Download as pptx, pdf, or txt
Download as pptx, pdf, or txt
You are on page 1of 43

Senuweestelsel

Graad 12

Saamgestel deur J Gibson Aangebied deur J Gibson & M Vermeulen


TWEE KOÖRDINERINGSTELSELS

ENDOKRIENE STELSEL SENUWEESTELSEL


SENUWEESTELSEL

SENTRALE PERIFERE
SENUWEESTELSEL SENUWEESTELSEL
12 paar kraniale senuwees en 31 paar
rugmurgsenuwees

BREIN RUGMURG
HOE WORD DIE
SENUWEESTELSEL
BESKERM?
BESKERMING VAN DIE SENUWEESTELSEL
• MENINGES
• WERWELKOLOM
• SEREBROSPINALE VLOEISTOF

https://images.app.goo.gl/HDGH8TZgyDVXoEw27
https://images.app.goo.gl/VAgh5JBnGGktRVNg6
DIE BREIN SEREBRUM

Oorsprong van willekeurige aksies


Ontvang en interpreteer sensasies vanaf die sintuie;
Gehoor, proe, ruik (temporale lob), sig (oksipitale
lob) , gevoel (parietale lob) en sig (oksipitale lob)

Beheer hoër denkprosesse soos geheue,


intelligensie en redenasie-vermoë.

SEREBELLUM
(grysstof aan buite kant, witstof
aan die binnekant)
Koördineer alle willekeurige
bewegings (beheer
skeletspiere)
RUGMURG Dit beheer spierspanning om
balans te handhaaf.
https://images.app.goo.gl/6J3U9JxFLHyCEpac9
CORPUS CALLOSUM
Verbind die linker en regter hemisfere van
die brein – laat kommunikasie tussen die
twee toe.

Koördineer aktiwiteite van die twee


serebrale hemisfere, laat kommunikasie toe
tussen twee dele.

PITUITÊRE / HIPOFISE
KLIER

MEDULLA OBLONGATA
Bevat die reflek aksie sentrum verantwoordelik vir
asemhaling, hartklop regulasie, vasodilasie en
vasokonstriksie van bloedvate asook die
HIPOTALAMUS slukproses…onwillekeurige aksies
Beheersentrum vir honger, dors, slaap, Dit dra senuwee-impulse tussen die rugmurg en
liggaamstemperatuur en emosie. die brein oor en weer terug.
Rugmurgsenuwees kruis hier.
RUGMURG Grysstof
Sentrale kanaal

Bestaan uit:
Witstof Dorsale wortelganglion

• 'n sentrale kanaal wat gevul is met Sensoriese neuron


serebrospinale vloeistof
• grysstof en witstof

Funksie:

• Voorsien 'n geleidingsbaan vir senuwee- Motoriese neuron


impulse na en van die brein Ventrale wortel
Interneuron
• Die rugmurg dien as sentrum vir
refleksaksies
SENUWEE EN NEURONE STRUKTUUR MOET KAN TEKEN
EN BYSKRIFTE GEE

MOTORIESE NEURON
SENUWEE Chemiese
Senuwee
Nukleus oordrag
NEURON impulse
Akson

Selliggaam
Node van Miëlien-
Ranvier skede Eindpunte
SENSORIESE NEURON
Miëlienskede Rigting van impulse
Dendriet Nukleus Selliggaam Eindpunte
Dendriet Akson

Schwann sel Miëlienskede


REFLEKSBOOG REFLEKSAKSIE
die baan waarlangs senuwee- 'n vinnige, outomatiese reaksie
impulse vanaf 'n reseptor na 'n op 'n stimulus en betrek nie die
effektor gelei word om 'n brein nie.
refleksaksie te bewerkstellig.
Beskerm die liggaam teen
beserings, bv. oogknip, hoes, ens.
Sensoriese neuron

Stimulus Reseptor
Interneuron

Brein
Motoriese
Reaksie neuron
Effektor
SINAPS
is 'n funksionele verbinding
K : RESEPTOR 1 (gaping) tussen die akson van een
neuron en die dendriete van 'n ander
‘n struktuur wat ‘n
neuron.
stimulus ontvang en dit
omskakel in ‘n impuls. REFLEKSBOOG
3

2 W:
4
L : SENSORIESE NEURON INTERNEURON
Dra impuls van die reseptor na Dra impulse van die
die rugmurg sensoriese neuron na
3
die motoriese
neuron in die
rugmurg
Q : EFFEKTOR 6
Struktuur wat die 5 V : MOTORIESE NEURON
reaksie veroorsaak. Gelei impulse vanaf die interneuron na die
effektor
SINAPS
'n funksionele verbinding (gaping) tussen die
akson van een neuron en die dendriete van 'n
ander neuron.

Belangrikheid van ‘n sinaps

• Sinapse verseker dat impulse slegs in een


rigting kan beweeg.
• Impulse kan oorgedra word na meer as een
neuron by ‘n sinaps.
• ‘n Sinaps bepaal watter impuls na die
volgende neuron oorgedra word.
PERIFERE SENUWEESTELSEL

Onwillekeurige aksies WILLEKEURIGE


bv. nies, oogknip. OUTONOMIES SOMATIES
AKSIES bv. hardloop

SIMPATIESE PARASIMPATIESE
SSS
PARASIMPATIESE SENUWEESTELSEL SIMPATIESE SENUWEESTELSEL
BREIN &
“RUS EN VERTEER” “VEG OF VLUG”
RUGMURG

PUPIL VERKLEIN PUPIL


VERGROOT
HARTKLOP
HARTKLOP TEMPO
TEMPO
VERHOOG
VERLAAG
LUGPYPE
LUGBUISE VERNOU
VERWYD

STIMULEER MAAG INHIBEER MAAG


VERTERINGSAKSIE VERTERINGSAKSIE

INHIBEER GLUKOSE STIMULEER GLUKOSE


VRYSTELLING VRYSTELLING

STIMULEER
ADRENALIEN
VRYSTELLING
ALZHEIMER SIEKTE VEELVULDIGE SKLEROSE
Kom voor wanneer gesonde neurone al Vind plaas wanneer die immuunstelsel van
hoe minder doeltreffend word. die liggaam die miëlienskede van neurone
Simptome sluit geheueverlies en vernietig.
verwarring in. Simptome sluit in verlies aan spierbeheer
en koördinasie in alle liggaamsdele.
.
DIE OOG
BINOKULÊRE VISIE

• Die linker-en regteroog vorm elk sy eie beeld van die


voorwerp waarna gekyk word.
• Die brein kombineer die twee beelde om een
driedimensionele geheelbeeld te vorm
• Binokulêre visie verskaf ‘n wyer gesigsveld en skep ‘n
persepsie van diepte.
• Hierdie vermoë om in 3D te sien word stereoskopiese
visie genoem.
Kornea: Sklera: Die Stewige wit
Retina: Bevat buitenste laag wat die Choroïed:
Verantwoordelik vir die Donkerkleurige laag wat:
refraksie van ligstrale ligsensitiewe selle (Stafiesoog teen beskadiging
en keëltjies). beskerm Weerkaatsing verhoed
vanaf die voorwerp om Bloedvate het wat die
die beeld op die retina selle van die oog van
te vorm. voedingstowwe en
Suspensoriese ligament: suurstof voorsien.
Hou die lens in plek.
Geelvlek: Het die grootste
Pupil:
hoeveelheid keeltjies. Die
Die ronde opening in die
bied die skerpste beeld.
iris waardeur lig die oog
binnegaan
Optiese senuwee:
Watervog: Dra senuweeimpulse
‘n Waterige vloeistof vanaf die retina na die
wat die kornea en brein oor.
die voorste
oogkamer Blinde vlek:
ondersteun. Lens: Hierdie area het geen
Iris: Glasvog: stafies en keeltjies nie en
Verander van
Die gekleurde ‘n Jelie-agtige stof wat daarom is daar geen visie
vorm vir naby
deel van die vorm aan die oog gee. hier nie.
en ver sig.
oog.
PUPILMEGANISME
• Die pupilmeganisme is ‘n refleksaksie.
• Die grootte van die pupil beheer die hoeveelheid lig wat die oog binnedring.
Pupilmeganisme
Akkommodasie is die reeks veranderinge in die vorm van die
Akkommodasie lens en oogbal in reaksie op die afstand wat ‘n voorwerp vanaf
die oog af is.
VISUELE DEFEKTE – BYSIENDHEID
Bysiendheid – naby voorwerpe kan DUIDELIK gesien word maar ver voorwerpe is
onduidelik

BYSIENDHEID
KORNEA
KORNEA
NORMAAL

LENS
LENS

REGSTELLING
OORSAKE
Bikonkawe
• Oogbal is verleng
lens
• Kornea te veel gekrom
• Lens kan nie minder konveks raak nie

https://www.essilor.co.za/vision/eye-problems/myopia
VISUELE DEFEKTE – VERSIENDHEID
Persoon kan ver voorwerpe DUIDELIK sien maar naby voorwerpe is onduidelik

KORNEA
KORNEA
NORMAAL

VERSIENDHEID
LENS
LENS

REGSTELLING
OORSAKE
Bikonvekse
• Oogbal is te kort lens
• Kornea te plat
• Lens is nie in staat om meer konveks te raak nie.
ASTIGMATISME KATARAKTE
Die kromming van kornea of lens is Lens raak dof en ondeursigtig
onreëlmatig wat ‘n onduidelike/ verwronge Lig kan nie die retina bereik nie en die
beeld tot gevolg het beeld wat vorm is wasig
Bril waarvan lense die korrekte Oogchirurgie om die dowwe lens
vorm het om die verwronge beeld met ‘n sintetiese lens te vervang
reg te stel, kontaklense of
laserchirurgie
Oog met
katarak

ASTIGMATIES
Astigmatiese
kornea Geen fokus
Areas waar lig
Melkerige lens area
val

Lens Retina
Die
Oor
Halfsirkelvormige kanale
Gehoorbeentjies
Gehoorsenuwee

Pinna

Koglea
Timpaniese
membraan
Gehoorgang
Eustachius buis
GEHOOR
1• Die pinna vang klankgolwe
op en gelei dit na die
KLANK GOLWE uitwendige
gehoorkanaal/meatus
2• Dit veroorsaak dat die
4
3
1 timpaniese membraan
VIBRASIES vibreer
2
3 • Die vibrasies word
oorgedra na die
gehoorbeentjies
4• Die gehoorbeentjies
versterk die vibrasies en
dra dit oor na die
ovaalvenster
GEHOOR IN DIE BINNE OOR:
5• Die ovaalvenster vibreer
en veroorsaak drukgolwe
in die vloeistof/endolimf
van die koglea
• Dit stimuleer die orgaan
5
6 van Corti om die golwe
om te skakel in ‘n impuls
• Die impuls word gelei
6 7 langs die gehoorsenuwee
7 na die serebrum waar dit
geïnterpreteer word

DRUKGOLWE
HANDHAWING VAN BALANS
• Balans handhawing is die proses waartydens reseptore in die inwendige oor
veranderinge in die posisie van die kop waarneem en op swaartekrag, sowel as
veranderinge in spoed en rigting van die liggaam, reageer.
• Balans word teweeggebring deur die kristae (spoed en rigting) in die ampulla van die
halfsirkelvormige kanale en die makulae (swaartekrag) in die sakkulus en utrikulus.

SPOED EN RIGTING
SWAARTEKRAG

Geneem vanaf Lewenswetenskappe gr.12 handbook uitgegee deur die Nelson Mandela Universiteit
SAKKULUS EN UTRIKULUS
• Bevat spesiale reseptore genaamd makula.

• Wanneer die posisie van die kop verander stimuleer


die trekkrag van gravitasie

• Sensoriese haarselle in die makulae om impulse op te


wek.

• Die impulse word na die serebellum gestuur.

• Waarna die serebellum weer impulse na die


skeletspiere stuur om balans te herstel / handhaaf.
AMPULLA
• Word aan die basis van die halfsirkelvormige kanale gevind en bevat die reseptore:
kristae.

• Enige skielike varanderinge in spoed en rigting van die liggaam veroorsaak dat die
endolimf beweeg

• Die beweging van die endolimf stimuleer kristae om impulse op te wek

• Wat na die serebellum gestuur word.

• Die serebellum stuur weer impulse na die skeletspiere om balans te herstel / handhaaf
MIDDELOOR-INFEKSIE DOOFHEID
Oortollige vloeistof in die middeloor wat • Besering aan dele van die oor, senuwees
deur patogene veroorsaak word bv. virale of dele van die brein verantwoordelik vir
infeksie. Die timpaniese- gehoor
membraan/oordrom bult uit en dit • Opeenhoping en verharding van oorwas
veroorsaak pyn • Verharding van oorweefsels soos die
gehoorbeentjies
Behandeling:
Inplanting van dreineringsbuisies (‘grommets’) Behandeling:
Antibiotika Gehoor-apparate
Kogleêre inplantings
1. Die diagram hieronder toon ‘n refleksboog.
1.1 Gee SLEGS die LETTER van die deel
wat die volgende verteenwoordig:

(a) Effektor E  (1)


(b) Interneuron A  (1)
(c) Sensoriese neuron C (1)

1.2 Gee die LETTER en NAAM van die neuron in die diagram wat waarskynlik
beskadig is indien 'n persoon die stimulus kan waarneem, maar nie daarop
kan reageer nie. (2)
F  - Motoriese neuron 
1.3 Noem of die senuwee-impuls van D na E of van E na D beweeg. (1)
2. Bestudeer die diagram hieronder:

2.1 Identifiseer deel:


a) B Lens  (1)
b) C Choroïed  (1)

2.2 Noem die visuele defek wat in die diagram geillustreer word. (1)
Versiendheid / hipermetropie
2.3 Beskryf die gevolge van die visuele defek in jou antwoord op die
vorige vraag. (2)
Naby voorwerpe kan nie gesien word  nie die
beeld is dof 
2.4 Verduidelik die gevolge indien die ligstrale op deel A sou val. (3)
Omdat deel A geen reseptore bevat nie
Sal lig nie na ‘n impuls omgeskakel word nie 
Daarom sal geen beeld gevorm word nie / kan nie die
voorwerp sien nie.
2.5 Verduidelik TWEE manière waarop die lens struktureel geskik is om sy
funksie te verrig. (4)
Lens is elasties kan daarom van vorm verander om
akkomodasie toe te laat 
Lens is deurskynend  om ligstrale toe te laat om deur te gaan 
Lens is bikonveks  Om lig te breek 
3. Bestudeer die diagram hieronder. :

3.1 Gee EEN funksie van dele E en F onderskeidelik. (2)


E – verseker dat die druk dieselfde is aan weerskante van die
timpaniese membraan
F – Stel druk in die binneoor vry
3.2 Skryf slegs die LETTER neer van die deel waar klank in die vorm van
‘n drukgolf in ‘n vloeistof gelei word. C (1)
3.3 Verduidelik die uitwerking as die reseptore in deel C beskadig is. (3)
Die reseptore kan nie die prikkels na impulse omskakel nie
Geen impulse/minder impulse sal na die serebrumgelei word en die person sal
niks hoor nie/swak gehoor
3.4 Beskryf hoe die dele van die middeloor, die membrane ingesluit, help om
klankgolwe te versterk. (3)
Die klankvibrasies word oorgedra vanaf die groot timpaniese membraan  na die
kleiner ovale venster deur die gehoorbeentjies wat gerangskik is vanaf die
grootste tot die kleinste Dit konsentreer die vibrasies, versterk dit.

3.5 Beskryf die rol van die halfsirkelvormige kanale om balans te handhaaf.
(4)
‘n Verandering in die spoed/rigting van beweging stimuleer die kristaDie prikkel
word omgeskakel na ‘n impuls
Die impuls word na die serebellum gelei via die gehoorsenuwee
Die serebellum stuur impulse na die spiere om balans te herstel.
4.TWEE soorte gehoorverlies kom by mense voor:
• Konduktiewe gehoorverlies – kom voor wanneer klankgolwe nie deur die
uitwendige oor en middeloor gelei kan word nie.
• Sensorineurale gehoorverlies – kom voor wanneer klankgolwe in die binneoor nie
na senuwee impulse omgeskakel word nie of wanneer die senuwee impulse nie na
die brein vervoer kan word nie.
Die diagram hieronder stel die menslike oor voor.

4.1 Gee die letter en naam van die deel wat:


a) Impulse na die brein gelei: F – Gehoorsenuwee
b) Die orgaan van Corti bevat: E – Koglea 
4.1 Gee slegs die letter van twee strukture in die diagram van die oor wat, indien
beskadig, die volgende tot gevolg sal hê :
a) Konduktiewe gehoorverlies B en C
b) Sensorineurale gehoorverlies E en F
4.2 Middeloorontsteking is ‘n algemene oorsaak van gehoorverlies. Noem EEN
manier waarop middeloorontsteking behandel kan word.
Dreineringsbuisies sal in die timpaniese membraan / trommelvlies ingeplant word
of antibiotika kan gebruik word 
4.3 Noem die deel van die oor waar oorwas gevorm word.
Gehoorgang 
4.4 Verduidelik waarom gehoorverlies as gevolg van oorwas gewoonlik tydelik is.

Die oorwas kan uit die gehoorgang verwyder word  wat die klankgolwe sal
toelaat om die timpaniese membraan te bereik  / wat die trommelvlies sal
toelaat om vrylik te vibreer.
5. Die diagram hieronder stel die sentrale senuweestelsel van die mens voor.
5.1 Identifiseer deel:

(a) A Medulla oblongata (1)


(b) C Corpus callosum (1)
(c) D Serebellum (1)

5.2 Noem DRIE funksies van deel B. (3)


Beheer alle willekeurige aktiwiteite
Dit bevat sentrums wat alle sensasies ontvang en vertolk
Dis is die setel van alle hoër intellektuele vermoëns
Dit is die setel van emosionele gedrag
5.3 Beskryf die bou en die werking van die outonome senuweestelsel. (4)
Elke orgaan en klier word beheer deur twee stelle senuwee / dubbele innervasie wat
antagonisties werk 
om onwillikeurige bewegings te beheer  / verseker homeostase kan plaasvind.
Simpatiese senuwees stimuleer normaalweg ‘n reaksie 
Terwyl parasimpatiese senuwees normaalweg reaksies inhibeer. 
6. Die diagram hieronder stel die bou van ‘n neuron voor.

6.1 Noem die tipe neuron in die diagram hierbo. (1)


Motoriese neuron 
6.2 Identifiseer deel:
(a) B Nukleus  (1)
(b) F Sitoplasm  (1)
(c) A Dendriet  (1)
6.3 Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:

(a) Impulse weg vanaf die selliggaam gelei C - akson  (2)

(b) Isoleer en versnel die oordrag van impulse. (2) 


D – Miëlienskede

6.4 Noem die toestand wat deur die toenemende agteruitgang van deel D
veroorsaak word. Veelvuldige skelerose  (1)

You might also like