Die Tarentaal

You might also like

Download as pptx, pdf, or txt
Download as pptx, pdf, or txt
You are on page 1of 22

DIE TARENTAAL

TOTIUS
(1877-1953)
PRE-LEES
Prikkelvrae:(bespreek mondelings met die leerders)
• Het jy al ’n geliefde aan die dood verloor?
Vertel verder….Wie was dit?
Watter rol het die persoon in jou lewe
gespeel?
Watter soort verhouding het julle
gehad?
Hoe het dit jou laat voel?
TOTIUS AS DIGTER
• Totius is op 21 Februarie 1877 in die Paarl as Jakob Daniël du
Toit gebore.
• Totius het die Bybel in Afrikaans vertaal.
• Hy skryf baie oor sy persoonlike lewe. Baie van sy gedigte
handel oor die dood, bv. die dood van sy kinders (sy seun is
aan breinvliesontsteking – meningitis – oorlede en sy
dogtertjie is deur ’n weerligstraal getref).
• Totius gebruik eenvoudige beelde in sy gedigte om ’n dieper
boodskap oor te dra.
WOORDESKAT
• Tarentaal
• Kruiwa
• Skemering (‘skeemring’)
• Kameraad (maat)
• Eensaamheid
• Blinkblaarboom
• Ek het gemik
• Knal
• Vlieg met wilde krag
Die tarentaal
Die kruiwawiel se skreeugeluid
kerm hy droefgeestig uit
terwyl die skeemring vining daal,
die tarentaal.

Hy soek – en dit is ook al laat –


vir hom ’n kameraad,
om in ’n boon die eensaamheid
en nag te slyt.
Die tarentaal vervolg…
Sáám sal hul in ’n blinkblaarboom
half slaap, half waak, half droom,
en by die naadring van verderf,
alléén nie sterf.

*
Ek het gemik, en met die knal
het een dood neergeval;
die ander vlieg met wilde krag
wég in die nag!
BESPREKING
• Titel: Berei jou dadelik voor vir die inhoud van die gedig.
• Tipografie: (uiterlike bou van die gedig).
Daar is vier kwatryne. Die rymskema is aabb,
ccdd, eeff, gghh – paarrym. Die rympatroon
beklemtoon die eindwoorde in elke reël en
beïnvloed die stemming van die gedig.
Metafoor: die droewige geluid wat
Strofe 1 die tarentaal maak klink soos die
geluid wat ’n kruiwa maak.
(Tyd: Teenwoordige tyd) Personifikasie

Die kruiwawiel se skreeugeluid


Kla hardop
kerm hy droefgeestig uit Skerp
fluitgeluid
Hartseer/
eensaam terwyl die skeemring vining daal,
afkom
die tarentaal.
Staan op sy eie, dit Tyd tussen lig en donker
beklemtoon die Woord is verkort
tarentaal se (skemering) om die
eensaamheid. lettergrepe in die versreël te
balanseer.
Opsomming: Strofe 1
Die tarentaal kla hartseer (hy klink soos ’n
kruiwawiel) terwyl dit vining donker word.
Hierdie kla is ’n vorm van kommunikasie.
Aandagstrepe – ekstra
Strofe 2 inligting word gegee.
Somber stemming
Tyd gaan
(Tyd: Teenwoordige tyd)
letterlik verby.
Dit word laat vir
Hy soek – en dit is ook laat – hom om ’n maat
te soek.
vir hom ’n kameraad, maat
Alleenheid/
Die woord
om in ’n boom die eensaamheid ondersteun
die somber
en nag te slyt. stemming
Deur te
bring
Opsomming: Strofe 2
In hierdie strofe soek die tarentaal ’n
maat om die aand saam met hom deur te
bring om die alleenheid te verlig. ( Hy
soek geselskap).
Maat gekry Herhaling
Toekomende tyd
STROFE 3
Droom is ’n plesier
Sáám sal hul in ’n blinkblaarboom
Op die hoede wees –
Gevaar dreig
Antitese half slaap, half waak, half droom,
(teenstelling)

en by die naadring van verderf, Antitese:


slaap/wakker
Aksentteken: akuut
Beklemtoon/lig uit
alléén nie sterf.
Die dood
Aanpassing van die
woord nadering –
ritme/lettergrepe
Opsomming: Strofe 3
Die tarentale is saam in die boom, half
wakker, half aan die slaap. Hulle is nie
heeltemal rustig nie. Hulle is kwesbaar in die
nag. Die moontlikheid van die dood is altyd
daar. Hulle wil nie alleen doodgaan nie.
STROFE 4 Asterisk: dui aan tyd het verbygegaan

Deels teenwoordige tyd, deels verlede tyd


Somber stemming Vuurwapen
veroorsaak hierdie
* geluid.
Die jagter
Ek het gemik, en met die knal

het een dood neergeval;


Vere wat waai

die ander vlieg met wilde krag

wég in die nag!


Opsomming: Strofe 4
Een van die tarentale is gedurende die
nag doodgeskiet en die ander tarentaal
het weggevlieg.
Verdere aantekeninge
• Titel: Die titel verwys na ’n tarentaal wat ’n maat soek en hoop om een te vind.
Een van die twee word doodgeskiet en een bly alleen agter.
• Stemming: Woorde soos “kerm” (strofe 1), “droefgeestig” (strofe 1),
“eensaamheid”(strofe 2) en “verderf” (strofe 3) en die direkte vewysings na
die dood in strofe 3 en 4 dra tot ’n somber stemming by.
• Alliterasie: Strofe 1 – Kruiwawiel, kerm, skeemring
Strofe 3 – blinkblaarboom
Funksie van alliterasie – versterk die ritme
• Assonansie: blinkblaar, slaap, waak, naadring
Funksie van assonansie – dra by tot die somber stemming
* Tema: Dood en sterflikheid en die hartseer wat ervaar word wanneer ’n
lewensmaat weggeneem word.
POST- LEES
VRAE:

1. Voltooi die volgende sinne met telkens EEN woord:


1.1 Die tarentaal se geluid word met die geluid van die ….
vergelyk. (1)
1.2 Die korrekte vorm van die woord “skeemring” is … (1)

1.3 Die tarentaal soek ’n …. om sy… te verlig. (2)


1.4 Die twee tarentale sal saam die … in die … deurbring. (2)

1.5 Die …het die een tarentaal doodgemaak. (1)


1.6 Die tweede tarentaal het... (1)
VRAE
2. In watter tyd word elkeen van die volgende strofes
geskryf?
Gee elke keer die werkwoord wat jou antwoord
ondersteun.

2.1 Strofe 1 (2)


2.2 Strofe 2 (2)
2.3 Strofe 3 (2)
2.4 Strofe 4 (4)
VRAE
3. Deel die volgende woorde in lettergrepe:

3.1 skeemring (1)


3.2 skemering (1)
3.3 naadring (1)
3.4 nadering (1)
VRAE
4. Verwys na strofe 3.
4.1 Gee ’n voorbeeld van assonansie. (1)
4.2 Wat is die funksie van assonansie in hierdie gedig? (1)
4.3 Gee ’n voorbeeld van alliterasie. (1)
4.4 Wat is die funksie van alliterasie in hierdie gedig? (1)
4.5 Haal EEN versreël aan wat aandui dat die tarentale
nie heeltemal rustig is nie. (1)
VRAE
5. Verwys na strofe 3.
5.1 Skryf die twee woorde neer wat aksenttekens het. (2)
5.2 Watter soort aksentteken is dit? (1)
5.3 Wat is die funksie van die aksentteken? (1)
5.4 Watter soort stylfiguur kom met die gebruik hierdie
twee woorde voor? (1)
VRAE
6. Beskyf die stemming wat in die gedig voorkom. (1)
7. Bespreek die tema van hierdie gedig. (3)

You might also like