Die Hardloper

You might also like

Download as ppt, pdf, or txt
Download as ppt, pdf, or txt
You are on page 1of 24

HARDLOPER

(verwys na `n
atleet wat aan
langafstand
wedlope/resies
deelneem)
OPSOMMING VAN STROFE EEN

• Die spreker beskryf die positiwiteit waarmee die


hardloper die wedloop aanpak
1. Met wilde maar met suiwer(toegewyd=hy weet hy`t
hard geoefen) hart(opgewonde/gelukkig/passievol)
3. En elke myl(langafstand) met
rappe(vinnige) voet
getart(uitgedaag),
OPSOMMING STROFE TWEE

• Die spreker beskryf wat met die atleet gebeur


terwyl hy hardloop.
• Hy geniet die wedloop en is seker hy gaan wen.
5. Sy hart het hoog geklop, sy bloed
was heet,(die inspanning/opgewon-
denheid veroorsaak dat sy hart
vinnig klop en sy bloed warm deur
sy are druis) 6. Die winde het
sy haregolf(metafoor=wys hoe die
atleet se hare regop staan teen die wind)
gelig;(hy het so vinnig gehardloop,
dat die wind sy hare lig/daar was `n
ligte wind)
7. met snelle(vinnig) draf(om stadig te hardloop) het hy die
baan gemeet, (=inversie ter wille van rym. Hy meet die
afstand wat hy nog moet hardloop, terwyl hy vinnig
hardloop)
8. die vreug van spierkrag
was op sy gesig.(hy was
baie gelukkig, trots, bly, vol
vreugde oor hoe fiks hy was
en die krag van sy liggaam)
OPSOMMING STROFE DRIE

• Die hardloper ervaar elemente van `n storm,


naamlik die wind, die see se branders en donkerte.
• Hier vind wending plaas en die hardloper ervaar `n
nuwe gewaarwording.
9. Hy het geloop met
stormdrang(the urge to
storm towards
something) in sy bloed
(adrenalien bruis in sy are
en hy`s gemotiveerd om
te wen),
10. sy asemstoot
(asemhaling) `n hete
(warm) windjaag, (sy r.9-12: Metafoor: wedloop van die
asemhaling word lewe word met `n storm vergelyk.
vinniger en voel warm)
12.toe(‘toe’ en ‘(:)
die dubbelpunt toon
wending, die inhoud
van die gedig verander skielik)
hoor hy reeds die donker, bitter
vraag: “donker” en “bitter”= sy
11. die see se branding gedagtes word negatief en hy begin
anders oor die lewe dink)
in sy strenge moed(a lot
of courage)(daar`s `n
gedruis in sy ore asof hy
die see se branders
hoor),
OPSOMMING STROFE VIER

• Die hardloper word bewus van die kompetisie.


• Die spreker gebruik sintuiglike waarneming om die
kompetisie te beskryf. Hy hoor hom.
13. Wie is die ongesiene(letterlik hardloop die atleet in die
baan langs hom, figuurlik/konnotief praat hy van die
wedloop teen die dood wat hy eendag gaan verloor)
makker(simboliseer die dood/ook ironies, want hy moes `n
spanmaat wees, maar hier bedrieg hy die hardloper) in die
loop(r.13,metafoor=wedloop v.d. lewe word metafories
vergelyk met `n wedloop teen tyd)(doel is om spanning te
skep, hy word bewus van `n ander atleet wat hy nie kan
sien nie, maar weet dat hy in die baan naby hom),
14. van wie die voet langs syne in die wind(die ander atleet
is naby hom, hulle voete is amper gelyk, die ander atleet
haal hom in)
15. Van asem agter hom, van wie
die hoop (die ander atleet is so
naby, hy kan hom hoor en voel
asem haal asem haal)

16. dat nog `n bors die dun wit


lint mag vind (die ongesiene
maker het ook hoop om die
wedloop te wen)

• Reël 15-16= enjambement, bind die retoriese vraag as eenheid, versnel die ritme.
• Reël 13-16= die retoriese vraag beklemtoon die druk wat die ongesiene ‘makker’
(die dood) op die hardloper plaas.
OPSOMMING VAN STROFE VYF

• Hier word die gevolge van die ‘ongesiene makker’


(die onvermydelike dood) op die hardloper
beskryf – dit bring pyn of vrees.
17. Dié 19. hy weet al het hy
vreemde(beklemtoon die
spanmaat en mag dalk na nou die loop gewen,
die dood verwys=hy ken (hy het die wedloop
nie die atleet nie) spanmaat
gewen)
het hy nie geken,
18. nooit hardloop hy weer 20. die ander man sal eendag
sonder pyn en vrees; eerste wees. (hy besef die
(kontas: die hardloper was ‘ongesiene maker’ [die dood] sal hom
aan die begin v.d. wedren nog in die toekoms wen)
seker hy gaan wen, maar (assonansie=beklemtoon die
nou is hy bang om te veranderde gevoelens teenoor die
verloor) wedloop, kontras=hy twyfel nou in sy
vermoë om te wen)
Progressie
• Reël 1 tot 12: Die atleet is selfversekerd, sterk en seker van sy
oorwinning.
• Reël 13 tot 20: Die hardloper besef dat hy nie altyd sterk sal
wees nie, maar oud gaan word en eendag gaan sterf.
• Rymdwang: Die digter forseer woorde ter wille van rym en
metrum.
• Hy gebruik ‘rappe’ (reël 3), ‘vlugste’ (reël 4) en ‘snelle’ (reël 7)
in die plek van vinnig.
Tema en boodskap
• Die tema van die gedig is `n wedloop wat gehardloop
word. Universeel gaan dit ook oor die wedloop teen die
dood waaraan elke mens deelneem. Die dood gaan
uiteindelik almal in haal.
• Die boodskap van die gedig is dat die mens verganklik
is (die mens is sterflik)
Verteller/spreker:
derdepersoonspreker(die woorde hy en sy, is `n bewys
daarvan)

Uiterlike bou/digvorm:
bestaan uit 5 kwatryne, die rympatroon kruisrym, dit
boots die ritme v.d. hardloper na en maak die gedig
ritmies en musikaal.
Die toon en stemming
• Toon: die atleet voel eers opgewonde oor die wedloop.
Later word hy minder positief omdat hy besef daar is `n
‘ongesiene makker’ wat in sy nek blaas en ook graag die
wedloop wil wen.
• Stemming: daar heers `n stemming van spanning met
die besef dat die hardloper uiteindelik later die wedloop
gaan verloor.
GENIET DIE LEKKER GEDIG KLAS

VL HENDRIKSE

You might also like