Gr9 Rekeningkundige Begrippe

You might also like

Download as pptx, pdf, or txt
Download as pptx, pdf, or txt
You are on page 1of 20

GRAAD 9

Rekeningkundige begrippe
Alleenhandelaar

‘n Vorm van besigheid waar net een persoon die besigheid besit en dit gewoonlik
ook bedryf. ‘n Alleenhandelaar is ten volle verantwoordelik vir al die skuld van
die besigheid, en kan ook al die winste van die besigheid neem.

Daar is 2 soorte besighede:


 DIENSONDERNEMING: waar ‘n mens ‘n diens aanbied in ruil vir betaling
(byvoorbeeld ‘n haarsalon.) (GRAAD 8
WERK)
 HANDELSONDERNEMING: waar jy goedere verkoop (soos ‘n supermark).
(GRAAD 9 WERK)
 Nie-bedryfsbates (vaste bates)
BATES: Bedryfsbates
NIE-BERDYFSBATES: Eiendom met ‘n betreklike lang lewensduur (langer as ‘n jaar).

In rekeningkundetaal kan die volgende nie-bedryfsbates/vaste bates wees:

 Grond en geboue: Die gebou wat deur die besigheid besit word.
BATES: Nie-bedryfsbates (vaste bates)
NIE-BERDYFSBATES: Eiendom met ‘n betreklike lang lewensduur (langer as ‘n jaar).

In rekeningkundetaal kan die volgende nie-bedryfsbates/vaste bates wees:


Voertuie: Motors, vragmotors, afleweringsvoertuie en motorfietse wat deur
die besigheid gebruik word.
 Nie-bedryfsbates (vaste bates)
BATES: Bedryfsbates
NIE-BERDYFSBATES: Eiendom met ‘n betreklike lang lewensduur (langer as ‘n jaar).

In rekeningkundetaal kan die volgende nie-bedryfsbates/vaste bates wees:


 Toerusting: Rekenaars, tafels, drukkers, grassnyers ens wat gebruik word om die
besigheid te bedryf.
BATES: Nie-bedryfsbates (vaste bates)

Hersien: NIE-BERDYFSBATES
Grond en geboue
Voertuie
Toerusting
BATES:  Bedryfsbates
BERDYFSBATES: ‘n Bate wat uit kontant bestaan of wat binne een jaar in kontant
omskep sal word.
In rekeningkundetaal kan die volgende bedryfsbates wees:
 Handelsvoorraad is goedere wat gekoop word met die doel om dit teen ‘n wins te
verkoop. Word gebruik in ‘n handelsonderneming (GRAAD 9 WERK)
BATES:  Bedryfsbates
BERDYFSBATES: ‘n Bate wat uit kontant bestaan of wat binne een jaar in kontant
omskep sal word.
In rekeningkundetaal kan die volgende bedryfsbates wees:
 Debiteurekontrole is ‘n rekening wat bestaan uit persone of besighede wat geld
aan die besigheid skuld. Op skuld goedere verkoop of diens gelewer.
 Spaarrekening verwys na geld wat die onderneming na ‘n aparte rekening by die
bank oorplaas met die doel om meer rente te verdien. Dit is gewoonlik geld wat vir
‘n tydperk nie onttrek sal word nie.
 Bank verteenwoordig die lopende-/tjekrekening in die onderneming se boeke.
BATES:  Bedryfsbates
BERDYFSBATES: ‘n Bate wat uit kontant bestaan of wat binne een jaar in kontant
omskep sal word.
In rekeningkundetaal kan die volgende bedryfsbates wees:
 Kleinkas is ‘n bedrag geld wat gehou word vir klein betalings wat ‘n tjek nie
regverdig nie.

 Wisselgeld is die geld in die besigheid se kasregister wat dien as kleingeld vir
klante.

Kontant is ‘n begrip wat gebruik word vir


Spaarrekening + Bank + Kleinkas + Wisselgeld.
BATES: Bedryfsbates

Hersien: BERDYFSBATES
 Handelsvoorraad
 Debiteurekontrole
 Spaarrekening
 Bank
 Kleinkas
 Wisselgeld
LASTE:

Nie-bedryfslaste: ‘n Las wat oor ‘n tydperk van langer as een jaar


terugbetaal word, bv ‘n Lening by die bank.

Bedryfslaste: ‘n Las wat binne ‘n tydperk van een jaar terug betaal
moet word, bv mense en besighede vir wie ons geld
skuld (Krediteurekontrole).
EIENAARSBELANG:

Die totale waarde van die eienaar se belegging in die besigheid.

Eienaarsbelang = Kapitaal + Netto wins – Ontrekkings

Kapitaal: Die bedrag geld waarmee die eienaar die besigheid begin.

Onttrekkings: Wanneer die eienaar die besigheid se geld gebruik vir persoonlike
transaksies/doeleindes.
EIENAARSBELANG:

Inkomstes: ‘n Bedrag wat verdien word weens ‘n diens wat die


onderneming verrig het, bv. Lopende inkomste, rente inkomste(ontvang),
kommissie inkomste, huurinkomste, ens.

Uitgawes: Dit is ‘n betaling vir dienste en verbruiksvoorraad wat verkry


moet word om sake te kan doen, bv. Lone, salarisse, water en elektrisiteit,
telefoon, skryfbehoeftes, ens.
EIENAARSBELANG:

Inkomstes:
NB! Verkope: Die prys waarteen die voorraad verkoop word. (Verkoopprys)

Huurinkomste: Geld wat die besigheid verdien wanneer ‘n perseel verhuur


word.

Ontvang
geld!
EIENAARSBELANG:

Uitgawes:
Huuruitgawe: Betaling vir die gebruik van perseel, winkel, garage om
besigheid te doen.

Betaal geld!
EIENAARSBELANG:

Uitgawes:
NB! Koste van Verkope: Die kosprys van die goedere wat verkoop is. Die prys
waarteen die voorraad gekoop word.

NB! Debiteureafslag: ‘n Bedrag wat aan ‘n debiteur terugbetaal word deur die
debiteur se rekening te krediteer, wat sodoende die geld wat geskuld word,
verminder; word gedoen wanneer goedere om ‘n goeie rede teruggebring
word.
EIENAARSBELANG:

Uitgawes:
Telefoon: Word slegs vir besigheid gebruik. Sluit in telefoonrekening asook
diens van byvoorbeeld Telkom.

Water en Elektrisiteit: Word slegs vir besigheid gebruik. Sluit in rekening


betaal aan munisipaliteit.
EIENAARSBELANG:

Uitgawes:
BETAAL JOU WERKERS:
Salarisse: Word maandeliks betaal aan die mense wat permanent vir die
besigheid werk.
Lone: Word weekliks betaal aan die mense wat tydelik vir die besigheid
werk.
EIENAARSBELANG:

Uitgawes:
Handelslisensie: Toestemming om die dienste te lewer of om die produkte
te verkoop.
Skryfbehoeftes: Papier, ink vir drukker, visitekaartjies, penne, ens vir die
besigheid.

Verbruikersgoedere: Enige items wat gebruik word om die diens te lewer


of om die produk te maak, bv die shampoo wat haarsalon gebruik.
Rekeningkundige vergelyking!

BATES = EIENAARSBELANG + LASTE


of
EIENAARSBELANG = BATES – LASTE
of
LASTE = BATES - EIENAARSBELANG

You might also like