Download as pptx, pdf, or txt
Download as pptx, pdf, or txt
You are on page 1of 9

WOORDSOORTE

Selfstandige naamwoorde
Hoe ken ons selfstandige naamwoorde uit?

1. Dit het lidwoorde vooraan bv. ‘n stoel/ die stoel

2. Dit kan in die meervoud en verkleining


bv. stoele/stoeltjie

3. Dit kan in sekere gevalle die vroulike vorm neem


bv. onderwyser – onderwyseres
SOORTE SELFSTANDIGE NAAMWOORDE:

1.Eiename – name van lande, persone (name en


vanne), riviere, besighede, dorpe, stede en
vastelande bv. Poland, Coca-cola, Oranje rivier,
Jannie van der Merwe, Pretoria. Eiename word
ALTYD met ‘n hoofletter geskryf.

2.Soortname – name van algemene dinge rondom


mens waaraan mens kan vat en kan sien (alledaagse
dinge) bv. stoel, motor, kind, ens.

3.Abstrakte selfstandige naamwoorde – verwys na


dinge wat mens nie met die blote oog kan sien nie
en sluit gevoelens en emosies in bv. liefde, haat,
jaloesie, tevredenheid, opgewondenheid ens.
4.Massa(stof)name – verwys na vaste- en vloeistowwe wat
ontelbaar is en kan gewoonlik nie in die meervoud nie omdat
dit alreeds so baie is dat dit nie getel kan word nie bv. ys,
goud, water, koffie, sand, ens. Die woord “sterre” is ‘n
uitsondering.

5. Versamelname – Dui ‘n versameling van iets aan


bv. ‘n Trop skape, ‘n Skool visse, ens.

6. Maatname – word gewoonlik saam massaname en


soortname gebruik en dui hoeveelheid van iets aan (meet
hoeveelheid) bv. ‘n Sak sand, ‘n Koppie meel, ‘n Kilogram goud,
ens.
Voornaamwoorde
WAT IS VOORNAAMWOORDE?

Dit word gebruik in die plek van persone se name en ander naamwoorde
sodat dit nie heeltyd herhaal hoef te word nie.

Soorte voornaamwoode:

1.Persoonlike voornaamwoord – word gebruik in die plek


van persoonsname, of as “dit”in ‘n sin. Dit sluit in: ek, jy,
hy, sy, hulle, julle, ons en dit. Bv. Piet sê hy gaan vir julle
van dit vertel.

2. Onpersoonlik – Die woorde “dit”en “daar”, word gebruik


wanneer plek nie aangedui word nie, bv. Dit reën in die
Kaap. Daar was eendag ‘n man...
3. Onbepaald – verwys na dinge oor die algemeen wat nie
presies bepaal kan word nie, bv. Iemand het vir my gesê. Iets
moet gedoen word. Niemand weet iets nie.

4. Besitlike voornaamwoord – dui besitting aan (sê wie s’n iets


is) bv. My boek, sy pen, dis joune, dis myne, dis ons boek.
5. Betreklike voornaamwoord – Dui die verband/verhouding van die
naamwoord en die sin wat volg aan, bv. Die seun wat sing. Die persoon
na wie ons luister. Die berg waarna ons kyk.

6. Wederkerende (een persoon) – Verwys na dieselfde persoon as die


onderwerp aan die begin van die sin en dui op slegs een persoon, bv. Hy
skaam hom (hy en hom is dieselfde persoon), Sy was haarself (sy en
haar verwys na dieselfde persoon).

7. Wederkerige (groep mense) – slegs die woord “mekaar” en dui op ‘n


groep mense wat te doen het met dieselfe onderwerp as in die begin
van die sin, bv. Hulle groet mekaar, Ons is lief vir mekaar (ons en
mekaar verwys na dieselfde groep mense)
8. Aanwysende voornaamwoord – beklemtoon iets
spesifieks of verwys na iets spesifieks, bv. Dié boek is
joune. Daardie seun is mooi. Dít is onaanvaarbaar. Hierdie
stoel sit lekker.

9. Vraende voornaamwoorde – Vra ‘n vraag


(vraagwoorde): Wie, Wat, Waar, Wanneer,
Hoe, Waarop, ens.
4. Byvoeglike naamwoorde
Wat is ‘n byvoeglike naamwoord?

Hy beskryf die selfstandige naamwoord of sê vir mens meer


daaroor, bv. Die mooi meisie. Die groot stoel.

Byvoeglike naamwoorde kan in trappe van vergelyking gaan, bv.


Groot, groter, die grootste en ook in intensiewe vorm, bv.
splinternuut, bloedrooi, hemelhoog.

Ons kry attributiewe byvoeglike naamwoorde en predikatiewe


byvoeglike naamwoorde:

1.Attributief - Wanneer die byvoeglike naamwoord voor die


selfstandige naamwoord staan, is hy attributief, bv. Die lang
seun. Die vreeslike ongeluk.

2.Predikatief - Wanneer die byvoeglike naamwoord na die


selfstandige naamwoord staan, is hy predikatief, bv. Die seun is
lank. Die ongeluk is vreeslik.
BYWOORDE
• Sê vir mens meer oor die WERKWOORD

• DRIE bywoorde: (Dui ook sinskonstruksie aan!! - TWP)

1. Bywoord van TYD (wanneer): Sê vir mens wanneer iets gedoen word.

bv. Sy hardloop môre altetiek.


Hy gaan die volgende dag skool toe.

2. Bywoord van WYSE (hoe/wat?): Sê vir mens hoe iets gedoen word.

bv. Sy hardloop stadig om die baan.


Hy gaan met die skoolbus ry.

3. Bywoord van PLEK (waar): Sê vir mens waar iets gedoen word.

bv. Sy hardloop om die baan.


Hy gaan skool toe.

You might also like