Onderwerp 4 - Kwartaal 1

You might also like

Download as pptx, pdf, or txt
Download as pptx, pdf, or txt
You are on page 1of 29

HEDENDAAGSE SOSIO- Besigheidsomgewing

EKONOMIESE Kwartaal 1
Onderwerp 4
KWESSIES
VERDUIDELIK DIE BETEKENIS VAN SOSIO-
EKONOMIESE KWESSIES EN DIE REDE
WAAROM HULLE ‘N UITDAGING VIR DIE
BESIGHEID IS.
•Sosio-ekonomiese kwessies verwys na probleme in die gemeenskap
wat die besigheid en die ekonomie negatief kan beïnvloed.
•Sosio-ekonomiese kwessies is uitdagings wat sosiale en ekonomiese
faktore in die makro-omgewing in die besigheid kan veroorsaak.
•Sosio-ekonomiese kwessies sluit in diskriminasie en armoede,
inklusiwiteit, werkloosheid, ‘n onproduktiewe arbeidsmag, MIV en
Vigs, dobbelary, rowery, nabootsing, stakings, geweld en misdaad.
•Om ekonomiese groei te verseker moet die regering en besighede
iets daaromtrent doen.
DEFINIEER/GEE DIE
BETEKENIS VAN
ONGELYKHEID EN ARMOEDE.
Ongelykheid:
• Ongelykheid beteken dat almal nie gelyk is
nie. Sommige mense het baie geld en toegang
tot onderwys terwyl ander baie arm is.
•Ongelykheid in Suid-Afrika is ‘n probleem,
want die gaping tussen ryk en arm is baie
groot.
DEFINIEER/GEE DIE
BETEKENIS VAN
ONGELYKHEID
Armoede:
EN ARMOEDE.
•Armoede is wanneer ‘n persoon nie sy mees basiese behoeftes om
te kan oorleef kan bevredig nie.
•‘n Persoon word as baie arm beskou as hy of sy nie kos, water of
huisvesting kan bekostig nie.
•Armoede sluit ook in daardie mense wat nie hulle daaglikse
voedselbenodigdhede, behoorlike huisvesting, skoon lopende
kraanwater, spoeltoilet, elektrisiteit, vervoer, onderwys en basiese
gesondheiddienste kan bekostig nie.
VERDUIDELIK/BESPREEK/BESKRYF
DIE IMPAK VAN ONGELYKHEID EN
ARMOEDE OP DIE BESIGHEID.
•Armoede beïnvloed verbruikersbesteding want arm mense het nie die
vermoë om goedere te koop nie.
•Wanneer mense nie geld kan spandeer nie kan besighede nie groei nie.
•Ongelykheid en armoede lei tot misdaad soos roof en winkeldiefstal.
•Besighede lei verliese as gevolg van misdaad want geld moet spandeer
word om sekuriteit te verbeter.
•Die hedendaagse sienswyse en media-aandag oor armoede lei daartoe
dat daar ‘n verwagting is dat besighede in arm gemeenskapep moet
investeer, en dit plaas groter druk op die besigheid.
WERKLOOSHEID
Definisie:
‘n Werklose persoon is iemand wat
bereid en beskikbaar is om te werk en
aktief besig is om werk te soek, maar
nie werk kry nie.
WERKLOOSHEID
Oorsake van werkloosheid:
Groot onopgeleide arbeidsmag
Onvoldoende onderwysstelsel
Onvoldoende ekonomiese groei in die land
Nywerhede wat eerder tegnologie as mense
gebruik
Swak beheer by land se grense
Oorbevolking
WERKLOOSHEID
Impak van werkloosheid:
Werklose mense het baie min geld om te spandeer.
Besighede kan nie groei of uitbrei as mense nie geld
spandeer nie.
Werkloosheid verlaag die lewensstandaard van mense
Lei tot ‘n toename in korrupsie, armoede en misdaad.
Lei tot depressie en ‘n gevoel van hopeloosheid.
INKLUSIWITEIT
Definisie:
Inklusiwiteit beteken dat
daar teen niemand
gediskrimineer word nie.
INKLUSIWITEIT
Doel van inklusiwiteit op die werksplek:
Inklusiwiteit poog om te verseker dat besighede regverdige
indiensnemingspraktyke volg.
Om die ongelykhede van die verlede reg te stel
Die doel is om ʼn werkplek te hê waar mense van verskillende
rasse/ kultuur/geslag/geloof/ vermoëns/taal en oortuiging
effektief kan saamwerk tot voordeel van die besigheid.
Om te verseker dat besighede niemand vir oorweging uitsluit nie.
Om ʼn werksmag te skep wat verteenwoordigend is van die
demografie van Suid-Afrika.
INKLUSIWITEIT
Maniere waarop besighede inklusitwiteit in die werksplek kan bevorder:
 Ontwikkel indiensnemingsbeleid wat streef na die bevordering van inklusiwiteit en
diversiteit in die werksplek.
 Behandel alle werknemers gelyk ongeag geslag/ras/ouderdom/seksuele voorkeur.
 Onderhou wette (bv. Wet op Gelyke Indiensneming) en regulasies wat 'n inklusiewe
arbeidsmag bevorder.
 Respekteer en bevorder individuele kulture in die werksplek.
 Verseker gelyke indiensnemingsgeleenthede vir alle groepe.
 Respekteer alle werknemers en hulle bydraes in die werksplek.
 Die arbeidsmag moet die demografie van die land weerspieël.
 Maak seker dat die fisiese omgewing mense met gestremdhede akkommodeer.
 Sluit vroue in leierskapsposisies en besluitneming in.
MIV/VIGS
Definisie:
Vigs is ‘n siekte wat deur die MI-virus veroorsaak word, wat die
immuniteitstelsel aanval.
Die sosiaal onverantwoordelike optrede van mense dra tot die
verspreiding van die siekte by.
Dit plaas druk op die infrastruktuur vir gesondheids- en sosiale
dienste.
Die regering spandeer baie geld op medisyne om MIV/Vigs te
bestry.
Daar is baie mense wat HIV/Vigs het.
MIV/VIGS
Negatiewe impak van MIV op die besigheid:
Die siekte lei tot ‘n afname in produktiwiteit van geaffketeerde
werknemers.
Opgeleide en ervare werkers sterf terwyl hulle jonk is en verhoog
die personeelomset van die besigheid.
Daar is ‘n afname in die vraag omdat daar minder klante is.
Daar kan vooroordeel in die werkplek wees teen werkers wat
MIV/Vigs het.
Die getal beskikbare vaardige werkers word minder as gevolg
van die hoë MIV-koers.
DOBBELARY
Tipes dobbelary:
Onwettige dobbelary: is ‘n kanse spel waar ‘n persoon of baie
geld kan wen, of verloor. Hierdie kansespel vind plaas op/by
‘n plek wat nie geregistreer is nie.
Piramide-skema: is ‘n vorm van belegging waar elke
betalende deelnemer verder ander twee deelnemers nader deur
die geld van die latere deelnemers te gee aan die wat vroeër
aangesluit het.
Geldwassery: die manier om onwettig geld te bekom, deur
geld in buitelandse banke te stoor of onwettige besighede te
begin.
DOBBELARY
Impak van dobbelary:
Werknemers is nie beskikbaar om op kort kennisgewing oortyd
te werk nie.
Kompulsiewe dobbelaars kan nie op hulle werk fokus wanneer
hulle die hele tyd aan dobbel dink nie.
Werknemers kan ook steel om geld te kry om te dobbel.
Hoë afwesigheidskoers.
Verminder produktiwiteit want dit lei tot misdaad en korrupsie.
Dit steek kriminele aktiwiteit weg en kan lei tot geweld in die
werkplek.
ROWERY
Definisie:
Rowery is die onwettige kopiëring van boeke,
CD’s of DVD’s of die kopiëring van
handelsmerke.
Rowery is om iets sonder toestemming te gebruik,
bv. iets met kopiereg. ‘n patent of ‘n handelsmerk
wat aan ‘n ander onderneming behoort.
ROWERY
Impak van rowery op besighede.
Die skepper van oorspronklike goedere se winste
sal verminder as rowery plaasvind.
Rowery verminder die oorspronklike kunstenaar
se inkomste.
Mense wat geroofde kopieë koop, dra tot die
probleem by.
Die kopiëring van handelsmerke verwar die
verbruiker.
ROWERY
Oplossings vir Rowery:
1. Kopiereg
Kopiereg is die reg wat aan die skepper van
oorspronklike werk gegee word dat dit nie sonder sy
toesteming gekopieer mag word nie.
Die eienaar van intellektuele eiendom het die reg om die
intellektuele eiendom te vervaardig en te kopieer.
Sluit letterkundige werke/musikale werke/kunswerke,
ens. in.
ROWERY
Patente
Eksklusiewe reg om die uitvinding of produk gemaak
volgens 'n uitgevinde proses vir 'n beperkte tydperk te
gebruik of te verkoop.
Dit is 'n uitvinding, iemand wat die patentreg besit, het
die alleenreg om 'n uitvinding te vervaardig en te
verkoop.
'n Ontdekking/Wetenskaplike metode, ens.
ROWERY
Handelsmerk
Unieke merk wat 'n besigheidsonderneming
verteenwoordig en wat aan die besigheids-onderneming
behoort.
Sluit woorde/slagspreuke/reklameborde/naamborde, ens.
in.
Registrasie van die gebruik van 'n
handelsnaam/slagspreuk/simbool of 'n kombinasie om 'n
produk of dienste herkenbaar en bekend te maak.
SMOKKELARY
Besighede kan afname in verkope ondervind as
gevolg van vervalsing/nagemaakte produkte wat
versprei word.
Besighede kan gedwing word om
prysaanpassingstrategieë te implementeer om die
impak te verklein.
Besigheidsuitgawes sal toeneem as regsstappe
geneem word.
STAKINGS
Stakings kan tot produksieverliese en afname in verkope
lei.
Besighede kan gedwing word om bedrywighede te staak
na 'n staking.
Kan lei tot ongesonde werksverhoudings tussen bestuur en
werkers.
Kan besighede dwing om van sy vaardige werkers af te lê
om te herstel van verliese.
Lei tot ‘n verlies aan inkomste as gevolg van beskadigde
eiendom.
STAKINGS
Verskillende tipes nywerheidsoptredes:
1. Sloerstaking – waar werkers met opset stadiger werk om produksie te verlaag.
2. Staking – is waar werkers besluit om by die huis te bly.
3. Uitsluiting – dit is die aksie waar die werkgewers besef dat die werknemers dalk
mag skade aanrig aan die bates van die besighede en sodoende alle werkers uit
die besigheid uitsluit.
4. Betooglinies (“Picketing”) – dit is die aksie waar die stakende werkers die ander
werkers verhoed om ook te werk. Hierdie aksie is in menigde kere meer
geweldadig.
STAKINGS
Impak van politieke onrus op besighede
Mense in woonbuurtes/informele woonbuurt mag paaie blokkeer
en werkers verhoed om werk toe te gaan as gevolg van
diensleweringsprotesoptredes.
Skrik potensiële beleggers af.
Besighede kan geforseer word om toe te maak veral die in
woonbuurtes waar die protesoptredes plaasvind.
Mag lei tot ‘n verlies van produksie wanneer werkers afwesig is
van werk.
Baie besighede kan verliese lei as gevolg van skade aan eiendom.
EKONOMIESE MISDAAD
Definisie:
Misdaad wat gepleeg word deur ‘n persoon
met hoë status in die uitvoering van sy of
haar pligte. Dit behels dikwels dat die
onderneming se geld gebruik word,
gewoonlik vir persoonlike eie gewin.
EKONOMIESE MISDAAD
Impak van ekonomiese misdaad op besighede
 Verlies aan winste as gevolg van gesteelde goedere van besighede.
 Versekering/Sekuriteitskoste word duurder.
 Kleiner besighede kan dikwels nie versekering bekostig nie en moet self gesteelde
goedere teen ‘n verlies vervang.
 Laer winste beïnvloed die besigheid se besluit om uit te brei en meer werkers in
diens te neem/hoër lone te betaal.
 Besighede verloor vaardige werkers en dit lei tot ‘n daling in produktiwiteit.
 Misdaad lei tot ‘n verhoging in mediese koste van werkers as gevolg van beserings
en stres.
 Ontmoedig buitelandse beleggings en verminder toerisme.
 Misdaad veroorsaak onregverdige kompetisie wanneer gesteelde goedere teen ‘n
laer prys herverkoop word.
GEWELD
Definisie:
Geweld verwys na ‘n aggressiewe
handeling en behels die gebruik van mag.
Geweld word meestal gebruik wanneer
iemand weerstand bied, of om mag te
verminder of te vermeerder.
GEWELD
Soorte geweld:
1. Politieke geweld: Aggressiewe optrede as gevolg van
politieke onstabiliteit.
2. Emosionele geweld: Behels aanhoudende kritiek en
dreigemente.
3. Fisiese geweld: Geweld in die vorm van fisiese mag bv.
‘n skop of ‘n vuishou.
4. Huishoudelike geweld: Verwys na fisiese en/of
emosionele geweld in die huishouding.
GEWELD
Impak van geweld op die besigheid
Fisiese (benodig siekteverlof) en emosionele
impak (gebrek aan konsentrasie, depressie, vrees
en angs.) op die werkers.
Verminder die produktiwiteitsvlakke.
Besighde in geweldgeteisterde gebiede moet
somtyds toemaak wat lei tot ‘n verlies aan
inkomste.

You might also like