysing
Jesus is gevangene geneem deur die Romeinse soldate.

Teksvers
Johannes 19:1-3

Toe Jesus dors was terwyl Hy aan die kruis gehang het, het die soldate vir Hom suur wyn gegee om te drink. Jesus het Sy lewe gegee in ruil vir ons deur aan die kruis te sterf vir ons sondes. Jesus se volgelinge het souttrane gehuil.

Johannes 19:28-30

Voeg die eierwitte by die asyn in die mengbak. Plaas 'n bietjie sout in jou kind se hand, laat hy/sy daaraan proe, voeg 'n knippie sout by die eierwitte. Voeg die suiker by.

Johannes 10:10-11

Lukas 23:27

Jesus se liefde vir ons is so soet soos suiker! Hy het gesterf vir ons sondes. Die wit mengsel is soos die wit wat simboliseer dat Jesus ons sondes vergewe het. Die koekie hopies is soos Jesus se graf waar Hy begrawe was. Jesus is in Sy graf gesit en die graf is gesel.

Johannes 3:16

Klits die mengsel met 'n elektriese handklitser op hoog vir 10 min of totdat stywe punt stadium bereik word. Vou die neute in, en drup teelepels vol van die mengsel op 'n gesmeerde bakplaat. Plaas die bakplaat in die oond. Gee vir jou kind 'n stukkie kleeflint om die oond mee toe te plak (net 'n klein stukkie is nodig)

Johannes 3: 1- 3

Matteus 27: 57-60

Matteus 27: 62 - 66

Verduidelik dat alhoewel dit hartseer is om die koekies in die oond te los, hulle oornag in die oond moet bly. Gaan slaap. Maak die volgende oggend die oond oop en haal die koekies uit die oond. Wys vir jou kind uit die gekraakte oppervlak en dat die koekies hol is.

Jesus se volgelinge was baie hartseer toe Jesus se graf met 'n groot klip versel was.

Johannes 16:20.22

Jesus se volgelinge was verbaas om op die eerste Opstandingsoggend Sy graf leeg te vind.

Matteus 28:1-9

Lees die teksgedeeltes saam met jou kind deur, verduidelik so goed moontlik wat elke stap in die maak van die koekies behels en hoe dit betrekking het op Jesus se kruisiging en opstanding. As ouers wil ons nie kinders bangpraat nie, maar dit is tog belangrik dat hulle besef presies waaroor Paasfees gaan, Jesus het vir ons sondes gesterf, as gevolg van Sy groot opoffering en liefde vir ons, is ons gered. Dit

is deur Sy genade alleen.

Aktiw ite ite


Be nodighe : de Aktiw it: ite
Kunsklei (die tipe wat hard word), potplante van jou keuse, groot pot / bak waarin jy kan plante plant, potplant grond, stukkie wit materiaal, klein baba poppie of wasgoedpennetjie, kokipen Gesels vlugtig oor dat Jesus God se Seun is wat hier op aarde saam met ons mense gewoon het. Hy het gesterf vir ons sondes, sodat ons vergewe kan word en Hemel toe kan gaan om eendag die ewigheid saam met God te spandeer. Maak 'n grot van die klei vir 'n graf, sowel as 'n groot klip om die graf se opening te bedek van die klei. Plant nou die plante saam met jou kind in die bak. Plaas die graf in die middel, tussen die plante, draai die poppie toe in die wit materiaal, of teken 'n gesiggie met die kokipen op die wasgoed pennetjie en draai dit toe in die materiaal. Plaas nou die mannetjie / pennetjie in die graf. Maak toe met klip. Laat jou kind gaan slaap, haal die mannetjie uit en vou die materiaal op en plaas in graf. Wanneer jou kind die volgende oggend wakker word sal die graf leeg wees, net soos toe Jesus opgestaan het.
Hierdie idee het ek by 'n vriendin gekry besoek haar webwerf Www.joyfulmamasplace.blogspot.com Vir nog hope idees!

You might also like