Download as pptx, pdf, or txt
Download as pptx, pdf, or txt
You are on page 1of 16

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Les 6: Fiela se kind – Die tweede bedryf


Junaid Anthony
Die verwikkeling
Benjamin is in die hof op Knysna.
• Benjamin sit alleen in die hof en hy is bekommerd dat hulle dalk
van hom vergeet het.

• Die magistraat kom binne en vra hom ’n paar vrae.

• Die magistraat roep die konstabel en hy kom terug met vier ander
seuns.

• Hulle gaan staan aan beide kante van Benjamin.


Die verwikkeling
Die uitkenningsparade
• Die magistraat praat weer met die konstabel.

• Hy gaan weer uit die hof en dié keer kom hy binne met Barta.

• Barta staan eers onseker en dan draai sy na die seuns. Sy wys


na Benjamin.

• Sy draai om en begin huil.


Die verwikkeling
Die uitkenningsparade
• Benjamin vra vir die magistraat of hy nou kan huis toe gaan.

• Die magistraat verduidelik aan hom wat so pas gebeur het.

• Volgens die magistraat is hy die vrou se kind en hy moet


saam met hulle Bos toe gaan.

• Benjamin skree dat sy lieg, maar die magistraat hou vol dat
hy met sy ouers moet gaan.
Die verwikkeling
In die Bos
• Op pad Bos toe is Barta bekommerd oor Lukas wat so stil
is.

• Elias sê dat hy na Nina aard.

• Uiteindelik kom hulle aan in die Bos en Lukas is vreemd.

• Elias toon die eerste tekens van ongeduld toe Lukas nie sy
broers en susters groet nie.
Die verwikkeling
Die vriendskap tussen Nina en Lukas
• Nina vra of Lukas ’n geheim kan hou.

• Sy neem hom in die Bos waar sy haar botteltjies vir hom wys.

• Lukas vra of sy vir hom kan wys hoe om uit die Bos te kom – hy sal
haar betaal.

• Aan die begin vertrou hy haar nie, maar later groei hulle vriendskap.
• Sy belowe dat sy hom die pad uit die Bos die volgende dag sal wys.
Die verwikkeling
Lukas probeer weghardloop.
• Elias besluit om vir Lukas in te span om te help balke saag.

• Die oggend het Nina en Lukas in die Bos gaan ronddwaal.

• Nina kom terug sonder Lukas en Elias wil weet waar Lukas is

• Nina sê dat Lukas op pad is Lange Kloof toe.

• Elias vat die osriem en gaan agter Lukas aan.

• Elias kry hom en gee hom ’n pak slae.


Die verwikkeling
Fiela besoek Knysna.
• Fiela besluit om self Knysna toe te gaan om te hoor wat van haar kind
geword het.

• Sy is uit haar element as die man in Engels praat.

• Hy noem dat sy na die sydeur moet gaan.

• Daar kry sy die skoonmaker en hy praat Hollands met haar – sy is


gelukkig.

• Sy wil die magistraat sien, maar die konstabel kom praat met haar.
Volgens hom is die saak afgehandel en die kind is by sy ouers.
Die verwikkeling
Elias sny Nina se hare af.
• Elias kom met Lukas uit die Bos.

• Barta is geskok as sy die merke op Lukas se arms en bene


sien.

• Later loop Lukas uit die huis en Elias wys vir Kristoffel en
Willem om hom dop te hou.
Die verwikkeling
Elias sny Nina se hare af.
• Nina glip ook uit die huis.

• Baie later kom sy fluit-fluit terug uit die Bos.

• Nog voor die eerste hou val, skree Nina kliphard.

• Elias gryp haar aan die hare en sny dit af met ’n stomp mes.
Die verwikkeling
Fiela gaan weer Knysna toe.
• Fiela vra vir Kittie om die storie van Salomo in die Bybel op te soek.

• Sy wil met hierdie inligting na die magistraat gaan, en hoop om die


kind terug te bring.

• Sy kom by die hof aan en sonder dat sy dit weet, praat sy met die
magistraat.

• Hy noem dat die kind aan sy ma gegee is en die saak is afgehandel.

• Fiela voel magteloos teen die wil van die regstelsel.


Die verwikkeling
Mr. Kapp besoek weer die Van Rooyens.
• Mr. Kapp is deur die magistraat gestuur om te hoor hoe
dit met Lukas gaan.

• Elias lieg en vertel dat Lukas goed aangepas het.

• Mr. Kapp vertel ook dat Fiela by die magistraat was om


te vra waar die kind is. Barta skrik groot as sy dit hoor.

• Elias moet die magistraat laat weet as Fiela by hulle


kom moeilikheid maak oor die kind. Elias vra dat Mr.
Kapp vir Nina werk moet kry as kinderoppaster op die
dorp.
Die verwikkeling
Fiela besoek die Bos.
• Intussen het Fiela uitgevind by wie Benjamin as Lukas
geplaas is.

• Sy en Dawid gaan dan Bos toe om Lukas se goedjies vir


hom te neem.

• Sy wil ook vir hom sê dat sy niks aan die saak kan doen nie.
Die verwikkeling
Fiela besoek die Bos.
• Lukas en Nina is egter in die Bos en Fiela sien hom nie.

• Hulle los sy goedjies by Elias.

• Toe hulle terugkom, noem Elias dat hulle sy goed gebring


het. Lukas wil agter hulle aan gaan, maar Elias dreig hom.

• Nina vat die dasvelkombers en Lukas gryp dit uit haar hande.
Die verwikkeling
Nina gaan Knysna toe
• Dit is nou ’n paar jaar later.

• Mr. Kapp het vir Elias laat weet dat hy ’n werk vir Nina op die dorp
gekry het.

• Sy sou die skoolmeester se kinders oppas.

• Nina is nie baie gelukkig nie – sy wil niemand se kinderoppaster wees


nie.

• Lukas noem dat dit beter op Knysna sal wees as by Elias wat hulle
gedurig mishandel.

You might also like