LIEN PP Studiegids

You might also like

Download as pptx, pdf, or txt
Download as pptx, pdf, or txt
You are on page 1of 61

ROMAN

z
LIEN SE
LANKSTAAN-
SKOENE: TEORIE
z
Studiegids

 Wat moet jy ken?

 Hoe gaan dit gevra word?


z
TITEL

 “Lien” in die titel Lien se lankstaanskoene verwys na die


hoofkarakter, Lien. “Lankstaanskoene” verwys na die skoene wat
sy dra wanneer sy bedel.

 Hoekom is die titel effektief of goed?

1. Die titel verwys spesifiek na Lien, die hoofkarakter, en sluit aan by


die paar maande wat ‘n groot inlvoed op haar menswees het.

2. Die herhaling van die konsonante (alliterasie) help om die titel


meer effektief te maak en om dit makliker te onthou.
“Lankstaanskoene” is ‘n ongewone woord of ‘n nuutskepping wat
die leser meer nuuskierig maak.
z
Moontlike vrae
 Verwag vrae oor die “lankstaanskoene” wat in die titel voorkom.

 VRAAG: Lien het “lelike skoene” gekies. Sê waarom dit ‘n


praktiese keuse was. (Feb/Maart 2018)

 ANTWOORD:

 Die skoene was 'n praktiese keuse, want dit ...

  was goedkoop.

  was gemaklik/plat/sag.

  moes Lien help om lank te kon staan.


z
STRUKTUUR OF BOU VAN DIE ROMAN
z
UITERLIKE BOU

 Voorspel

 41 hoofstukke

 Naspel
z
INNERLIKE BOU
z
INNERLIKE BOU
 Inleiding (eksposisie)

Die leser leer die omstandighede, tyd, plek, ruimte en karakters ken. Dit sluit die voorspel en
die eerste drie hoofstukke van Lien se lankstaanskoene in.
Jy hoef nie die
 Verwikkeling
terme te ken nie.
Spanning bou op en afwagting word geskep.
Ken die volgorde van
In Lien se lankstaanskoene sluit dit die volgende gebeure in:
gebeure.
1. wanneer Lien en Wouter stry,

2. wanneer Lien se ma haar werk verloor en dronk by die skool opdaag,

3. wanneer Lien haar werk verloor en besluit om te begin bedel,

4. wanneer Lien van die skool af wegbly.

5. wanneer sy na Sproet se woonstel gaan.

6. wanneer sy wonder of sy haar ma in die kliniek moet besoek.


z

 Klimaks/hoogtepunt:

Dit is die onvermydelike (inevitable) krisis waartoe die verhaal opbou.

Wanneer Gerhard (Kuifie) vir Lien op straat raaksien en uitvind dat sy geld
verdien deur te bedel. Die hoogtepunt volg wanneer die suksesvolle
toneelopvoering plaasvind nadat Lien ‘n groot verandering in haar lewe
gemaak het en haar ma en pa besoek het.

 Ontknoping

Die spanning neem af tot die slot van die roman.

In hierdie roman is dit wanneer Lien met Wouter en Riekie gesels en vir Hein
gaan soek. Die slot kom in die naspel, wat die goeie ontwikkeling in die gesin
se lewe beskryf.
z
Moontlike vrae

 Verwag vrae oor die volgorde van gebeure in die


roman.
 Jy moet weet hoe gebeure op mekaar volg.

 Wat het voor die uittreksel gebeur en wat het na


die uittreksel gebeur?
 Baie vrae word oor oorsaak en gevolg gevra.
Weet wat was die gevolge (consequences) van
sekere gebeure.
z November 2019 NSS-vraestel
 VRAAG: 4.11. Lien het haar bes gedoen om onder moeilike omstandighede alles
bymekaar te hou. Tog het daar dinge gebeur wat dit vir haar moeilik gemaak het.

Kies die gevolg in KOLOM B om by die gebeure in KOLOM A te pas. Skryf slegs die
letter (A-E) langs die vraagnommers 4.11.1-4.11.4 neer.

Kolom A Kolom B
4.11.1. Lien se pa gaan tronk toe. A. Lien wonder of sy aan die
dramaproduksie by die skool moet
deelneem.
4.11.2. Lien se ma kom dronk by die skool B. Lien moet by ‘n nuwe blyplek en skool
aan. aanpas.
4.11.3. Braam hou homself eenkant by die C. Lien wonder of almal dink dat sy ‘n
huis. prostituut is.
4.11. 4. Sproet tree verkeerd teenoor Lien D. Lien moet alleen die takies in die huis
op. verrig.
E. Lien kry skaam voor haar skoolmaats.
z
November 2019 NSS-vraestel

ANTWOORD:

4.11.1. B

4.11.2. E

4.11.3. D

4.11.4 C
z
November 2019 NSS-vraestel

 VRAAG: 4.19. Lien se tydjie as bedelaar was nie maklik nie.


Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte
VOLGORDE neer:

A. Tibbey beland in die hospitaal


B. Lien se ma steel by die winkel.
C. Lien besef finaal sy is nie meer deel van die ou omgewing
nie.
D. Lien vervals briewe om skool te “bunk”.
z
November 2019 NSS-vraestel

 ANTWOORD: vraag 4.19

C. Lien besef finaal sy is nie meer deel van die ou omgewing nie.
B. Lien se ma steel by die winkel.
D. Lien vervals briewe om skool te “bunk”.
A. Tibbey beland in die hospitaal
z
November 2018 NSS-vraestel
 VRAAG: 4.7. Die Joostes het geld nodig gehad en Lien het besef
sy sou moes inspring en geld verdien.

Voltooi die paragraaf hieronder deur die ONTBREKENDE


WOORDE in te vul. Skryf slegs EEN woord langs die
vraagnommers 4.7.1.-4.7.4 neer.

Lien se eerste werk was in ‘n (4.7.1.)….. wat aan tant Malie behoort
het. Millennium Creations, haar tweede werk, was ‘n (4.7.2)…. en
Dirkie en Donovan was die eienaars. Hulle het verder gehelp met ‘n
(4.7.3.)… vir Braam-hulle se krieketspan. As laaste uitweg het Lien
besluit om op die straathoek te gaan staan en (4.7.4)…..
z
November 2018 NSS-vraestel

 ANTWOORD: vraag 4.7.

4.7.1. Koffiewinkel/teetuin/restaurant/coffee shop


4.7.2. Haarsalon/salon/haarkapper/haarsnyplek
4.7.3. Borg/donasie/borgskap/bydrae/geld
4.7.4. Bedel/geld vra
z
November 2018 NSS-vraestel

 VRAAG: 4.10. Vir wie het Lien besoek voordat sy vir haar pa
gaan kuier het?
z
November 2018 NSS-vraestel

 ANTWOORD: vraag 4.10

haar ma/Christien
z
Temas
OORWINNING
Die tema van ‘n verhaal is die idee wat deur die storie loop en ontwikkel.
z
1. Die eerste belangrike tema in die roman is OORWINNING

 Verskeie karakters in die roman slaag daarin om hulle persoonlike teenslae en probleme te
oorwin.

 Lien praat met haar ma oor haar emosies en slaag daarin om haar ma te vergewe.

 Lien vergewe haar pa.

 Lien se dryfkrag en deursettingsvermoë stel haar in staat om haar moeilike omstandighede te


oorwin, maar sy help ook ander, soos Tibbey, om hulle omstandighede te oorwin.

 Lien se ma oorwin haar verslawing en lae selfbeeld. Na haar tweede rehabilitasie kan sy haar
lewe hervat. Die feit dat sy klavier speel by die funksie na die opvoering is ‘n bewys van haar
oorwinning.

 Lien se pa erken sy gulsigheid en wil dit regstel.

 Braam gebruik sy goeie vriende om sy omstandighede te oorkom.

 Tibbey is die toonbeeld van persoonlike oorwinning. Na sy ongeluk aanvaar hy Lien se hulp.
Hy aanvaar ook mettertyd sy verlamming en begin weer op sy straathoek bedel.
ONTVLUGTING
z
2. Die tweede belangrike tema is ONTVLUGTING (to escape) Ken goed!
 Baie karakters probeer van hulle omstandighede vlug (escape).

 Lien luister na Norah Jones om te vergeet.

 Lien dink aan die plekke wat sy graag wil besoek. Sy ontvlug van haar probleme deur van ver
plekke te droom. Sy beplan om die volgende jaar op reis te gaan sodat sy van haar omstandighede
kan wegkom.

 Lien vermom haarself as iemand anders om te bedel.

 Weird Maria is nog ‘n manier waarop Lien van haar werklikheid ontsnap. Uiteindelik help Lien se
rol in die toneelstuk haar ook om van haar probleme te vergeet.

 Braam kyk ou gesinsvideo’s van gelukkiger dae. Dit is ook hoe die leser leer dat Lien se pa
(prokureur) vier jaar tronkstraf gekry het a.g.v. bedrog.

 Braam kyk gedurig TV. Wanneer sy ma haar wyn inskink, draai hy sommer die TV harder. Braam
ontvlug deur al meer tyd by Deon se huis te spandeer.

 Christien ontvlug van haar probleme deur te drink.

 Christien ontvlug ook deur na klassieke musiek te luister.


z
NW/September 2019

2.7. In die uittreksel lyk dit asof Braam hul problem makliker as Lien
hanteer.

2.7.2. Weird Maria word Lien se ontsnapping van haar werklikheid.


Wat gaan Lien uiteindelik studeer?

ANTWOORD: Drama
OPOFFERING
z
3. Nog ‘n baie belangrike tema is OPOFFERING (Sacrifice)
Gaan deur
 Verskeie karakters moet iets opoffer om uiteindelik iemand anders te
help.

 Wouter vir Lien: Loop met sy swaar krieketsak saam met Lien huis toe.
Hy bestel koek by die koffiewinkel al hou hy nie van soetgoed nie.

 Lien vir Tibbey: Sy vra vir Hein om vir Tibbey ‘n karretjie te bou. Sy maak
seker dat Tibbey nog ‘n blyplek en werk by die rolbalklub het.

 Hein vir Lien: Hein bou vir Tibbey ‘n karretjie (op Lien se versoek) en
help om sy kamer ingerig te kry wanneer Tibbey terugkeer van die
hospitaal af.

 Dirkie vir Lien: Hy het aanvanklik vir Lien gehelp om ‘n werk by die
haarsalon te kry. Hy neem Lien hospitaal toe om vir Tibbey te kuier.
VERGIFNIS
z Gaan deur
4. Die laaste belangrike hooftema in die roman is VERGIFNIS
(FORGIVENESS)

 Hierdie tema kom duidelik voor in die volgende gevalle:

 Lien se ma sê vir haar kinders jammer vir alles wat sy gedoen het om hulle
lewens moeiliker te maak. Dit is na haar eerste besoek aan die
rehabilitasiesentrum.

 Lien wonder of sy haar ma sal kan vergewe terwyl sy in die kliniek is. Die
terapeut wat Lien se ma in die kliniek help, sê dat Christien eers moet leer
om haarself te vergewe voordat sy kan verwag dat haar kinders haar moet
vergewe.

 Lien vra vir haar ma of hulle ooit haar pa sal kan vergewe.

 Lien se pa voel skuldig oor wat hy aan sy gesin gedoen het en wonder of
hulle hom sal kan vergewe.
z
UNIVERSELE TEMAS (UNIVERSAL
THEMES)
Gaan deur
1. Vriendskap en liefde

 Dink byvoorbeeld aan Lien en Wouter se vriendskap

 Lien se vriendskap met Tibbey en Roos

 Lien en Hein se vriendskap en uiteindelike liefdesverhouding

 Lien se ouers se verhouding wat eers baie goed was (sien byvoorbeeld
die gesinsvideo op bl. 68 en 69), toe agteruitgegaan het, maar later weer
regkom.
z
UNIVERSELE TEMAS (UNIVERSAL
THEMES)

2. Die band tussen ‘n ouer en kind


Gaan deur
 Dink byvoorbeeld aan die gelukkige verhouding tussen Lien en
Braam en hulle ouers wat ons in die video’s sien

 Lien se ma se skuldgevoel wanneer sy haar kinders verwaarloos.

 Lien se pa wat wonder of sy kinders hom gaan vergewe.

 Hoe die haat en woede wat Lien vir haar ouers voel, uiteindelik
verander.
UNIVERSELE TEMAS (UNIVERSAL
z
THEMES)
3.Goed en sleg, reg en verkeerd
Gaan deur
 Dink aan Lien wat haar vooropgestelde idees moet verander wanneer sy besef
Roos se dogter werk vir ‘n gesellinklub (prostituut) om aan die lewe te bly.

 Lien wat voel dit is onregverdig dat sy en Braam as gevolg van hulle ouers se
dade ly.

 Gerhard wat sê hy weet nie waarom slegte goed met goeie mense gebeur nie.

 Sally wat sê dis nie hulle skuld as hulle ouers drink nie en Tibbey wat dit
bevestig.

 Roos wat vra wie van goed en wie van sleg kan sê.

 Roos wat in Lien se droom sê dat goed en sleg vermeng is wanneer Lien
wonder of sy soos ‘n postituut lyk.
z
Motiewe
Musiek
 Lien is altyd
z bewus van die musiek wat sy tuis en op ander plekke hoor, byvoorbeeld:
 die klassieke musiek waarna haar ma luister

 Norah Jones se musiek waarna Lien self luister

 die Country en Western CD en ander musiek waarna tannie Bets luister Ken goed:
musiek en
 die Pussycat Dolls waarna Miemie in die motor luister

 die harsteer liedjie wat Hein op sy mondfluitjie speel


Abba se musiek wat Lien buite die woonstel hoor

die Coldplay-CD wat Lien in Gerhard se studeerkamer sien


kleur
 die Katie Melua-musiek waarna Dirkie luister

 Lien se ma luister gereeld klassieke musiek, waarvoor sy ‘n passie het. Vir haar is musiek ‘n
ontvlugting van haar depressie en omstandighede. Lien raak gereeld geïrriteerd met haar ma
se musiek, maar dit is ook soms vir haar mooi.

 Lien se ma het opgehou om self klavier te speel omdat sy dit met haar gelukkige verlede
z
Feb-Maart 2018

4.19. Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi.


Skryf slegs die vraagnommer (4.19) en die letter (A-D) neer,
byvoorbeeld, 4.19 E.

Lien het regdeur die roman na die liedjies van Norah Jones
geluister (r.16). Dit was om …

A. Lien te help om van haar probleme te vergeet.


B. Lien se verskillende gevoelens oor te dra of te beskryf.
C. aan te dui dat Lien nie van haar ma se musiek hou nie
D. aan te dui dat Lien na oplossings vir haar probleme gesoek het.
z
ANTWOORD

 B

 Lien se verskillende gevoelens oor te dra of te beskryf.

 B Lien se verskillende gevoelens oor te dra of te beskryf.

 (Enige EEN)
z
November 2018

But if we stick together


Then I know we’ll be OK

4.9. Lees reël 17-18.


Kies die KORREKTE antwoord uit die tussen hakies.
Uit die einde van die roman kan ons aflei dat hierdie woorde
van Norah Jones die (beste/verkeerde) raad vir die Jooste
gesin was.
z
ANTWOORD

 Beste
z
NW/September 2019
 2.12. Musiek speel ‘n belangrike rol in die verhaal
Pas die sinne in KOLOM B by die in KOLOM A. Skryf slegs
die letter (A-D) langs die vraagnommer (2.12.1-2.12.4)
neer.
KOLOM A KOLOM B
2.12.1. Christien speel Schubert se A. Die musiek van Prokofiëf simboliseer die
Impromptu spesiaal vir Lien op gesin se deurmekaar en ongelukkige lewe.
die klavier.
2.12.2. Christien hou op om klavier te B. Lien se ma antwoord haar nie as sy vra
speel. hoekom sy nie meer klavier speel nie.
2.12.3. Lien speel die Blou Donou C. Dit pas nie by die lewe wat sy nou leef
vals-vals op die klavier. nie.
2.12.4. Dit klink soos ‘n kakofonie van D. Lien kan nie haar emosies beheer nie
klanke op die klavier. en vee haar gesig aan die gordyne af.
z
ANTWOORD

 2.12.1. D

 2.12.2. C

 2.12.3. B

 2.12.4. A
z
Storie en intrige
z
Storie en intrige

 ‘n Verhaal se storie is die gebeure in die volgorde waarin dit gebeur.

 Die intrige is die volgorde van gebeure soos die leser daarvan lees.

 Die verhaal van Lien se lankstaanskoene word chronologies vertel – dit wil
sê in die volgorde waarin dit gebeur.

Ken die terme


z
Die gesinsvideo’s
Ken goed
 Die chronologie word onderbreek deur die gesinsvideo’s waarna Braam kyk. Hierdie
video’s toon grepe uit die gesin se lewe toe hulle almal gelukkig saam was en dit
vorm ‘n kontras met die verbrokkelende gesin van die hede (present).

 Die beskrywings van die video’s is skuinsgedruk. Dit help die leser om te besef dat
die gedeeltes nie deel is van die verhaal wat in die hede afspeel nie.

 Gedurende die loop van die verhaal kry die leser elke nou en dan ‘n bietjie inligting
oor waarom Lien so kwaad is, waarom haar ma soveel drink, waarom hulle uit hulle
ou huis moes trek, waarom hulle so min geld het en uiteindelik waarom hulle pa nie
by hulle is nie.

 Hoe meer ‘n mens agterkom waarom Lien ‘n bedelaar geword het, hoe meer wil die
leser weet. Hierdie afwagting (suspense) maak dat jy verder will lees en dit vorm
die intrige.
z
Feb-Mrt 2018

 Die seuntjie en die dogtertjie met donker hare sit langs mekaar
op ‘n grasperk voor ‘n groot pilaar. ‘n Mens kan die straat skuins
agter hulle sien. Daar is ‘n groot koek tussen hulle. Die kamera
zoem in op die koek. (r.18-20)

 4.22. Hoe help die woorde in skuinsdruk (reël 18-20) die leser
om die roman te verstaan?
z
ANTWOORD
4.22.

 Dit plaas die roman in konteks.

 Dit wys die verskil tussen die Joostes se verlede en hede.

 Dit wys die gelukkige tye en die ongelukkige tye.

 Dit onderskei die inhoud van die video's van die res van die teks.

 Dit verskaf inligting oor die gesin se verlede.

 (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)


z
Konflik
z
Konflik

 Ken die terme: innerlike en uiterlike


konflik
 Ken die verskil tussen die twee tipes
konflik.
 Ken voorbeelde
z
Karakters
z
Lien as hoofkarakter

 Ken Lien se eienskappe ens. goed.


(karakterskets)
 Ken veral die karakters wat ‘n
impak op haar lewe gehad het.
z
NW/September 2019

2.15. Watter karaktereienskap van Lien word duidelik uit haar hulp
aan Tibbey?

ANTWOORD: Lien is hulpvaardig/dink aan ander


mense/onselfsugtig /selfloos. (Of soortgelyk)
z
November 2019

4.9. Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
(A-D) langs die vraagnommer (4.9) neer.

Al die planne wat Lien vir Tibbey beraam het, wys dat Lien…

A. meer vir Tibbey omgee as vir haar eie broer


B. vir niemand anders van haar en Tibbey se vriendskap wou sê nie.
C. nou op Tibbey se hoek sou moes gaan bedel om meer geld te maak
D. ‘n vriendin was op wie ‘n mens onder moeilike omstandighede kon reken

ANTWOORD: D.
z November 2018 NSS-vraestel
 VRAAG: 4.21. Verskillende mense het Lien se lewe positief of negatief
beïnvloed.
Kies die gevolg uit KOLOM B om by die oorsaak in KOLOM A te pas.
Skryf slegs die letter (A-E) langs die vraagnommers (4.21.1-4.21.4)
neer.
KOLOM A KOLOM B
4.21.1 Sally het vir Lien in die skool se A. Lien het opgehou om te bedel.
kleedkamer voorgekeer.
4.21.2. Juffrou Breytenbach het vir Lien vir ‘n B. Lien was skaam om te hoor dat haar ma vir
oudisie genooi. diefstal gevang is.
4.21.3. Lien se ma het haar werk verloor. C. Lien het gehoor dat haar ma se
drankprobleem nie haar skuld was nie.
4.21.4. Kuifie het vir Lien op straat herken. D. Lien het besluit om drama te gaan studeer.

E. Lien het in tant Malie se koffiewinkel gaan


werk.
z
November 2018 NSS-vraestel

 ANTWOORD: vraag 4.21

4.21.1. C
4.21.2. D
4.21.3. B
4.21.4. A
z
Karakters
z
Wat moet jy weet?

 Ken alle karakters en weet waar hulle inpas.

 Ken veral Lien se gesin en haar “kollegas”


baie goed.
z
NW/September 2019

2.4. Miemie verduidelik aan Lien dat die vrou en twee dogtertjies
haar motivering is om regte te gaan studeer.

Noem DRIE moontlike redes hoekom Miemie hierdie loopbaan kies

ANTWOORD: Sy dink daar is meer aan die lewe van ‘n vrou as om


kinders te hê. / Haar ma het ‘n (meesters)graad (in toegepaste
wiskunde), maar werk nie/is verveeld by die huis. / Haar pa wil nie
hê haar ma moet werk nie en sy is tevrede daarmee. (Of
soortgelyk)
z
NW/September 2019
reël 8-9: Lien vryf oor Roos se stywe hare. “Jy is ‘n great pel”
Die vrekpienk marshmallow kyk vir haar met skrefiesoë en gee Lien se arm ‘n
knypie.

2.18. Verwys na reël 9


Kies die KORREKTE antwoord uit die tussen hakies. Skryf
slegs die vraagnommer (2.18) en die antwoord neer.

Roos se skrefiesoë dui in hierdie konteks daarop dat sy


(dikwels in die son staan/ mense nie maklik vertrou of glo wat
hulle sê nie.)

ANTWOORD: mense nie maklik vertrou of glo wat hulle sê nie


z
Karakterontwikkeling
z
Karakterontwikkeling

 Ken Lien en haar ma se karakterontwikkeling


– weet hoe hulle verander het.
z
Verteller
z
Verteller

 Belangrik: Derdepersoonsverteller/alomteenwoordige verteller.


z
Ruimte en milieu
z
Ruimte en milieu

 Ken die ruimtes waar die roman afspeel.

 Jy kan gevra word in watter ruimte ‘n uittreksel afspeel.


z
Tydsverloop
z
Tydsverloop

 Fokus op die terme wat in vetgedruk is.

 Maak seker jy weet wat die terme is indien dit in ‘n vraag


gebruik word.
z
Die einde

You might also like