Afr - Taalaktiwiteit - BL 7-9

You might also like

Download as pptx, pdf, or txt
Download as pptx, pdf, or txt
You are on page 1of 6

TAAL Bladsy 7-9

1. Selfstandige naamwoorde Bl. 7


2. Voornaamwoorde Bl. 7
3. Werkwoordtye Bl. 8
4. Byvoeglike naamwoorde Bl. 9

5.Selfstandige naamwoorde
Hoe ken ons selfstandige naamwoorde uit?

• Dit het lidwoorde vooraan bv. ‘n stoel/ die stoel


• Dit kan in die meervoud en verkleining bv. stoele/stoeltjie
• Dit kan in sekere gevalle die vroulike vorm neem bv. onderwyser –
onderwyseres
Soorte selfstandige naamwoorde:

1. Eiename – name van lande, persone (name en vanne), riviere,


besighede, dorpe, stede en vastelande bv. Poland, Coca-cola, Oranje
rivier, Jannie van der Merwe, Pretoria. Eiename word ALTYD met ‘n
hoofletter geskryf.

2. Soortname – name van algemene dinge rondom mens waaraan mens


kan vat en kan sien (alledaagse dinge) bv. stoel, motor, kind, ens.

3. Abstrakte selfstandige naamwoorde – verwys na dinge wat mens


nie met die blote oog kan sien nie en sluit gevoelens en emosies in bv.
liefde, haat, jaloesie, tevredenheid, opgewondenheid ens.

4. Massa(stof)name – verwys na vaste- en vloeistowwe wat ontelbaar is


en kan gewoonlik nie in die meervoud nie omdat dit alreeds so baie is
dat dit nie getel kan word nie bv. ys, goud, water, koffie, sand, ens. Die
woord “sterre” is ‘n uitsondering.

5. Maatname – word gewoonlik saam massaname en soortname gebruik


en dui hoeveelheid van iets aan (meet hoeveelheid) bv. ‘n Sak sand, ‘n
Koppie meel, ‘n Kilogram goud, ens. Dit sluit versamelname in soos
‘n Trop skape, ‘n Skool visse, ens.
2. Voornaamwoorde
Wat is voornaamwoorde?

Dit word gebruik in die plek van persone se name en ander naamwoorde sodat dit
nie heeltyd herhaal hoef te word nie.

Soorte voornaamwoode:

1. Persoonlike voornaamwoord – word gebruik in die plek van persoonsname, of


as “dit”in ‘n sin. Dit sluit in: ek, jy, hy, sy, hulle, julle, ons en dit. Bv. Piet sê hy
gaan vir julle van dit vertel.

2. Onpersoonlik – Die woorde “dit”en “daar”, word gebruik wanneer plek nie
aangedui word nie, bv. Dit reën in die Kaap. Daar was eendag ‘n man...

3. Onbepaald – verwys na dinge oor die algemeen wat nie presies bepaal kan
word nie, bv. Iemand het vir my gesê. Iets moet gedoen word. Niemand weet
iets nie.

4. Besitlike voornaamwoord – dui besitting aan (sê wie s’n iets is) bv. My boek,
sy pen, dis joune, dis myne, dis ons boek.
5. Betreklike voornaamwoord – Dui die verband/verhouding van die naamwoord
en die sin wat volg aan, bv. Die seun wat sing. Die persoon na wie ons luister.
Die berg waarna ons kyk.

6. Wederkerende (een persoon) – Verwys na dieselfde persoon as die onderwerp


aan die begin van die sin en dui op slegs een persoon, bv. Hy skaam hom (hy en
hom is dieselfde persoon), Sy was haarself (sy en haar verwys na dieselfde
persoon).

7. Wederkerige (groep mense) – slegs die woord “mekaar”en dui op ‘n groep


mense wat te doen het met dieselfe onderwerp as in die begin van die sin, bv. Hulle
groet mekaar, Ons is lief vir mekaar (ons en mekaar verwys na dieselfde groep
mense)
8. Aanwysende voornaamwoord – beklemtoon iets spesifieks of verwys na iets
spesifieks, bv. Dié boek is joune. Daardie seun is mooi. Dít is onaanvaarbaar.
Hierdie stoel sit lekker.

9. Vraende voornaamwoorde – Vra ‘n vraag (vraagwoorde): Wie, Wat, Waar,


Wanneer, Hoe, Waarop, ens.
3. Werkwoordtye

NB – Die tyd van ‘n sin word bepaal deur die werkwoord/gesegde in ‘n sin en kan
ook deur bywoorde van tyd bepaal word bv. gister, vandag, volgende jaar,
laasweek, ens.
Daar is drie werkwoordtye:

1. Verlede tyd – In die verlede (aksie het reeds gebeur) en kry hulpwerkwoord “het”of “was’
voor die werkwoord en die hoofwerkwoord kry die voosetsel ge-, bv. Ek het gespeel. Hy
was laat gewees. Woorde soos “sou”,“wou”en “moes”kan ook gebruik word.

Onthou: werkwoorde wat met ge-, ver-, ont- her-, er, en be- begin, kry NIE die voorsetel ge-
nie, maar SLEGS die hulpwerkwoord “het”of “was” bv. Ek het verjaar. Hy was betaal.

2. Teenwoordige tyd – Aksie is tans besig om te gebeur. Koppelwerkwoord “is” word soms
gebruik en die hoofwerkwoord is aktief, bv. Ek is besig met my huiswerk. Ek is bang.
Hy leer. Sy eet.

3. Toekomstige tyd – Aksie moet nog gebeur. Hulpwerkwoorde “sal”of “gaan”word meestal
gebruik en woorde soos “moet” en “wil”kan ook gebruik word, bv. Ek moet leer. Ek gaan
speel. Ek wil huiswerk doen.
4. Byvoeglike naamwoorde

Wat is ‘n byvoeglike naamwoord?

Hy beskryf die selfstandige naamwoord of sê vir mens meer


daaroor, bv. Die mooi meisie. Die groot stoel.

Byvoeglike naamwoorde kan in trappe van vergelyking gaan, bv.


Groot, groter, die grootste en ook in intensiewe vorm, bv.
splinternuut, bloedrooi, hemelhoog.

Ons kry attributiewe byvoeglike naamwoorde en predikatiewe


byvoeglike naamwoorde:

1.Attributief - Wanneer die byvoeglike naamwoord voor die


selfstandige naamwoord staan, is hy attributief, bv. Die lang
seun. Die vreeslike ongeluk.

2.Predikatief - Wanneer die byvoeglike naamwoord na die


selfstandige naamwoord staan, is hy predikatief, bv. Die seun
is lank. Die ongeluk is vreeslik.

You might also like