Ontkenning

You might also like

Download as pptx, pdf, or txt
Download as pptx, pdf, or txt
You are on page 1of 6

Ontkenning

Nie, nee
Reëls:
1) Soms gebruik jy net een nie
bv. Ek lees.
Ek lees nie.
2) Soms gebruik jy twee nie’s
bv. Ek lees ‘n boek.
Ek lees nie ‘n boek nie.

3) By ‘n vraag:
3.1) Beantwoord in die negatief.
Bv. Nee, ek lees nie ‘n boek nie
3.2) Skryf in die negatief.
bv. Lees jy ‘n boek?
Lees jy nie ‘n boek nie?
4) By ‘n bevel:
bv. Lees ‘n boek!
Moenie ‘n boek lees nie!
5) By ‘n versoeksin:
Jy moet asseblief nie die boek lees nie

6.ONTHOU:
• iemand – niemand ... nie
• êrens – nêrens ... nie
• ooit – nooit ... nie
• iets – niks ... nie
• een – geen ... nie
• moet – moenie ... nie
• nog – nie meer ... nie Gr. 12!!!
• alreeds – nog nie ... nie
• al – nog nie ... nie
• al iemand – nog niemand ... nie
Oefening 1: Skryf die sinne in die ontkennende vorm:

1. Weet iemand waar hy was?


2. Alet sal hom êrens op die toer sien.
3. Was jy al ooit daar?
4. Iets sal aan die saak gedoen moet word.
5. Hy was alreeds daar.
6. Of Manus of Mario is skuldig.
7. Ek het geweet dat hy baie siek is.
8.Hulle gaan dikwels stad toe.
9.Sy wil nog die Kasteel besoek.
10. Maak toe die deur!
Oefening 2: Skryf die sinne in die ontkennende
vorm:
1. Weet jy wat om te doen?
2. Almal het betyds opgedaag.
3. Maak asseblief die venster oop.
4. Hulle is altyd daar.
5. Het jy al ooit van so iets gehoor?
6. As die weer so bly, gaan ons beslis strand toe.
7. Ek sal dit doen, want dis regverdig.
8. Of Saartjie of Janneman het my toebroodjie geëet.
9. Het jy hierdie jongste grappie al gehoor?
10. Omdat hy werk, sal hy sukses behaal.
Oefening 2 se antwoorde:

1. Weet jy nie wat om te doen nie?


2. Niemand het betyds opgedaag nie.
3. Moet asseblief nie die venster toemaak nie.
4. Hulle is nooit daar nie.
5. Het jy nog nooit van so iets gehoor nie?
6. As die weer nie so bly nie, gaan ons beslis nie strand toe nie.
7. Ek sal dit nie doen nie, want dit is nie regverdig nie.
8. Nóg Saartjie nóg Janneman het my broodjie gesteel.
9. Het jy nog nie hierdie jongste grappie gehoor nie?
10. Omdat hy nie werk nie, sal hy nie sukses behaal nie.

You might also like