Download as pptx, pdf, or txt
Download as pptx, pdf, or txt
You are on page 1of 11

DIE PARADYSBOSSIE

MARIETJIE KOTZÉ
OPSOMMING
• Elfie, die hoofkarakter, is twaalf jaar oud en sy worstel met ʼn paar kwellinge in haar lewe.
Een van die dinge is dat sy voel alles wat sy doen is sonde, veral in haar ma se oë
• Haar ma het ʼn nuwe baba waaraan sy meer aandag gee as aan haar sieklike oupa wat by
hulle bly. Haar oupa is ʼn afgetrede predikant en hy kan nie meer logiese gesprekke voer nie
• Sy wil haar oupa vra of Bileam (in die Bybel) se donkie regtig kon praat, maar hy raak aan
die slaap
• Op hulle grasperk groei daar ʼn kleinerige struik – die paradysbossie. Die paradysbossie dra
pragtige wit blomme slegs een keer per jaar – teen die einde van September en op Oupa se
verjaarsdag
• Elfie se oupa verjaar ook teen die einde van September en dan hou haar mense ʼn partytjie
vir hom
• Hierdie jaar besluit haar ouers om Oupa se verjaarsdag vroeër te vier want hulle wil met
vakansie gaan. Omdat haar oupa seniel is, sal hy nie weet sy verjaarsdag is op ʼn ander
datum nie.
• Die partytjie word gehou en daardie aand blom die paradysbossie – heeltemal buite seisoen!
WOORDESKAT
• Getooi (decorated) – mooi versier
• Dut (doze) – sluimer / liggies slaap
• Fleur (prime) – beste groeityd / bloeityd
• Pronk (to show off) – trots optree
• Heimlik ( secretly) – in die geheim / sonder dat ander mense daarvan weet
• Tob – (to worry about something) – jou bekommer oor iets
• Hoogleraar (professor) – professor
• In rep en roer (well prepared / very busy) – baie besig wees
• Legato – egalige manier om die klavier te bespeel sonder om die note hard te druk
• Redekawel (to argue) – om te stry / argumenteer
• Stuitlikheid (silliness) – lawwigheid
• Verneukspul (to fool / trick someone) – om iemand te kul of te mislei
KONTEKS
• Mistiek word geassosieer met godsdiens of die bonatuurlike
• Dit hou verband met die herkenning, ontmoeting of vereniging met die goddellike
• Die paradysbossie blom buite seisoen – op die oupa se vervroegde
verjaarsdagpartytjie
• Hierdie gebeurtenis kan gesien word as teken van die vereniging tussen die
godsman (Oupa) en God vir wie hy sy lewe lank gedien het
• Die oupa voel hierdie vereniging so sterk aan dat hy gou rustig aan die slaap raak
• Dalk is dit nou makliker vir Elfie om te aanvaar dat Bileam se donkie kon praat
wanneer sy sien dat die paradysbossie buite seisoen blom om saam te val met
haar oupa se vervroegde verjaarsdagpartytjie
TYD EN RUIMTE
• Karakteropenbarende of emosionele ruimte.
• Winter en- lentebeelde weerspieël Elfie se afwisselende
gemoedstoestand
• Leser beleef die ruimte deur sien, ruik en hoor.
• Sintuiglike ruimte-ervaring
KARAKTERISERING
• Elfie is die twaalfjarige hoofkarakter
• Daar is karakterontwikkeling. Dit ontwikkel vanaf ʼn
weerbarstige, onstuimige wintergevoel met
gepaardgaande emosies tot ʼn byna uitbundige
lentegevoel wanneer die paradysbossie buite seisoen
blom. Die gevolg hiervan is ʼn veranderde lewensuitkyk.
INTRIGE EN KLIMAKS
• Spanning is teenwoordig reg van die begin af

• Elfie is ongelukkig oor hoe haar ouers en die verpleegster haar seniele
oupa behandel (byna soos met ʼn stout, klein seuntjie); hulle bure se seun
irriteer haar; haar ouers raas gedurig met haar; dit lyk of dit gaan reën die
dag van oupa se partytjie; sy twyfel of Bileam se donkie regtig kon praat –
kortom, haar gemoedstoestand is ʼn warboel.
• Die ontknoping / klimaks kom wanneer sy die aand van die partytjie sien
dat die paradysbossie blom – heeltemal buite seisoen. Haar
gemoedstoestand het nou heeltemal verander en dis asof sy tot nuwe
insigte kom.
KONFLIK
• Sprake van uiterlike en innerlike konflik.
• Uiterlike konflik – Elfie met haar ouers en die
verpleegster; met die buurseun; met haar musiekjuffrou
• Innerlike konflik – Elfie se gedagtes oor Bileam se
pratende donkie; haar skuldgevoelens oor wat sy doen
en sê en wat haar in die hel gaan laat beland
• Konflik opgelos teen die einde wanneer sy in
verwondering en met ekstase die paradysbossie sien
blom
VERTELLER
• Derdepersoonsverteller
• Elfie is die fokalisator – verhaalgebeure geskied vanuit
haar perspektief
TEMA(S)
• Mistiek
• Onstuimige gemoedstoestand van tieners
• Skuldgevoelens
POST-LEES AKTIWITEIT
BLOKRAAISEL

Die paradysbossie.ecw

You might also like