Download as pptx, pdf, or txt
Download as pptx, pdf, or txt
You are on page 1of 44

WETENSKAPMAN

NETJIES
ANTJIE KROG

WB BL. 17-18.
WAAROOR HANDEL
DIE GEDIG?
Die gedig lewer kommentaar oor verskillende dinge in verband met wetenskap.
● Die spreker is meer taalkundig (woordmens) en verkies om dinge met emosie te ervaar as om
dit wetenskaplik te analiseer en te verklaar.
● Die moderne toerusting wat gebruik word om die heelal te verken, veroorsaak dat mense so
vasgevang raak en van die wêreld om hulle vergeet.
● Die onbereikbare/onmeetlike word deur jou bewonder en jy vergeet van die alledaagse wat net
so mooi is.
STEMMING / TOON /
ATMOSFEER
Opstandig / Uitdagend / Filosofies - Die spreker is in verwondering oor die natuur, MAAR ook
hartseer omdat syfers die oorhand oor die skoonheid van die
natuur kry.
TIPOGRAFIE /
STRUKTUUR / BOU
21 versreëls & 4 strofes.
Strofes 1 – 2: 6 reëls (sestet) – Hier word die teenstelling tussen die wetenskaplikes en die “ons”
gegee.

Strofe 3: 2 reëls (koeplet) – Hier kry ons ’n wending / verandering. Die spreker verduidelik dat sy
klawers teken met die gevolg dat sy wetenskap druip.

Strofe 4: 7 reëls – Die spreker gee die rede vir die klawers. Sy wil die natuur op ’n ander / meer
natuurlike manier waarneem.
ASSONA
HERHALING
NSIE
Bind die gedig tot n eenheid en om Dra by tot die ritme van en stemming in
haar punt duidelik te stel. die gedig.

PROGRESSIE
SINTUIGLIKE
Van onpersoonlik na verpersoonliking in die
WAARNEMING
waarneming van die natuur.
Sig & Gehoorsintuig
RYM SPREKER
Ek – spreker
Vrye vers – Geen vaste rymskema nie. Leerder wat nie van wetenskap en
wiskunde hou nie.

AANGESPROKENE

Wetenskaplikes / sterrekundiges / die


wetenskaponderwyser.
TEMA
Natuur moet met bewondering beskou word en nie deur die koue oog van wetenskaplikes nie. /
Wetenskap is nie alles nie.

BOODSKAP
Mens het nie altyd nodig om iets te verstaan om dit te geniet of waardeer nie.
TIT
EL

Die titel is in die verkleiningsvorm (Omiets wat ’n groter betekenis het, minder belangrik te maak).
● Mannetjies = dui daarop dat die spreker min van hulle dink (minag – minagting te wys).
● Dit is hoe sy haar negatiewe gevoelens oor wetenskaplikes uitbeeld (Negatiewe konnotasie).
● Die titel sluit by die woord “pateties” in reël 4 aan.
STROF
E1
Hier word die wetenskaplikes aangespreek en daar word vertel hoe die wetenskaplikes die
omgewing ervaar.
Strofe 1 – Sarkasties – die spreker suggereer dat wetenskaplikes nie ’n lewe het nie.
“Julle” (Persoonlike voornaamwoord) – Meervoud – Elke wetenskaplike werk onder sy eie
Wetenskaplikes teleskoop – Hulle werk nie saam nie, maar alleen.
Sy praat direk met die wetenskaplikes – Hulle
waardeer nie die son nie.

Moet ʼn swart lens gebruik, omdat jy nie direk na die son


1. Julle sit onder swart teleskope kan kyk nie. Sluit aan by die wetenskaplikes wat vertel dat
die swart donkerte van die heelal die son (die lig) gaan
“insluk”. – Negatiewe konnotasie (Swart = Negatief)
Negatiewe konnotasie – Hulle “kruip weg” onder die
Beklemtoon die negatiwiteit wat sy voel.
teleskope – Beklemtoon dat hulle klein is (Titel)

2. en kyk na die son

Die wetenskaplikes sit onder hulle teleskope en bestudeer die son en hoe die son oor die STROFE 1
jare verander.
Dit is voor die hand liggend dat niemand ooit na die son sal kan gaan nie.
Dit is te warm (Letterlik / Denotatief) - maar hulle sit nog steeds en kyk - Hulle voel gefrustreerd
daaroor.

3. tot julle besef dat julle nooit daar sal kom.

Spreker wys haar sarkasme deur die word “besef” te gebruik.

Weglating van “nie” aan die einde – ter wille van ritme en rym.
Negatiewe woord – Die spreker dink min van die wetenskaplikes – sy sê hier dat hulle nooit hulle
doel sal bereik nie wat dan deel vorm van die minagting en negatiewe gevoelens wat sy ervaar,
asook dit is verkleinerend.

4. Pateties bepaal julle dan ligjare

Wetenskaplike jargon: afstand wat lig in ’n jaar aflê (9,4 biljoen km) – Niemand kan ligjare presies
bepaal nie.
Die wetenskaplikes maak hier ‘n voorspelling - dat die son kleiner word en eendag gaan verdwyn. (Negatiewe
gedagtes oor die son). Die wetenskaplikes waardeer dus nie die natuur nie - hulle sit onder hulle teleskope en
maak koue gevolgtrekkings.

5. en vertel dat die son as’t ware


“So te sê” : Verwys na twyfeling in die teorie.
(Taalfossiel)
6. inkrimp en eendag gaan verdwyn.

Onbepaalde tyd / êrens in die toekoms. Hulle is behep met die onveranderlike – indien wel waar –
en saai daardeur paniek en vrees.
REËLS 3 & 6
Punt-tekens word gebruik aan die einde van reëls 3 en 6.
- Sy sluit haar gedagte af en begin met ‘n nuwe gedagte.
- Dit dui ook op die finaliteit van die spreker se stellings.
- Die spreker sê dat die wetenskaplikes nooit by die son sal uitkom nie – punt.
- Die wetenskaplikes sê dat die son eendag gaan verdwyn – punt.
Beide partye glo vas in die stellings wat hulle maak as onherroeplike feite – punt.
STROFE 2
Die "ons” kyk hier met waardering en bewondering na die
natuur terwyl die wetenskaplikes die son probeer ontleed.
Die ons sit hoog op die windpomp en bewonder die
Spreker en haar maats / of mense soos
sy. sonsondergang.

Dit suggereer eenvoud.


7. Ons sit maar hoog op die windpomp

”maar” dui daarop dat die wetenskaplikes sal neersien op hulle tydsverdryf. Hulle
het belangriker dinge om te doen.

Die ons geniet die skoonheid/prag/mooiheid van die natuur en die sonsondergang - Die natuur is
belangriker as die wetenskap.
8. en kyk hoe die son sy kop stamp

Die spreker vertel ons hoe sy die omgewing ervaar.


STROF
E2
REËLS 1 & 7
(R1) “Julle sit”
Albei sit Both are sitting
(R7) “Ons sit”
Die een kyk wetenskaplik/klinies na die son as ‘n objek, terwyl die ons die wondermooie van die
ondergaande son op ‘n subjektiewe manier geniet.
Die son verdwyn agter die rant – dit lyk asof die son sy kop
stamp.

Passievolle beskrywing van die sonsondergang. Sintuiglik – Sien


9. teen die rant - hoe dit bloei/ vloei.

Die kleurlose lug word pragtig rooi. / skakerings daarvan.


10. hoe hy bloei

11. hoe die vaal lug gloei


Kontoere / omtrek van die bome teen die lug. Met die son
agter die bome lyk dit of hulle swart is – Sig sintuig

12. Hoe die bome tot silhoeëtte verskroei.


STROFE 3
Koeplet – wending vind hier plaas.
Die spreker gee nou ‘n rede waarom sy so negatief teenoor wetenskaplikes voel - sy verduidelik in
dié strofe waarom sy die natuur op haar manier verkies.
Sy is ‘n skoolkind/tiener want sy moet huiswerk doen.
Vir ‘n tiener is emosies belangrik.
Daarom (redegewende voegwoord) = Alles wat vooraf genoem is, is die rede waarom die spreker
klawertjies tussen haar huiswerk teken en gevolglik ‘n lae punt vir die toets kry.

13. Daarom liewe menere teken ek klawertjies

menere = Apostroof – spreek direk aan.

Verkleining van klawertjies is positief (simbool van geluk).


Bygeloof = miskien bring die klawertjies geluk.
R13 – 14: Dis nie belangrik vir haar om die natuur wetenskaplik te ontleed nie, sy wil dit met haar
sintuie en emosies ervaar. (Sy stel nie belang nie)

14. tussen my huiswerk, kry ek 26%

Die gebruik van die komma (,) dui aan Die gevolg van die feit dat sy nie in wetenskap belangstel
dat ‘n woord weggelaat is – nie - Sy druip haar toets (Sy hou nie van wetenskap nie.)
daarom/en.
STROFE 4
In strofe 4 kry ons die gevolgtrekking waartoe die spreker kom.
Sy sê hoe sy oor die wetenskap voel.
Sluit aan by die woord “daarom” in strofe 3 – sy brei uit op die redes / motiveer waarom haar punte so laag is.

Sy wil liewer die natuur met haar sintuie ervaar.


Gehoorsintuig – sy hoor die korhaan.

15. want ek luister eerder na Sy sal eerder na die geskree van die
korhaan luister as na die stem van haar
onderwyser.

16. die verdwaalde korhaan

Sy sit waarskynlik in ‘n klaskamer op die


17. tussen die bossies by die tennisbaan speelterrein want sy verwys na die
“bossies by die tennisbaan”.
R16: DIE VERDWAALDEKORHAAN
• Hulle word nie maklik gesien nie (hoort nie daar by die tennisbaan nie),
daarom luister sy / hoor sy hom.
• Diè soort voëls is alleenlopers. (Sy deel die alleen gevoel van die
korhaan, omdat sy nie haar wetenskap deurkom nie asook die eensaamheid wat feite en syfers
bring.)
• Sy vind eerder haar plesier/geluk/vreugde in die natuur wat sy met haar emosies ervaar as in
syfers en logiese feite.
R18 – 19: Haar vreugdes is meer as haar hartseer. Die wiskundige formules word gebruik om haar
emosies uit te beeld. (Om ’n getal met homself te
maak).

18. en kwadreer liewer my vreugdes

19. en vind dan die logaritme van my hartseer

Logaritmes = wiskundige term (beteken om iets minder te maak)


Sy is ook soms hartseer, maar vind tog antwoorde daarvoor – “logaritmes”. - Die spreker sê dat as ‘n mens net met syfers
besig is (en nie met woorde nie), kan jy baie eensaam raak. Sy gebruik wel die wiskunde jargon om te verduidelik wat st
eerder wil doen. Dit is moeilike terme wat ’n mens sukkel om te verstaan dus bly sy by dit wat saak maak: Sy sal veel eerder
haar eie vreugde vermeerder/ kwadreer om die logaritme/ eksponent van haar hartseer te vind.
want (Redegewende voegwoord)= gevolgtrekking wat sy maak.

Syfers bring eensaamheid (veral in die eksamen)


Syfers sluit ander mense uit, want wanneer jy met syfers werk, doen jy gewoonlik die
berekeninge alleen. Die rede waarom sy eerder Wetenskap en Wiskunde sal druip is
omdat dit na allen-beroepe lei. Wetenskaplikes sonder hulself af om navorsing te doen.

20. want syfers bring eensaamheid


Niemand kan die eensaamheid keer wat die syfers (Wiskunde en Wetenskap) bring nie.

21. wat geen mens kan keer.

Dubbel NIE ontbreek ter wille van die rym – digterlike vryheid
Hartseer / keer = dra by tot die stemming van hartseer/alleenheid.
HALFRYM
BEELDSPRAAK
STYLFIGUUR
STROFE 1 (R1-6)
Herhaling:
“Julle” word 4 keer in die strofe herhaal.
Die herhaling beklemtoon dat die wetenskaplikes apart is en is in teenstelling tot die spreker.
“Julle” – Staan in kontras met reël 7. Negatiewe konnotasie.
Beklemtoon die verkleiningsvorm van die title.

1. Julle sit onder swart teleskope

“s” – Alliterasie – beklemtoon die spanning / stilte


wat die wetenskaplikes ervaar

Kontras = swart teleskope teenoor die son = lig.


2. en kyk na die son “swart” kontrasteer met “son” en “ligjare”. (R4)

(R1 – 4) Ironie - Dit is ironies dat die wetenskaplikes “swart” teleskope gebruik om hulle te help om “ligjare” te bepaal. (R4)
(R3) Dubbele betekenis:
LETTERLIK (Denotatief): hulle gaan nooit by die Son uitkom nie.
FIGUURLIK (Konnotatief): hulle het nie die kundigheid om die Son ten volle te begryp nie.

3. tot julle besef dat julle nooit daar sal kom.


Inversie / Omgekeerde woordorde – “pateties” word uitgehef/is belangrik. Verkleinerend.

4. Pateties bepaal julle dan ligjare


as’t = elisie (klankweglating) – dra by tot ritme.

5. en vertel dat die son as’t ware Enjambement – Versnel die tempo.

6. inkrimp en eendag gaan verdwyn.


STROFE 2
Die tweede strofe staan in kontras tot die eerste strofe.
Die wetenskaplikes gebruik gesofistikeerde teleskope om die natuur te bestudeer en meer te sien
as wat die blote oog kan sien.
Dit is ironies dat, ten spyte van hulle gevorderde tegniese instrumente, kan die wetenskaplikes nog
steeds nie die skoonheid van die son raaksien nie MAAR in teenstelling beleef die spreker die son
se skoonheid en beeldryk met die blote oog.
Kontras met reël 1 (”Julle”) Die ons sit buite OP die windpomp
Teenoorgestelde met die wetenskaplikes (alleen) is en kyk na die son – in kontras
en die ”Ons” wat moontlik verwys na meer as een teenoor die julle wat ONDER hulle
persoon wat saam sit. teleskope sit.

7. Ons sit maar hoog op die windpomp


Alliterasie – “s” – Beklemtoon die personifikasie

Assonansie – “o” Personifikasie - dit beteken die son gaan


onder.
8. en kyk hoe die son sy kop stamp
Beskryf die beeld van die
sonsondergang.
Personifikasie = die son bloei = dui op die rooi kleur van die son as hy ondergaan.

Antitese = teenstelling
Vaal = grys/kleurloos – staan in kontras met gloei (dit het ‘n glans).

10. hoe hy bloei Alliterasie = “l” – Beklemtoon


die verandering van die lug se
kleur.
11. hoe die vaal lug gloei
Reël 10, 11 en 12 begin elke keer met die woord “HOE” – anafora.

Dit word gebruik om die versreëls aan mekaar te verbind en om die gedagtes van die spreker te beklemtoon
en te versterk.

12. Hoe die bome tot silhoeëtte verskroei. “bloei”(R10), "gloei”(R11),


”verskroei”(R12) = assonansie: die

Herhaling (x3) - Dit beklemtoon hoe belangrik die son is en hoe mooi die son mooi van die sonsondergang word
in die natuur vertoon. beklemtoon.
STROFE 2
Tipografie van die gedig is belangrik.
Klem word hier op “verskroei” (aan die einde van die reël) geplaas wat op die krag van die son wys.
In reëls 5 en 6 krimp die son en verloor dit krag en hitte/mag EN in reëls 11 en 12 lyk dit asof die son die bome verskroei – hier het
die son mag.
Let op die lengtes van versreëls 10-12, dit is van kort na langer – soos die son sak, raak die skaduwees langer.

Ons kan die sonsondergang visueel ervaar.


Progressie : bloei (rooi) , gloei (geel), verskroei (bruin).
Ironie - want die klawertjies bring nie geluk met betrekking tot haar lae punte nie .

13. Daarom liewe menere teken ek klawertjies

Ironie - Sy bedoel dit nie met respek nie, maar is eerder sarkasties.

14. tussen my huiswerk, kry ek 26%

Die weglating van die voegwoord word asindeton genoem.


Die funksie is om die teken van klawertjies te verbind met die feit dat die spreker 26% kry.
STROFE 4
In die slotstrofe is ‘n antitese tussen die vreugde oor die wonder van die natuur teenoor die hartseer wat die syfers
veroorsaak.
Die wetenskap neem dus die verwondering van die natuur weg, want dit word koud en feitlik/onpersoonlik gestel.

Kontras tussen die “ons” en die “julle”.


Wetenskap = koud/klinies/feitlik en neem die wonder van die natuur weg.
Die “ons” ervaar die natuur warm/met liefde/emosies/sintuiglik en beleef die verwondering van die natuur.
Die lang klanke in reëls 15 - 17 vertraag die tempo.
Hartseer en weemoedige stemming word geskep.

15. want ek luister eerder na

16. die verdwaalde korhaan Assonansie – “aa”

17. tussen die bossies by die tennisbaan


Metafoor: versreël 18 - Hier gebruik sy ‘n wiskundige term “kwadreer” om te verduidelik dat sy liewer haar
vreugdes vermenigvuldig.

18. en kwadreer liewer my vreugdes

19. en vind dan die logaritme van my hartseer

Kontras / Teenstelling: “vreugdes” & “hartseer” = Die spreker beklemtoon hoe sy WIL voel en hoe
Wiskunde en Wetenskap haar LAAT voel.
Twee benaderings wat teenoor mekaar gestel word:
Dit gaan oor die wetenskaplike of verstandelike benadering, rasionele teenoor die emosies, die hart.
Die wetenskaplikes is besig met die toekoms en die hart hou hom besig met die belewenis van die
oomblik.
Vir die spreker is Wiskunde nie belangrik nie.
Sy sal eerder teken en die natuur met haar haar sintuie geniet.

You might also like