Download as pptx, pdf, or txt
Download as pptx, pdf, or txt
You are on page 1of 11

STYLFIGURE

STYLFIGURE
KLIMAKS: Hier word die leser ter wille van effek tot die
hoogtepunt van n reeks woorde gelei. Spanning word
geskep.

ANTIKLIMAKS: In plaas van hor te klim, is daar n


daling of ontknoping.

ANTITESE OF KONTRAS: twee uiterstes word direk


teenoor mekaar gestel om deur middel van kontras te
beklemtoon, bv. Die soen en suur van die lewe.
STYLFIGURE
PARADOKSALE TEENSTELLING: Skynbare teenstelling.
Dieperliggende waarheid, bv. Stilbly is ook n antwoord.

OKSIMORON: Twee teenstrydighede word direk langs


mekaar geplaas, bv. Dit is n ope geheim.

EUFEMISME OF VERSAGTING,
versagting van die harde werklikheid
bv. hy het sag heengegaan, i.p.v hy is dood.
STYLFIGURE
HIPERBOOL: iets word vergroot om dit indrukwekkend te
maak, bv. Ek het jou al duisend maal ges (seker nie
werklik n duisend keer nie). Oordrywing

LITOTES: wanneer die waarheid verklein word, om dit


beter te laat uitkom, bv. Hier is vir jou n sakgeldjie van
R20 000.
STYLFIGURE
ONOMATOPEE OF KLANKNABOOTSING: nabootsing
van klanke of geluide, bv. zoem, bokmakierie, ens.

POLISINDETON: herhaling van n voegwoord om n


bepaalde effek te kry, bv. Ons het gesing en gedans en
gelag en gespeel.
ASINDETON: Voegwoorde word weggelaat, waar n mens dit
sou verwag, bv. Honde, katte, varke, kinders, alles, peul by die
kombuisdeur uit.

APOSTROOF: Aanroep deur n skrywer van n persoon wat


gewoonlik dood of afwesig is, bv. Dood, waar is jou angel?

SIMBOLIEK: n Konkrete verskynsel word n simbool wanneer


daar n abstrakte of diepere betekenis aan geheg word.
Voorbeelde: kruis, die duif en andere.
STYLFIGURE
SARKASME: Jy s iets spottends met die doel om seer te
maak, maar jy bedoel wat jy s.

IRONIE: Wanneer iets spottend ges word en die


teenoorgestelde word bedoel. Bv. Gits, maar jy is darem
slim! (almal weet hoe dom hy is)

INSINUASIE (innuendo): Wanneer iets nie direk ges


word nie, maar dit word gempliseer. Bv. Sommige mense
het gister weer net geslaap.
STYLFIGURE
REPETISIE: (herhaling) bv. Af, af, af gaan al die ligte in
die nag, nag, nag.

METONIMIA: Wanneer twee sake verwant aan mekaar is


en die een saak kry die naam van die ander. Bv. Die ketel
kook.
Sinekdogee: Net n deel van die geheel word genome. Bv.
Hy vra die meisie om haar hand.
STYLFIGURE
SINESTESIE: Wanneer twee of meer sintuie in een beeld
betrek word. Bv. n Bont lawaai / Die silwer oggend.

INVERSIE: Omgekeerde woordorde. Bv. Soet is hulle beslis


nie!

ELLIPS: Weglating van woorde wat veronderstel kan


word. Bv. Jy beter jou gedra, anders...
STYLFIGURE
PARALLELISME: Dieselfde gedagte word op twee
maniere met geringe wysigings uitgedruk.

RETORIESE VRAAG: Geen antwoord word verwag nie;


dit word as vanselfsprekend aanvaar. Is dit nie n
wonderlike dag nie?

RETORIESE UITROEP: n Gevoel word hartstogtelik


uitgeroep. Bv. Skitterend, my vriend!

You might also like