LO - Graad 12 BL 189 - 194

You might also like

Download as pptx, pdf, or txt
Download as pptx, pdf, or txt
You are on page 1of 10

LEWENSORIЁNTERING

GRAAD 12
LES 4
Bl. 189 - 194
Selfontwikkeling in die samelewing
 Menslike faktore wat swak gesondheid, ongelukke, krisisse en rampe veroorsaak.
 Swak gesondheid, ongelukke, krisisse en rampe
Menslike faktore wat swak gesondheid, ongelukke, krisisse en rampe veroorsaak, is aspekte
waarvoor ons verantwoordelik is en wat nie oorsake buite ons beheer het nie.
As daar bv. ‘n tsunami is en mense sterf of word beseer, is dit nie ‘n menslike faktor nie, want dit
is buite ons beheer.

Daar is wel menslike faktore wat swak gesondheid, ongelukke, krisisse en rampe
veroorsaak.
1. Swak gesondheid:
Swak lewenstylkeuses kan tot swak gesondheid lei, bv. om onbeskermde seks te hê en ‘n SOI
(seksueel oordraagbare infeksie) op te doen, om te rook en longkanker te kry, of om alkohol te
misbruik en lewersiekte op te doen.

2. Ongelukke:
Ongelukke kom voor wanneer onverwagte en onbeplande dinge met iemand gebeur.
Voorbeelde: Mense veroorsaak verkeersongelukke deur te vinnig of onder die invloed van
alkohol te bestuur.
Om ‘n brandende kers naby ‘n gordyn te los.
Om ‘n pot kokende water of olie alleen te los sonder toesig sodat ‘n kind dit kan
omstamp.
3. Krisisse:
Is ‘n noodtoestand wat groot nood en ontwrigting veroorsaak.
Voorbeeld: ‘n Man sy vrou vir ‘n ander vrou verlaat.
Mense wat koperkabels op spoorlyne steel wat meebring dat treine nie kan loop nie,
mense laat vir werk is, of dit kan sels ongelukke veroorsaak.
Selfontwikkeling in die samelewing
> Daar is wel menslike faktore wat swak gesondheid, ongelukke, krisisse en rampe
veroorsaak - vervolg:

Rampe:
‘n Ramp is ‘n groot tragedie of verwoesting. Dit kan deur die natuur of mense veroorsaak word.
Voorbeelde waar mense rampe veroorsaak is bv.:
- Wanneer hulle riviere vir hul ablusies gebruik, soos om wasgoed te doen en daarin te ontlas, kan die
water besmet raak.
Mense wat besmette water gebruik, kan cholera opdoen, wat ‘n dodelike siekte is en maklik versprei.
- Fabrieke stort hul giftige afvalwater in riviere. Dit kan lewende organismes in die water vernietig en
mense kan siek word as hulle hierdie water gebruik.
- Gedurende oorloë bombardeer mense stede en dorpe, vernietig mense se huise en veroorsaak groot
rampe.
- Sportondersteuners stamp teen mekaar om ‘n stadion binne te gaan. Te veel van hulle klim op ‘n
pawiljoen en dit stort onder die gewig ineen. Baie mense kan sterf of beseer word.

 Sielkundige, sosiale en religieuse faktore; kulturele praktyke en verskillende kennisperspektiewe:

Sleutelwoorde:
Kulturele praktyke:
Rituele of gereelde aktiwiteite wat deur mense van dieselfde afkoms uitgevoer word.

Fetale alkoholsindroom (FAS):


‘n Toestand wat ontstaan as gevolg van alkoholmisbruik deur die moeder gedurende swangerskap.
Selfontwikkeling in die samelewing
 Sielkundige faktore wat swak gesondheid veroorsaak:

- Sielkundige faktore vewys na die geestelike en emosionele aspekte van die mens.
- Die verstand en liggaam is in noue wisselwerking; soms kan sielkundige faktore siektes
veroorsaak en soms kan siektes ‘n siekundige uiwerking hê.
Voorbeeld: As jy bv. ‘n negatiewe selfbeeld en lae eiewaarde het, kan jy dink dat jy nie waardig
is
om op veilige seks aan te dring, soos om ‘n kondoom te gebruik nie.
Hierdie siekundige faktor kan meebring dat jy MIV opdoen.
Hierdie siekte kan, op sy beurt, sielkundige uitwerking hê: jy kan depressief en gestres raak.
- Psigomatiese siektes beteken siektes wat die verstand en die liggaam raak.
Dit kan begin met emosionele stres, maar kan liggaamlik raak.
Jou stres kan ‘n maagseer of ‘n beroerte veroorsaak.
Psigosomatiese siekte bestaan werklik en nie net in jou verbeelding nie.
Dit moet soos enige ander siekte behandel word.
Voorbeelde van psigomatiese siektes is spysvertering- of maagprobleme, moegheid en
hoofpyne. As jy bv. gedurig bekommerd, gespanne en senuweeagtig is, kan jy ‘n loopmaag of
hoofpyn kry.
Selfontwikkeling in die samelewing
 Sosiale faktore wat swak gesondheid veroorsaak:
- Swak gesondheid hou verband met sosiale faktore, wat kwessies is waarby mense, die
gemeenskap en die publiek betrek word.
- Hoe mense teenoor mekaar optree en die sosiale omstandighede waarin hulle leef, kan hul
gesondheid beïnvloed.
- Geweld kan tot beserings en stres lei.
Geslagsgebaseerde geweld, veral geweld teen vroue, is ‘n groot oorsaak van swak gesondheid.
As vroue bv. mishandel word, kan hulle gebreekte bene, gebreekte rugwerwels, brandwonde
ens. opdoen.
Vroue is ook meer bloodgestel aan SOI’s en MIV weens gedwonge seksuele omgang of
verkragting.
- Fetale alkoholsindroom (FAS) ontstaan wanneer ma’s alkohol drink terwyl hulle verwag.
Geen hoeveelheid alkohol is veilig gedurende ‘n swangerskap nie.
As jy gedurende swangerskap drink, stel dit jou baba in gevaar om geestelike en fisiese
ontwikkelingsprobleme op te doen.
FAS veroorsaak leerprobleme, wat meebring dat kinders nie op skool kan byhou nie, uitval en
nie in diens geneem kan word nie. Dit lei tot armoede.
- Omgewingskade wat deur besoedeling veroorsaak word, kan ook ernstige siektes onder
bloodgestelde gemeenskappe veroorsaak.
Voorbeelde: Talle leerders ly aan asma weens lugbesoedeling.
Giftige spuitmiddels wat op voedselgewasse gebruik word, kan dit besmet en
kanker veroorsaak.
Sommige plastiekbottels kan kanker veroorsaak wanneer dit verhit word.
- Armoede en geslagsongelykhede dra by tot swak gesondheid.
Selfontwikkeling in die samelewing
 Religieuse faktore wat swak gesondheid veroorsaak:
- Sommige mense se religieë kan hul verhoed om medikasie te neem of om bloedoortappings te
ondergaan.
- Sommige religieë se oortuigings is so sterk dat hulle sê dat net hul god hulle kan genees.
Hulle weier dan enige mediese en sielkundige hulp bv. Jehovah-getuies.
- Sommige gelowe vertel hul volgelinge dat siektes hul eie skuld is en dat hulle boetedoening
moet doen om te wys dat hulle jammer is of andersins gestraf sal word.
Sulke mense voel dan skuldig omdat hulle siek is en gaan dan nie vir mediese of siekundige
hulp nie.
- In sommige gelowe word allerhande doepas en medisyne gemeng en vir siek mense gegee.
Van hierdie doepas kan negatief interreageer met ander medisyne wat die persoon reeds neem,
of die uitwerking van die voorgeskrewe medisyne neutraliseer.
As jy kruiemedisyne saam met voorgeskrewe antibiotika neem, kan jy die uitwerking van die
antibiotika uitkanselleer en ernstig siek word.
- Sommige gelowe verbied die gebruik van kondome. Dit beteken SOI’s, insluitende MIV, versprei
maklik.
- Gelowe wat die deel van ‘n gemeenskaplike beker, wat van een na die volgende mens
aangegee
word, aanmoedig kan siektes soos griep en mondsere laat versprei.
- Sommige geloofgenesers werk net vir geld.
Dit beteken mense sterf of raak nog sieker omdat hulle nie die nodige behandeling kry nie.
Selfontwikkeling in die samelewing
 Kulturele praktyke wat swak gesondheid veroorsaak
 Skadelike kulturele praktyke is dikwels daarop gemik om mans te bevoordeel en kan baie skade
aan vroue veroorsaak.
Voorkeur vir manlike kinders (seuns) :
- In sommige kulture word seuns bo dogters verkies.
Dit beteken dat ‘n vroulike fetus geaborteer word of ‘n babadogtertjie by geboorte doodgemaak
word.
- Die beste kos word dikwels vir die seun gehou en die dogter dan aan wanvoeding en algemene
verwaarlosing ly.
- Voorkeur vir seuns en die lae waarde wat aan dogters geheg word, het ‘n skadelike sielkundige
effek op die meisies. Hierdie meisies dink hulle is waardeloos of minder werd as mans.
- Hierdie meisies sien nie goed om na hul gesondheid nie en is meer kwesbaar vir risikogedrag
a.g.v. hul lae eiewaarde en swak selfbeeld.

Besnydenis:
Dit is die verwydering van die voorhuid van die manlike penis.
Dit help om die oordrag van MIV te verminder.
- Dit is skadelik as dit deur ‘n onopgeleide persoon uitgevoer word wat ongesteriliseerde
instrumente gebruik en nie genoeg voorsorg tref om infeksie te voorkom nie.
- ‘n Groot aantal jeugdiges sterf weens besnydenisse wat skeefgeloop het, of hul penisse moet
weens infeksie geamputeer word.
Selfontwikkeling in die samelewing
 Kulturele praktyke wat swak gesondheid veroorsaak - vervolg
 Vroulike genitale verminking en besnydenis:
Vroulike genitale verminking (VGV) behels die chirurgiese verwydering van dele van, of al die,
vroulike genitale organe.
- In sommige kulture word daar geglo ‘n vrou se seksualiteit kan beheer word deur haar genitale
organe te vermink.
Dit word ook gedoen om ‘n vrou se maagdelikheid voor haar troue te verseker, asook ontrouheid
na die huweluk.
- VGV lei egter tot ernsige gesondheidsprobleme en siektes, insluitend inwendige bloeding en
uitwendige bloeding, infeksie en erge pyn.
- Infeksie kan tot onvrugbaarheid, bloedarmoede en moeilike geboortes lei.
- Die komplikasies wat moontlik kan intree kan lei tot die dood.
- Die onvermoë om menstruele bloed uit te skei omdat die oorblywende opening te klein is, kan
die infeksie van ander organe meebring.

Die erf van vroue:


Hierdie kulturele praktyk dwing ‘n weduwee om met ‘n mankike familielid van haar oorlede man te
trou.
- As ‘n vrou/bruid geërf word, beteken dit gedwonge seks vir die weduwee.
Hierdie praktyk kan die vinnige verspreiding van SOI’s, insluitend MIV, asook sielkundige
probleme meebring.
Selfontwikkeling in die samelewing
 Kulturele praktyke wat swak gesondheid veroorsaak - vervolg
 Gereëlde huwelike:
- Meisies van so jonk as 11 word as die vierde of vyfde vrou aangebied aan mans wat oud genoeg
is om hul oupas te wees.
Die ouers doen dit gewoonlik om geld te kry of om hul skuld te betaal.
- Die nadeel daaraan verbonde is dat meisies se kinderdae van hul ontneem word, asook ‘n
gebrek aan onderwys en swak gesondheid het.
- Moeilike geboortes van hierdie jong ma’s lei baie keer tot die dood.
- Baie meisies het ‘n lae liggaamsgewig en ly aan wanvoeding omdat hulle as babadraers beskou
word en dus gedwing word om elke jaar swanger te raak.
Hulle moet hul babas borsvoed in ‘n stadium van hul lewe waar hulle ook nog groei.
- Die risiko van MIV en VIGS neem toe weens die talle verhoudings wat die mans mag hê.
Op die jong ouderdom kan meisies nie oor die gebruik van kondome onderhandel nie.
- Hulle het geen toegang tot hul basiese menseregte nie.
- Die meisies is dikwels die slagoffers van mishandeling en ly aan die siektes wat daarmee
gepaardgaan.

Kultuur van stilte:


In sekere kulture is dit taboe om oor seks, verhoudings tussen geslagte en kwessies van
reproduktiewe gesondheid, MIV en VIGS en swangerskap te praat.
- Hierdie geheimhouding kan waninligting, mites, gebrek aan kennis, stigmas en diskriminasie
meebring.
- Dit kan ook mense keer om na klinieke toe tegaan vir behandeling wat hul lewens kan red.
Selfontwikkeling in die samelewing
 Kulturele praktyke wat swak gesondheid veroorsaak - vervolg
 Droë seks:
Droë seks of vaginale droogheid lei tot wrywing in die genitale area en veroorsaak beserings aan
die membraan wat die vagina en die baarmoedersak uitvoer.
- Hierdie littekenweefsel verhoog die risiko dat vroue MIV kan opdoen.
- Droë seks verwyder die bakterieë wat help om infeksie te bestry.
- Daar is ‘n hoë risiko dat ‘n kondoom tydens droë seks kan skeur.
Dit lei ook tot ‘n hoër risiko van ‘n SOI-infeksie.

Voedingskade:
In sommige kulture is daar voedingtaboes, wat beteken dat sommige kossoorte nie geëet mag
word nie. Dit het veral betrekking op meisies en swanger ma’s.
- Dit het ‘n skadelike uitwerking op die swanger ma’s en hul babas omdat hulle nie al die
voedingstowwe kry wat hulle nodig het nie, veral proteïen en yster.
- Hulle is dan meer kwesbaar vir infeksies en siektes.
- In sommige kulture word die baba-dogtertjies baie gouer gespeen as die seuntjies. Dit beteken
dat seuntjies ‘n baie beter kans op oorlewing het.
- Meisies en vroue word soms van eiers, vis, vleis en melk ontneem.
Dit beteken hulle kry nie genoeg voedingstowwe in nie en is meer geneig om siek te raak.
- In sommige kulture is eetversteurings aan die toeneem omdat mense dink dat ‘n maer vrou baie
mooi en gelukkis is.
Daar is ook sogenaamde norme oor die ideale liggaamsgrootte, -vorm, en -voorkoms.
- Baie meisies eet nie, ly honger of gaan op skadelike diëte of verloor gewig om daaraan te
voldoen.
- Dit kan ook eetversteurings veroorsaak, soos anoreksie en bulimie, wat tot uithongering en die dood kan
lei.

You might also like