Download as pptx, pdf, or txt
Download as pptx, pdf, or txt
You are on page 1of 16

Ek het ʼn huisie aan die Rand

Pirow Bekker
1. Ek het ʼn huisie by die see deur H.A. Fagan.
Ek het ‘n huisie aan die Rand Ek het ‘n huisie by die see

Die huisie is in die binneland. Die huisie is by die see.

Die spreker tref verskeie Die spreker tref een


veiligheids-maatreëls: veiligheidsmaat- reël:
mure, lemmetjiesdraad, rots.
gevaartekens, diefwering, alarm
en diefwering.
Die spreker het ʼn onsekere Die spreker het ʼn
toon wanneer hy vir die uitdagende
derde keer sê “Dis nag”. toon wanneer hy in reël 13
(r. 13) sê “Kom nag”.

Die spreker stel dus sy Die spreker stel dus sy


vertroue in vertroue in die
materiële maatreëls. rots van geloof.
3. Engelse
4. Dit bestaan uit 3 kwatryne en ʼn rymende
eindkoeplet.
5. Dit beklemtoon die gevare en chaos wat met
misdaad gepaardgaan.
6. Dis donker (aand).
7. Dit dui op die gevare en moeilikheid wat deur
misdaad veroorsaak word.
8. Dit beklemtoon hoe belangrik die huis vir die
spreker is.
Dit maak die gedig meer liries.
9. As gevolg van die langer pouses wat deur die
leestekens meegebring word, word elke
gedagte (veiligheidsmaatreël) beklemtoon.
Dit ondersteun ook die gedagte dat hy grense
oprig tussen sy huis en die buitewêreld.
10. Hy het ʼn muur (tweemanhoog) om sy huis
gebou.
Hy het draad (moontlik lemmetjiesdraad) bo-
op die muur geïnstalleer.
Hy het gevaartekens (kopbeen) teen die
muur/draad gesit.
11. Hy is baie bang.
12. Dis ʼn plek waar mense beskerm word teen
fisiese gevare, bv. gedurende oorloë. Ook
vanwaar mense veg: soldate bly in forte.
13. Die spreker soek veiligheid, maar verloor sy
vryheid in die proses.
14. “skote knal”
“deure klap”
15. Die gevare buite word so goed beskryf dat die
leser ʼn prentjie in sy kop kan vorm.
16. Mense word geskiet.
Daar word ingebreek by huise.
17. Motors trek so vinnig weg dat hulle bande
skreeu en merke op die teer agterlaat.
18. Dit versterk die kontras van die gevare buite
met die veiligheid binne-in die huis.
19. Diefwering.
20. Dit beklemtoon die spreker se vrees en
onsekerheid.
21. Diefwering (en ander veiligheidsmaatreëls)
kan ʼn mens nie beskerm teen jou vrese nie.
22. Kruisrym.
23. Dit bind die gedig tot ʼn eenheid.
24. “My huis, my paradys” (r. 10)
25. ʼn Paradys is idillies, maar dit is nie regtig
idillies as jy hoë mure, lemmetjiesdraad en
diefwering aan jou huis het nie.
26. Dit beklemtoon dat hy veilig voel in sy huis.
27. Die metaforiese kopbeen van waarskuwing is
vervang met regte koppe; die spreker het sy
menslikheid verloor.
28. Personifikasie.
29. ʼn Alarm en ʼn veiligheidshek (Trellidor).
30. Die liggie flikker aan en af.
31. Wanneer hulle in ʼn speelse bui is. (Bv.
Wanneer jy grappenderwys vir iemand jok,
knipoog jy vir ʼn derde persoon.)
32. Die alarm is in ʼn “speelse bui” – dit is dus nie
heeltemal betroubaar nie.
33. Dit skep ongemak by die leser, want dit wil
voorkom asof dinge onopgelos is.
34. Nee.
Dis eerder ʼn antiklimaks omdat die alarm
“speels” is en dis duidelik dat die spreker dus
ʼn valse vertroue in al sy veiligheidsmaatreëls
stel.
35. Dit beweeg van vrees (strofes 1 en 2) na
veiligheid en (valse) vertroue (strofes 3 en 4).
36. Arm mense kry die swaarste, want hulle kan
dit nie bekostig om hullself en hul besittings te
beveilig nie.

You might also like