Kwdfknwek

You might also like

Download as pptx, pdf, or txt
Download as pptx, pdf, or txt
You are on page 1of 27

EBELA260 – BELASTING 1

KONTAKSESSIE 6
Hoofstuk 7
 Kortings
 Mediese Krediete (6A en 6B) SILKE 2022  Bl. 168
 Pensioenfonds aftrekkings
 Donasies aan publieke organisasies en ander gekwalifiseerde begunstigdes
 Getroude pare (binne gemeenskap van goedere) Bl. 183 / 184
7th Schedule van die inkomstebelasting Wet

= BYVOORDELE (FRINGE BENEFITS)


KORTINGS (Rebates)

Korting S6(2)
Natuurlike persone kwalifiseer vir die volgende korting tipes (2021):
 Primere korting (alle persone) = R15 714
 Sekondere korting (persone > 65 jaar oud) = R8 613
 Tersiere korting (persone > 75 jaar oud) = R2 871
KORTINGS (Rebates)

Korting krediete S6(2)


Natuurlike persone kwalifiseer vir die volgende korting tipes (2022):
 Primere korting (alle persone)
 Sekondêre korting (persone > 65 jaar oud)
 Tersiêre korting (persone > 75 jaar oud)
Korting reëls:
Die primêre korting het wel n beperking vir natuurlike persone:
 Primêre korting ÷ (Laagste belastingskoers (18%)
KORTINGS (Rebates)

Korting S6(2) is dus van toepassing as ʼn natuurlike persoon se belasbare


inkomste R87 300 (R15 714 ÷ 18%)
Korting reëls:
• Die persoon moet 65 jaar oud of ouer wees op die laaste dag van aanslag / sou
gewees het as hy/sy gelewe het. (So ook vir die tersiêre korting)
• As die persoon oorlede is en sy/haar se jaar van aanslag is korter as 12 maande dan
sal die korting proporsioneel aangepas word.
• Daar bestaan nie ʼn korting terugbetaling nie, al is die kortings meer as die belasting
betaal baar.
Voorbeeld
J.G. Sterf op 30 April 2021 op die ouderdom van 57 jaar.
Bereken die toepaslike korting wat aan J.G. toegestaan kan word in die 2022 jaar
van aanslag.

Primêre Korting vir die volle jaar van aanslag R15 714
Korting verminder na (61dae/365dae) x R15 714 R2 626
(1 Maart 2021 tot 30 April 2021 = 61 dae)
S 6A Mediese Krediete (> 65 jaar oud of die person, sy of haar spouse/kind met gestremdheid)

Mediese fonds fooie belasting krediet is soos volg toegepas:


• Mediese fonds moet geregistreer wees
• R332 vir die hooflid
• R664 vir die hooflid en een afhanklike; of
• R664 vir die twee afhanklikes; en
• R224 vir elke addisionele afhanklike vir elke maand wat die fooie betaalbaar
was.
• As meer as een persoon die mediese fooie betaal, sal die belasting krediet
proporsioneel verdeel word op grond van elkeen se bydrae.
S 6B Mediese Krediete (> 65 jaar oud of die person, sy of haar spouse/kind met gestremdheid)

33.3% van:
o die oorskot
o van standaard maandelikse mediese fonds fooi betaal
o Minus (3 x die mediese belasting krediet wat die persoon mag kry)
o Plus alle geldige mediese uitgawes wat nie deur die mediese fonds verhaal is nie.
(uitgesluit bydraes)
Alle ander gevalle:

Artikel 6B
 25% van die oorskot van:
Artikel 6A
 Werklike bydraes gemaak
 R332 (hooflid)
 Minus (4 x 6A krediet)
 R664 (hooflid + een afhanklike)
 Plus alle bedrae wat kwalifiseer as
 R664 (hooflid + twee afhanklikes) Mediese uitgawes (out of pocket expenses)
 R224 (vir verdere afhanklikes)  Minus 7.5% van die belastingpligtige se
.... Per maand belasbare inkomste (uitgesluit RFLB,
RFLWB, SB) bl.. 168 silke 2022
Voorbeeld
Stella is 65 jaar oud en is werksaam by Protea Hotel in die Kaap. Sy is getroud buite
gemeenskap van goedere en het geen kinders nie. Haar man is ʼn afhanklike op haar
mediese fonds. Gedurende die jaar van aanslag was haar betaalde kwalifiserende
mediese uitgawes R76 800.
Protea Hotel het 50% van haar totale maandelikse mediese fonds fooie van R6500
bygedra en Stella het die ander 50% betaal. Sy het afgetree op 31 Mei 2021. Sy was
steeds n mediesefonds lid en haar werkgewer het die bogenoemde bydraes gelewer
soos genoem hierbo.

Bereken Stella se S6A en 6B mediese krediete vir die 2022 jaar van aanslag.
6A Krediet:
Onthou: die 6A mediese krediet is van toepassing vir die maande waarin die persoon mediese fonds
bydraes maak en ook op dit wat namens hom gemaak is.
Dus 6A Mediese Krediet: R664 x 12 maande = R7 968
6B Krediet:
Fooie betaal aan mediese fonds:
 Betaal deur Edgar (R3 250 x 3) (6500 x 9mde) R39 000
 Betaal deur werkgewer en belas as byvoordeel (3 x R3 250) R9 750
Subtotaal R48 750
Minus 3 x S6A mediese krediet (R7 968 x 3) (R23 904)
Plus Kwalifiserende Mediese uitgawes R76 800
Totaal R101 646
Dus 6B Mediese Krediet: R101 646 x 33.3% = R33 543
S 6B Mediese Krediete (alle ander gevalle)
o 25% van die:
o oorskot van
o standaard maandelikse mediese fonds fooi betaal
o Minus (4 x die mediese belasting krediet wat die persoon mag kry)
o Plus alle geldige mediese uitgawes wat nie deur die mediese fonds verhaal is
nie. (uitgesluit bydraes)
o Minus 7.5% van die belasbare inkomste
Voorbeeld
Sanja is 44 jaar oud en is werksaam by Dental Corp. Sy is getroud buite gemeenskap
van goedere en het geen kinders nie. Haar enige bron van inkomste is haar salaris van
R136 000 vir die jaar van aanslag. Gedurende die jaar van aanslag was haar betaalde
kwalifiserende mediese uitgawes R11 000 en R21 760 as bydraes tot haar mediese
fonds.

Dental Corp. Het R9 240 bygedra tot haar mediese fonds vir die jaar van aanslag. Sanja
het verder ook 60% van haar ma se mediese fonds bydraes betaal vir die jaar van
aanslag wat R6000 beloop het. Haar ma word geag as ʼn afhanklike van haar omrede sy
haar ma onderhou.

Bereken die belasbare inkomsteen normale belasting betaalbaar deur Sanja vir die 2022
jaar van aanslag.
Salaris R136 000
Plus: Byvoordeel R9 240
Belasbare Inkomste R145 240

Belasbare inkomste (R145 240 x 18%) R26 143


Minus Primêre Korting (R15 714)
Minus Mediese Krediet (S6a krediet)
(R664 + (R224*60%)) x 12mde (R9 576)
Minus Mediese Krediet (S6B) *sien berekening* (R27)
Normale belasting betaalbaar R1 954
S6B krediet:
Fooi betaal aan mediese fonds R34 600
(R21 760 Sanja + R9 240 Werkgewer + (R6000 x 60%) (t.o.v. Ma)

Minus (4 x S6A mediese krediet) (4 x R9 576) (R36 816)


Subtotaal -R2 216
....maar dit mag nie negatief wees nie!!!
Dus beperk tot Nul. R0
Plus Kwalifiseerde Mediese uitgawes R11 000
Minus (R145 240 x 7.5%) (R10 893)
R107
Mediese Krediet toegestaan (R107 x 25%) R27
Doen die handboek voorbeelde en
Kyk na Opsomming op bl. 168-170 oor
S6A en S6B
Bydraes tot pensioenfondse ens. Artikel 11F

 Die spesiale aftrekking is soos volg -


= Die som van al die bydraes tot pensioen fondse, voorsorg fondse en aftree annuiteite in die
jaar van aanslag, is beperk to die minste van:
• R350 000 (Volgens die inkomste belastingwet); of
• Belasbare inkomste voor aftree enkelbedrae, voor 18A Donasies en voor die kapitale
winste;
• 27,5% van die hoogste van:
– Besoldiging (uitgesluit skeidingspakkette en enkelbedrae (lump sums) /onttrekkingsvoordeel)
– Belasbare inkomste voor aftree enkelbedrae, voor aftree aftrekkings, donasies aftrekkings van
Public Benefit organisations (PBO) (m.a.w. Belasbare inkomste NA belasbare KWB)
Voorbeeld
Gedurende die 2022 jaar van aanslag het Zurelda (ouderdom 30jaar en
inwoner van RSA) ʼn salaris ontvang van R300 000, rente inkomste vanaf n bron
uit die RSA van R264 300. Haar maandelikse pensioenfondsbydrae beloop
R4500 en het ook R10 000 bygedra tot ʼn aftree annuïteit maandeliks. Haar
werkgewer het geen bydraes gelewer tot enige fonds nie. Sy het verder ook
R58 000 se realiseerbare kapitaalwins gehad. Die balans van haar onopgeëiste
bydraes aan al die aftree fondse op 28 Feb 2022 het R8000 beloop.

Bereken haar belasbare inkomste vir 2022 jaar van aanslag.


Salaris R300 000
Rente inkomste R264 300
Belasbare inkomste voor kapitaalwins R564 300
Plus Kapitaalwins R58 000
Belasbare Inkomste na kapitaalwins R622 300
Minus S11F aftrekking (sien nota) (R171 133)
Belasbare inkomste vir die jaar van aanslag (R451 167)
NOTA:
Werklike Bydraes = (R4500 x 12) + (R10 000 X 12) + R8000 = R182 000 maar is BEPERK TOT DIE MINSTE VAN:
o R350 000; of
o R564 300 (Belasbare inkomste voor kapitaalwins) of;
o 27.5% van die hoogste van:
• Vergoeding/Besoldiging (R300 000) of
• Belasbare Inkomste na kapitaalwins (R622 300) Dus: 27.5% x R622 300 = R171 133
Dus is die aftrekking beperk tot die minste: R171 133
Die oorskot van R10 867 (R182 000 – R171 133) word oorgedra na volgende jaar se aftrekkingsvoordeel.
Donasies / Skenkingsbelasting – Artikel 18A
Donasies is aftrekbaar in die volgende gevalle:
• As dit gegee was aan n SARS goedgekeurde openbare welsyns organisasies
• Instansie, raad of liggaam wat openbare aktiwiteite doen
(Sien bl. 176 vir meer tipe organisasies)

Beperking op donasies se aftrekbaarheid is soos volg:


= 10% x belasbare inkomste voor aftrekkings
(uitgesluit skeidingspakkette en enkelbedrae (lump sums) / onttrekkingsvoordeel)

Let wel: Bedrae wat die beperking oorskry kan na die volgende jaar van aanslag oorgedra word.
Leer: Donations to Public Benefit Organisation (PBO’s) + Voorbeeld Handboek
Voorbeeld
Wolter is 55 jaar oud met ʼn belasbare inkomste van R600 000 gedurende die jaar van
aanslag alvorens hy die volgende donasies gemaak het:
 Donasie aan Stellenberg Universiteit, R20 000.
 Donasie aan kanker pasiënte in Parkview Hospitaal, R50 000.
 Donasie aan die Leeupark in Krugersdorp, R10 000. Die park is ʼn private
welsynsorganisasie
Bereken die toelaatbare bedrag donasies wat afgetrek mag word ingevolge die
inkomstebelasting wet.
Donasie aan Stellenberg Universiteit R20 000
Donasie aan kanker pasiënte R50 000
Donasie aan die Leeupark Nul
Totale donasies aftrekbaar vir belasting VOOR beperking R70 000

 MAAR: Beperking tot 10% van belasbare inkomste  


= R600 000 x 10%
= R60 000
Dus: R60 000 < R70 000 en daarom is slegs R60 000 aftrekbaar.

Totale donasies aftrekbaar vir belasting nadat die beperking toegepas is R60 000

You might also like