10 Haikoes

You might also like

Download as pptx, pdf, or txt
Download as pptx, pdf, or txt
You are on page 1of 20

Nasionale Opleiding vir tale

Provinsiale werkswinkel
Mei 2017
Tien haikoes vir die Vredefortkoepel –Hans du Plessis
Hans du Plessis, die digter
 Hans Georg Wilhelm du Plessis
 Gebore
 15 Januarie 1945 (72 jaar oud)
Pretoria
 Nasionaliteit
 Suid-Afrikaans
 Alma mater
 Unisa, PU vir CHO
 Beroep
 Skrywer, digter
 Bekend vir sy Griekwapsalms
 Huweliksmaat
 Maria Magdalena Potgieter
 Kind(ers)
 Barend, Louis, Hansie, Tjaar
WOORDESKAT:
• Meteoriet

• Wêrelderfenis

• Besoedeling

• Krater

• Klipvuis
 Treksaag

 Uitgeteer

 Perforasie

 Verstom
Tien haikoes vir die Vredefortkoepel –
Hans du Plessis

1. Meteoriet
Deur die donker klief
’n klipvuis en klap lewe
uit die aarde uit.

 
2. Wind
’n Asem jaag oor
yslike nagte en vee
ons winternis weg.

 
Tien haikoes vir die Vredefortkoepel –
Hans du Plessis
3. Water
Jy maak so silwer
sonder droë woorde sin
wat my skoon verstom.
 
4. Grond
Vang reën en son in
die bakhand van jou lyf waar
lewe kliphart klop.

 
Tien haikoes vir die Vredefortkoepel –
Hans du Plessis
5. Boom
Veerlig dwarrel herfs
van kil takke los en broei
nog ’n lente uit.
 
6. Mens
Toe staan stof uit stof
en oorheers die aarde op
grond van sy bestaan.

 
Tien haikoes vir die Vredefortkoepel –
Hans du Plessis
7. Wêrelderfenis
En ons koepel skeur
al langs perforasies van
mens-dom middeldeur.
 
8. Besoedeling
Nou moet dier en duif
hees van die rook en roet vir
byl en treksaag boet.

 
Tien haikoes vir die Vredefortkoepel –
Hans du Plessis
9. Dankgebed
Heer, ons paaie lê
uitgeteer oor brûe met
water onderdeur.
 
10. Tien
Vuis van swael en vuur
gaan duskant ons Groot Ekskuus
weer kom asem haal.

 
Tien haikoes vir die Vredefortkoepel – Hans du Plessis

TITEL
Die plek waar die meteoriet geval het

Tien haikoes vir die Vredefortkoepel

ʼn liriese Japanese digvorm – dit sê


baie met min woorde. Dit bestaan uit
drie reëls sonder rym.

Die aantal haikoes


waaruit die gedig bestaan
 
Tien haikoes vir die Vredefortkoepel –
Hans du Plessis
1. Meteoriet halfrym?
Deur die donker klief Die meteoriet is ʼn “klipvuis”
’n klipvuis en klap lewe wat “klap”
uit die aarde uit. • metafoor
• personifikasie
2. Wind lewe Dui op vernietiging
’n Asem jaag oor Dui op vernietiging
yslike nagte en vee
ons winternis weg. Die wind “asem”het die ys
weggevee
woordspeling? Na vernietiging begin die
  skepping weer
Tien haikoes vir die Vredefortkoepel –
Hans du Plessis
3. Water halfrym?
Jy maak so silwer kontras?
sonder droë woorde sin
woordspeling?
wat my skoon verstom.
 
4. Grond
Vang reën en son in
die bakhand van jou lyf waar
lewe kliphart klop.
woordspeling? hart = lewe
  klipvuis?
Tien haikoes vir die Vredefortkoepel –
Hans du Plessis
5. Boom
Veerlig dwarrel herfs proggressie van
van kil takke los en broei seisoene?
nog ’n lente uit.
 
6. Mens
Bybelse verwysing
Toe staan stof uit stof • uit stof
en oorheers die aarde op • heers oor aarde
grond van sy bestaan.
woordspeling?
 
Tien haikoes vir die Vredefortkoepel –
Hans du Plessis
7. Wêrelderfenis Die Vredefortkoepel is
En ons koepel skeur “ons” (S.A.) sewende
Wêrelderfenisgebied
al langs perforasies van
mens-dom middeldeur. “mens-dom”?
 
8. Besoedeling besoedeling deur mens?
Nou moet dier en duif
hees van die rook en roet vir “dier” en “duif” = volgorde?
byl en treksaag boet. halfrym?
woordspeling?
 
Tien haikoes vir die Vredefortkoepel –
Hans du Plessis
9. Dankgebed Titel?
Heer, ons paaie lê paaie is dubbelsinnig. Verklaar.
uitgeteer oor brûe met
vernietiging vs. lewe
water onderdeur.
 
10. Tien “klipvuis”- “vuis”
Vuis van swael en vuur
vernietiging vs. lewe
gaan duskant ons Groot Ekskuus
weer kom asem haal. woordspeling?
Wat is die verband tussen die meteoriet en elke haikoe?
 
Temas en boodskap
• TEMA – een woord, bv. vernietiging
teenoor lewe / kringloop van die lewe (Die
kern van die gedig)

• BOODSKAP – Die lewensles, bv. ons


moet die wêreld / natuur bewaar /
waardering van die natuur.
Stemming
Stemming is die gevoel of emosie wat by die
leser gewek word deur die gebruik van sekere
woorde of beskrywings. Die atmosfeer kan
wees:
 vrolik
 hartseer
 ernstig
 Verbasing
 beheersd? (Wat dink julle?)
Die opskrifte by elke haikoe
• Die skeppingsproses se volgorde
• Bv. Haikoe 6 verwys na die “Mens”…
• Wat is reg aan die begin geskep?
• Die 6de dag- is die mens byvoorbeeld geskape

You might also like